Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Strand verkeer.... Onrus woonwapark Wessel Strydom -3 hours ago
Ablusie blok Onrus woonwapark Goeie Hout -3 hours ago
Personeel ingesteldheid.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Slep Onrus woonwapark Goeie Hout -4 hours ago
Onrus Pryse Onrus woonwapark Goeie Hout -4 hours ago
Onrus Onrus woonwapark Goeie Hout -4 hours ago

September 2019 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre mede forumiete. 

Lente het aangebreek. Mag elkeen 'n heerlike lente geniet. 

Dit lyk amper of die Augustus winde vergeet het om te waai en nou dit op een dag probeer inhaal. 

Lekker rusdag vir elkeen.

.

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 07/09/2019 - 11:20

Het gister veilig hier by Klein Paradys Brits aangekom.

.
Amper oppad.

Geniet jou dag voluit in vrede.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 07/09/2019 - 13:10

Hemel Willem, g'n mens kan byhou by jou kampeerdery nie.  Ek vertrou nogtans julle gaan dit geniet.

Ek merk nou op jou tentpale-deurtjie lyk heeltemal anders as myne  -  jou deurtjie lyk baie soos die porta-potti-kasset se deurtjie langs die hoofdeur aan die ander kant.  Het dit standard so uitgekom ?

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sun, 08/09/2019 - 06:36

Goeie môre. 

Lekker rusdag met kleinkind wat by ons kuier. Kinders het iets aan die gang nou kuier sy by ons van gister middag af. 

Geniet die rusdag

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 08/09/2019 - 07:11

Geniet die Sondag saam jou gesin vriende familie skink n koffie of tee vir almal so vir jou ook hier loop hy soos stroop by my vrede

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 09/09/2019 - 07:23

Goeie more Kampforum-vriende !

Na twee warm dae is dit heerlik koel vanoggend hier by ons in Brackenfell met hoë oggendmis waaragter die son wegkruip. Maar dit gaan tog nog 'n heerlike 23º wees vandag met 'n goeie kans op reën Donderdag en Vrydag.

Ek het elders op my Addo, Bergkwagga en Karoo draad 'n paar fotos geplaas indien iemand sou belangstel.

Geniet jou Maandag !

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 09/09/2019 - 08:45

Ek merk nou op jou tentpale-deurtjie lyk heeltemal anders as myne  -  jou deurtjie lyk baie soos die porta-potti-kasset se deurtjie langs die hoofdeur aan die ander kant.  Het dit standard so uitgekom ?

Len ja daai pale kas deur is standaard.

Geniet jou dag voluit in vrede.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 10/09/2019 - 07:01

Goeie môre kampforum vriende kring, laat dit 'n lekker dag wees vir almal.

Shaun, lyk my jy sukkel ook met staar siekte, ek gaan ook nou weer deur daai fase, maar lê net in die kooi en boek lees😪

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 10/09/2019 - 10:46

Ek hoop dit gaan goed met almal op die forum.

Johann, geluk met die Currie beker wat hierdie jaar in Bloemfontein staan.  Volgende jaar staan hy in Johannesburg (sê maar net). cheeky

Darem het my man, Rafa,  die US Open gewen.yes

Mooi loop!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus