Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Chris ek is besig om… Kgalagadi Oktober 2026 Voortrekker -1 hour ago
Neef ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
epos Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -2 hours ago

Maart 2020 Koffie Kroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre mede forumiete. 

Eerste dag van die derde maand van die jaar.

Dit is alweer die man van die sand wat my staarsiekte veroorsaak. Sit nou in die sitkamer en koffie drink. 

Ek hoor nou 'n persoon iewers ry met sy V8. Seker die mooiste dreuning vir my. Anders is dit doodstil hier. 

Mag elkeen 'n wonderlike Rusdag geniet

Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Tue, 24/03/2020 - 04:02

Goeie môre almal,

Het weer vanoggend vroeg in gekom om 'n projek te probeer afhandel. Tee is gemaak en koffie is besig om te prut.

Lekker dag vir elkeen

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 24/03/2020 - 06:41

Goeie môre vriende, geniet jul dag, en sterkte vir almal die volgende drie weke.

Hou maar by die nood wette, en tref die nodige voorsorg, dit is tog vir ons self en ons geliefdes.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 24/03/2020 - 07:15

More almal sterkte met die 21 beplaning staan sterk laat loop met die koffie hier loop hy soos stroop vrede

0
Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS

StephanS

Tue, 24/03/2020 - 17:51

Hi Chris. 100% dit was Merry Pebbles. Juis vanmiddag by die huis teruggekom. Lekker gereen gister  en gisteraand.

Die paaie was betreklik stil vandag en selfs die padwerke na Milly's was 'n breeze gewees. Net opmerklik gewees hoeveel klein trokkies is vol gelaai en oppad Mosambiek toe. Seker so by die 30 getel op pad.

Geniet die res van die dag almal

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Wed, 25/03/2020 - 08:28

Dag vriende

Word wakker vanoggend in doodse stilte en hoor geen karre nie. Hier in Pretoria lyk dit al soos `n spookdorp en die verkeer is wragtig minder as wat dit op `n sondag is.

Groetnis

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Wed, 25/03/2020 - 20:46

Anton, dit kan jy weer sê. Besig met voorbereiding om vir die volgende tydperk vanaf die huis te werk. Moet alles agtermekaar kry om seker te maak dat ek alle inligting het. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus