Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Brits oorverhit ook November 2026 Wessel Strydom -7 minutes ago
Rona... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -10 minutes ago
Impromptu besoeke Len gaan weer Kruger Wildtuin… Rona du Plessis -37 minutes ago
Dankie Rona Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -1 hour ago
Fortunator se Jurgens 500 projek 1970 Jurgens 500 Deluxe… Wessel Strydom -1 hour ago
Geert ... Braai met 'n Weber Chris Boucher -5 hours ago

Geduld.

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Petra was twee weke terug ge- opereer, 5 dae in die Hospitaal deurgebring.

Net oor ń week tuis gewees, en vroeg vamore (6 vm) weer gery na Montana hospitaal om spesialis te sien.

Hy reken sy mowt dadelik opgeneem word, sit nou nog hier en wag vir eerste beskikbare bed, sodat sy kan voorberei word vir teater. 

Klink of sy tot die naweek hier gaan wees.

Sit ek en sy nou hier gesels, oor die laaste 11 jaar wat sy sukkel met haar toestand, hoeveel ure het ons al omgesit by spreek kamers en hospitale. Maak nie saak wat of hoekom maar wag sal jy wag!!!

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 03/12/2019 - 13:44

Ai tog Arie, dis nou 'n ding.  'n Mens se gesondheid is 'n baie kosbare deel van jou lewe en ek dink baie van ons gesondes, besef dit nie elke dag nie.  Alle sterkte vir jou en Petra en ek vertrou dat beterskap spoedig sal intree.

0
Nelspruit
Profile picture for user Koos Mol

Koos Mol

Tue, 03/12/2019 - 17:19

Ons wens julle spoedige beterskap toe Arie. Ons sal julle in ons bede opdrae. Mag jy ook vrede en rustigheid vind. Dra aub ons groete aan Petra oor.

Koos en Irene.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 03/12/2019 - 20:26

Ai Arie, ons dra julle op aan die Hoër Hand, jy en Petra is gedurig in ons gedagtes. Sterkte met die episode, en hou ons asb op hoogte hier.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 04/12/2019 - 07:43

Môre Arie

Ek vertrou ons almagtige God sal Sy word gestand doen;

"Kyk Ek sal jou nooit begewe en verlaat nie, Ek is met jou"

Sterkte

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 04/12/2019 - 08:36

Dit is een ding wat altyd beproef word.

Sterkte aan Petra en voorspoed word julle toegewens, wees soos altyd naby en wees maar geduldig soos altyd.

Sterkte.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 04/12/2019 - 08:39

Stoffel, dit gaan oraait onder omstandighede.

Baie pyn as hul haar wonde kom skoonmaak.

Gemoeds toestand maar baie sleg, ek dink sy is al moeg geveg net om elke keer weer teluergestel word.

Wond suster was gister daar, Dr hwt voorgestel dat hulle, "vacpack" gebruik, sy moet blykbaar eers by medies uitvind of hulle dit sal betaal. blykbaar is dit baie, baie duur?

Wil vir my lyk of sy dalk baie lank in die hospitaal gaan wees.

0

Waar bly jy nou en is sy in Montana soos jy hierbo seg.

En dan ook net baie sterkte vir julle, ons Clan dink aan julle.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 04/12/2019 - 09:52

Petra is in Montana hospitaal, ek bly by ons kinders in Wonderboom Suid, darem redelik naby.

Ons het gister oggend vroeg uit Warmbad gery, afspraak by spesialis was vir 8 vm. Ons het vol vertroue hiernatoe gery, vas geglo dat ons gister middag weer tuis by die karvaan sou wees.

Dinge loop toe anders, ons het niks anders as ons beursies by ons gehad.

Gister middag gaan tandeborsels, tande pasta, deodrant en al daai goed gaan koop. Moes ook onderbroeke koop.

Nou vandag is dit koud hier, ek het net ń kort broek en T shirt.

Ry netnou om te gaan klere koop, sodat ek nie meer koud kry nie, en darem ook nie heel week met die selfde broek en hemp moet loop nie.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sat, 07/12/2019 - 04:15

Sterkte daar met Petra ons vertrou sy binnekort weer op die been 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sat, 07/12/2019 - 07:16

Stoffel, dit gaan goed, minder ptn maar baie o gemak.

Sy word darem vandag ontslaan.

Sy us aan ñ vakuum pomp gekoppel, die moet niu saam gaan 

Die pomp moet permanent aan bly, dan mowt ons weekliks ń wondsuster gaan sien. Die haal dan sie pype uit maak wonde skoon, pak hulle met sosiale jel sit die pype terug en start die pomp.

Ons het ń drie maande vooeaad van die jel gekry, plus due nidige pleisters, en kartridges vir due pomp

Sy mag glad nie bad of stort, tot dat pomp verwyder is, die Dr hiop dat dit binne drie maande sal wees, maar sit mag langer neem.

Op die stadium wil sy aangaan met kamp maar ons sal maar moet sien?

Sy is baie swak en due pomo is nogal swaar, en sy moet dit orals saam dra. Ek wil juis kyk of ek een of ander trollie kan maak dan kan sy die pomp oo sie trollie rondsleep.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 07/12/2019 - 07:35

Arie, ons bid en vertrou op ons Groot Geneesheer, dat Hy vir Petra sal aanraak, en vir julle die krag en geduld sal gee om ook hierdie terugslag te kan verwerk.

Dra asb ek en Bennanta se liefde groete aan Petra oor, en baie sterkte vir julle al twee.

Julle, en Frans Pretorius en ook sy vrou, Linda, asook Danie-hulle (Slowstrike), is op ons gebeds lysie vir voortdurende gebed.

Ons het al wonderwerke sien gebeur, niks is onmoontlik nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 07/12/2019 - 08:10

Goeie môre Arie !

Ons het 'n vriendin wat op 7 Maart 'n buik operasie ondergaan het waarvan die wond net nie wou genees nie terwyl die binnewond voortdurend vloeistof geproduseer het. Sy is 'n diabeet en dit het daartoe bygedra dat die wond nie genees nie.  Sy het 'n soortgelyke pomp soos jy verduidelik gehad om die vloeistof uit die binne-buikwond te dreineer.  Later is die pomp vervang met 'n draagbare pomp wat soos 'n handsak gedra word. Ná drie maande se "gepomp" is haar wond volkome genees.

Moed hou Arie en sterkte vir julle albei.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 16/01/2020 - 07:07

Sterkte Arie vir jou en Petra.   Ek verneem van die boodskappe wat jy gister gestuur het dat daar onsekerheid is oor die uitkoms van die laaste operasie.

Sterk staan mater en ons dink aan julle.   Liefde - die Louw's

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 16/01/2020 - 07:22

Petra is verlede Saterdag in Moot hospitaal opgeneem.

Dinsdag in teater het hulle diee kliere wat die vog afskei toegebind. Lyk nie of dit suksesvol was nie. Wond skei 500 ml water per dag af!.

Uiters ongemaklik vir haar, sy is gedurig nat en die vog loop teen haar been af.

Sjirurg het huidig geen raad nie? Hy wil haar nog so 10 dae in hospitaal hou om te monitor.

Ek bly maar weer in Wonderboom Suid by die kinders, ons raak nou nogal depresief. Glad nie lekker om jou lewensmaat van 49 jaar vir wie ek baie lief is so te sien swaarkry nie.

Ons kyk maar no Bo en vertrou dat daar uitkoms sal wees?

Baie dankie vir almal se bemoedigende boodskappe en seenwense!

Sy glimlag nog steeds maar die trane is baie vlak.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus