Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -7 minutes ago
Selfde leeuwyfie? Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -38 minutes ago
Wessel ... Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -1 hour ago
Wessel, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Gemsbok... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Stil pad Tulbagh toe. Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago

Jors se Kampstories op fb ...

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on

Môre vriende,

Ek gaan probeer om dié Jors se Kampstories gereeld hier te plaas ?

Hier is die fb skakel.

 

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 03/10/2020 - 09:59

Dagsê vriende,

                        MONDKAPJE.

    Hoe gaan daai liedjie " Rokkies wil sy dra maar niemand kyk daarna", nou wil ek amper sing " Mondkapjes sal ons dra en almal kyk daarna".
    O hang, laat ek jul eers vertel waar kom ek nou aan die woord, mondkapje. My stories land ook op n buitelandse groep Afrikaans Oorsee. Op die groep is n man met die naam Andri Nieuwoudt wat in Nederland woon. Die woord het ek in een van sy plasings raak gelees. Mondkapje is die maskers wat ons dra vir covid. Dit is so n mooi beskrywende woord. 
     Maar kom ons kom terug na, ons kyk wat se mondkapjes ander dra. Gisteraand praat n woordvoerder van ons blou uniform manne op TV en ek het amper van my stoel afgeval, net om gou vir julle n foto te gaan neem van die TV screen anders gaan jul my nie glo nie. Hy dra een van die duurder maskers, die met die filtertjie, n mondkapje. Behalwe syne het nie meer n filtertjie nie. Daar is net n gat.  En dit op nasionale TV. Nou wonder ek of n balaclava masker ook sal kan werk, hy het drie gate in. 
    Kyk, ek dra my mondkapje, maar o wee, ek soek nog een wat my nie benoud maak nie. Die ander ding is, vir die afgelope paar maande al gaan ek met n waas deur die lewe. Ek mis so baie, ek kan nie oordentlik deur my bril sien nie. Hy is altyd toe gewasem.
    Nou vertel hul, nee jy moet die oorbandjies oorkruis aansit om te keer dat jou bril opwasem. Dit het ek al ook getraai. My mondhoeke en ore sit nou al teen mekaar, so opgewen is ek. Ek kan nou al my ore raaklek soos n bees. Die bopunte van my ore is nou reg langs my oë soos die oogflappe van party stiebeuels wat vir perde of osse aangesit is vroeër jare dat hul net voor hul kan sien. My vrou reken my ek ly nou aan tonnelvisie, ek sien haar glo nie raak nie. 
     My neus is al so diep in my kop ingetrek, my sinusse sit nou agter my kop. Hoe ek dit agtergekom het is die ander aand toe ek neussproei wou inspuit in die badkamer en my vrou reg agter my natgespuit het. Was sy nou vir my kwaad, maar hoe moes ek nou geweet het. 
    Nog n mooi woord wat ek by Andri gesteel het is "winkelen". Dit beteken in kort dat jy aankope (shopping) doen.
    Ek sal maar my mondkapje dra as ek gaan winkelen. Sukkel n bietjie om gewoond te raak aan die ore wat lyk of hul by my wil verbygaan..

Vreugde en vrede vir julle.

.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 05/10/2020 - 08:18

Dagsê vriende, 

            VRYSTATERS OP VAKANSIE.
 
   Die ouens by die kus sal jou dadelik kan  vertel wie is  n vakansieganger. Familie van ons bly daar en hul verwys na vakansiegangers as "kyķ daars." 
   Dit is nou omdat die ouens die heel tyd sê, kyk daar, kyk daar. Iets wat ook heel dikwels gehoor word is," het jy dit gesien".  Baie van hulle, dit is nou die sandtrappers (kusbewoners) is nie lief vir ons nie. Hulle sê ons jaag net hul lewenskostes op met vakansietye, met alles se pryse wat opgaan. Die ander ding wat lyk my hul grief is die feit dat ons ìn groot getalle soontoe stroom. Die mense vertrap mekaar.
    Dan natuurlik kan n Vrystater uitgeken word aan sy tan. Daai kortbroek, kortmou hemp en bootse tan. Daai gedeeltes is mos spierwit. As jy daar by die see kom dan wil jy mos nou alles doen. Jy sal alles traai. Met die kinders uit die huis uit is jy en mammie mos nou lankal braaf. In jou lewe was jy nie op n branderplank nie, nou wil jy skielik surf. Die enigste Surf wat jy ken is n waspoeier, maar nee, surf wil jy surf. Die vrou het nogal gesê ek moenie laf wees nie. Sê ek, dit is net sout wat laf word. Plaas het ek maar geluister. Dan sal jy nou n mannetjie gaan staan en betaal daar by Ushaka, hoor hul praat van hom as n "instructor", die gaan nou die Vrystater leer surf. Hier by ons is skaars water, wat besiel jou. Nou kry jy n bord volgens jou gewig. Myne moes hul, n tanker daar van die hawe af laat kom. Nou vertel die bruingebrande mannetjie met sy maergat gespierde lyfie jou dit gaan oor balans, daar op die droë grond moet jy nou op die ding loop staan. Eintlik moes ek al daar moed opgegee het. Daar het ek al afgeval. Dan is dit vlak water toe met die bordjie. Die het ek buitendien omtrent n voet onder die water in getrap. Blykbaar was dit hul grootste een. Ek het meer gesukkel om die ding te laat dryf as iets anders. Dan op die maag gaan jy nou dieper in om die grotes te gaan ry. Boetie, het jy al n duikboot getraai inroei in die see in. n Onbegonne taak, sê ek jou. Nou probeer jy n golf te vang. Dit is amper makliker vir n hond om n kar te vang. Jy roei vir n vale agter elke brandertjie aan net om maar weer agter die deining in terug te sak. Na menigte probeerslae en n paar meter op die bord spoel jy soos n strandbal met jou boepens op die strand uit nadat dit vir jou gevoel het jy was nou in n wasmasjien soos wat jy en jou surfbord rondgeskommel is. Ek is potblou en vol knoppe. Jou een been is nou drie duim langer gerek van die bord wat met n tou om jou enkel vas is.
  Vat jy jou bord nou terug, knyp hom so onder die arm vas en loop asof jy nou die beste surfer in die see was. Gesien die seuns pak so draffie uit as hul so tussen die bikini girls deurhardloop. As ek maar net onthou het om die ou bleddie toutjie om my enkel af te haal. Maar nee, ek wil mos nou wys ek kan en wend so n halfhartige draf poging aan toe ek die tou raaktrap en daar ten aanskou van almal met my vier en sestigjarige grys kop eerste in die sand induik, en dit reg langs n girl met n einaklein rooi bikini. Die bord steek ook so met sy skerp punt eerste in die sand. Daar het hul my toe met n TLB kom uitgrou, my voetsole bloedrooi gebrand in die son soos wat hul bo die sand uitgesteek het. My kort sokkie boots tan kon toe darem reggestel word. Nou is dit nog net vir die witborsie bruinarm tan, dan kan ons begin vakansie hou.
   Maak die vrou asof sy my van gin kant af ken nie. Miskien was ek onherkenbaar gemaal deur die see.
   En die rooi bikini girl, die het ek nooit weer gesien nie.

Vreugde en Vrede vir julle.
NS. Môre gaan ons Casino toe.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 06/10/2020 - 07:54

Dagsê vriende,
 
      SIBAYA CASINO HIER KOM ONS.

    Die volgende storie is n werklike verhaal. Dit het met vriende gebeur op n vakansie jare gelede. 
  Johnny en Hettie koop n pragtige goudkleurige Mercedes uit die boks uit. Hul besluit die Mercedes moet langpad vat. Dadelik bel Hettie en bespreek n week se vakansie in Umhlanga Sands.
    Die twee is toe hier af met hul "brand new" Mercedes. Johnny vertel dat hul ewe windgat daar arriveer. Kry net die beste parkering en diens met die Mercedes. Koninklike behandeling ou Jors, sê hy. 
     Twee dae later is die weer nie lekker nie. Julle weet mos, by die ontvangste van hierdie soort plekke is daar n magdom pamflette van plekke in die omgewing wat hulself adverteer. Vat hul daar een raak van Sibaya Casino. Hulle besluit om n bietjie Casino toe te gaan. Hulle was nog nooit by so n plek nie. Al wat hul van so vir n plek weet is wat hul jare gelede in die Rapport gelees het toe ou Sol Kerzner Sun City oopgemaak het. 
  Hulle vat die pad met die goudkleurige Mercedes. Daar gekom is dit n ingang met sulke imposante koepels, dit voel sommer of jy klaar gold gestrike het, sê hy. Die sekuriteit by die hek kyk die kar so en vra "Silwer,Platinum or ...."?  Eers wil hy hom vererg en sê gold toe hy die man onderbreek. Wys die man hom daar in n rigting om te ry. Weer n ent verder nog n sekuriteitshek. Weer word hul gevra ,  "Silwer, Platnum or .....", weer onderbreek hy die ou en sê hy gold. Nou word hul na n VIP parkering aangewys, Johnny vra, Hettie is die mense kleurblind, kan hul nie sien die kar is gold nie.
  Johnny sê sy, ek dink hul praat van jou bankkaart. Dan is ons oraait sê hy, ons het mos n goue bankkaart. Klaar geparkeer klim hul uit en stap na die ingang. Hy sê, man is dit vir jou grand, die rooi matte is uitgerol vir hulle, by die deur is nog n ou met sulke wit handskoentjies en n netjiese pak klere. Die vra ook, "silver, platinum or...", gold sê ou Johnny. " Please show me your card" se die ou. Nou weet hy Hettie was reg, dit was toe nooit die kar nie. Pluk ou Johnny sy goue bankkaart daar uit. 
  Die ou het toe nou in n mooi engels beduie dat dit nie die kaart is wat hul soek nie. Jy kry glo die VIP kaarte volgens die geld wat jy uitdobbel, vertel Johnny my. Hulle het ook hul eie dobbel sale. Praat die man daar op n Walkie Talkierige ding en n ander ou het hul toe daar kom haal. Net gesê hul moet nou maar die kar daar los. Vat hul toe daar na die gewone dobbelaars toe. 
  Hulle het toe niks gewen nie. Tot vandag toe glo hy as hy daar saam met die VIP's kon dobbel, sou hy vandag n ryk man gewees het. Hy sê hy is seker hul het n masjien wat kan wys watter ouens gaan wen, as hul sien jy gaan wen vat hul jou na masjiene toe wat nie uitbetaal nie.

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 08/10/2020 - 13:55

Dagsê vriende,

  DRAKENSVILLE ( ONDERBROEK RESIES)

   Vanoggend het die ouens seker nou al gewonder wat het van my daaglikse storie geword. Man, het ek nou so n luiheid wat op my toegesak het vanoggend. Sit ek voor die karavaan onder die canopy en staar na die berge wat deinserig in die verte lê. 
   Maar kom ek vertel jul eers van gister se aankoms hier. Soos altyd vriendelik ontvang en skaars by my staanplek aangekom stap n man nader. Dadelik eien ek hom en hy vir my. Lourens, daar van Richardsbaai. Hy en sy vrou, Joey lees graag my stories en so het ons mekaar dus leer ken op FB. Staan hul wragties net so twee staanplekke van ons af. 
   Vertel hy my die storie. Nou moet hy my maar verskoon dat ek die storie so n bietjie body gee. Miskien is dit heelwat body, jul weet mos n ou moet die waarheid n bietjie aandik, sommer net om dit lekkerder te maak. 
   Maar meer oor hulle. Hul is n paartjie wat afgetree het en kamp dikwels. Vra ek hom uit omtrent die apparaat wat aan sy been is.Vertel hy dit is sy knieg wat oor die muur is, die ding ondersteun sy knieg. Hy strek so vanaf sy kuit tot op sy bobeen. Joey weer se gesondheid is nie goed nie en ry met een van hierdie battery aangedrewe schootertjies. Sy loop swaar. Hy vertel van die slag wat hul hier gekamp het. Beduie ook sommer vir my waar het dit gebeur, net anderkant die ablusieblok. Dit is effens skuins hier in die oord. Die park lê so skuins teen n helling. Die geplaveide staanplekke is so te se waterpas. 
  Met hul gesondheidsprobleme probeer hul dus redelik naby die ablusiegeriewe kamp.
  Breek hul die dag kamp op. Hulle kamp met n dubbelwiel tweedeur Sunway karavaan. Dit is n swaar karavaan. Dit is n groot werk. Alles opgeslaan tel hy die jacks op. Hul gaan eers stort. Terug by die wa parkeer Joey haar schootertjie naby die een karavaan deur en hul is daar in om aan te trek. Lourens se bioniese been is nou weer gespalk en hy het n onderbroek aan toe hy sien die schootertjie gaan ruiterloos langs hom by die venster verby. Toe sal hy sien, maar dit lyk dan nou vir hom met die wat hy met sy rug na die neus toe sit asof hy weer in n treinkompartement sit met die tonele wat nou albeikante van hom verby beweeg. Hy besef dit is die karavaan wat beweeg en spring met sy bioniese been en onderbroek by die agterste deur uit. Nou probeer hy keer. Hy vertel hy probeer briek waar hy by die agterste handle vasgegryp het. Sy been, die het gelock. Nou lyk hy kompleet soos n skiër agter die Sunway met sy rooi onderbroek. Die rook trek uit sy voetsole soos wat hy vaskop en briek. Sonder skade het hy toe darem uiteindelik die wa tot stilstand gebring.
    Joey het toe n onbeplande rit meegemaak. Lourens sê, hy is doodseker die handrem was opgetrek.
  Hy sê dit was net briekmerke waar jy kyk. 
  Die onderbroek, die het hy maar weggegooi. Dit het hom te veel herinner aan die briekmerke toe hy die Sunway gestop het.

 Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 09/10/2020 - 10:20

Dagsê vriende,

          DRAKENSVILLE BIKERS.

     Jul gister van die Sunway en die rooi onderbroek vertel. As jy nie gelees het nie moet jy dit dalk eers lees. In kort het ons hier kampmaats ontmoet. Die vrou ry met een van hierdie battery aangedrewe schootertjies weens gesondheidsredes.  Sy stap moeilik
    Hier is ook n offroad biker wedren in die omgewing. Die manne kamp al saam van Woendag af. Die fietse mag slegs op bakkies of op waentjies hier inkom en nie gery word nie. Ek praat sommer van hul schooters, nogal 300 KTM's hoor ek hul maar net praat van die schootertjies. Hul vind dit snaaks toe ek hul vra om my meer van die schootertjies te vertel. 2-Stroke enjins, vertel hulle. Ek weet net ek het n 2-stroke breek en staan grassnyer gehad toe ek jonk was. Hy het my so anti petrol enjintjies gemaak, tot vandag toe sny ek net met n elektriese grassnyer, vertel ek hulle. Nee oom , sê hulle, hierdie is darem nou heeltemal in n ander klas. 
     Die dag wat hul hier arriveer, dog ek, hier kom n ding. Word daar so n groot AMP speaker van n bakkie afgehaal, nou die, vra die een seun. Vir ons music sê die ander ou. Ek dink nie dit gaan hier werk nie sê die eerste seun toe hy so skuinsweg na my en die ouvrou kyk waar ons rustig onder die canopy sit en kos voorberei vir ons braai. Vra hy vir dieselfde ou met die speaker, het jy daai oom se kuite gesien, hy gaan ons gatte vuurwarm skop. 
   Bedags is die manne dus in die veld met hul Dirt bikes en laatmiddag kom hul terug kamp toe.
  Sê ek vir die vrou, wat n aangename welopgevoede klomp manne. Hul musiek word vir hulself gespeel en tot op die laatste 9 uur dan is dit af.
   Sit hul gistermiddag so in n groep hul dag se wedren en bespreek. Sien ek onder in die paadjie ry Joey met haar schooter. Ons waai groet vir haar, sy waai terug en besluit om n paar woorde te kom gesels en ry nader. 
    Drink saam met ons n vrugtesappie en sê sy sal nou moet ry, voor haar mense haar begin soek. Druk sy daai schootertjie daar in reverse, vergeet skoon van die groot boom met sy dik wortels agter haar. Val die skootertjie amper met haar om. Ek gryp en keer dat sy nie omval nie.  Maar nou begin sy met daai schootertjie daar teen die boom uitklim. Die seuns sien hierdie petalje en hardloop nader om te kom help. Daar het hul ons toe halfpad teen die boom uit kom afhaal waar ek toe nog steeds aan die schooter hang soos n stuk biltong om te keer dat sy nie te hoog uitklim teen die boom nie. 
    Dadelik het die bikers gesê die tannie moet haarself kom inskryf vir môre se been van hul wedren. Sy sal goed doen. 
   Gelukkig het sy nie seergekry nie. Na die aanvanklike skok kon ons toe egter lekker lag oor die noue ontkoming. 
Ons was darem nie halfpad teen die boom op nie. Die seuns het gehelp en ons het die wiele tussen die boomwortels uitgetel. So n paar skaafmerke op die schootertjie wat haar altyd sal kan herinner van die dag wat sy boom geklim het met haar schooter.

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 12/10/2020 - 08:33

Dagsê vriende,

           VUILG... KAMPEERDERS.
 
   Vanoggend gaan ek reguit praat. Kamp ons by Drakensville. Die kamp was propvol kampeerders die naweek. Ek het al dikwels gelees die ouens kla oor vuil kampe, veral oor vuil badkamers.  
   Die personeel het regtig die plek skoon gehou en was bedags op hul poste om agter die varke skoon te maak. Ekskuus dat ek so praat van my medekampeerders, of liewer van sommiges van hulle.
    Kom ek by die opwas en daar is n paartjie wat hul skottelgoed was. Pak hul goed in n skottel en los alles net so vuil en nat. Stap n werker in om skoon te kom maak, ek sê vir haar dankie dat hul die plek so mooi skoon hou. By n ander wasbak los n omie ook alles net so nadat hy sy vlekvrye braairooster kom skoonskrop het. Die spatsels is tot teen die teëls. Die rooster blink soos n spieël, maar waar hy klaar is lyk dit naar. Interessant, ek weet toe waar hy staan, sy wa,motor en kamp kan jy deur n ring trek so netjies is dit. Dan wonder n ou waar het Mamma opgeslip met sy opvoeding. So n persoon is n ek ou. Weet jul wat is n ek ou? Ek vir myself en dinges die res. 
  Die badkamers is puik en word bedags silwerskoon gehou. Soos diewe in die nag kom daar van die kampeerders en kom steel die ander kampeerders se skoon badkamers snags. Los baddens, wasbakke en storte vuil. Die asblik staan halfvol met hul papierhandoeke wat langsaan misgegooi lê. Die mop vir nat storte staan ongebruik by die ingang waar almal hom kon sien toe hul ingestap het.
    Dan glo party ouens as hul die toilet gebruik om sy sigaret as n rookskerm te gebruik om die reuke te verdoesel. Mag jy daarin verstik omdat jy nie rookvrye areas respekteer nie. Soos wat die ouens gister oppak om te ry, word plekke skoon gelaat, by ander lyk dit minder goed. Plekke lê vol stompies en lekkergoed papiertjies. Die volgende generasie varkies word groot gemaak. Aan haar bors maak mamma hul groot.
    Elke oggend kom die werkers maar weer in om skoon te maak en so te hou deur die dag. By die badkamers al van sesuur af, is hul besig om skoon te maak. Braaiers word skoongemaak, asdromme en die los goed rondom word skoongemaak.
   Drakensville, julle is puik. Baie dankie aan die meeste van my medekampeerders, dat julle ook alles skoon probeer hou. Aan die varkies, nou ja, wat sal ek verder sê.
    
 Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 13/10/2020 - 08:08

Dagsê vriende,

         ONS OU SPOORWEGHUISIE.

     Vertel Wille Willem my die storie. Jare gelede werk ek vir die Spoorweg, nou deeskedae se Transnet, of is dit Wagnet dat ons wiele weer kan begin rol. Dit was nog in die jare wat jy na skool vir hulle, polisie of vir enige ander staats departement gaan werk het. Ja, kan jy glo dat ons ouers ons basies in daardie rigting gedruk het. Daardie jare was dit die werke wat vir jou die meeste voordele en werksekerheid gebied het.
  Geld was maar min. Harde werk Boetie, dit was nou regtig soos Die Bybel sê "In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet...."
    Met die wat geld skaars was, kon ons dit nie bekostig om n privaat plekkie te huur nie en het dus aansoek gedoen vir n spoorweghuisie. So kry ons as jong getroudes ons eerste huis. n Rooisteen spoorweghuisie teen baie billike huur, dit is mos amper asof jy gesponser word as jy hom huur.
    Die huisie het vir n ruk leeg gestaan, so die ou tuintjie is maar n bietjie verwaarloos. Ek werk nagdiens en ek belowe vir vroutjie dat ek die plek in n japtrap sal regruk. 
   By die werk vertel ek oom Piet van die tuin wat toegegroei is. Hy vertel van een of n ander bossiekapper wat hy gekoop het, nogal electric, vertel hy. Kom haal hom en gaan kry jou plek reg, sê hy. Na werk is ek daar saam hom weg na sy huis toe om die masjientjie te gaan haal. Na n vinnige kursus is ek weg huis toe. Na koffie en ete sê ek vir vroutjie, nou is dit ek en die tuin.
    Daai jare het die goed net uitgekom, sy Ingelse naam staan so in groen op hom met n fancy skrif geskryf in vet letters "WEET EATER" Omdat die goed nuut op die mark was dink ek nie hul is vreeslik vir veiligheid getoets in die fabrieke nie. Myns insiens sou die koper maar eintlik die proefkonyne wees.
   Die ander ding wat jul moet onthou is dat daai jare se huise se circuitbrakers sulke groot swart gedoentes was, wat amper soos n Mini enjin teen die muur gelyk het. Hy het ook so n horisontale flywheel gehad. Kompleet soos n enjin ou broer, kompleet sê ek jou !!
  Die drade bo in die dak was ook oop, nie in n pyp nie. Hulle is so van balk tot balk met klampies vasgeslaan. Kyk dat daar nog enigsins n nageslag is, is n wonderwerk. 
   So start ek die masjien en begin sny.
So gaan ek en die bossie vreter aan totdat daai motortjie so effens warm raak en toe short hy maar hy short nie sommer so nie, die krag hardloop in daai pyp handvatsel ook in, deur my lyf, tussen die twee kortbroekpype in my bene deur na my kaalvoete wat omtrent vastrap op die tuingrond wat vroutjie al die vorige dag begin natspuit het. Sy wou die tuin aan die gang kry en red wat te redde is. 
   Die tripswitches het daai jare hul tyd gevat. So was dit ook die dag. Intussen staan ek buite besig om n Elvis personation na te maak. Kompleet met die heupe wat swaai en die elmboë wat na agter rock and roll. Dans ek met daai weed eater asof dit n mikrofoon is, al in die rondte. Ek skreeu soos n maer vark.    Ek dink die bure het seker maar gedink dit is n trein se brieke wat so skree. Die draad coil hier om my bene en ek besef, weghardloop vir die ding is nou uit. 
 Genadiglik besluit die metertjie hier is fout en hy trip. My ruk bewegings kom onder beheer. Nadat ek myself los gewoel het is ek op wankelrige knieë, bene en rubber enkels die stoep op en gaan sit vrywilliglik op die rooi gepoleerde trap. Lekker vies vir die bossie vreter los ek hom sommer net daar waar hy geval het. Naderhand nadat ek van my skok herstel het gaan gooi ek vir my n glas Oros in, roer sommer nog drie lepels suiker by vir skok. Stap na die box en sit weer die krag aan. Gaan sit weer buite op die trap my koeldrank en drink.Nou moet ek maar wag dat die ding afkoel, dink ek.      Kom skoonpa daar aangery, ek sit nog op die stoep. Hy stap nader. Hoor net hy sê, "so gaan jy nie klaar kry nie". By die bossie vreter steek hy vas en rerig………. nog voor ek hom kan keer tel hy die ding op en druk daai knoppie. Skoonpa het n kortbroek safaripak aan met sy vellies en lang kouse. Toe daai Eskom met hom begin praat sien ek net sy maer wit beentjies klap so toe soos n oester sal maak as daar sand in sy bek kom. Die ou se kniekoppe stamp so teen mekaar klink soos ń houtkapper voël wat nes bou.Sy maer wit beentjies, die lyk naderhand soos smeltdrade so rooi is hulle. Grootoog staar hy na my waar ek met steeds wankelrige bene probeer regop kom, so asof daar geen haas in my is nie. En weer besef die metertjie daars fout en trip in die huis. Skoonpa gooi daai bos vreter dat hy soos Javelin deur die lug trek en my amper tref op die stoep. Nou heel bedonnerd voeg hy my n paar woorde toe wat ek nie hier kan herhaal nie.
   Hy het soos n nat sak langs my op die trap kom neerval. Ek het vir hom ook n Oros en suiker gaan maak. Skoonpa het my nooit vergewe vir daai poets (soos hy dit stel ) wat ek op hom getrek het nie. Hy het sy dogter daarvan vertel en  hoe ek nie haastig was om hom te kom help nie.  Op haar beurt is ek toe sekere huweliks regte ontneem vir ń ruk. 
 Nee ou Broer, kom laat ek jou sê, ons het dit nie maklik gehad daai jare nie.

Vreugde en vrede vir julle

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 14/10/2020 - 07:29

Dagsê vriende.

 WILLE WILLEM SE INGELSMAN SWAER.

 Met die Covid virus storie raak almal van ons mos DIY ( Do It Yourself ) spesialiste. My suster is met n opregte Ingelsman getroud, sy Ma was engels en sy Pa ook, so dit maak hom mos n true Pommie. Wel sy het hom ingevoer vanaf Engeland voor die Brix storie anders was hy baie minder werd as vandag. Wille Willem sê, hy is nou n regte bleeksiel pen pusher. 
  Sy vertel my van die keer toe haar maer Engelsman te veel van Riaan se DIY programme gekyk het. Sy Afrikaans is maar so-so dus het hy meer gekyk as geluister. Met die lock down probeer hy toe sy hand aan allerhande nutsman probleme waarvoor hy in die verlede nie kans gesien het nie. Maar hy begin agterkom dat sy "kyk-en-luister" metode van jare gelede nie een honderd persent idioot bestand is nie. Sy eerste taak is om n gat in die muur te boor, sy Afrikaans laat hom in die steek, want hy gebruik n gewone staal boorpunt en brand amper die boor uit.
   Hulle het so n takhaar seun met n ponytail. Hy weer is te sleg om enige iets te kan doen. TV games met allerhande controls en revolvers is sy spesialiteit. Die kan hy meesterlik in n lêende posisie vanuit n sitkamerbank doen. Daar sal hy die heel dag lê en bier suip, en die wit waks uit robot mannetjies skiet.
  Ewenwel, die swaer van my. So gaan hy aan en probeer sy bes om homself nie aan stukke pyp of hout vasgeplak te kry nie. Een aand besluit hy dit is tyd dat hy vir die bedlampie ‘n nuwe skakelaar aansit. My suster baklei nou lank genoeg om hom sover te kry om die laaste stukkie koord met skakelaar en al te vervang. 
 Hy kry die lamp en die nuwe skakelaar en die koord wat onder die bed lê bymekaar en gaan sit op die kant van die bed.
  Met aanvanklike Riaan DIY behendigheid en konsentrasie skroef hy die skakelaar oop en probeer uitwerk hoe die klomp drade daardeur moet gaan. Die instruksie boekie is ‘n mors van tyd. Die instruksies is vir ‘n nuwer model as die een wat hy vashou. Hy tel die koord op en trek aan die ‘insulation tape’ wat dik om die draad gedraai is. Dit is taai en sit mooi vas. Dit is omtrent hier waar hy weer nie mooi geluister het wat Riaan gesê het nie. "Maak seker jy skakel die krag by die skakelbord af voordat jy met elektrisiteit werk" 
Sonder om te aarsel druk hy die koord se punt in sy kies en byt daardie ‘insulation tape’ vas en trek dit dat sy kop so skeef draai.
  Dan kom die taai gedeelte los en sy tong en lip raak aan die koperdraad. n Koperdraad wat vol "No Load Shedding this week" elektrisiteit is. My suster sê sy het nog nooit so iets gesien nie. In die sekonde wat dit geneem het vir die skakelbord om te ‘trip’ het al daardie skop skiet en donder elektrisiteit deur Engelsman se kop getrek met die spoed van weerlig en hom so hard geslaan dat hy bo-oor die bed gevlieg het en aan die anderkant van die bed op die grond geland het. Sy bek het gekwyl soos n Cafe vlieg wat n bord chips gesien het. Die vasgebyte tape steeds in sy mond vasgebyt en in n string uitgerafel. Die draad was nog in sy hand vasgeklem waar sy hand vasgelock het toe die skok hom getref het. In die sitkamer het die cowboy seun net n swets gegee vir sy game wat onderbreek was. 
  Swaer het nog steeds op sy rug gelê, thup thup thup...   spoeg hy die tape uit sy bek. Sy eie tong het plek gemaak vir, lyk soos n rooierige beestong soos wat hy opgeswel is en halfpad by sy bek uithang, toe sy seun die skakelbord se krag aan die anderkant van die huis aansit om sy game klaar te maak. Trek die krag weer deur Engelsman se hand wat vasgeklem is aan die draad. Dit lyk kompleet soos in die flieks soos wanneer die ouens n pasiënt met daai twee ronde strykysters choke. Hy hop so n meter op in die lug en val net weer so terug aarde toe. Slaan sy kop teen die muur met die valslag. Sy dun Ingelsman hare lyk nou soos springs wat in sy kopvel ingeboor is. Teen hierdie tyd het hy homself nou al nat gepiepie en earth hy nou oordentlik. Die draad het hy laat val en die kaal draad lê nou teen sy spierwit London been. ‘n Sekonde later skakel die geiriteerde cowboy weer die krag aan wat dan nou bly trip. Die krag gaan deur sy regterbeen reguit nat kol earth toe en Engelsman hop met ‘n skreeu eenkant toe en stamp sy kop weer teen die muur, sy tong nou al halfpad deurgebyt. Die rook trek by sy oopgebarste zip uit. My suster kry asem en skreeu vir die seun om die krag uit te los en te kom help. Die seun storm die kamer in met " what happened dad, you look like a ghost"
So kry hulle toe die arme Engelsman op die bed en gekalmeer. Die ambulansmanne het hom en my suter toe daar weg hospitaal toe. My suster sê hul het hul hande vol gehad met die man in die ambulans. Hy was so vol van die elektrisiteit, as hul weer kyk het hy soos n magneet met stretcher en al aan die binnekant van die dak vasgesit. Die magnetiese velde het al die noodtoerusting in die ambulans se naalde laat vasslaan. Tot die sirene het soos n maer vark so n lang gwoeiiii.. gwoeiiii.... geskree. 
 Hy is toe darem na n paar dae ontslaan nadat die dokters hom heeltemal ontlaai kon kry. Die swart gebrande broek met die stukkende zip het sy maar weggegooi. Die dokters reken sy earth en sy tong sal nog n rukkie vat voordat hulle heeltemal gesond sal wees.
 Die Engelsman weier om enige DIY programme te kyk en hy het vir ‘n lang tyd geweier om enige elektriese goed te gebruik.

Vreugde en vrede vir julle.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 14/10/2020 - 07:47

Die ou kan vir jou n storie vertel en so reg op die man ook af en soms lekke humor Willem ek sal like om langs die vuur te sit met so persoon

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 15/10/2020 - 07:05

Dagsê vriende, 
 
STRAND OF IS DIT SANDKASKENADES.

Ek het mos so ruk terug n storie vertel van die drie onhebillike stout broers, Wilde Wilder en Wildste gaan ek hul nou sommer noem. Die een het ek mos Wilde Willem gedoop. Maar jy kon nie die een naam bly koppel aan n spesifieke seun nie. Dit hang net af watter een het die meeste aangejaag op watter staduim. Noudat ek daaraan dink, hulle was eintlik n bende. Amper so iets soos Trompie en die Boksombende behalwe hul was net drie. Met die wat hul broers is, was hul dalk meer soos die Mafia, hul het net nie gemoor nie. Roof, wel. Vrugte rooftogte vir n goeie doel, om hul vrugtelus te demp en of om girlfriends te impress. 
  Onthou my, ek wil jul eintlik van die strandstorie vertel, maar ek moet jul eers hierdie een vertel.
   Kyk hul was almal mal, die een dalk n bietjie meer as die ander. Kom ek vertel jul van die maller een gou n staaltjie. Jul onthou nog daai stootgrasnyers, ai ons het darem gesukkel vroeër jare. Nou hulle het ook so een gehad. Toe koop pa n lectric een. Dit was hul werk om gras te sny. Die maller een is die dag agter die grasnyer, een maak bakke leeg en die ander een hou die lectric tou onder die lemme uit. Onthou jul daai visgraad plakkies, hy het sulkes aan. Op en af stoot hy die grasnyer. Naderhand oor n kol waar die gras sleg groei. Klim ďaar n klippie in die plakkie in, dit is nou so tussen die sool en die voet, hy steek vas, staan op een been en skud skud sy een been so om die klippie uit te skut terwyl hy so vorentoe homself stut op die grassnyer. Broer wat die kabel hanteer sien dit en dog die ding maak n short en sy broer is besig om homself dood te shock. Een broer hardloop vir die skakelaar en een gryp n graaf. Daarmee slaan hy die man agter die kop met die platkant om hom af van die grasnyers se handles te kry. Slaan hy sy broer binne in die hospitaal in, harsingskudding. En dit alles oor n klein klippie. 
  Waar was ek nou weer..... O ja by die strandstorie. Dit is Julie maand en die strand hier in Durban is vol van vakansiegangers en ook natuurlik skoolkinders op vakansie. Die drie van ons lê en bekyk die mense so en ons is platsak, nie eers 5c vir roomys nie. Ja, daai jare kon jy nog n icecream koop met 5c. Ons is so “broke “ons lek die ander kinders se vingers af wat by die KFC take aways gekoop het. So lê ons verveeld en die een broer stel voor ons grou n lekker diep gat in die seesand waar ons sit. So gesê so gedoen. Die gat is so diep ons staan tot by ons armholtes in hom. Nou kom die tweede fase in, ons vat een van ons groot strand handdoeke en sit dit oor die gat. Met nat sand op die punte van die handdoek, om dit styf gespan te hou. Bo-oor sprinkel ons droë seesand op die handdoek. Hy is so ge--camouflage jy sal nooit raai daar is n gat nie. Nou lê ons en wag vir die eerste slagoffer. Hier kom n man aangestap,  hy trek n leë baba pram (het julle al ooit n stootwantjie gestoot in los seesand ) met sy vroutjie agter hom wat die baba op haar heup dra. Die man dra van daai Ray Ban sonbrille, julle weet die met die spiëëls in die binnekant sodat hy homself kan dophou en sy handdoek so om die middelrif gedraai. En daar trap hy op ons handoek wat die monster gat bedek en ploeg soos n os neer, met die val is sy kougom uit sy mond en die stootwaentjie slaan hom agter die kop laat sy Ray Bans hier so skuins oor sy gesig hang.
Ons lê soos ons lag, dit was die snaakste ding wat ons al ooit gesien het. Nou vlieg daai man uit daai gat en hy soek die skuldiges, hy hoef nie ver te kyk. Hier lê drie mannetjies en rol soos hulle lag en hy storm op ons af. Nou is dit ons beurt om tekkies uit te pak en ons hardloop om Paul Nash se rekord te breek. Daai ou gaan ons nooit vang nie. Intussen het van die vakansie gangers die petalje gesien en lag ook luidkeels, selfs die man se vrou lag nou onbeskaamd vir haar ridder wat so gesneuwel het. Wat nou gemaak ons handoek lê onder in die gat en die man sit soos n aasvoël en wag vir sy prooi. Laat die middag stap ons maar huistoe sonder die handoek. Vertel vir Ma iemand het ons handoek gesteel op die strand. En tot vandag toe nog hou ons by daai storie, ons het nou kinders van ons eie en wonder soms of hulle dalk van hulle Pa’s se stoutigheid ge-erf het.
 
Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 21/10/2020 - 07:59

Dagsê vriende, 

                       BESWAARD.

    Kyk ons gisteraand Koöperasiestories op TV. Die storie is meesterlik deur P.G. du Plessis geskryf.
Kyk daar was darem min ouens wat stories kon vertel soos daai drie wat die hoofrolle gespeel het. Dit is nou Genis (Jacques Loots), Tant Mietie ( Marie Pentz) en Veldsman ( Emgee Pretorius) 
   As n mens net aan hul dink, sien n mens hul sommer in jou geestesoog. Ou Genis wat semi-permanent beswaard was, met sy hoedjie, brille, woeste ooghare en snor.
   Nou het die man mos afgevlieg Kaap toe vir n wynproe en veiling in sy hoedanigheid as burgemeester van  Gezinasrus.Dit is nou in gisteraand se episode.
   Daar het hy te veel wyn gevat en het hy homselwers oorbedien, soveel so dat hy in n rystoel terug gekom het op Gezinasrus. Heeltemal gedehidreer. Met drips in die arm.
   Toe laat dit my dink. Wat drank alles aan ouens doen. Ek weet van die lelike dinge, gesinsgeweld, aanranding en sommer alles wat lelik is.  Maar kom ons gesels sommer n bietjie oor die komiese dinge wat ook gebeur.
  Daar is n hele paar verskillende verbruikers. Man nou het ek hom darem  sag op die oor laat val.
  By die meer deftige geleenthede sal jy dalk nou n ou kry wat vra vir n whiskey. Baie kere dalk sy eerste drankie. Die slaan hom so hard dat hy sommer omval. Verontwaardig sal hy opstaan, sy aandpak afstof en vir die omstanders vra wat het nou gebeur?
  Nou kry jy die Vodka drinker, hulle is lief om in n kroeg te drink. Sou hy val, sal hy weer flink opspring en n paar danspassie uitvoer, so asof dit deel uitmaak van sy "moves".
  Die bierdrinker is die ou wat alles platval, uitbundig lag en dink dit is baie snaaks.
  Die brandewyndrinkers is die manne wat die naaste ou n opstopper gee as hy geval het, so asof dit daai ou se skuld was. As hy nie geval het nie sal hy hom buitendien geslaan het. Dit is wat brandewyn doen. Hy maak die bokser in jou wakker. Dikwels met slegte gevolge, daar hul baie keer die verkeerde opponent kies. 
  Cyder drinkers is gewoonlik dames, sy sal oor n mat trip, die bestuurder laat kom en daaroor kla. Dit is die mat se skuld.
 Gebeur dieselfde met n wyn drinker, ook gewoonlik n vrou, en sy trip oor die mat.Sy sal in trane uitbars en bekommerd wees dat sy die mat seergemaak het. Ontroosbaar sal sy dan nou daar sit en die mat vertroetel.
  Laataand word al die drinkers, dit is nou die wat nog staande is,  Shooter drinkers. Nou glo hulle dat jy moet val. As jy nie val nie kry jy nog een. As jy geval het kry jy buitendien nog een en selfs daarop word gedrink.
    Die volgende oggend word almal met n hoofpyn wakker.
  Ou Broer, is almal dan nou vir jou beswaard, soos Genis sal sê. Sal sweer al hulle smiles is opgesmile. Droewig man, droewig sê ek jou.

Vreugde en vrede vir julle.
Foto vanaf google geleen.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 22/10/2020 - 08:12

Dagsê vriende,
  
              KINDERS EN HUL DINGE.

   Kinders tel woorde op wat hul nie moet nie. Dikwels sê hul n woord wat hul nie so bedoel nie. Julle moet nou maar verskoon vanoggend vir n bietjie kras woorde. Maar dit is hoe dit dikwels uit daai mondjies uitkom.
   Ons een kleinseun, nou twee, leer nou vinnig woorde aan. Hy is mal oor karretjies en ken nou al van hul name. Volkswagen is n bietjie n moeilike een en die naaste wat hy aan hom kom is "Fok"
  Vlieg daar eendag n helikopter baie laag oor hul huis terwyl oupa en ouma met hom buite speel en ons sê "kyk die helikopter"  Die volgende wat hy sê is "k...k" So het dit gebly tot ons eerder chopper begin sê het. Nou is dit darem al chopper.
  Nou kom hierdie dinge ook in die klaskamers uit. Ek het jul nou die dag vertel van die dogtertjie wat vir juffrou vertel het dat haar mamma n 3 string dra.  Ja julle verstaan reg, n G-string.
   So lees ek nou eendag van die Sub B outjie. Die outjie is met n gesplete verhemelte gebore. Woorde kom nog snaakser uit sy ou mondjie.
   Blykbaar het die juffrou baie gesukkel met sy skrif. Eendag laat sy hom met kryt op die klasbord skryf. So vinnig as wat hy skryf vee sy die lelik gevormde woorde met die borsel uit, en sê dan, skryf oor. Elke keer sê hy "jy vat my hond". 
  Sy kry die ding nie lekker verstaan nie. Maak hy bv. n L en sy vee hom uit en sê, skryf oor, sê hy vererg " jy vat my hond".
   Die middag kom mamma vir boetie haal by die klaskamer en juffrou vra of sy gou met haar kan gesels. Toe al die kinders weg is sê juffrou vir die mamma dat hulle aan boetie se skrif sal moet werk. Hy skryf nie mooi nie. Mamma stem toe saam. Juffrou vra ook oor die storie dat hy haar beskuldig deur te sê jy "vat my hond"
   Mamma lag en verduidelik en sê, wat hy eintlik sê is "jy fok my rond"
 Nou ja, nodeloos om te sê, juffrou moes toe nog aan sy taalgebruik ook begin werk.
   Jong ek sal jou sê, ek dink nie dit is maklik om deeske dae kinders groot te maak nie.

Vreugde en vrede vir julle.
 Google cartoon geleen.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 26/10/2020 - 08:00

Dagsê vriende.
 
                       DIE OU OË.

   Man dit is darem nou vir jou n gemors as die ou oë begin te ingee so met die ouderdom saam. Lees jy nou iets is jou se arms naderhand te kort. Jy trek jou oë op sulke skrefies, jy lyk soos n chinees soos wat jy jou oge toeknyp om hul gefokus te kry. Hoekom jy die boek al verder wil hou as jy nie kan sien nie, sal net parramanel weet. Nou gaan baie van julle nie eers weet wie hy is nie. Vra maar vir oupa en ouma. 
  So vertel n vriendin van haar oogprobleme. Sy dra kontaklense, haar oë verswak verskriklik vinnig. Hulle maak dit n gebedsaak. Sy sê, daar gaan nie n dag om wat sy nie bid dat haar sig moet stabiliseer en nie verder verswak nie. Elke dag toets sy haar oë, en waar is nou n beter plek as in die toilet waar sy na die almanak met die verjaarsdae agter die deur kan sit en kyk. 
    So gaan hul die aand uit vir hul huweliksherdenking. Hul gaan eet by n restaurant. Natuurlik word daar n ou ietsie gedrink om dit te vier.
  By die huis gekom is hul naderhand bed toe. Slaap te lekker, sy word op n staduim wakker en gaan badkamer toe. Hier in die vroeë oggendure toets sy sommer ook haar oë, en wragties, daar is haar gebede verhoor. Sy kan alles helder en duidelik sien agterop die toilet se deur. Dadelik sê sy n dankgebed. Die oggend word sy wakker en wil haar kontaklense insit, die houertjies is dolleeg. Sy het met hulle geslaap, vandaar die skielike verbetering in sig. Lag ons te lekker vir haar.
  So vertel my skoonsuster van die slag wat hul vir haar ouers gaan kuier het. Die seuns was nog snuiters, lekker stout. Kuier hul die aand daar op die plaas. Oupa dra dik brille, sy oë is ook baie swak. Naderhand sê oupa hy gaan nou inkruip. Hulle kuier verder saam ouma daar in die kombuis rondom die koolstoof. Sy sê dit is te heerlik. Hul hoor naderhand oupa se rustige gesnork so van die kamer af. Die seuns is op n stadium daar uit en het toe weer teruggekom, seker maar n draai gaan loop neem sy aan.
   Die nag word oupa wakker vir n badkamer besoek, tas in die donker na sy bril op die bedkassie en is daar gangaf badkamer toe. Naderhand is hy weer al strompelend terug kamer toe. Val omtrent oor alles in die gang. Terug in die kamer toe hy so op die bed sit maak hy vir ouma wakker en sê dat hy dink hy word nou heeltemal blind. Hy kan omtrent niks sien nie. Bekommerd sit ouma die lig aan, hier sit oupa met hul dogter se sonbril op sy kop. Dit is waarnatoe die seuns verdwyn het. Hulle het oupa se bril kom omruil met hul ma se sonbril.
  En hy het gedog hy is nou met blindheid geslaan.

Vreugde en vrede vir julle.
Brille vanaf google geleen.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 27/10/2020 - 07:58

Dagsê vriende,

                   GESONDHEID.
   
 Nee man, dit is nie die "cheers " ene waaraan jul dink nie. Nie so vroeg in die oggend nie. Ek praat hier van ons fisiese welstand. Kyk, daar is ouens wat baie sukkel met hul gesondheid. Veral hier in my ouderdomsgroep, die sestig plussers.
   Nou sê die dokters, een van die dinge wat sleg is vir jou gesondheid is stres. Blykbaar een van die oorsake van baie siektes. 
   2020 is seker een van die stresvolste jare wat daar seker nog was met die Covid virus. Met dit  het hy veroorsaak dat daar baie bekommernisse bygekom het. 
   Hulle sê mos jy moet jou vyande ken. Maar in hierdie tyd het ek net weereens besef dat ons ons eie vyand is. Man kan ons onself nou opwerk. Die beste is dat ons mekaar dan opwerk. 
Hoor nou so n opname van n vent wat allerhande goed kwytraak. In een asem sê hy almal moet opstok met nie bederfbare kos en water, ons moet ons vrieskaste volmaak met water. Almal in die land weet dit glo, behalwe die blankes. Dit is hoe die werkers op die myne vertel, sê hy. Iemand sê weer Eskom gaan tot n totale stilstand kom. Wat nou van my vol vrieskaste. Nee wat, meneer. Bly eerder by mining en bid dat die krag nie afgaan terwyl jy ondergronds is nie.
   Ek wens die ouens wat sulke goed versprei wil ophou daarmee. Indirek maak jul mense siek met fopnuus. Julle speel duiwelsadvokaat.  Ons moet regtig nie "spanners" wees in sy hande, en sulke goed share nie.
     Omdat hierdie n persoonlike mening is gaan ek dit net op my groep plaas. 
    Moenie toelaat dat ander jou vreugde en vrede steel nie.

Mooi loop.

NS. Hier in die sewentiger jare het ons ouers ook na so n "rumour" blikkieskos opgegaar. Ons eet nou nog daarvan.😁😁

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 28/10/2020 - 08:43

Dagsê vriende,

                     DIE BAAISIKEL (bicycle)

     Krap ek die rooiwarm kole uit die hardekoolvuur eenkant toe en sit n swartgebrande koffieketel op vir n laataand koffietjie. 
    Ja, ou Jors sê ou Wille Willem, so gaan dit. Kom ek vertel jou gou n storie van my grootword jare. Kyk, die man is mos vol stories. Ou broer, laat ek jou nou vertel, dit is mos nou so dat n ou nou wil hê sulke mense moet vir ewig kan sta lewe, dat hul hul se stories kan loop vertelle. 
   Ek hoop nou nie die ding gaan jou te veel sta en ontstig hier voor slaaptyd nie, sê hy so ewe. 
   Hy kan maar n storie vertel, en die anner ding is sy goete is ware verhale, so sê hy. En as dit nie issie is dit so naby aan waar as wat dit kan kom. Nou vertel hy.
   Hierdie is n ware storie wat gebeur het in Calvinia so rondom 1967. Daardie jare was dit amper 80 kilometer grondpad vanaf Calvinia na Brandvlei, die firma vir wie my Pa gewerk het, het die kontrak gekry om n teerpad te bou na Brandvlei.  Hy was die werkswinkel bestuurder. En die lorrie drywer manne gooi daai lorries op die grondpad om en my Pa het hulle gewaarsku dat iemand n ongeluk gaan maak. Man skaars n week later toe is dit so, n drywer gooi sy trok om op daai grondpad, nie baie skade nie. Die drywer het om n draai beheer verloor en daar lê hy op sy sy in die veld. Die drywer het nie eers n skrapie opgedoen nie. Nou moet my Pa hulle n nagwag by die lorrie reël wat daar in die veld lê. Want ja, selfs daai jare al het mense hulle self gehelp aan parte. Die nagwag het toe die volgende storie te vertelle gehad die volgende dag.
    Hulle het my so teen 5 uur die middag daar by die lorrie afgelaai. Calvinia is koud in die aand so ek het my bottel  polisie koffie en kombers saam. Nou sit ek agter by die ewenaar van die trok tussen die dubbel wiele en wag die donkerte in. So teen 8 die aand hoor ek so krrr.... krr..... krr in die pad aankom maar sien niks, dis nou al te donker.  Soos die krr....krr nader kom sien ek dit is n outa op sy fiets en die het n carrier agter op sy fiets. In die carrier is sy blik trommel vasgeknyp. Die sinkplaatpad maak dat hy dié krrr....krrr geraas op die sinkplaatpad maak. Nou hou ek hom dop, hy sien die lorrie wat daar lê in die veld, en dit lyk asof hy stadiger begin trap soos hy nader kom. Seker ook maar nuuskierig. Maar hy moet verby in die pad. Hy ry met sy ogge gevestig op die omgekeerde lorrie. Hy wee mos nie wanneer het dit nou al gebeure nie, vir al wat hy weet lê die drywer daar dood onder die lorrie. Hy is hoeka dood bang vir lyke. Nou ry hy al so stadig hy sta omtrent stil. Toe hy langs my kom sê ek hardop, Naand Ntatie, die man klim af in die ry, met die baaisikel tussen hom en my, en skreeu, Voertzek vuilgoed, los my uit. Julle moet nou julle bioscope breinselle aanskakel. Daai man hardloop langs die fiets, hande op die handle bars maar besef gou hy kan vinniger pedal as hardloop en so in die hardloop spring hy terug in die saal en trap daai fiets dat die ketting rek. Daai kos trommeltjie maak nie meer krr krrr nie dis een lang KRRRRRRRRRRR.
Tot vandag nog weet ek nie wie die stomme siel was wat so sy bloedgroep weg geskrik het toe ek hom daai donker nag so beleef gegroet het nie. Hy dog seker dis die lorrie drywer se spook wat so met hom gepraat het.
  My Pa-hulle het toe die lorrie gaan regop tel die oggend. Vir drie dae het drie werkers met kruiwa en grawe daar gewerk om daai baaisikel se spinmerke toe te gooi. Pa was bang iemand maak weer n ongeluk daar met die slote in die pad. n Myl verder het hul die baaisikel gekry waar hy teen n boom gesta het, sy agter tyre in flarde gespin. Van die baas van die fiets was daar niks te siene. Die het hul toe maar later vir die polieste gaan gee. Hul was al klaar met die pad toe staan die fiets nog onopge-eis by die polieste. 
   Kyk ou broer, daai man het nou vir jou die ewige skrik opgedoen. 
  Ek sal glo ou Willem, ek sal glo, sê ek.

Vreugde en vrede vir julle.
Foto vanaf Cartoonstock geleen.

.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 29/10/2020 - 08:35

Dagsê vriende,
     
                DIE  DONKERNAG SPOOK.

    Kyk, dit kan darem vir jou donker word op party plekke.Vat nou maar vir Sutherland. Dit is hoekom die manne so lekker kan sterretjies kyk daar, so vertel hulle.   
    So vertel oom Gert my van die slag wat hul gaan visvang het daar by Baberspan. Dorpe is maar skaars daar, so dit word lekker donker daar. Kom hy en sy seuns vroegdag al daar aan met die ou Chef bakkie. Nou praar ek van hier in die vyftiger jare. n Bokseil word staangemaak oor die dak, n paal wat op die dak lê maak die nok, n ander paal aan die agterkant word in die grond ingeplant. Die stut weer die nok daar. Nou word die seile weerskante toe skuins uitgetrek bo-oor die bak tot teen die grond. n Lekker groot tent nou so bo-oor die gat van die ou Chef bakkie.
   Hy slaap agter op die bak en die vier seuns so weerskante onder die seil. Aan die nok se paal hang die blou lantern. Die groot breë modderskerms van die agterwiele en die flap van die bak dien sommer ook as tafeltjies. 
 Teen die water staan n houttafel wat hy by die stalle laat haal het. So n regte plank tafel wat maar buite kan staan. Daar staan nog lanterns, een vir elke seun en een vir hom. Die primus stoof staan ook daar. Al die pappe en degies wat by die huis gemaak is, is ook saam al die ander visgerei op hom uitgepak. 
   Met hul kamp wat uitgesorteer is begin hul hengel. Vertel hy van die visse wat hul uittrek. Die wat daai wêreld ken sal weet van die laatmiddag donderstorms. Sak daar n bui reën uit. Vinnig trek hul nog n seil oor die tafel. Party keer kan die vis dan eers lekker begin byt as die groot druppels so in die water neerplons. Hy sê hul vang streepsakke vol vis.
  Met die reën wat opgehou het, braai hul die aand vleis en in die driepoot pot word n stewige pot pap gemaak. Die manne is honger. Die manne is later daar agter hul stokke in, elkeen met sy lantern om die poliesmanne te kan sien. Daai jare is n klein stukkie  pap so rondom die lyn vasgedruk en die was dan jou poliesman. 
   Daai nag raak dit donker, vertel hy dit is so asof die vlammetjies half doodgedruk worre. Hul brand so half trietsig. Hier teen tien uur kom daar ligte aan.  Gly gly kom hy so in die modder aangery. 
   Sal hy nou nie wragtig hier neffens hulle kom intrek en sy visvang goed afpak nie. Sy lampe die brand mooi helder. Ek sê vir die seuns daar is seker fout met onse parrafien. 
   Sien ek later die man kom aangestap met sy swaaiende lamp in die hand. Stel homself voor maar skud nie hand nie. My hand hang daar in die lug, die seuns sien dit en gaan sit weer op hul klippe agter die stokke. n Vreemde man dink ek so by my selwers.
 Vertel hy dat dit eintlik sy plek is die, die beste hengelplek in Babersbaai vertel hy. Met al ons vis al gevang is ons stille getuies van dit, maar ons sê niks. 
  Vertel hy dat daar een nag n man hier verdrink het op hierdie presiese plek. Weet jy, skielik begin ons lampe se lig so te flikker asof n wind hul wil doodwaai, maar daar is gin wind te bespeur nie. Dit is ook asof ons so n koue rilling in onse ruggrate afkry.As dit nie vir sy lamp was wat helder bly brand het nie sou n mens sweer dit spook daar. Bied ek vir die man koffie aan, nee sê hy, hy moet ook nou maar aanstaltes maak. 
   Hy is daar weg en kort kort sien ons hy trek n vis uit. Vandat hy daar aangekom het vang ons niks, hy vang al die vis. 
    Naderhand gaan kruip ons in. Met eerstelig die oggend is ons uit. Ons medekamper is weg, ons het nie eers gehoor toe hy ry nie. Kyk ek die nat grond so, daar is nie n spoor nie. Nie van n bakkie nie, ook nie van n man wat die wêreld platgetrap het soos wat hy die een vis na die ander uitgetrek het nie. 
   Daar is niks. Ou broer sê oom Gert, in my dag des lewens het ek dit nog nooit gesien nie. Toe sê die seuns, pa, weet jy wat, die bakkie het nie gedreun toe hy gisteraand hier aangekom het nie.Hy was doodstil. Nou dat ons daaraan dink, dit was doodstil.
   Man ek het nog nooit gesien hoe vinnig laai die seuns daai kampgoed op n bakkie nie. Ons is toe gly gly daar weg uit die modder terug huis toe. Dit was net ons spore tot op die grootpad.  Ons het ook nog nooit weer daar gaan kamp nie. Hoekom kry ek nou weer so n rilling hier in my se ruggraat af, vra hy my?

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 30/10/2020 - 08:09

Dagsê vriende,

                    SPOOK ASEM

     Ag, voor ek nou die spel polisie so vroeg in die oggend ontstel, eķ het hom aspris so los gespel. Julle sal later verstaan hoekom. Almal ken mos spookasem, maar wag ek wil nou nie die storie vooruit loop nie.
     Vanoggend vat ek jul terug na die middel sewentigs toe. 
  Daardie jare ry ek so n Datsun 1200 de Luxe karretjie. Wingat boetie. Blink mags, vet tyres met n 8 Track Tape, die toetie. Beatles, Fleetwood Mac, Bee Gees en nog n klomp van daai tyd se musiek in die musiek tassie wat agter op die seat lê.
   Orkney begrafplaas was die plek waar die manne die girls gaan bang maak het met hul spookstories, en dan na die tyd styf kon vashou. Kamstig met "ek sal jou beskerm"
   Nee kyk die manne het met baie planne vorendag gekom daai jare. Dan het die vashouery in n vryery ontaard. Hoe nou anners.
   So was dit ook die aand. Ek en n pêl, hy met sy Volla het twee girls van Klerksdorp vertel dat dit by Orkney se begrafplaas spook. Die is so tussen Orkney en Klerksdorp geleë. Hy lê so langs die pad. As jy indraai na die begrafplaas, op n sekere hoek,  dan kan jy hulle sien daar tussen die grafstene. Nou net daar, daar stop jy en kan dan alles sien wat die spoke aanvang. 
    Party keer lyk dit of hul baklei, ander kere is hul weer meer liefdevol teenoor mekaar, of so lyk dit 
in elk geval. Eintlik kan jy hul nie duidelik sien nie, dit is n kleurespel wat jy sien. Na ons hul getroos het wys ons hulle die trick. n Ent terug op die horison is n inry, die se kleure en lig weerspiël teen die blink grafstene. Van daar die spoke. Lag ons te lekker oor hul so bang was. 
    Hy en die meisie is toe daar weg en ek vat toe ook weer die enetjie wat saam my was terug Klerksdorp toe. Nou moet ek weer dieselfde pad terugry Orkney toe waar ek in die enkelkwartiere gebly het. 
    Dit was seker so elfuur toe ek uitry uit Klerksdorp. Net buite die dorp, is daar n skerp draai in die pad en my ligte val op iemand. Staan daar n meisie wat ryloop. As dit n man was sou ek dalk nie gestop het nie. Ek kon tog nie toelaat dat die meisietjie in die nagtelike ure hike nie, netnou tel die verkeerde ou haar op en daar gebeur iets slegs met haar. 
   Stop toe, ja sê sy sy gaan Orkney toe. Man maar dit is n mooi kind. Die bloed pomp sommer vinniger. Sy het so n witterige minitjie aan. Donker lang hare. Blink lippies. En ek sê, hop in ou girl. 
  Toe sy hier neffens my sit ruik ek spookasem. Julle weet mos hoe ruik spookasem. Hy het mos so n lekker reuk. Naderhand ruik die hele kar so. Lekker man, lekker sê ek jou.
   Dit blyk toe te wees dat sy by haar ouers bly en dat sy oppad is huis toe. n Baie aangename meisietjie en ons gesels te lekker. Nou ry ons weer by dieselfde begrafplaas verby, was eers lus en draai daar in, maar met die wat die inry al toe is weet ek dit gaan nie meer spook nie. Ek vertel haar van die spoke daar en sy lag te lekker. Nee, sê sy, van dit kan ek haar niks vertel nie.
   Stop ons voor hul huis en ek klim uit om saam haar in te stap. Nee, sê sy, sy wil nie hê haar pa hulle moet wakker word nie. Ek sien haar by die hekkie af. Draai sy na my, sit haar arms om my, gee my n drukkie en n soen op die wang. Sy voel so sag en met haar lippe hier op my wang ruik ek weer die kenmerkende heerlike reuk van spookasem. Met haar in die erf maak ek die hekkie toe, sy sê dankie en leun so oor die hekkie en gee my n soen op die mond. Maar julle weet, dit is van daai soene wat n ou sal onthou, hy brand nie maar hy is warm. Ag man ek weet ek hoef jul nie te vertel nie, julle weet wat ek beduie.
 Met n Baai, draai sy om en stap weg. Vir n sekonde was sy nog daar en toe is sy weg. Kompleet gelyk asof sy in miswolk instap. Weg soos in weg, daar is niks. Alleen staan ek voor n wildvreemde huis in die middel van die nag. Daar is niemand naby nie. Ek maak die hekkie oop en stap in tot by die voordeur. Die huis staan dol leeg. 
   Met koue rillings wat soos weerligstrale teen my rug afslaan ry ek daar weg met die reuk van spook asem in my neusvleuels. Daai nag kon ek nie slaap nie.
Wat n nag ou broer, wat n nag sê ek jou 
    Daai reuk kon ek nooit uit daai karretjie uit kry nie. Het hom later so verkoop.
Vertel die ouens by die werk my van die meisietjie wat jare gelede op daai selfde draai n ongeluk gemaak het, en ja, haar ouers het in daai huis gebly.
   Julle gaan my nie glo nie, ek het nou net weer haar lippe op my gevoel en ek ruik  spook asem.
 
Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 31/10/2020 - 09:57

Dagsê vriende.

                   AG DIS MAKLIK.
 
    As jy iets moet of wil doen en iemand sê " ag dit is màklik". Weet een ding, dit is nie. Wille Willem kry die geleentheid om te gaan ski. Nou, om dit vir n boerseun te sê is mal. Ons ken ys, maar van daai wat in brandy kom. Hy kan jou ook laat val.
    Ek doen n beroep op julle moet asseblief nooit ooit gaan ski as jy nie weet hoe nie. Ek praat nie hier van water ski nie, ek praat van op sneeu ski. En hier wil ek ook net vermaan, kies jou vriende wat saamgaan met sorg. So eindig ons op saam die pêlle by n ski oord daar in die Alpe. Wel, ek het gedog hulle is pêlle, hul sê, ons MOET gaan ski. Ek was nog altyd bang vir goed wat jy "moet" doen wat nie natuurlik is nie. Ek het nog nooit geski nie en probeer uit die situasie kom maar hulle sê" Komaan dit is maklik". Ons eindig by een van daai winkels wat die nodige uitrusting verhuur. Daar is sulke pragtige ski’s in die winkelvenster maar nee, my ski’s moet hulle agter in die stoor gaan haal, hul moet op n  boerepoot kan pas. Dit is die ou hout modelle, ek is seker die laaste persoon wat daai ski’s aangehad het wat Heidi van die TV reeks faam se filmspanne. Nou kry jy so verspotte jumpsuit ook om aan te trek, ek lyk soos Tubby Telly nogal bright geel ook. Het later gehoor dis vir die rescue span om jou maklik op te spoor waar jy gesneuwel het. Ek voel soos n piesang, hy is n size of twee te klein, hy trek my twee punte, dit is nou my pote en kop so na mekaar toe. Hier tussen die bene trek hy op. Ek stap of struikel na die Bunny Hill, dit is vir beginners maar my pêl sê, nee man ons gaan die Devils Dip 1 vang. Daar is n stemmetjie binne my wat sê, dis nog nie te laat om kop uit te trek nie. Die pêl sê kom ek wys jou die moves. Eerstens,  as jy te vinnig ski buig jou knieë en draai jou enkels na binne en jy sal stop. Ek probeer vir hom sê dat ek my hele voet in die skoene kan draai en die punte wys nog steeds na voor. Wonder ek so by my selwers, met my knock knees, wat laat hom dan nou dink dat ek my been in alle rigtings kan draai, ek is darem nou nie so gebreklik nie. Nou sê hy, en as jy onder kom wag daar baie meisies op jou wat jou dophou. Meisies wat op my wag, nou is ek braaf en struikel na die ski lift .
 Julle weet mos, daai lift wag nie vir jou nie. Hy bly loop. Jy klim nie op n lopende trekker nie. Selfs in Durban het hul die gedoente vir my gestop. Hy loop heeltyd, jou tydsberekening moet perfek wees anders slaat daai houtsitplek jou in die rug dat jou rug werwels kraak. Dit is amper soos om in n beweginde kar te spring en na my 11 de probeer slag val ek in die sitplek, my rugstring stuur sulke tintelende boodskappe na my bene. Daai Noag se ark ski's is swaar boet, van my knock knees af tot my voetsole word maklik ses duim uitgerek soos wat die ski's nou so in die lug hang. Daai suit trek nou hier op my skouers dat my skouerknoppe ses duim laer sit. Ek meen, êrens moet iets meegee. Niemand het genoem dat jy jou bene moet optrek by die landing strook nie en met die bene wat nou ses duim langer is het ek nog vroeër begin vashaak, met die gevolg die  ski's haak aan die sneeu vas. Die kabel met die bankie wil vorentoe en my voete en ek wil agtertoe. Tip daai bleddie bankie my af, ek val gesig eerste in die sneeu. So help hulle my op en soos n dronk mens wieg ek vorentoe en agtertoe soos wat ek weer probeer om alles in lyn te kry. Ook nie gesê jy moet briek as jy stilstaan nie, amper soos n handbriek, anders begin jy gly. Daar gly my ski’s op die sneeu en dis ek en die Devils Dip. Ver onder by die eindpunt sien ek die skare meisies, agter hulle sien ek ook twee medics by hulle ambulans staan. Blykbaar kan hul vooraf sien wanneer gaan hul werk kry. Die wind suis hier verby my ore, daai buig die kniee en enkels na binne werk nie, ek is op vol spoed.  Gelukkig sien ek n boompie op pad af en ek reken as ek my arms en bene om die boompie gooi sal dit my spoed breek. Julle weet mos as jy ver is lyk goed nog klein, as jy daar kom is hy groot. So was dit ook met die boompie. Hoe nader ek kom hoe groter raak hy. Nou probeer ek wegstuur van hom af. Ek vang hom net so skrams met my ineengetrekte skouerknop.  Net raak genoeg dat ek met die momentum nou omdraai, nou ski ek agteruit. Trek ek daar by twee ouens verby en ek hoor die een vir die ander sê, Jislaaik daai ou is goed. Gelukkig vir my, met my krom getrekte piesanglyf is die meeste gewig nou op my ski's se punte en lig dit nou die twee stomp agterkante in die lug  dat hul nie in die sneeu kan vassteek nie. Noudat ek soos n ballerina net op die twee voorste punte ski is daar nog minder weerstand en tel ek nog meer spoed op, so agteruit. 
   Ek slaan n homp en toe is ek airborn, en dit naby die eindpunt. Waar die ander ouens beginne briek is ek nou volspoed, agteruit en in die lug. Ek kan nie briek nie. 
  So is ek bo-oor die skare wat agteruit onder my verby flits, hulle staan soos by n airshow almal in die lug en kyk. Ek is los bo-oor die ambulans met die ambulansmanne wat al reeds die draagbaar agter uit die ambulans trek. 
   As dit nie vir die hoë dennebome was nie, weet ek nie waar sou ek opge-eindig het nie. Rug eerste is ek daar in een se top vas. 
   Jul ken n denneboom, hy het mos baie sulke sytakke, nou val ek so teen hulle af, die een deflekteer my so van die een na die ander. Halfpad onder toe het ek uitgepass.
  Vir half dood het hul my daar kom optel.
Ek het bygekom toe hul my in die ambulans laai. Sal daai kamera outjies wat die filmpies maak en dan aan jou verkoop nie wragtig kom en vra of ek die filmpie wil koop nie, hy het alles afgeneem. Wou hom eers iets toesnou, toe sê my pel hy sal hom koop. 
    Later in die hospitaal het hul gesê al die mense het my filmpie by die mannetjie bestel. So eintlik is ek famous.

Vreugde en vrede vir julle.
Spotprent vanaf Cartoonstock geleen.

.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 02/11/2020 - 09:22

Dagsê vriende.

                     SPEELPARKIES.

    Vertel Wille Willem my die ding met die swings. Vir die ouens wat hom nie ken nie, dit is nou n swaai. Hier in die laat sestigs het die ding met die swing gebeur. Daai jare het dorpe nog parke gehad. Nou praat ek van speelparke. Ja, en hulle is in stand gehou. Gras is weekliks gesny en die kante is nog met skaapskêre gesny, alles vir werkskepping, dink ek maar. O ja, en hul was vir veiligheid nog met ogiesdraad ook omhein. Alles was in allerhande kleure geverf. Netjies man, netjies sê ek jou.
    Ventersdorp sin kan ek nog goed onthou. Dié was regoor die laerskool.
   Hy het verskillende goed gehad. Nou moet jul maar verskoon, die ou gedagtes met party van die goed se name het my al ontgaan. Kyk n swing ken ons almal. Van hulle was daar drie so bymekaar, vir die kleiner kinders , hulle was laag en het so n ysterbalkie gehad wat jy oplig en dan het mamma vir boetie laat opklim, die ysterbalkie laat terugval tot op boetie se skoot en dan kon sy hom met redelike veiligheid maak op die swing, dit is nou as hy sy voetjies optel dat hul nie in die uitgekerfte slote onder die swing loop vassteek nie. Dan was daar ook twee swings so langs mekaar, vir die groter kinders. Hulle het oskettings gehad met n dik plank as n sitplek.Hulle was hoog, die dwarsbalk seker maklik so 12 voet van die grond af. Dan was daar ook n slide vir die kleintjies en n hoër een vir die groter kinders, boetie hy was hoog, maklik vyftien tot twintig voet. Die glybaan self se glygedeelte was nog met n koperplaat bedek. Die was blink gery. Kompleet gelyk asof hy elke dag gepolish word, so het hy geblink. Kyk daar het jou gat nou gebrand sonder n pakslae. Die son het hom vuurwarm gebraai, hy was nou vir jou ordentlik warm. Dan was daar so n draaitafel, die het sulke handreëlings opgehad wat soos n koek se skywe op hom vasgesweis was. Die kinders staan dan in die skywe, hou vas en een hardloop so vinnig as wat hy kan al in die ronde en spring dan op. Om hom was ook al n diep sloot uitgehardloop. Nou hang jy soos n kluit aan daai pype dat hy jou nie moet afgooi nie. Kom hy naderhand tot stilstand strompel jy soos n dronk hoender daar rond tot jy naderhand tot verhaal kom en  na n volgende speel apparaat hardloop.
   Die is n sterk, ysterpaal wat in die grond geplant was met n bol bo-op. Op die bol is n ronde sok oor die bal. Die hele gedoente lyk soos n onderstebo tregter. Hy draai ook in die rondte en hy kan ook op en af beweeg. Jy staan weer op sulke planke, weereens draai een ou hom vinnig in die rondte. Al hierdie goed was geneig om jou te probeer afskiet as gevolg van die gravitasie. Menige kinders hul bene en arms op die goed gebreek. Nou laat ek weer daaraan dink, op die hoek oorkant die straat was n dokter se spreekkamer. 
   Maar kom ek kom terug na die spesifieke dag. Onthou julle nog die “ Stokies “ (uitgespreek stoukies), die het amper gelyk soos n slapenstyd slipper met plastiese sole. En broer kon daai goed stink na twee dae se voete sweet in hulle, die honde het nie eers aan hulle gekou nie. Jy kon dit nie waag om op nat gras of n teerpad met hulle te loop sonder om n plaas te koop nie. Dit is skool vakansie en snaaks hoe kinders dan vroeg kan opstaan om uit die huis te wees. So blok van ons huis was daar n speel parkie kompleet met wip planke met die halwe tyre onder die sitplek. Die moes glo help dat jou rugstring nie inmekaar instamp nie. Traksie in n hospitaalbed was dan die ding om die goed weer uitmekaar getrek te kan kry. Oorkant die parkie het my meisie of in daai dae kys gewoon, haar kamer venster het direk op die swings uitgekyk. Sy moes eers takies verrig in die huis voordat sy mag buite toe kom. Ek het die befaamde stokies aan, dis mos vroeg in die oggend en die gras is nat van die dou. Ek klim op daai swing en staan soos n generaal  wat sy troepe toespreek en begin om met my bene die swaai al hoe hoër te swaai. Ek sien haar venster se gordyne beweeg en weet nou dat my meisie my dophou. En kyk n girl kan mos n man inspireer, veral om groot hoogtes te bereik. Dit is mos so asof jy net jou beste vir hul sal uithaal. Al hoe hoër en hoër, n man wil mos wys hy kan. Die swings se kettings hang nou al horisontaal met die dwarspyp waaraan hulle vas gebout is. Jy kom mos tot dit voel asof jy nou gaan oorgaan anderkant toe, reg rondom. Ek ry daai swing dat dit omtrent lyk of sy A-raam pote met konkrytblokke en al uit die grond uit kan trek. Ek kom nou op my finale poging om so  hoog as moontlik te gaan. Net daar toe ek op die hoogste punt is, met my rug na die grond, sê daai “stokies “ghoebaai en gly agtertoe van die swingplank af. Hier hang ek aan die kettings met albei hande my voete reguit af ondertoe nou natuurlik sonder die sitplank. Die sitplank het nog so drie voet vorentoe gegaan van die momentum. Nou gebeur alles mos in slow motion. Ek sien nog die plank so in die lug hang en dan met my wat terug val, die ketting na die plank toe terug ruk, reguit terug maermerries toe. Waar ek soos n verdwaalde vink aan die kettings hang. Ek hang so te sê nog horisontaal met daai dwarspyp, kan nie los nie, ek gaan my dood val en die houtsitplek kom terug aarde toe, nie aarde toe nie eerder na my ontblote maermerries toe. Ek het nog so vinnig vir die aster geloer om te sien of sy kyk, haar oë, die was koëlrond en die druk twee sulke nat kolle teen die venster soos sy kyk. Pappa hy slaat my dat ek onwillekeurig die ketting los en ek val myself in n ander bloedgroep in. Skoon uit my stokies uit. My maermerries staan sulke knoppe soos krieket balle sommer so groen, pers en geel kleur. Ek kan omtrent nie loop nie. Die ou meisietjie het toe daar uitgestorm en tot my redding gekom. Hinke pinke het sy my huis toe gehelp. Sy dog ek is beenaf op haar, in die meantime is my maermerries in hul dinges in. Daar is toe niemand by die huis nie, al wat ek kry om aan te smeer was Pa se brylcream. Dit het nie vreeslik gehelp nie maar vandag het ek die mooiste paar maermerries met hare wat ek met so middel paadjie kan kam.
  O ja, die stokies het ek nooit gaan haal nie, die lê seker tot vandag toe nog daar, seker al spierwit gebrand in die warm son.
  
Vreugde en vrede vir julle.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus