Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann en Wessel November 2026 Rona du Plessis -5 hours ago
Rona... November 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Rona November 2026 Johann L -10 hours ago
Teri Lemveli... November 2026 Wessel Strydom -20 hours ago
Liewe liefste Voolie... November 2026 Rona du Plessis -20 hours ago
Antwoord aan almal November 2026 Rona du Plessis -20 hours ago

Aftrede, O aftrede!!

Profile picture for user Frikadel
Submitted by Frikadel on
Forums

Deesdae kyk ek so uit die hoek van my oog na die program op Kyknet (Kykweer), Huppel in jou stap aangebied deur Riaan Crywagen.

Oor 11 jaar slaan ek die sestigs, nou is my vraag, tree jy af op 60 0f 65 of sommer op 55 as jy kan? Nou moet n man gaan kyk na doe pro's en cons van aftrede...

Voordele om nog te werk:

  1. Jy bly besig deur die dag
  2. Jy het n doelwit vir elke dag
  3. Jou brein bly besig
  4. Jou lyf en spiere bly besig
  5. Jy kan nog n paar lekke ponde in die bank gooi
  6. Jy kan vakansies beplan, helaas buite seisoen want die kinders is uit die huis
  7. Terwyl jy werk is dit soos n betaalde rehab - n babelaas by die werk is nie lekker nie

 

Nadele om te werk:

  1. Jou tyd behoort aan jou werkgewer van 8 - 5
  2. Stres

 

Voordele om afgetree te wees:

  1. Jy kan maak wat jy wil wanneer jy wil
  2. Jy kan altyd op vakansie wees
  3. Jy kan n hobby doen
  4. Jy kan seker laatslaap as jy wil

 

Nadele van aftrede:

  1. Maak nie saak wie jy is nie jy gaan n helse nok vat in jou inkomste
  2. Verveeld
  3. Sit en boggerol doen elke dag
  4. Skok op jou lyf, die geen verantwoordelikheid
  5. Sit en wag vir die grim reeper

 

Wat is julle raad en insette op die onderwerp

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 06/02/2020 - 13:28

Wessel as jy op aftrede ń Ford koop dan kan jou kinders waneer jy uitklok op 99 nog ń goeie voertuig erf. Hulle sal daai Ford dan seker nog vir so 10 jaar sorgvry kan ry.

Alternatief, koop ń Toy as jy aftree, MAAR dan mowt jy voorsiening maak om ten minste nog 4 te moet koop voor jy uitklok.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 06/02/2020 - 13:56

‘n Voertuig moet darem ten minste 250 000 betroubare kilometer te kan aflê. Ek dink mens sal sukkel om meer as 10 000km per jaar gemiddeld te ry oor 25 jaar na aftrede maar ek mag verkeerd wees. Hoe lyk die afgetredenes se myle?

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 06/02/2020 - 13:58

Ek het 'n maand voor my 61 ste verjaardag offisieel afgetree - maar nie uitgetree nie. Ek sou nie op daardie ouderdom kon bekostig om af te tree nie. Ek is gelukkig om voort te gaan met wat ek my hele werkende loopbaan gedoen het - deeltyds en teen 'n uitstekende kommissie. Ek werk 6 maande van die jaar en die ander 6 maande is my eie tyd. Ek word oor 3 maande 66 en hoef nog nie aan my pensioengeld te vat nie. My aanvanklike plan was om te probeer voortgaan tot 70, maar het (na bespreking met my finansiële konsultant) besluit om net my huidige kontraktydperk (tot 30 Jun 2021) uit te werk. Jy moet beslis baie mooi besin om vroeër af te tree.

Ek het etlike jare gelede vir ons maatskappy se finansiële raadgewer gevra waar ek tekort skiet om op 55 af te tree. Hy't die volgende scenario aan my geskets: Vir elke 5 jaar wat jy vroeër aftree kan jy jou pensioen halveer. M.a.w. op 60 sal jy slegs sowat 50% ontvang van wat jy op 65 sou ontvang. Nog 5 jaar vroeër, kan jy dit weer halveer - m.a.w. slegs 25% van wat jy op 65 kon verwag. En sy waarskuwing is afgesluit met die feit dat mense al hoe langer leef. Kan jy dit bekostig indien jy dalk bevoorreg is om tot argumentshalwe 85+ te leef.

Dit het my laat vergeet daarvan om vroeër af te tree. En was dit nie vir die geleentheid waarby ek nou betrokke is nie, sou ek beslis tot minstens 65 gewerk het. Maar mense se omstandighede verskil. Dalk het jy 'n moerske klomp kapitaal.

0

Hier by my word jy gepenaliseer op jou pensioen as jy voor jou 60ste verjaarsdag aftree.

Jy kan aangaan tot 65, maar dan moet jy op die dag van jou 65ste verjaarsdag jou baadjie vat, jou boksie pak en jou kolegas groet.

Aangesien die Tannie 3 jaar jonger is as ek sal ek dit oorweeg om tot 63 te werk.

Wel, alles hang af van hoe die ekenomie en die land se sake daai tyd lyk.

Dalk het ou Cyril al ons pensioen in ESKOM en SAL bele en die is of opgebrand of gesteel, wie sal weet.

OK, in a perfect world as ons nou nie hoef te baklei vir kaartborde en verkeersligte nie (die ou swartgebrande dobbelaars by die verkeersligte wat hulle geldjies bele het in Krion) sal ek dink 65 is tog nie n slegte ouderdom om dinge halt te roep as jy nog gesond is nie.

En met die dat ek nou amptelik 203 dae lank opgehou rook het en die geskiedenis van my familie wat baie lank vat om om te dop gaan ek dalk ou Metusalem van die Bybel se rekord n go gee.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 06/02/2020 - 14:57

Chris praat van mense wat ouer word?

Wel ek betree vandag amptelik die middeljarige groep 

Ek het ingesit om op 140 uit te klok, so ek het nog ń entjie om te gaan?!

0
Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Thu, 06/02/2020 - 15:04

I definitely want to keep on working at least until I’m no longer productive, there’s no forced retirement age here, and my psyche is to keep mentally active...

But when I do eventually stop formally working, the problem’s going to be what on earth am I going to do with my time? One of the plus sides of being a reclusive bachelor, I’ve only myself to consider....

I would definitely like to become a part time roaming nomad, but definitely not a full time nomad, IE not “semi-perminently” sojourning in caravan parks (Like Arrie) ETC.... More of a sort of nomadic-nomad, with the odd short stay along the way.

Re-configuring my Landy into a one person camper, is actually the first steps in this direction, and it worked out so well and I enjoyed myself so much I’m now so keen and excited to begin making it more sophisticated.

I still like the security of sticks-n-bricks, somewhere to go back to, but don’t actually want to have the responsibility of a house..... That part of my plan’s in place, I bought my son a house, and I stay quite happily in the cottage. But when that eventually becomes unmanageable due to old age,  I become a burden, then it’s time to book a one-way ticket off this space-ball earth... hopefully I’ll pop off before then... The average man lives to what 80? Another 17 years to go...

0
Profile picture for user janwillem

janwillem

Thu, 06/02/2020 - 15:41

Ek verstaan nie die haas vir aftrde nie ? Party gaan sit in sak en as as hulle moet aftree, ander kan nie wag nie. Vir my is aftrede maar nog 'n ander fase in 'n mens se lewe. Ek word 78 die jaar, en het geen idee om af te tree nie, hulle moet maar net elke jaar die kontrak onder my neus in stoot. Miskien sal ek op tagtig anders voel. Beide ek en vroulief is geseend, om nog te kan werk, maar ons weet daar is 'n einde in sig, erens vorentoe.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 06/02/2020 - 16:51

Aftrede O aftrede, om af te tree, of nie.

Net jy self kan daai besluit neem, met 'n raadpleging van 'n (verkieslik) onafhanklike finnsieële adviser.

Ek het 'n paar mense geken wat oorlede is voor hul pensioen, het nog nooit iemand ontmoed wat aftrede oorleef het nie. Sorg dat jou pensioen jou oorleef, en nie anders om nie.

0
Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Thu, 06/02/2020 - 17:03

Hi Arrie...

Lekker om weer skouer te skuur. I picked up it’s your birthing day today.... I hope you ship, berths this year and this year you also get to do all the fun things that you missed out on last year.

Considering that You, Gryswater & 1 other (I’m 110 % sure Grys will remember who the other fella was, they seemed to be groot-tjommies the next day)..... Happily shared my army groundsheet shelter at Mabalingwe, I’ve just recently got something slightly bigger to give you fella’s a bit more room to do what the three of you do......

Love to show it to you....it’s almost 100 years old...

Please give my best to Petra, if my tumble-drier of a brain remembers correctly, she does not really participate on the forum. Forever hopeful that things will go well for her this year.......... I STILL can taste that oh-so-yummy melktert from Mabalingwe.

But now to me and how old me is.....

No you got it wrong.........

I stopped counting..... Oh, about the time I divorced methusula.....

I am actually an old old man.... I’m even called grumpy gramps now....

In fact, my son, who know’s me better than anybody else, he says, the only way to determine exactly just how old I actually am.................

Is for me to go and be carbon dated......cheeky Cheeky sod.....

Sadly the fact of the matter is.........I JUST LOOK THIS GOOD!..kiss

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 06/02/2020 - 18:00

Ek sal maar graag in my Pa se voetspore wil volg en dink dit moet 'n seëning wees om volstoom aan te gaan tot bv. waar hy vandag 78 jr oud is.  Ja hy sou seker kon "aftree" op 60 of 65 jr maar dit was nie wat hulle wou doen met hulle lewens nie en het besluit om aan te hou met werk wat iets kan beteken in ander mense se lewens.  Ek haal my hoed af vir hulle.  ??

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 06/02/2020 - 18:27

 Was "self employed" van 23jarige ouderdom, het gewerk met een doelwit om bymekaar te maak en vroeg af te tree. Op 47 my deel verkoop, was gatvol, en nog so 3 jaar as konsultant gewerk. Na 50 so hier en daar iets gedoen as dit regtig stimulerend was. Beste besluit, en elke dag dankbaar daarvoor. Maar laat ek die byvoeg, die resultaat van ons ekonomie veroorsaak dat neef somtyds sit en wonder wat deesdae genoeg sal wees. Die figure wat Arie hier bo noem, bestaan nie meer nie, weet nie van n portifeulje wat gegroei het afgelope 5 jaar nie, inteendeel is so minus 10% ñ aanvaarbare figuur, 25% algemeen. Kan nie dink wat deesdae nodig is om af te tree nie, seker so by R20m as jy bietjie wil travel.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 07/02/2020 - 07:59

Môre Arie

Dankie vir jou advies. Daar is egter net een problem daarmee, Ford het geen groot petrolmasjen tans op die bakkie-mark nie. crying

Groete

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 07/02/2020 - 09:46

Daar is heelwat Ford V8 enjins beskikbaar van Amerika af.

Koop ń Ranger, en n lekker 5lit V8, transplant die enjinkie in die Ranger en Bob's your Uncle. 

Lekerste kar wat ek ooit besit het was ń Sunbean Rapier met ń 5 lit V8 wat ek daarin gesit het. Was nou wel nie Ford nie, maar ń 1965 Chev Impala motor, maar dit het die trick gedoen.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 07/02/2020 - 09:54

Môre Arie

Ek moes dalk my Ford Territory se 4liter reguit 6 laat oorbou het in 'n Ranger.

Dit is egter water onder die brug.

Laat dit goed gaan met jou en veral die beterhelfte

Wessel,  

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 07/02/2020 - 10:49

Wessel

Ek het ook al daaraan gedink, maar met die ST se ratkas ook.

Jy kan nou 'n Territory goedkoop optel.

0

Jy kan nou 'n Territory goedkoop optel.

Sien daar is op Autotrader n pragtige een te koop vir R 109 000 met 81 000 kilos.

Hy is nog nuut!! 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 07/02/2020 - 12:36

Middag Arie, Willem, Frikadel

Aangesien dit my aftree voertuig moet wees, of dan 1 van, moet dit betroubaar en onderhoubaar wees. Dus sal ek nie sommer weer 'n Territory aanskaf nie, en ook nie belangstel in enige ombouiings nie.

Ek is seker maar oude doos, maar verkies 'n voertuig wat "stock standard" is, en het die persepsie dat die waarskynlikheid vir probleme net soveel kleiner is.

Gelukkig het ek nog tyd om rond te soek na geskikte voertuig.

Groete .

0

Sonder om te stir, maar my aftreekar sal wit wees en hy sal n Toyota wees, geen ander voertuig vir my nie.

Verkieslik ietsie kleinerigs "SUV'erig" en lig op brandstof.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus