Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann en Wessel November 2026 Rona du Plessis -5 hours ago
Rona... November 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Rona November 2026 Johann L -10 hours ago
Teri Lemveli... November 2026 Wessel Strydom -20 hours ago
Liewe liefste Voolie... November 2026 Rona du Plessis -20 hours ago
Antwoord aan almal November 2026 Rona du Plessis -20 hours ago

Aftrede, O aftrede!!

Profile picture for user Frikadel
Submitted by Frikadel on
Forums

Deesdae kyk ek so uit die hoek van my oog na die program op Kyknet (Kykweer), Huppel in jou stap aangebied deur Riaan Crywagen.

Oor 11 jaar slaan ek die sestigs, nou is my vraag, tree jy af op 60 0f 65 of sommer op 55 as jy kan? Nou moet n man gaan kyk na doe pro's en cons van aftrede...

Voordele om nog te werk:

  1. Jy bly besig deur die dag
  2. Jy het n doelwit vir elke dag
  3. Jou brein bly besig
  4. Jou lyf en spiere bly besig
  5. Jy kan nog n paar lekke ponde in die bank gooi
  6. Jy kan vakansies beplan, helaas buite seisoen want die kinders is uit die huis
  7. Terwyl jy werk is dit soos n betaalde rehab - n babelaas by die werk is nie lekker nie

 

Nadele om te werk:

  1. Jou tyd behoort aan jou werkgewer van 8 - 5
  2. Stres

 

Voordele om afgetree te wees:

  1. Jy kan maak wat jy wil wanneer jy wil
  2. Jy kan altyd op vakansie wees
  3. Jy kan n hobby doen
  4. Jy kan seker laatslaap as jy wil

 

Nadele van aftrede:

  1. Maak nie saak wie jy is nie jy gaan n helse nok vat in jou inkomste
  2. Verveeld
  3. Sit en boggerol doen elke dag
  4. Skok op jou lyf, die geen verantwoordelikheid
  5. Sit en wag vir die grim reeper

 

Wat is julle raad en insette op die onderwerp

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 11/02/2020 - 16:22

Nou praat Neef mos, darem ń mooi perdjie daai?

Was mooi in die ou daë toe sport en resies karre die amptelike kleur van hul land was?

Ek dink aan Cooper en Lotus in daai mooi British racing green, die Italiaanse rooi, Franse pers blou ( renault Gordini). Nederlandse Oranje, op die Spyjker, en so kon jy elke performance motor se land van herkoms uit ken.Willem doen seker maar wat Henry Ford gesê het, jy kon die model T in enige kleur kry solank dit swart was.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 11/02/2020 - 16:27

Terloops, van die meet volwasse ouens (ou toppie) sal seker onthou dat daar omtrent geen wit motors was voor omtrent middel 50 tiger jare nie.

Al wat toe wit was, was ambulaanse. As ek reg onthou was Buick die eerste motor wat in 1956 uitgekom het in wit, heeltemaal wit, nie net ń witdak nie. Die mense was nogals baie gekant daarteen, vrek lelik was die algemene gevoel.

Kyk maar op die web, fotis van ou motors, voor 1950, jy sal nie ń enkele wit een kry nie!

So stukkie nutelose inligting.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 11/02/2020 - 18:45

Goeie inligting Arie, ek geniet dit baie. En ek verstaan so "Battle ship grey" is deesdae dié kleur op rygoed, daarom kos dit so ietsie ekstra. Arie, jy moet wragtig vrek oud wees as jy in die middel 50's al in karre belang gestel het, dis wragtig nie gister nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 11/02/2020 - 19:32

... is dit nou 'n ou model Toyota wat jy wil hê? Toyota het mos vroeër jare ook 'n perd op die neus gehad.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 11/02/2020 - 20:03

Neef, nee ek is nie so oud nie, eintlik nog vrek jonk!?

Ek is maar van geboorte af ń petrolkop, my pa het self aan motorwedrenne deelgeneem, en later jare heelwat jaers geborg. Later soms nogal sterk spanne, met top motors, selfs Ferari.

Ek het van baie jonk die voorreg gehad, as daar niemand op die baan was van sy karre so paar rondtes pm die baan te bestuur. Self later met motorfietse, toe met sport en GT motors deelgeneem. Ek het egter my nis met kragbote gevind.

