Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

59457 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die SA wet van 100kg is… Bal gewig Willem Brits -1 hour ago
In my dae.... Bal gewig Len Loader -1 hour ago
Flip en Tilla, hulle die… Tugela Mouth Resort Willem Brits -1 hour ago
Laai kapasiteit Bal gewig wessels -1 hour ago
Ek het ‘n baie swak Fisika… Bal gewig Wildehont -2 hours ago
Balgewig en vering Bal gewig wessels -2 hours ago
Johan jy slaan die spyker op… Tugela Mouth Resort janwillem -2 hours ago

Snomaster

Submitted by Johan K on Mon, 09/09/2019 - 14:58
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Mon, 09/09/2019 - 17:44

Ja, goed om te weet. Terselfdertyd moet ek egter sê dat my NL nou reeds 9 jaar oud is en en spyte daarvan dat dit baie gebruik word nog steeds uitstekende diens lewer. Ek was onlangs ietwat bekommerd en het dit ingestuur om te laat nagaan. Dis egter teruggestuur saam met die toetsuitslae wat aantoon dat dit nog funksioneer soos toe dit nuut was. 

Ons het 'n Snowmaster ysmasjien waarmee ons baie tevrede is. Op die oomblik oorweeg ons om nog 'n kampyskas aan te skaf en sal dan beslis die Snowmaster oorweeg

Centurion

Voortrekker

Mon, 09/09/2019 - 19:07

Het my Snomaster in 2014 gekoop en hy loop nog mooi.  Myne het die 50 Watt Danfoss compressor in.    Snomaster se diens hier plaaslik is baie goed en goedkoop yes

Pretoria

leeu

Tue, 10/09/2019 - 08:14

Johan, ek neem aan jy het 'n SM? Hierdie artikel is baie eensydig geskryf. Ek dink almal sal motiveer sy yskassie is die beste. My eerste yskassie het ek seker so 30 jaar terug gekoop (Minus40) wat uitstekend was, maar het vrek swaar geweeg. Daarna het ek net NL yskassies gekoop, en moet sê almal was tweedehands en het net een keer 'n probleem met een van hulle ondervind en dit was die "probe" gewees. Ek het die yskassie ingevat NL toe in Kempton Park en R120 later is hy weer 100%. Ek het al 'n 40L, 74L en 80L gehad wat ek weer verkoop het en het nou 'n 110L Ek het die 110L vlekvrye staal dubbel yskassie van NL gekoop by 'n pandjies winkel vir R6000 en hy werk baie goed. Hy is net ongemaklik groot om alleen na die lorrie te dra as ons gaan kamp. NL maak nou al hulle yskassies van vlekvrye staal omdat die aluminium so duur geword het, dat die prys baie naby aan vlekvrye staal is en dit natuurlik baie meer "durable" is. Ons het 'n SM ysmasjien in die huis wat goed werk.

Centurion

Dusty

Tue, 10/09/2019 - 09:04

ongemaklik groot om alleen

Ek gebruik net 'n 40L waeco vrieskas wanneer ons lank kamp. Vir die prys wat ek betaal het vir dit was dit die moeite werd gewees. Die dop is van plastiek en ek kan dit alle hanteer wanneer dit leeg is. tot hede nog geen probleme met dit gehad nie. Gebruik dit ook tuis vir yskas om koeldranke  koud te hou  wanneer familie kom saam braai. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 10/09/2019 - 09:33

Ek gaan nie weer my storie oor my kampeer yskas en vrieskas vertel nie  -  dis ou nuus.

Pretoria

leeu

Tue, 10/09/2019 - 10:50

Ek kan nie jou storie onthou nie, Len, hoop maar hy het 'n gelukkige einde? Ek weet jy verkies die Jurgens drie fase yskaste omdat dit vir jou werk wanneer daar nie krag is nie. Daar is nie slegte 12V/ 220V yskassies op die mark nie. Dis eintlik  maar persoonlike keuse soos die voertuig wat jy ry.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 10/09/2019 - 11:37

Leeu, jy onthou goed  -  ek is mal oor my 14 jaar oue Dometic absorpsie-yskas in die Exclusive en my 35 jaar oue Edesa "3-way" vrieskassie.  Albei het nie net 'n gelukkige einde nie, maar werk steeds nog soos 'n droom ! Dus, nog is dit het einde niet ! (Arie moet maar my gebrekkige Nederlands korrigeer).

Pretoria

leeu

Wed, 11/09/2019 - 15:34

Hi Len, ek stem saam. Ek het seker dieselfde drie fase yskassie in my Jurgens as wat jy in jou wa het en hy werk goed genoeg. Die laaste paar kampe het ek glad nie my National Luna saamgevat nie want dis nie eintlik nodig nie.  Ek moet byvoeg dat ons vir maksimum 'n week weg was. Dis net baie lekker as jy 'n yskassie buite het, dan hoef jy nie in en uit te klim om iets uit te haal nie, vernaam koeldranke, melk, botter, ens.

Groete

Nico

Vereeniging

Harry Du Randt

Wed, 11/09/2019 - 20:54

Ek het ook n snomaster, low profile. 65 L enkel deur.

So rukkie terug gekoop op Take Alot.

Het vir low profile gegaan, aangesien ek nie n Canopy op my bakkie het nie, maar een van daai veselglass "boot" (opwip deksels) Die ander is te hoog vir deksel om toe te maak.

Pretoria

leeu

Thu, 12/09/2019 - 07:58

Ek het deur die jare ondervind dat die 80L van NL vir ons die beste werk, want dit is een groot kas waarin baie koeldranke, 2L, gepak kan word. Die dubbel deur mors baie plek met die middel wat die twee skei. Ek gebruik maar die 110L wat ek nou het omdat ek hom so goedkoop gekry het en hy vlekvrye staal binne en buite is. Die linkerkanste ruimte kan gestel word as yskas en regterkanste een as vrieskas. Die aluminium yskassies wat hulle vervaardig het, was ook aluminium aan die binnekant en kry maklik duikies. Die vlekvrye staal buite, is ook binne vlekvrye staal.

Elke persoon se omstandighede of behoeftes verskil, en die produkte se afmetings ook, so mens gebruik maar wat vir jou die beste uitwerk. My neef se SM het 'n afstand beheer, hy kan o.a daarop sien wat die lesings binne die kassie is, op 'n afstand en ook verstellings maak. Ek dink dis baie handig. Die 12V/ 220V tipe yskassies het geen gelyke nie, as jy jou bier wil koud hou terwyl jy deur die bos of afgelee plekke ry is dit die antwoord. Ek het al waarde vir geld gekry uit my yskassies. Ek gebruik my NL op die oomblik by die huis ook. Die een wat ek verkoop het waaroor ek nou nog spyt is, was die 40L NL yskassie. Dit was die oulikste een van almal gewees.

Centurion

Voortrekker

Fri, 13/09/2019 - 21:12

Elke persoon se omstandighede of behoeftes verskil, en die produkte se afmetings ook, so mens gebruik maar wat vir jou die beste uitwerk.

 .... en solank die ding werk en doen wat hy moet, is alles reg yes

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 14/09/2019 - 22:08

So van die os op die jas.…………………….

My 30 jaar oue Edesa vrieskassie waaroor ek so "rave", is destyds voor hul bankrotskap in hul fabriek in Powerstraat, Germiston vervaardig.  Ek het my vrieskassie daar by die fabriek gekoop. Nou sien ek SnoMaster (sonder die "w") se fabriek is ook in Germiston, maar in Koornhofweg, 'n endjie weg van Powerstraat !  Dalk is dit dieselfde mense wat van nuuts af weer begin het.