Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
losstaande raam... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -1 hour ago
Neef Herman Braai met 'n Weber Geert -1 hour ago
Vordering met die Triber se Kamp-aanpassings Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -1 hour ago
Uit 'n ander hoek Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -1 hour ago
Dis hoe die rallytent twee… Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -1 hour ago
Triber se dakspore is baie swak Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -1 hour ago

Ontgroening?

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Ek is diep bewaard, lyk so al vir my ons is besig om ń geslag van absolute slapg@tte groot te maak?

My een kleindogter is vogende jaar in graad 12 en dan ook ń prefek by ń bekende privaatskool in Pta.

Die leerlingraad het gister ń vergadering met die hoof, onderwysers en die ouervereeniging gehad.

Die graad 8 van volgende jaar se ontgroening het elle lange beperkings en reels, onder andere;

Kinders mag nie verneder word, voorbeeld mag nie ń boom gaan soen nie,, mag nie verplig word om die prefek as U Edele aan te spreek nie,ennog vele meer.

Mag nie langer as 10 min in die son wees nie. Mag nie langer as 30 min sing sonder 10 min rus.

Geen kind mag individele take doen nie, groep moet alles saam doen, anders mag kinders uitgesluit voel of ander dat daar op hulle gepik word 

Hulle mag geen fisiese werk of take doen nie, hulle mag glad nie aangeraak word nie.

Daar is ń wavrag van reels wat nie gedoen mag word nie.

In my opinie gaan hulle nou heeltemaal te vêr met al hul reels!

Middag Johann

Saak is reg, solank as wat mense indirek kommunikeer, sal daar meestal /soms bymekaar verby gesels word.laugh

Geniet jou naweek 

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 06/12/2019 - 20:16

"dis 'n tipiese gebruik  deur "loosers" !

Ek staan by my standpunt hierbo dat ontgroening 'n onding is en verder, my opinie dat dit net "loosers" is wat dit so graag toepas omdat :-

  • 'n skoolseuntjie of dogtertjie of studentjie wat skielik "meer senior" in die opvoedingsinstansie gevorder het, gebruik nou hierdie outomatiese "mag" wat in sy/haar skoot geval het om nuwelinge te intimideer.  Bitter min van hierdie "seniors" kry later in hul lewe dit reg om ware senioriteit, gesag en respek in hul werkplekke te verdien
  • dis 'n "looser" wat homself/haarself op 'n geringer persoon afdwing onder die dekmantel van ontgroening en tradisies net omdat die stelsel dit toelaat en bestuur eerder maar net wegkyk
  • dis net 'n "looser" wat veel vreugde kan put uit die tipe ontgroening voorbeelde wat verskeie persone hierbo aangehaal het. Omdat hierdie kinders nie kan onderskei tussen reg en verkeerd nie, is dit vanselfsprekend dat ontgroening 'n onvanpaste gebruik is.

 

Ek glo die draad het niks te doen met weermagopleiding of nie.

0
Secunda

Sleep nou

Sat, 07/12/2019 - 04:21

Ontgroening het my deel laat voel toe ek innie koshuis was dit was taai maar lekke en daar was respek vir mekaar gewees die streep moet getrek word waar n persoon fisies leed aangedoen word lekke onterwerp Arie

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 07/12/2019 - 08:27

Shaun :  Dit is amper die jaar 2020 en ons kan nie in die verlede leef nie  -  die omgewing en mense se leefwyse het drasties verander (in baie gevalle versleg en in ander gevalle verbeter) en dit kan nie geïgnoreer word nie.

Gryswater : Onthou, ek het gesê die toepassers van ontgroening is loosers en ek vermoed jy is al verby die stadium van st.10 kindertjies en 3de jaar studentjies.

En onthou, ek praat nie van toentertyd se lewe en gebruike nie, maar van vandag se tye.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus