Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hot Rock - steeds nie die einde nie.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -21 minutes ago
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -10 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -11 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -12 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -12 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -12 hours ago

Ontgroening?

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Ek is diep bewaard, lyk so al vir my ons is besig om ń geslag van absolute slapg@tte groot te maak?

My een kleindogter is vogende jaar in graad 12 en dan ook ń prefek by ń bekende privaatskool in Pta.

Die leerlingraad het gister ń vergadering met die hoof, onderwysers en die ouervereeniging gehad.

Die graad 8 van volgende jaar se ontgroening het elle lange beperkings en reels, onder andere;

Kinders mag nie verneder word, voorbeeld mag nie ń boom gaan soen nie,, mag nie verplig word om die prefek as U Edele aan te spreek nie,ennog vele meer.

Mag nie langer as 10 min in die son wees nie. Mag nie langer as 30 min sing sonder 10 min rus.

Geen kind mag individele take doen nie, groep moet alles saam doen, anders mag kinders uitgesluit voel of ander dat daar op hulle gepik word 

Hulle mag geen fisiese werk of take doen nie, hulle mag glad nie aangeraak word nie.

Daar is ń wavrag van reels wat nie gedoen mag word nie.

In my opinie gaan hulle nou heeltemaal te vêr met al hul reels!

Middag Arie en ander Afrikaners

Wat is dit met ons nasie dat ons nie kan klaarmaak met "Ontgroening" tradisie nie. Meestal lei dit tot insidente, en op universiteit vlak tot dade wat indruis teen die handves van mensrregte.

Ek is 'n voorstander van die totale afskaffing daarvan. Die Bybel sê immers - maak klaar met die dinge waaraan julle voorvaders julle gewoond gemaak het.

Groete 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 05/12/2019 - 12:46

Liefdadigheid begin tuis. Jammer dat ek die Engelse gesegde nou so direk moet vertaal, maar dis die probleem in ons land. Baie ouers verwag van iemand anders om hulle werk te doen of versuim bloot hulle plig as dit by kinders opvoed en dissiplineer kom. 
Hoekom is ontgroening nou so “euwel” en hoekom is boelie so groot probleem? Overgesetsynde; hoekom was dit voorheen nie so nie? Dis hoekom ek sê liefdadigheid begin tuis. As ouers hulle kinders met maniere en respek vir ander grootmaak EN hulle dissiplineer en leer dat dade gevolge het, sal die kinders hulle soos ordentlike mense gedra. Natuurlik sal kattekwaad nog gepleeg word maar dit sal “onskuldig” van aard wees. 
Die ander probleem is natuurlik dat leerkragte se hande afgekap is, en dan kry hulle nog brats wat tuis kry net wat hulle wil want hulle ouers is te bang of sleg om hulle soos kinders te hanteer. Kinders het heeltemal te veel “regte”. Hulle is nie volwassenes nie en moet eerder toegelaat word om kinders te wees, te leer uit hulle foute en respek vir grootmense te hê. Dis my mening en dis hoe ek my twee grootmaak. 

0

Ongelukkig is ek ook stroomopperig en glo dat ontgroening en daai klas van dinge jou shape as mens. Ek is ook maar harderig op die laaities wat maniere, respek en die algehele prys van man wees trots te dra omdat ons teen n boom kan piepie en dit n voorreg is om dit te kan doen.

Daar sal maar altyd 2 kante van n saak wees, die ou wat nie army toe wou gaan nie en die ou wat sy army stukkend gesmaak het.

Net jammer daar is nie n universiteit  vir die een of die ander nie.

Ons pas maar aan in die nuwe 4th revolusion of so iets, maar soos die ou Druids van weleer doen ons manne maar nou al die lekker dinge weg van sosiale media af en leef nog steeds biki wildthing.

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 05/12/2019 - 14:43

My 2 laaities het mekaar sommer al klaar begin ontgroen hier by die huis - pa klim ook so nou en dan in en druk hulle bietjie om te probeer taaier maak.  

Ek sien gereeld, veral met die bitter jongetjies hoe daar altyd 'n outjie is wat almal se gatte krap en moeilikheid soek, maar sodra daardie outjie bietjie van sy eie medisyne kry dan is hy die een wat die grootste geraas maak en na ma toe hol!

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 05/12/2019 - 19:23

Hmmm, weet nie of ontgroening regtig nodig is om mens  karakter en samehorigheid te gee nie. Neef het in 1975 by Tuks ingeklok, en van die ontgroening was hiper K@k. Wie het al n koppie kots gedrink, en dan in dieselfde emmer weer gekots sodat dit vol bly.  So bietjie lawwigheid en tas dra is heeltemal in orde, koorsing ook. Ongelukkig sal daar altyd idiote wees wat dit te vêr wil voer, en dit staan my nie aan nie.

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 05/12/2019 - 19:45

Neef jou kots beker storie laat my dink aan my weermag ontgroening by 5 sein in wonderboom toe ek begin het daar as 'n staandemag seiner.  Die senior of 4de jaar appy's het eers lekker dronk geraak en toe elkeen in 'n bad vol warm water gek@k en wie weet wat nog daarin gegooi en gedoen was.   Ons 1ste jaar outjies was toe daarin gedoop, hele lyf rug eerste en dan kop agtertoe en as jy gelukkig was kon jy jou neus toedruk om te voorkom dat al die sous deur jou neus in jou keelgat afloop.  Gelukkig het almal darem "ge cope" - ek bedoel dit is seker net mal mense wat inelkgeval weermag as staandemag aansluit  laugh  

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 05/12/2019 - 20:02

Ek skaar my by die totale afskaffing van ontgroening want dié wat ontgroen weet gewoonlik nie waar om die streep te trek waar ontgroening nog pret is nie.  Vandaar natuurlik al die reëls en regulasies om 'n soort van middeweg te probeer vind.

Die toepassers van ontgroening (studente en skoliere) is nog heeltemal te onvolwasse om deeglik te kan onderskei tussen reg en verkeerd en een groep probeer altyd vorige groepe se ontgroening oortref.

Weg met ontgroening  -  dis 'n tipiese gebruik deur "loosers" !

Ns. Herman en Voorie se vertellinge hierbo is 'n bewys van my standpunt.

 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 05/12/2019 - 21:40

Dit was tradisie by ons skool dat die nuutverkose leerlingraad (aan die einde van hulle std 9 jaar verkies) se hare afgeskeer word. Toe ons in std 9 was verbied die skool dit vir die eerste keer. Raai hoe mooi het dit gewerk? Die nuutverkose leerlingraadslede is toe een vir een in 'n kamer in gevat en hulle skaamhare (om dit mooi te stel) is toe afgeskeer. Watter opsie sou jy verkies? Die redelike skadelose tradisie of die skending van jou privaatheid op daardie ouderdom en die ongemak daarna?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 05/12/2019 - 22:18

Chris, presies  -  dis niks anders as 'n onvolwasse optrede van onvolwasse kinders - varklik om die minste daarvan te sê !

Weg met alle vorme van ontgroening  -  tradisies se voet !

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 06/12/2019 - 06:25

Daar is ontroening, en ontgroening, beskaafde ontgroening is vir my aanvaarbaar, maar, waar trek jy die streep. Dit wat ek hier bo lees,  en dit wat ek as kind ervaar het, klop nie.

Ons ontgroening was heel lekker, jy moes jou klere vir 'n dag onderstebo, en agterstevoor aantrek, (net die dag) jy moes jou senior se tas dra, en jy mos hom salueer. Na 'n dag het die tas dra en salueer vir 'n week gehou en als was verby.

In die weernag, 1971 in Potch artelerie, was daar geen ontgroening nie,  daar was nie tyd nie, die normale "afbreek, en op bou van disipline" kon ek nie as ontgroening beskou nie. 

 

0

Môre Johann L

Ek is ook een van die persone wat jy as beskryf as " drolle wat nie weermag toe was nie".

Ek was bevoorreg om te kon gaan studeer na matriek en om met beurse my studies klaar te maak, tot en met 'n PhD graad. Daarna het ek begin werk by 'n nasionale sleutelpunt, en militêre diensplig gedoen. Omdat almal van ons wat by die nasionale sleutelpunt gewerk het, as beskermende personeel, uit landsveiligheid oogpunt, beskou was, was ons nie grens toe ontplooi nie. Ons het gewerk en saans die sleutelpunt beman.

So het ons mos maar almal ons eie persepsie van 'n drol. smiley

Groete  

0

Ek was in my eerste jaar op Varsity in die "army" koshuis ingedeel, al die ou manne wat eers weermag gedoen het en ons het definitief nie mekaar se kots gedrink nie, jy sou kliphard gedonner word as jy dit sou traai.

Ons almal verskil maar, soos dit hoort, ons kan nie almal dieselfde wees nie, so kry jy die groep wat dink ontgroening is taboe, dan wer die groep wat dink ontgroening is deel van die pret.

Dan kry jy die ouens wat dink jag is sonde en die wat dink dis lekker, so kan ek aangaan.

Gelukkig het jy van dag n keuse wat jy wil doen en waarvan jy hou, so ook kan jy besluit vir jou kinders en hulle vir hulle self.

Ek persoonlik, en dit is net my oppinie, ons seuns word grootgemaak om soos vrouens te pie.

PS, Wessel, jy was alles behalwe n "drol", het met n hele paar van hulle in NI gewerk in my diensplig dae by Inligting.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 06/12/2019 - 10:51

Ek vermoed die draad ontspoor  -  dit gaan nie oor wie drolle is of was en wie nie.  Die besprekingspunt is ontgroening in amper 2020.  Die meerderheid skoolkinders en studente (laasgenoemdes tree nog op soos onvolwasse skoolkinders) vandag in 2019,  kan nie onderskei tussen reg en verkeerd nie en vergryp hulle aan die bietjie senioriteit wat in hulle skoot val.

Regdenkendes sal weet dat die samelewing in Suid-Afrika in so 'n mate verander het dat verskillende kulture nou opvoedingsinrigtings deel en juis te meer kan tradisies nie sonder meer voortgesit word nie.

Weg met ontgroening  -  dis 'n onding, veral in vandag se dae !

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 06/12/2019 - 11:27

..... 100% saam met Len.

Regdenkendes sal weet dat die samelewing in Suid-Afrika in so 'n mate verander het dat verskillende kulture nou opvoedingsinrigtings deel en juis te meer kan tradisies nie sonder meer voortgesit word nie.

Weg met ontgroening  -  dis 'n onding, veral in vandag se dae !

Ek is op Elsenburg Landbou-kollege waaragtig behoorlik ontgroen. En in my senior jaar het ek fluks meegedoen aan die ontgroenings-rituele van die juniors. Maar in die huidige omstandighede (soos deur Len saamgevat) reken ek dit is uiters onvanpas. 

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 06/12/2019 - 13:32

Len, nou hoekom reken jy dit is net losers wat dink ontgroening is fine?

Ek het diensplig gedoen en verlang baie keer terug na daai dae, swaar gekry (soms) maar die lekker was baie meer as die swaar.

Ek was een van die ongelukige (?) Ouens wat deur die jaar moes spaar om my drie weke kampe te doen. Vir ń klein konstruksie maatskapy gewerk en hulle het my nie betaal terwyl ek my 9 maande opleiding of drie weke kampe gedoen het. Ek moes dus deur die jaar spaar sodat my vrou kon eet en slaap terwyl ek my drie weke kamp doen. Die army pay was hopeloos te min!!

Ek was ook deur ontgroening, behalwe met varsity, deeltyds, met korespondensie my graad gekry toe ek dertig was, so gelukig hoef ek nie kots ge-eet het of in stront te gebad het nie!!!!

Ek glo soos Frik ons kinders word vandag te veel ge-nurse en opgepiep.

0

Middag vriende

Ek vermoed dat die meeste van ons eensgesind is oor sommige aspekte, maar dat ons verskillende persepsies het van begrippe soos;

ontgroening, tradisie, dissipline.

Ek het geen problem met discipline in die samelewing [inderwaarheid 'n groot voorstander daarvan], MAAR in my persepsie is dissipline aanleer NIE gelyk aan ontgroening nie. ]

Netso is daar sekerlik geen fout met gesonde opbouende tradisie handhawing nie. Opbouende tradisie is gewoonlik NIE ontgroening nie. Om iemand anders se menswaardigheid aan te tas, onder die dekmantel van ontgroening, is wat my die harnas injaag. Net onlangs het 'n 1ste jaar student hom letterlik self gedood met 'n vergryp aan drank op Stellenbosch, onder die aktiwiteite van ontgroening.

Frikadel: Ek deel steeds jou bekommernis oor kinders voorberei vir die uitdagings van volwasse lewe uitdagings. My eie seun het vir sy koshuis geswem, universiteit waterpolo geswem en op nasionale vlak meegeding in lewensredding, MAAR omdat hy geweier het dat drankmengsels in sy keel af forseer word tydens ontgroening, was sy naam nooit opgeteken in sy koshuis rekords nie. 

Ontgroening in NIE die teenvoeter vir die grootmaak van sissies nie. Vanwee baie redes moes my kinders inval en help met takies in en om die huis. Selfs as ons vakansie gehou het [kamp] het almal ingespring en gehelp. Volgens my definisie is dit kinders wat nie opgepiep is nie .

Groete

 

 

   

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 06/12/2019 - 14:40

Mirrag Wessel, nee wat, ek het dit wel veralgemeen, soos per my stelling, (let op dat ek sê,  hulle was die uitsondering) maar, dit het nie werklik so bedoel nie. Jammer as ek te kras oor gekom het, verskoning aan die wat onskuldig is / was.

Geweldig baie mense was nie weermag toe nie, dit vat NIKS van hulle weg nie, nie almal wat weermag toe was,  het beter mense  daar uit gekom nie,  baie het pap sleg  (onder andere ook misdadigers) geword. Maar nou dwaal ek toetaal van die gesprek af).

Ek is ook een van die persone wat jy as beskryf as " drolle wat nie weermag toe was nie".

 

Daar is deesdae ontgroening wat totaal on van pas is,  wat ook vroeër jare voor gekom het, maar met die kulture wat vandag heers, ek weet nie, ek dink ontgroening moet verban word, tensy dit onder toesig van verantwoordelike persone toe gepas kon word,wat nie haalbaar is nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus