6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -12 minutes ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -1 hour ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -7 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago

Trukamera op Karavaan - deur Len Loader

Submitted by Admin on

Dit is nou al redelik algemeen dat ouens 'n kamera agterop hul karavane monteer om die verkeer wat agter aankom te besigtig.  Ek het ook so 'n kamera, maar stel belang daarin om te verneem hoe doen ouens die kabel-koppeling tussen die karavaan en sleepvoertuig.  Ek weet daar is baie moontlikhede in die mark op internet beskikbaar, maar ek wil graag weet presies wat gebruik ander lesers van hierdie forum vir daardie koppeling.  Myne koppel ek deur middel van die twee kabels soos op die foto hieronder, maar met die loop van die tyd het korosie sy tol geëis.

cam cam

SEGEKOK:Ek gebruik van die kopelstukke wat gebruik word vir musiek instrumente. Die F/male een het ek in die buffer ingebou en n plastiese proppie gemaak om dit toe te hoe waneer dit nie in gebruik is nie.
Dink die fotos sal beter verduidelik as ek:

jack plug uncapped

 

LEN LOADER:

Dankie Segekok, baie oulik !  Ek het vier punte nodig, twee vir die kamera-beeld en twee vir die kamera 12Vkrag. (Ek weet party ouens tel die kamerakrag by die nommerplaatliggie of die karavaan-battery op, maar myne kom van die sleepvoertuig af). Is daar vier punte beskikbaar ?

Enige iemand iets anders wat iets soortgelyk in plek het ?

SEGEKOOK: Ek gebruik die omhulsel as die negatief  as die 4de punt.  Dit is hoekom ek juis na die metaal kopelstukke gekyk het.

JOHANN L: Len, ek gebruik 'n 4pin sok, female op die trek voertuig, en male op die karavaan.  Juis omdat ek ook verkies het om die 12v van die kar af te bring,  jy kan ook die 12v van karavaan batery trek, maar dan bly die kamera permanent aan.
Wanneer dit gekoppel is, is daar so vas skroef prop wat alles mooi stewig in plek hou.

LEN LOADER: Johann, wat se tipe sok is dit wat jy gebruik en waar het jy dit gekry  -  sal jy asseblief 'n foto plaas ?

STEFAN:    Ek wou die ekstra drade en koppelstukke vermy. Het die 12v+ krag opgetel van die nommerplaat lig. Kan ook #7 (12v+) gebruik op die karavaan koppelstuk. Die #3 is algemene gronddraad (12v-). aangesien #2 meestal nie gebruik word nie, het ek hom gebruik vir video sein.
Indien jy #2 gebruik het vir jou yskas se 12v terwyl jy ry, maak dan plan met #5 en #7. Jy kan die twee brug. Net 1 is nodig en gebruik dan die ander vir video sein.
Myne werk goed so en ek het net een koppelstuk.

7pin

 

JOHANN L:  

cam

 

 

 

 

 

 

cam

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

LEN LOADER:

Briljant Stefan !  

(1) Ek het nie 12V+ krag na my yskas nie en nr. 2 gaan ek gebruik vir 12V+ na die kamera.  Ek het reeds 12V+ krag naby die Pathfinder se trekstang so dus bloot net 'n koppeling agter die "female" van die Pathfinder. Die kamera se 12V- krag kan ek nou aan die karavaan se bakwerk koppel want nr. 3 op die Pathfinder gee reeds 12V- aan die karavaan.

(2) Ek sal die linker-rooilig se krag op nr. 7 op die female van die Pathfinder ontkoppel wat ek dan vir die kamerasein gaan gebruik.

(3) Op die karavaan se male gaan ek nr. 7 ontkoppel en dit dan saam op nr. 5 koppel  -  dus die karavaan se linker en regter rooiligte kry beide nou krag van nr. 5

(4) Nr. 7 is nou beskikbaar vir die video-sein. VRAAG :-  het 'n mens nie twee kabels vir 'n vidoe-sein nodig nie ?

SEGEKOK:  Ok nou waar sal ek dit hier in Pta. kan kry ?

Wat doen jy al jy nie die karavaan gehaak het nie ?  Het jy 'n "dummy" een wat jy dan op sit ?

WilSur:  Len ek sal nie daai ligte brug nie want dit is hoe dit gekoppel moet wees vir ingeval daar iets verkeerd gaan op die voertuig dan is beide ligte nie uit as net een van die sekerings gevaal het nie.
Kry eerder vir jou 'n ander koppeling.

STEFAN:   Len, as dit jou nie pla om met parkeerligte, (of hoofligte soos party verkies) ,aan te ry nie, trek jy jou krag sommer van #7. Dan is daar geen ander modifikasie nie. Dit hou jou koppeling ook heeltemal standaard, ingeval jy hom met ander voertuig sleep. Jy sal nie vergeet om die parkeerligte (of hoofligte), aan te sit nie want anders is jou skerm dood. Jy gebruik dieselfde gronddraad  #3 vir jou video sein. Jy koppel dus net 3 drade aan jou koppeling. Video #2 , Video grond en 12v- na #3 en 12v+ tel jy op by  #7. Probeer maar so standaard as moontlik hou vir ingeval wa aan ander sleepvoertuig gehak word.

Centurion

Voortrekker

Tue, 04/04/2017 - 07:43

LEN LOADER:  Dankie Stefan, weer eens briljant.  Ek gaan dus die volgende doen :-

(1) Slegs die ongebruikte nr. 2 op die Pathfinder se female en die wa se male vir die video-sein gebruik

(2) Die kamera se 12V+ gaan ek net op die wa se male nr. 7 (spaar) byvoeg. (Op die Pathfinder se female is nr. 7 reeds 12V+ vir
    die linker-rooilig).

(3) Die kamera se 12V- gaan ek net op die wa se male nr. 3 (grond) byvoeg.

Die vormelde het die volgende voordele :-

+ Slegs een standaard koppelstuk vir alle ligte en die trukamera
+ Die sleepvoertuig se koppeling bly standaard vir die sleep van ander sleepwaens en karavane
+ Geen addisionele koste vir ander koppelstukke nie 

Dankie ook vir die bevestiging dat die video grond sommer ook die 12V- op nr. 3 gebruik

 LEN LOADER:   Stefan se raad in #13 hierbo in die lig waarvan ek die koppeling gaan doen soos ek dit verstaan in #14 hierbo, is een van die puikste stukkies raad en advies wat ek nog op 'n forum ontvang het !

Ek ry al twee jaar met my trukamera en hierdie los koppelings soos in my fotos in #1 hierbo irriteer my grensloos.  En hier spring 'n kostelose oplossing uit op Kamp Forum, al is die forum nog deurmekaar van die Spam-probleem !

WILSUR:  Lyk my ek is weer die ou in die spieël.

Kan werk maar ek het 2 kameras op wat ek graag so wil hou.

Ek soek die naam van die een wat Johann gebruik.

STEFAN:  Jy kan nog steeds 2e kamera akommodeer as jy net nog 1 spaar pen het om video sein in te bring. Al die ander drade werk saam met die 1e kamera. Jy kan #5 en #7 se drade saam in een plek sit en dan is die ander vry vir jou 2e video sein.
Dan moet jy net weet as jy hom met ander voertuig koppel, gaan jy jou kamera beskadig indien jy hom nie ontkoppel nie. As jy enige ligte aansit, stuur jy 12v+ in jou video draad af.
Jou koppeling is nou nie meer standaard om op ander voertuig te koppel nie tensy jy daardie 2e kamera kan ontkoppel , dan sal alles nog werk soos normaal.
Maak net seker jou sekering is nie kleiner as 5amp nie. ( ek sou na 10amp gaan ) onthou jy het nou 2x parkeer  + nommerplaat gloeilampe + klein bietjie vir kameras.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 04/04/2017 - 17:04

Ek het toe vir my dieselfde koppeling as die foto's wat Johann op gesit het gekry, daar is ook water digte "end-caps" maar was uit vooraad.

 

Vaalpark

Johann L

Tue, 04/04/2017 - 20:01

Willem jy het 'n baie goeie prys gekry, ek het reeds met my skoonsus gereel om volgende week vir my end caps te kry.

Baie dankie vir jou hulp.

Iewers het ek gelees van 'n 13 pin sok wat basies presies soos die bestaande 7 pin lyk, en blykbaar ook pas,  enigste probleem met dit is dat jy 'n "adaptor" (op die karavaan kant) moet by koop as 'n voertuig met standaard 7 pin sok jou karavaan moet sleep. 

Soos ek verstaan, kan jy wel met die 13 pin, bv jou standard sleepwa, sleep.

Vaalpark

Johann L

Tue, 04/04/2017 - 20:14

Lees nou so deur die draad, ek bied my verskoning aan dat ek nie vinniger kon reageer nie, nie net op forum was spoke nie, maar ek sou op April Fool's dag van ISP verander het, dit het deur die mat geval, en ek moes tot so paar uur gelede met mobile data spartel, en meestal teen die antike "Edge" spoed.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 05/04/2017 - 07:48

Johann

Ja ek het ook na die 13 pen gekyk maar verkies om eerder vir die aparte sok te gaan.  

Ek moet ook Pta. se tak van Communica weer besoek sodat hulle ook vir my die "end-caps" kan bestel.

Vandag moet ek dit insit en hoop ek maak nie 'n fout met die bedrading van die 2 kameras nie.

Vaalpark

Johann L

Wed, 05/04/2017 - 07:59

Willem, geniet die projekkie, vat dit rustig, los horlosie in die huis. Ja ek dink met die ekstra stel drade sal jy moet kop hou, doen dalk eers net een klaar en dan die ander een.

Sal interesant wees om te hoor hoe jy met die beeld se drade op 'n 4 pen gaan werk. Jy gaan mos nou ses drade hê?

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 05/04/2017 - 08:24

Johann

Nee, vir eers gaan ek steeds die krag van die karavaan se battery af kry, die beeld gaan elk sy eie punt kry en die grond van die 2 kameras gaan ek saam sit.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 05/04/2017 - 13:09

Ok, ek het toe die nuwe koppeling opgesit en werk baie mooi, moet nou net die "end-caps" gaan bestel om die water op die punte te keer as hy staan.

Kamera Koppeling op die Ford
Kamera Koppeling op die Ford

 

Centurion

Dusty

Thu, 14/09/2017 - 09:26

Nico,

Jy kan by Electromannsa ook gaan kyk. Ek sien hulle het 'n kamera met 'n 4.3" monitor vir R650.00

Like
0
No votes have been submitted yet.
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus