Wat dink julle gaan die…
Wat dink julle gaan die telling wees vandag teen Kanada?
Dit was nou....
Dit was nou 'n "Menseregte Kommissie:-pakslae wat die Bokke Kanada gegee het ! ('n Mens mag mos nie die tradisionele K-woord gebruik nie).
Wldehont was die naaste aan reg !
"Menseregte Kommissie:…
"Menseregte Kommissie:-pakslae
Like daai een ![]()
![]()
Reinach eerder as de Klerk…
Reinach eerder as de Klerk moet in die beginspan wees. Wie stem saam? As de Klerk sy een been so uitsteek agter die skrum vir 'n ewigheid totdat almal weet hy gaan skop kan ek die horries kry. Hy was heeltemal te lank op die veld teen NZ en dit het ons gekos. Ek hoop Rassie skrik wakker in die opsig.
Stem saam, daai been…
Stem saam, daai been uitsteek... liewe aarde, dink hy dat die opponente blind is. Maar nou ja, seker maklik om n kampvuur afrigter te wees.
Dis baie waar Neef. Faf was…
Dis baie waar Neef. Faf was aanvanklik 'n baie opwindende skrumskakel maar deesdae maak hy my moeg. Party mense is van mening dat dit Rassie is wat hom dwing om teen sy natuurlike spelpatroon te speel.
Ek glo Rassie sal hou by sy voorkeur beginspan in die uitklopfase en dit is nie die tyd om te "eksperimenteer" nie. Ons hoop maar net die spelers en span keer terug na die spelpeil wat hulle in die Rugby Kampioenskap vroeër vanjaar gehandhaaf het. Pollard was bv tot dusver ook nie op sy beste in die wêreldbeker nie en die skakelpaar is 'n krities belangrike komponent.





Sringbokke teen Italië
Ek het dit RSA wen met 5.