Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk Springbok rugby Geert -1 hour ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -9 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -9 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -10 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -11 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -13 hours ago

Help asb!

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on

Petra sukkel erg met permanente intense pyn.

So erg dat sy soms hier sit en dan loop die trane by haar wange af. Sy sukkel om meer as twee ure se slaap in te kry as gevolg van pyn. Sy het so klompie jare terug morfirn gekry vir pyn maar ons wil nie graag weer daai roete loop nie.

Ek het al baie gehoor van dagga olie wat blykbaar goed werk vir pyn.

Weet iemand of daar waarheid insteek en sou dit die geval wees, waar kan ek dit koop?

Sal baie waardeer sou iemand dalk kan help.

Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 17/04/2020 - 15:07

Middag Arie

Jammer om te hoor. 

Kontak asb Anelle van Deventer woonagtig op Brits in die verband. Haar nommer is 082 563 3171. Noem maar gerus dat jy haar nr by my, Wessel Strydom gekry het.

Sy kry dit vanaf die Kaap, blykbaar veel goedkoper as in die apteke.

Ek hoop jy kom reg

Groete

 

0
Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS

StephanS

Sun, 19/04/2020 - 11:08

Arie. Na my vrou se heup atroskopie sukkel sy net so met pyn. Goed wat die dokter voorskryf help net nie.

Hy het nou vir haar 'n kombinasie van goed gegee wat effe verligting gee.

Sy sê egter dat Ibrufen pynpille vir haar nogal verligting gee, alhoewel dit nie die pyn heeltemal weg vat nie, en dit is oor die toonbank beskikbaar

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 23/04/2020 - 18:59

Gekry dankie.... werk?

Weetie jy is nou permanent in pyn.

As gevolg van die kliere wat verwyder is drein die limp vog nou in haar regterbeen. Die been is nou dubbel sy oorspronklik omtrek, die vel lyk of dit wil oopbars.

Die been is batuurlik heng swaar en die spiere is noi besig pm te verlam.

So ja of dit werk, die pyn mag dalk bietjie minder wees maar pyn is pyn!

Volgens die dr' s en sjirurge is daar net twee opsies, morfien daagliks of amputasie 

Op die stadium is nie een vir haar aanvaatbaar nie.

Terug trek na pns huis is ook nie anvaarbaar vir haar nie, sy wil bly kamp.

Dankie vir die belangstelling.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 23/04/2020 - 19:49

... sy bly in my gedagtes. Ek deel gereeld met Ralie as jy terugvoering gee oor Petra. Sterk staan my maat. Ons dink aan julle.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 23/04/2020 - 20:33

Dankie almal.

El word darem nou slim op my oudag!

Maak kos onder Petra se streng toesig, kan al die kamp se speed queen operate en ek weet van wit en kleure apart!

Kan al skottelgoed was en afdroog - sonder toesig nogal nê. Mak bed op stof af, vee uit, help haar aan en uitrek, en wir weet wat nog! Trek net die streep by stryk dot doen ek nie, bang ek brand die hele kamp af!

Nee kyk op die trant sal ek eendag ń moewiese aanwins wees vir ń ryk weduwee!

Ai mense ek spot, dos mar net om die seer binne my weg te steek. Sy kry bitter swaar. Sy is ń ontsetende onafhanklike mens em baie trots, dit is erg vir haar om so afhanklik te wees.

Ek moet haar been vir haar on die bed sit, weer afhaal as sy wil opstaan. Ek sien hoe erg dit vir haar is om my snags wakker te maak ad sy moet ń draai loop.

As ek dink hoe hwt ons gejubbel begin van die jaar toe sy vir die eerste keer skoon gescan het vir kanker. Die eerste keer in omtrent 10 jaar is sy skoon, nou sit sy met die nagevolge wat amper erger as die kanker is.

Sy is op en moet hard werk om positief te bly en nie in depresie te verval nie 

Ek doen maar wat ek kan om haar gemoed bietjie op te bou. My hart bloei vir haar.

Ek is net ontsaglik dankbaar aan my Hemelse Vader dat ek geseend is met goeie gesondheid en nog die krag het om haar by te staan.

Dankie vir jul gebede sy waardeer dit baie om te weet so baie mense dink aan haar!

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 24/04/2020 - 09:51

Arie, dit is so, mens moet so effe humor orals bysit (sood my opskrif) ek glovdit is wat ons maak om weer die volgende dag te kan wakker word.

Baie sterkte en genade van ons Vader word julle toegewens.

Amen

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 24/04/2020 - 10:17

Môre Arie en Petra

Ek kan net byvoeg dat dit my gebed is dat onse Almagtige God en groot geneesheer jou vrou sal aanraak tot volkome genesing.

Veel meer kan ek nie sê nie.--- Sterkte

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 24/04/2020 - 14:07

Arie, ek weet nie waar kry jy, 'n kaaskop, jou sin vir humor nie, dit is mos net ons opreg geteelde boere wat dit naturlik het 😂.

Nee ernstig, ons bid vir julle al twee.

Die een se pyn, is ook die ander een sin.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 24/04/2020 - 14:19

Johann waar val jy uit?? 

Die spul Nederlanders het ń groot sin vir humor, kyk net na die vanne wat hulle uitgedeel het?

Kyk na hulle kleredrag ag so kan ek aangaan. Ek sal my dogter vra om my ń foto te stuur waar ons gesin met ons eg Volendamse klere pryk.

Dan sal jy sien wat is humor!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus