Wen R 2000 bygedra tot jou kampplek van keuse!
Dankie Harry (Cadhouse) en kampforum.co.za vir die R2000 prys borg! ![]()
Hoe werk die kompetisie?
Jy hoef nie 'n nuwe draad te begin nie. Plaas jou inskrywings slegs op hierdie draad.
Enige forum lid mag 3 foto's inskyf. Enige foto na jou 3rde inskrywing sal nie in ag geneem word nie. Jy hoef nie al 3 foto's gelyktydig te plaas nie. Foto's MOET deur jou of van jou of jou gesin / groep geneem wees. Die kompetisie sal eers eindig wanneer 15 of meer lede ingeskryf het. Forum lede word verwelkom om kommentaar te lewer op foto inskrywings. ![]()
Foto Tema: " Nou kamp ons / ek lekker" m.a.w. enige foto's van hoe lekker jy of jou gesin of groep kamp.
Prysgeld: Die R 2000 sal in die wenner se oord van keuse se rekening inbetaal word met bespreking.
kliek hier: - HOE OM FOTO's TE LAAI?
KOM LAAT ONS JOU FOTO's SIEN!
(beoordelaars is Cadhouse en kampforum) Aan die einde van die 1ste kompetisie fase sal finaliste gekies word waarvoor daar dan gestem sal word om die wenner te bepaal.
Sonsak oor Dube
Dis wanneer jy stil word in die natuur, waar jy weer die natuur kan hoor praat en as jy fyn luister sal jy besef hoeveel genesing daarin lê.
More Driekie, en welkom op…
More Driekie, en welkom op die forum, dankie vir die deel van jul pronk fotos, nou wil ek gaan kamp!
Welkom en dankie vir die…
Welkom en dankie vir die deel van foto's.
Lyk my jy is ook 'n nag uil as ek na die pos hierbo kyk, 03:21.
My tablet wys 05:09? …
My tablet wys 05:09?
driekiegrobler…
Mon, 26/08/2019 - 05:09
Myne ook. Afgetrede worrie…
Myne ook. Afgetrede worrie moes nie oor tyd nie soos die werkendes nie ![]()
Sien nou op die Laptop wys…
Sien nou op die Laptop wys dit ook so ?
Maar het nie vanoggend so op my Tablet gewys nie ? Maar sien nou wys hy ook so ?
Baie welkom Luzaan Nice…
Baie welkom Luzaan
Nice foto's, dankie vir die deel.
Hallo Luzaantjie, ek dink jy…
Hallo Luzaantjie, ek dink jy ken my goed, mooi foto's ja die seuns is nou al effe groter. Groete daar, Herman.
Het die kompetisie n stille…
Het die kompetisie n stille dood gesterf ?
Of was hier al n wenner dat ek dit dalk net gemis het ? ![]()
Nog n inskrywing

Een van my laaste kamp foto's onder "lock-down".
Het darem privaat ablusie gehad.
Betaal nie ekstra vir krag nie.
Diere vriendelike oord. Oord se hond het tot in Froggy geslaap.
Sekuriteit is nie goed hier nie, ons slaap maar saam met my handwapen in Froggy.
Oord het darem beams ook wat jou waarsku.
Eienaar van die oord is baie gaaf.
Jy kry tot gratis drank en hout.
Selfs vleis is op die huis,
Ek kon tot by die oord eienaar se vrou slaap. ![]()
Harry, nee ek wag ook maar…
Harry, nee ek wag ook maar geduldig dat die wenner aangekondig word.
As ek reg onthou was ek twee inskrywings toegelaat omdat ek tweede was in die virige kompetiesie?





Lekker gerus by Dube
Ons was onlangs vir die eerste keer by Dube en het verlief geraak op die rustigheid en die pragtige wild en natuur. Na 'n heerlike dag van ontspan, diere kyk en rondhang in die warm swembad kon ons 'n vuurtjie aansteek, die son sien sak en die diere tot ruste hoor kom, vir oulas roep na hul maat, saam stil word en weer 'n slag die natuur hoor praat. Sal dit graag weer wil besoek.