Ek het maar tussen motors en motorsport grootgeword, ure op die ou Grand Central en later op Kyalami deurgebring, eintlik elke naweek op die bane in die pits gewees.

Ek was baie bevooreg om ń paar baie vinnige motors op Kyalami te kpn bestuur, Ferrari, Renault Gordini, Mustang, Porsche, Austen Healy, Jag E type en nog so paar ander. Daai ou Ford Galaxi van Bob Olthoff ook.

Dan ook so paar Formule motors, die sogenaamde single seater met oop wiele.

My groot droom nooit kon verwesenlik om ń Formule een te kon bestuur. Nou te oud, my lyf sal nooit meer daai G Force kan vat nie.

Min van ons bessef hoe top fiks mens moet wees om ń formule een te bestuur nie!

Selfs om ń Lotus, Mustang of ń Cooper vir 20 rondtes om Kyalami te bestuur, moet mens super fiks wees. Die krag net om jou kop regop te hou met daai swaar helmet op is ongelooflik. Onthou jy het kragstuur of sulke goed nie, jy wissel ratte elke minuut, jy konsentreer tot die uiterste, dis harde werk!

Ai, lekker dae gewees, ek kon nie vir n beter en lekerder jeug gevra het nie!

0

Arie, he he he, ek dink jou bene is heeltemal te lank om agter die stokke van n formule 1 motor in te klim.

Jy sal lyk soos Eben Etsebeth in n kind se kaskar.devil

Natuurlik gese met baie respek!angel

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 12/02/2020 - 08:47

Môre Arie en ander vriende

Saam met aftrede kom nostalgie, en drome, so is alle insette aanvaarbaar.

Ek droom ook--- dat ek weer roekeloos kan raak en my Hilux kan ooptrek tot so 95km/h

Arie: Jy ken die storie van die jong manne wat net seks, seks en vuilgrappe deel by 'n braai. Seg die een ou---nee manne kom ons verander die gesprek, kom ons praat or karre. Hak ou vuilgat Gawie af----jis ouens, het julle al agter in 'n Mini gevry.

 

Groete

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 12/02/2020 - 09:05

Frik, jy is reg oor die lengte, die ideale lengte vir ń F1 is onder ses vt, maar tot 6 vt 1.5 dm kan nog gaan. Ek mis dit met .25 dm!

Terloops Hyperly het nou ń special, 3 rondtes met ń super performance motor om Kilarney Vir onder R3000 plus R500 asuransie.

Jy kan kies uit Ferrari, Lamborghini of Nissan GT.

Kan vet pret wees, alhoewel 3 laps heeltemaal te min is, jy begin eers die kar se gedrag mooi baasraak so na 10 rondtes?

Ek het met bote begin speel met unlimited Hydroplanes.

Dit is daai plat goed wat jy oo jou kniee sir en bestuur.

Ek was ook maar vrek ongemaklik in hulle met my lengte, was maar ń squeeze om in te kom!

Maar ek het wel gou uitgevind dat jy baie makliker uit kom as jy die boot flip. Ek het die ding op so op 90 kph agteroor geflip, sommer baie maklik uitgeglip toe hy onderstebo in die lug was.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 13/02/2020 - 15:38

Miskien kan ons hier maar gesels oor wat afgetredes doen. Dit is nou nadat Arie se beskrywing van daaglikse aktiwiteite afgehandel is. Ouma Von is taamlik gou om raak te sien, of  waneer dit net wil lyk of ek te veel lê en boeklees, word ñ werkie voorgestel.

Haar voëltjie voerder het ek seker 30 jaar gelede saamgevlans, en het maar soos als die ouderdom gewys.Ou hokkie

Nou ja toe maak ek maar twee, houtwerk is nie my sterk punt nie, en kies maar altyd kortpad met lym en skroefies. Tappe kan ek nie.

Voerder

Voerder2

Stukkies kiaat.

Nou wonder ek, sonder om heeltemal depresief te raak, dat ek dalkies nie weer voerdertjies gaan maak nie. Ek meen, as die twee ook 30jaar hou..

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 13/02/2020 - 16:08

Ons het sulke plastiek voerders wat ook met tyd en son verbrokkel.  Gelukkig kyk Surette baie bitter min hier anders moet ek ook my gaai lig. sad

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 08/03/2022 - 10:41

Ek versoek my finansiële raadgewer jaarliks om my aftreebeplanning te hersien, gegewe die groei (of gebrek daaraan) wat my pensioen en uittree annuïteite toon. Hy het dit die naweek weer vir my gedoen. As ek in huidige waarde ‘n netto inkomste van R35 000 per maand wil trek sal my geld op wees teen 88-jarige ouderdom. Ek het my huidige begroting hersien vir na aftrede, en R32 000 behoort genoeg te wees. Dan raak my geld op teen 93. As my ouers en my ma se broers en suster enige aanduiding is, gaan ek nie 80 haal nie. Die aanname is natuurlik dat ons generasie langer as hulle sal leef, waarom weet ek nie. Al leef ek tien jaar langer as wat my ma geleef het, behoort my geld my steeds te oorleef.
 

Die enigste kwelling wat ek het, is ‘n ryding vir aftrede. Ek weet nie hoe ek dit gaan bekostig nie. As mens net wiele nodig het om mee rond te rits en iets met bietjie hoogte wat nie swaar op die knieë is vir in- en uitklim nie is dit een ding. As jy egter ‘n sleepvoertuig nodig het kos die goed nou al amper R700 000. Teen die tyd wat ek een moet koop seker ‘n paar miljoen. Dis natuurlik as mens nog kan bekostig om daarmee te ry. Ek sien ‘n R2/l styging word vir April voorspeel. Teen die tempo gaan ek R30/l betaal wanneer ons Julie wildtuin toe wou gaan. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 08/03/2022 - 11:48

Dit bly maar fyn beplanning en dan het mens nog geen sekerheid nie. Ek hoop ook maar my geldjies oorleef my en my vrou, maar dit kos fyn-sny - nie suinig lewe nie, maar wel meer konserwatief met die paar oulap werk.

'n Ou geykte sêding is mos: "as ek geweet het dit is so lekker om afgetree te wees, sou ek nooit begin werk het nie." Maar gisteraand hoor ek 'n afgetrede ou op TV wat sê: "Maandag tot Vrydag doen ek niks en naweke rus ek."

Ek is nog maar 'n ou klein tydjie heeltemal afgetree, maar man ek geniet dit om my tyd heeltemal vir myself te hê

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 08/03/2022 - 12:08

Ja, geld vir aftrede is maar ñ teer puntjie!

Het self juis laasweek saam met my makelaar die geldsake bietjie bekyk.

Ons het tot die slotsom gekom dat alles nog mooi gesond lyk op die stadium!!!

Om die waarheid te sê ek kan eintlik heel goed leef en maar bietjie (ni te veel nie) spandabelrig wees, ek moet net nie langer as einde Mei 2022 leef nie!

Tot dan is daar geen probleme nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 08/03/2022 - 12:53

Dis darem maar 'n moeilike oefening met soveel veranderlikes wat die "beplanning" kort-kort omver gooi.  Ek is nou in my 14de jaar van aftrede en genadiglik hou ons geldjies nog, maar totaal anders as wat ons voorsien het terwyl ek nog gewerk het. Dis natuurlik nie moontlik om 'n akkurate lewensverwagting te bepaal nie want dis nie in ons hande nie, maar met my gesondheid-toestand het ek die "voordeel" dat die kanse redelik goed is dat ek nie baie ou bene gaan kou nie.

'n Beslissende voordeel wat ek gehad het was om vir 43 jaar by een maatskappy te werk sonder om pensioenvoordele te kon onttrek.  Bygevoeg hierby het die goeie inkomste wat ek verdien het oor 10 jaar wat ek in die buiteland gewerk het, ook aansienlik daartoe bygedra om vir my oudag te kon spaar.  Ten spyte daarvan dat ek my lewe lank in 'n finansiële omgewing gewerk het, het ek na aftrede al my diskressionêre fondse oorgedra na 'n welvaartbestuursmaatskappy om dit vir my bestuur  -  een van my beste besluite wat ek na aftrede geneem het.

Ek is al op die afdaende pad van aftrede en sterkte aan almal wat nog oppad daarheen is

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus