Môre vriende,
Ek gaan probeer om dié Jors se Kampstories gereeld hier te plaas ?
Hier is die fb skakel.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Gister blaai ek so n bietjie deur my argiewe en kom op die storie af. Ek plaas hom dus weer, so n mooi ware verhaal.
KENNIS IN N KRUIWA.
Vandag praat ons n bietjie oor meer gewigtiger sake. Met die wat ons land so n bietjie deurmekaar is. As n ou na die fototjie kyk dan kan jy seker nie anders as om te lag of te glimlag nie. n Jong man wat n ou omie in n kruiwa stoot.
Die fototjie is ook nie geposeer of ge-photoshop nie. Die omie se gesondheid is nie meer lekker nie. Op 71 sukkel hy met sy longe en asemnood. Die tannie is in 98 oorlede, maar Piet het nie gaan lê nie. Werk, werk hy.
Hy doen instandhoudingswerk in n voedselverwerkings fabriek vir n hoender maatskappy. Hy is nou een van daai ouens wat enige iets kan regmaak.
Jy gee vir hom n oliekol op jou paving dan bou hy vir jou so n kar wat daar gestaan en lek het en hy maak die olielek vir jou reg. Dan kry jy nog boonop die steentjies skoon terug om hul weer terug te sit in jou paving. So n ou is hy.
n Kenner en spesialis in sy gebied. Iets wat stukkend is, is vir hom n uitdaging. So vertel sy dogter my dat n vriendin noem van n ou antieke horlosie wat stukkend is. Gee vir my, my pa sal hom regmaak, sê sy. Hy het dit ook reg gemaak. Een of ander part gemaak uit n visblikkie se plaat en daar loop hy weer.
Hy lag homself pap vir alles en is vol grappies. In die fabriek is hy bekend en gewild onder almal oor sy strepe en mannewalisse met almal.
Maar kom ek vertel jul van die foto. Die fabriek stel iemand aan wat al Piet se werk moet leer. Wat op hierdie spesifieke dag gebeur het, daar is n breek op n masjien en ou Piet en sy vakleerling maak die breek reg. Terwyl hul besig is word hul in kennis gestel van n ander breek heel aan die ander kant van die fabriek. Oom Piet is moeg en die asemnood put hom uit. Laat ek net eers my asem terugkry sê hy, toe hul klaar is.
Sy vakleerling sien n kruiwa en sê, klim oom Piet. Rus jy, ek vat jou soontoe. So is hul daar weg na die volgende breek toe. Aan ou Piet se hande wat slap oor sy knieë hang kan jy sien hy is moeg. Sê hul vir hom, oom Piet jy moet nou aftree, sê hy net, daar is nog te veel werk.
Almal kan iets hieruit leer.
Dit is nou n mannetjie wat wil leer, sal ek sê. Leer ou seun, leer, jy het iemand met kruiwaens vol kennis wat jou kan touwys maak.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampvuurstories is ook nou in boekvorm beskikbaar. Whattsap jou bestelling na 0731709344.
R160 per eksemplaar + R100 koerierkostes.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende.
Oefenkoors.
Gedink ek wil jul vertel van iets wat gebeur het na "lock down level 5"
Almal het mos oefenkoors ontwikkel in hierdie grendeltyd. Die mense was heeltemal koorsig, ek dink dit is hoekom hul ouens se koors meet by die plekke voor jy mag ingaan.
Toe oefeninge toegelaat word het al wat leef en beef begin oefen tussen ses en nege. Menigte van hulle kon jy sien se vetjies kom nie van vandag af nie. Daai lywe was eerder onderworpe aan n klompie jare van "oefenvrye" dikvreet vergrypinge.Vir jare al is hul ingegrendel in daai lyf.
Die kinders se ou Universiteits T -hemde word uit hul kaste geleen. Skierlik is Pukke ,Vis en Reitzhuis hempies in oorgroot menigte op straat aant oefen. Daar is gryskoppe, van hulle met bottels vol kleursel op hul koppe uitgedruk, skielik aant oefen. Daai T-shirtjie trek soos n tweede vel oor die rolle, die onderste soom word met twee hande vasgegryp en met mening grondwaarts getrek om hom oor die boude te kry en te daar te hou. Onder die boude is hy nou so uigerek en hang van daar af soos n skoolkonsert se verhoog gordyn. Die woord PUKKE lyk nou te koddig met sulke lang letters. Die bopunt van die K begin net onderkant die nek en eindig by die V van die bene.
Stap jy agter hulle is dit n gesig wat jy nie die heeltyd wil sien nie. So beland ek toe mos gisteroggend agter die tannie. Die armpies werk verwoed hier van vooraf agter toe, die elmboë lyk soos n stoomlokomotief se aandryfarms soos wat hul probeer om die vrag vorentoe aan te dryf. Vir elke drie elmboë pompe, ja ek het hul getel, kry sy net een tree vorentoe gegee. Die arms en die bene lyk of hul aan twee verskillende mense behoort, glad nie gesinkroniseer nie. Dit is asof jy die binnegevegte van twee Sumo stoeiers onder n doek dophou. Daai sjoussshh... sjoussshh...sjoessshh skuurgeluid van die binne bobene in tights, wat teen mekaar skuur is tot in der ewigheid in my geheue ingebrand. Om hierdie gesig en klanke te vermy, besluit ek, ek moet nou verby gaan by die tannie. Agter op haar rug is ook iets geskryf, kan nie mooi onthou nie. Kom ons sê nou maar iets in die lyn van "need two lanes to turn". Dit is maar in my verbeelding wat ek dit gesien het. Nou moet jy mos die verkeer dophou want jy gaan mos nou van bane verwissel. As jy flikkerligte gehad het kon jy hul gebruik het. Om veilig te wees dink ek dit toe goed om veilig te speel, ek het nog my lisensie met hanseine gekry en ek wil verby gaan, so ek wys met my regterarm en versnel om veilig verby te gaan. Die fout wat ek gemaak het is om met my linkerarm te wys ek wil weer in die linkerbaan in terugkom. Toe ek langs haar kom kon ek eers net die PU van PUKKE sien, dié is op die kant van haar regterbors geskryf, toe ek die tweede K sien, meer op die voorkant, ag ek dit sal veilig wees om nou na links oor te beweeg en wys met my linkerarm ek gaan links oor beweeg, terug in my baan in. Daai tannie ken ook nog haar handseine en het dadelik gesnap waarmee ek besig was. Hoe sy so vinnig van omtrent 0 tot 15 kilometer per uur toe versnel het weet ek nie, ek het net gevoel my kop wyk skerp links uit terwyl my lyf nog reguit vorentoe beweeg het. Klap daai tannie my. Die volgende oomblik lê ek plat op die teer en dit voel of ek deur n stoomroller getrap word. Daai tannie het nou vir my dik gebliksem. Sy steur haar nie aan "social distancing " nie. Kort kort tel sy my soos n buffel op en slinger my in die lug op en dan karnuffel sy my weer in die teer in. Sy het eers opgehou toe ek dood speel.
Terug by die huis wil die vrou weet," wat het jou oorgekom". Wil die vrou my nie glo as ek vir haar vertel ek het in n stopteken vasgeloop nie. Weet julle hoe lyk twee potblou dikgeswelde oë bokant n maskertjie. Almal wil nou weet wat het gebeur, die stopteken storie het nie gewerk nie, nou sê ek maar net ek het gaan stap en was in n ongeluk.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
n ANDER DAM SE GANSE.
Man, dit is mos nou vir jou half en half n gesegde, as ek dit nou reg het, of hoe? Beteken glo hy of hulle is anders, van n anner dam af.
Nou moet ek eers n paar stompe hier op ons kampvuur gooi, laat ons n lekker vuur het. Ek soek n bietjie lig want ek ga-nou baie beduie en jul moet my mooi kan sien. Nig, trek jou stoel tog n bietjie eenkant toe dat Nefie kan nader trek met sy stoel. Daarsy, nou is dit beter.
Man, die is nou n ware storie wat n oorle oom my vertel het, oom Piet Grootlieg. Waar die man nou aan sy naam gesta en kom het sal ek nou nie wee nie. Dit het alles nou in sy grootword jare gebeur daar op n plaas daar naby Biesiesvlei. Die was ook my oorle pa se grootword plek gewees.
Biesiesvlei, lê nou daar tussen Lichtenburg en Sannieshof.
Onthou dat ek jul eendag van Sannieshof vertel, of eerder waar sy naam vandaa kom. Sannie was glo veraf familie van Daisy de Melker. Maar dit is nou eers vir n anne dag.
Waar was ek nou wee, o ja by Biesiesvlei. Die het nou weer sy naam gekry van die vleie daar. Die ding het nou sohe gebeure.
Oom Piet Grootlieg vertel.
Kom kuier die familie van Joburg een jaar vir ons daar oppi plaas. Nou kyk daai jare het die mense baie kjênders gehad. Hulle was dertien saam met die pa en die ma. Ons het hul met ses perrekarre op die stasie loop haal en n ossewa vir hul bagasie. Dit is net niggies en nefies waar jy kyk. Lyk kompleet soos die Groot Trek, soos ons hul terug aanry plaas toe. Ons was ons selwers nege kjênders. So ons was nou n klomp mense bymekaar.
Geld was skaars daai jare, moeilike jare ou broer, kom laa ek jou nou vertelle. Moeilike jare, sê ek jou.
Meelsak klere wat so van die een kjênd na die anne een aagepaas worre. Dit was hoeka in die middel va die winter toe hul kom kuier het. Daar is eintlik te min warm goete om die kjênders mee warm te hou. Pa , die het so n ou Bulldog Lanz trekker gehad, die met die staalwiele nog. Elke môre het ma vir elke kjênd n teelepel van die trekker se antifreeze ingegee wat ons deur die dag moes bring met die koue saam. Ou broer., ons het klippe gekou daai jare, in die aande het elkeen n eetlepel caster olie gekry vir hardlywigheid. Kos was skaars.
Een aand sê my pa ek en my een neef moet die volgende môre vroeg op en onder in die vleie by die dam n klompie geelbek ganse, en bleshoenders loop skiet, die is nou vir die pot. So is ons die môre daar weg met die dubbelloop haelgeweer met net twee patrone, pa het gesê twee is genoeg. Neef sê hy wil skiet. Jy moet net raak skiet sê ek. As ons sonder die vleis by die huis aankom gaan ons moeilikheid kry. Ons besluit dat hy altwee skote gelyk moet aftrek anders vlieg almal gelyk weg. Kaalvoet is ons daar deur die veld, sien jy n bees mis, hardloop jy vir n vale en gaan sta in die warm mis. Dit is bitter koud. Die poeletjies in die vlei is kliphard gevries. Daar aangekom sluip ons nader, ons moet naby kom. Daar is n menigte ganse en bleshoenders, dit smaak my hul het n familie byeenkons daar kom hou, al die damme in die omgewing se voëls is daar. Dit is nou waar die ding van n ander dam se ganse vandaa kom. Jy kan omtrent nie die water sien nie, so baie is hulle. Kry ons naderhand n erdvark gat, laat ek hom so voor die gat lê met sy voete in die gat dat hy kan vasskop teen die wal van die gat. Ek gaan sit so wydsbeen bo-op sy rug vir as die geweer hom skop. Klap daai skote gelyk. n Hele klomp van hul sak net daar inmekaar, morsdood.
Ou broer, die volgende oomblik is dit n gemors, almal probeer gelyk wegvlieg maar hul is vasgevries. Trek hul daai dam met water en al in die lug in op en vlieg met hom weg. Vir myle en myle het ons agter hul aangeloop en die dooies opgetel, soos wat die water ontdooi het, het hul een vir een afgeval. Laatmiddag by die huis aangekom met twee streepsakke vol kolganse en bleshoenders.
Man was pa nou trots op ons, maar hy het nog nie geweet van die dam se water nie.
Jislaaik oom, sê ek, en toe?
Jong dit is nou weer n storie vir n anner dag, sê hy.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Vanoggend dink ek, kom ek gaan kyk n bietjie waarvan het ek jul laas laar op 2 Des vertel? Hier is hy.
OUPA SE LOVE BITES.
Nou het ek darem n lekker koppie koffie hier voor my, smaak amper soos Wimpy koffie.
Party goed prikkel mos jou smaak dat jy so n smile op jou gesig kry. Ander goed laat so n wrang smaak in jou mond agter.
Wonder waar het die oumense aan die woord gekom.Soet en suur sal ek kan omskryf maar wrang,ek weet nie lekker nie.Hoe smaak wrang?
n Mond is n gevaarlike en n snaakse ding.Uit hom kan mooi en lelike dinge kom.
Dit is die enigste ding wat jou persoonlikheid verklap.Party ouens gebruik hom net om te skinder,ander net om te eet.
Ander weer net om leuns te versprei. Net so snaakse woord,lieg klink vir my beter.Of moet n ou eerder sê, "Ander vertel weer net leuens met hom" Klink so langdradig.
Ons het n wonderlike taal.Ek kan hom egter dikwels lekker op dinges met n engelse woord of twee.
Laat ek terugkom by n mond.Hy kan jou n vriendelike of n suur gesig gee.Daai klein openingtjie kan dit doen, hy kan jou hele gesig verander.
Ek is lief om te smile. Ander ouens nie.Maar daar is een ding wat jou n smile gee as jy eintlik n ernstige gesig wil opplak.
En dit is n kunsgebit.Ook net so n snaakse woord.Valstande klink lekkerder op die tong.
Skierlik het die ou n bek vol tande.
Veral as jy die persoon al lank ken.As hy sy mond dan oopmaak en hierdie splinternuwe,spierwit, volmaak gerangskikte tande kom te voorskyn,dan kan ek net smile.Hulle lyk vir my altyd asof die persoon smile.Soos n hond wat vir jou tande wys.
Hoekom maak hul die goed nie eerder met n paar defekte nie.Of vra die pasiënt vir n before foto.Maak hul dan laat hul darem ten minste naby aan dit lyk.
Kom ek vertel jul gou die storie van my oorlede skoonpa en sy valstande.
Hy het altyd met so n ou sweetpak geslaap.Onthou jul nog daai sweetpakke met die wit strepe oor die lengte van die arm en op die broekspype.Ja so een.
Dan het hy vir sy alewige koue voete,winter en somer dik wolsokkies gedra.Die sweetpakbroek se pype so in hul ingedruk.Die top het hy so ingedruk in die broek.Wat n prentjie was hy dan nie.
Die aand klim hul in die bed en hy lê en lees en raak so met die boek op sy bors aan die slaap.
Later die nag skrik hy wakker en sien die lig brand nog.Op die bedkassie staan die glas waarin hy altyd sy valstande snags sit.Hy kyk en daar is geen tande wat vir hom smile in die glas nie.
In n glas water lyk hul mos nog groter as hul so smile.
Ewenwel, die glas het net water in,geen tande nie.
Hulle is ook nie in sy mond nie.Hy maak vir ouma wakker en sê,ek het my tande ingesluk.Hoe meer sy sê dit is onmoontlik hoe meer stry oupa.
Ek het vergeet om hul uit te haal,die glas is leeg, my bek is leeg, ek het die goed ingesluk, sê hy.
Na n gesukkel kry sy dit reg dat hy aanvaar hul sal môre die tande soek.
Soos wat dit nou maar met oumense gaan het hy deur die loop van die nag opgestaan om n draai te loop en weer verder kom slaap.
Die volgende oggend staan hul op,trek hul pajamas uit om aan te trek.
Ouma vra vir oupa waar was jy laas nag.Sy bolyf en een been is oortrek van die love bites.
Daai goed het uit sy mond uit in sy pajamas ingeval toe hy seker gesnork het.Met elke draai het hul hom n love bite gegee soos wat hy op hul gelê het.
Met die wat hy badkamer toe was het hul in die een pyp ingeval.
En toe hul vryery langs sy been af,voort gesit.
Ja,oupa in sy rype ouderdom met sy lyf oortrek van die love bites.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende.
Vanoggend is ek sommer van vroeg af al aan die wonder.
SUKKEL JULLE OOK SO.
Iets, ek weet nie wat nie, laat my vrou dink ek hoor op my beste as ek wegstap van haar af. Sy dink ook ek kan n sinvolle gesprek met haar voer as ek met my kop vol sjampoo onder n stortkop staan.
Verder weet ek ook nie hoekom sy dikwels sê sy het my iets vertel nie. Dit terwyl ek voor my siel weet dit is die eerste keer dat ek die storie hoor.
Dan begin ek in myself twyfel, miskien is dit dalk wat sy my vertel het terwyl ek gestort het. Miskien het sy my wel vertel.
Sou ons in n motor ry sal sy na haar gunsteling stasie luister, haar gesig na haar venster toe draai en met my praat en al wat ek hoor is wanneer sy terugdraai na my en sê "het jy dit gesien" dit terwyl ons dan al n myl verby die plek is waarvan sy praat.
Erger nog is as ons in twee vertrekke op die verste plekke in die huis van mekaar is en dan vra sy iets."Waar is my sleutel" sal ek dan hoor sodra ek by haar kom om te gaan hoor wat sy praat. Elke keer sê ek vir haar, kom vra my of wag tot ek weer by jou kom, ek kan nie hoor as ons so ver van mekaar af is nie.
Ann is baie begaafd. Sy is altyd besig. Haar hande staan vir niks terug nie. Hekel en brei is in haar bloed, sou ons ry hekel sy. Kom ons by ons bestemming aan sê sy ek moet net n bietjie wag sy kan nie nou ophou nie, sy is besig om die steke te tel.
Al baie gewonder, by n parkeerarea aangekom, as die mense sien ons hou stil maar klim nie uit nie, wat dink hulle. Sy sit rustig verder en hekel.
Wil jul vertel wat het een Saterdag in die winter gebeur. Natuurlik gaan ons winkels toe.
By die Mall aangekom wag ek dat sy klaar hekel. Ek wil Clicks toe en sy kort n paar ander goedjies vir die huis. Die Mall het twee ingange, ek hou by die een stil naaste aan die winkels waar sy wil wees.Terwyl sy daar shop gaan ek Cliks toe, so is die plan. By die ingang trek sy my daar in n winkel in om my net gou te wys van n warm baadjie wat sy van hou, hy is nou op n special. Sy wil my nie glo as ek sê hy gaan op n baie beter special kom as die winter verby is nie.
Sy kibbel met die verkoopsdame en ek sê ek stap solank Clicks toe, heel aan die anderkant van die kompleks. Vra sy ek moet vir haar Sinutab Nasal Spray en Medigel kry.
Daar aangekom kry jy mos deesdae n nommer, sit ek en wag vir n apteker om te help, my leë pillehourtjie in my hand sodat ek nie die naam vergeet nie.
Die ouens is darem slim, hul speel mos sulke advertensies op n TV agter die toonbank, om jou aan te moedig om meer te koop. Daar wys hul Grandpa's, Corenza C, Band-Aid pleister en ek weet nie wat nog nie. Om my aandag nog meer te kom staan en aftrek staan daar by een van die aptekers n blond wat maar n jean mag dra. Sommer dadelik dink ek aan die liedjie " Baby Makes Her Blue Jeans Talk" se ou videotjie van vroeër jare. Sien sommer weer die hele ou videotjie.
Uiteindelik is dit my beurt, amper het ek nie my nommer gehoor toe hul hom oor die blikstem speakertjie uitroep nie. Kry my aankope, betaal en is net dankbaar ek kan uit hierdie verskriklikke plek kom.
Terug by die motor wag sy al vir my. Ek gee haar apteek goedjies vir haar. Sy bars uit van die lag. In haar hande hou sy Sinucon Tablette en Corenza C wat ek vir haar gekoop het. Sy het vir Sinutab Nasal Spray en Medigel gevra.
Ek dink nog steeds dit is al daai bloemen advertensies wat hul gespeel het daar wat my deurmekaar gemaak het. Of miskien was dit tog die Jeans. Miskien is Ann reg, sy sê altyd ek luister nie as sy praat nie. Dit is hoekom ek maar altyd my leë houertjies saamvat, die ou gedagtes dwaal maar af met die ouderdom saam.
Vreugde en vrede vir julle.
Fotos vanaf google geleen.
NS.Ek weet daar is boereraad om op te hou hik, jul weet nie van so iets om Ann te laat ophou lag nie.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Sukkel julle ook so met
DIE VROUENS.
Kyk, en het gister se geselsie nou vir jou reaksie uitgelok. Van die ouens reken ek is n siener, ander reken ons moet tweelinge wees. Selfs ouens wat vra hoe weet ek wat in sy huis tussen hom en sy vrou aangaan.
Nou het ek gevoel ek kan nie die ding net so los nie. Ek moet darem ons manne se saak verdedig.
Daar is n paar goed waarmee ek sukkel met die skoner geslag. Nou sal my vrou met my stry en sê dit is nie so nie, jy is so, sal sy sê.
Hulle kan stry. Oor alles. Turkoois is blou, nee nie hulle nie, dit is turkoois. Hy was nie toe ek n kind was nie. Moes intussen n ander kleur staan worre het.
Laat sy jou n pad beduie as jy vir haar iets moet gaan koop by n sekere plek in die dorp. Mans weet waar is die gholfklub, die meeste van die eet en drink plekke asook waar die hardewaarde winkel is. Ons weet nie waar al die wol en lapwinkels is nie. Ons ken ook nie vir Elna nie, al gehoor van Elna maar sy was n stripper, van Singer het ons ook al gehoor maar nog nooit ontmoet nie. Nee, man dit is naaldwerkwinkels, sê sy. Nou beduie sy die pad. Sy verdwaal sommer met die links en die regs, wys links maar beduie regs. Wys jy haar daarop, kry jy die algemene antwoord, jy weet mos wat ek bedoel. Hulle praat mos in raaisels en dan moes ons mos geweet het wat hul bedoel.
Nou ry jy. Kyk ou broer, verdwaal jy maklik sommer al in jou eie woonbuurt so deurmekaar het sy jou gepraat. O wee, dan moet jy sommer vir haar n pakkie optel wat so en so vir haar afgegee het by die Wimpy. Daar gekom, geen pakkie nie. Bel, nee dan weet ek nie, dan het sy hom seker nog nie afgegee nie. In dieselfde asem, was jy al by die Pick A Pay, praat sy weg van my tydmors af. Nee ek gaan laaste soontoe, ok, kry sommer vir my n blikkie bakpoeier, meubelolie, n tray eiers en twee flattys (iemand het my gister van die twee hoender flattys vertel). O ja, en terwyl jy daar is kyk of daar nie n lekker waatlemoen is nie. Jy beter sommer ook coke kry vir jou brandewyn. Alles goed wat sy vergeet het om op die Pick a Pay lysie te skryf. Jy is nog nie eers naby jou motor om die lysie aan te vul nie.
Dit is nou die cherry op die koek, jy bêre hierdie lysie in die geheue file. Van die ander lysies het jy nou al begin verloor.
Veel later, heel laaste vir die koue goed stop jy by Pick A Pay. Sommer dadelik is jy die hel in vir die tannie wat met haar trollie tussen jou en haar kar deurdruk.
Kom jy binne koop jy eers alles op die Pick a Pay lysie. Nou pluk jy daai memory file uit die kabinet uit. Kry die bakpoeier, meubelolie, eiers het jy sommer netnou ingesit toe jy hul onthou het by die rak toe jy verbygestap het. Nêrens kry ek n twee vlerkie verpakking nie, koop 5kg vlerkies. Kry coke vir my brandewyn. O ja, sy het gesê ek moet gaan kyk of hulle lekker waatlemoene het.
Oortuig dat jy alles tot op die letter uitgevoer het ry jy huistoe.
Nou begin die ondervraging sessie. Waar was jy so lank? Hoekom koop jy hierdie meubelolie, hulle is duur, jy moes gewone roulynolie gekoop het. Ek het gesê n tray eiers, nie net ses nie. En die pak vlerkies, hulle het nie n pak met twee nie kom jou verweer, ek het gevra vir twee flattys nie vlerkies nie sê sy dan.
Nou begin die lysie wat sy gedink het sy ook voor gevra het. Waar is die brood melk en die hondekos. Sy het dit nooit gevra nie, nou stry sy sy het.
Ou broer, het ek nou vir jou moeilikheid gehad toe sy vra waar is die waatlemoen en ek antwoord, hulle het toe mooi waatlemoene gehad maar ek het nie gekoop nie want jy het gesê ek moet kyk of hul het. En dit is wat ek gedoen het.
Maar wat, ons bly lief vir julle. Nou lê die vrou nog so rustig en slaap hier nêfens my. Gee ek haar n drukkie. So lief vir jou prewel ek. Lê ek weer terug. Toe begin ek wonder wat gaan sy vandag doen om my weer die dinges in te maak.😁
Vreugde en vrede vir julle.
Fotos vanaf google geleen.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende.
MAGNUM PI.
Baie jare gelede saam n ou gewerk wat my die storie vertel het. Julle onthou seker nog die ou Magnum PI.
Wel, nou dat ek daaraan dink, die man het nogal baie na Tom Sellect gelyk ook. Shame, hy is nou al jare oorlede, so ek mag seker maar vertel.
Hy was met n baie mooi vrou getroud. Nou het hy die storie vertel vir die waarheid. Kom ons noem haar Cindy en vir hom Tom.
Tom vertel.
Jong, het ek darem nou eendag n fout gemaak. Soos julle weet is Cindy n mooi vrou, nou het ek al agtergekom die manne by die gholfklub het net oë vir haar.
Kom ons by geleenthede beloer die mans haar. As sy by ons aankom in n gesprek, is ek n bysaak.
So gebeur dit dat ons op n staduim n bietjie haaks raak met mekaar. Vertel die duiwel my sy het seker n ding aan met iemand anders. Verbeel ek my ek gaan nou speurder word.
n Speurder het baie planne. As ek nou n klein gaatjie in die plafon reg bokant die bed maak gaan ek haar red handed vang. Gaan mos dan nou mooi kan sien hoe sy my verneuk. Een naweek is sy en die twee kinders die Saterdagoggend na haar ouers toe wat aan die anderkant van Pretoria bly, ek gaan nie saam nie, het tuinwerk om te doen. Sy is skaars weg, toe Riaan die Handyman by my inskop. Daar word n klein gaatjie in die ceiling geboor, reg bokant die bed. Nou word daar n leer onder die mangat in die gang gesit. Daar word planke gesaag wat ek nou so bo-oor die balke gaan laat lê reg bokant die bed. n Kampmatrassie kom bo-op die planke. Ek het nou dus so n bedjie bo in die ceiling gemaak. Lê ek op my maag op hom, kyk ek reg op die bed af, deur die gaatjie. Met my oog naby die gaatjie kan ek die hele bed sien. Nou word alles weer netjies op hul plekke gebêre en skoongemaak. In die kamer is daar nie n stoffie nie. Alles is in plek.
Vir die Maandag het ek verlof ingesit. Maandagoggend vra ek wat gaan sy doen, ag die gewone, kinders skool toe vat, terugkom, huis skoonmaak, beskuit bak. Sulke goed, vertel sy.
Hy is toe werk toe. By n mall gestop en n taxi terug huis toe gevat. Om die draai afgelaai en daar het hy gewag dat sy ry met die kinders. Sy was skaars by die hek uit, hardloop hy huis toe, kry die leer. Sluit weer alles agter hom toe. Klim in die ceiling, trek die leer boontoe binne die plafon in. Maak die mangat toe, en gaan lê bo-op sy mangemaakte bedjie.
Kom Cindy terug, hy lê tjoepstil. Sy begin huis skoonmaak. Stop daar n motor buite die huis en hy hoor "ding dong, ding dong". Daarsy dog hy, hier begin die sports nou. Was toe n vriendin wat net gou kom hallo sê het. Hy kan hul hele gesprek hoor. Na n koppie tee is sy toe weer daar weg. Cindy gaan aan huis skoonmaak. Dan hoor hy die stofsuier, hy beloer haar toe sy die bed opmaak. Daar word rooi hartjie tjoklits op sy kussing uitgepak met n briefie. Nou gaan ek haar vang, dink hy.
So raak sy in die kombuis doenig en kan hy naderhand beskuit ruik, dit is nou so tussen die vlermuismis reuk wat ook nou daar hang want dit word al warmer in die dak. Hier teen elfuur het daar nog niks gebeur nie. Nou is dit hel warm in die dak, die son bak nou met alle felheid op daai sinkdag. Die sweet rol van sy lyf af. Hy het nooit daaraan gedink om water boontoe te bring nie.
Nog net n bietjie, dink ek, ek gaan haar nou vang. Ou broer daar ontwater ek toe nou daar in daai ceiling, ek is gedaan. Ek het nie krag om regop te kom nie, ek kan nie uitkom nie.
Twaalfuur kan ek nie meer nie. Ek begin roep, naderhand skree ek. Die arme Cindy kan nie verstaan waar ek is nie, ek is dan by die werk.
Ou broer, die uiteinde was die brandweer het my vir half dood daar kom uithaal. Hulle moes die dak plate lig om my uit te kry. Op die gras het hul my neergesit. Die vrou het vir my n tweeliter water gegee wat ek omtrent met een teug uitgedrink het.
Met wankelrige bene het hul my daar gangaf gevat, bed toe. Op my kussing het die rooi tjoklits gelê met n kaartjie. Op hom staan Tom, maak ek hom oop staan daar,
Kan ons nie maar vrede maak nie.
Lief vir jou.
Cindy.
Man, het ek nou my naam gat gemaak die dag.
Die volgende Saterdag het ek die gaatjie toegemaak en die ceiling moes ek oorverf, die het gelyk of daar n geiser bo hom gebars het so bevlek was hy van my sweet.
Vreugde en vrede vir julle.
Foto vanaf Google geleen.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende.
DIE APATCHES.
Ons het darem vroeër jare toe ons kinders was lekker "cowboys & crooks" gespeel. Elke tweede fliek was n Cowboy fliek. Ek praat nou van John Wayne hulle se dae. In baie flieks was daar apatches met hul veelkleurige uitrustings. Daai manne kon n perd nou bloots ry.
Noudat ons naderkom aan Kersfees dink ek weer aan die plastiek beld met twee rewolwers en die sheriff se wapenjie wat ek as persent gekry het. O ja, en moenie vergeet van die cowboy hoed nie. Dan speel jy darem n hond uit n bos uit. Almal word opgedeel, party is cowboys, ander is crooks en apatches. Sommer vinnig vinnig is al jou claps klaar, dit is nou daai ronde rooi claps wat in die revolwer gepas het en die knal veroorsaak het.
Daar word gedraw en gekyk wie draw die vinnigste. Kyk as jy kan draw, skiet en jou rewolwer kan spin voor jy hul terug druk in hul skedes, dan was jy goed. Om windgat te wees het jy kamstig die rook so by die loop weggeblaas. Ou broer, ons het lekker kinderjare gehad.
Maar met die wat ek so terug gedink het, het die apatches by my kom vassteek.
Ry ek en die vrou gister so en praat ons so oor ons paaie. Dit is darem nou vir jou n ding wat agteruit gegaan het. Dit is die een pothole op die ander. Baie kere kry jy sulke kolle wat verswak. Erêns het hul n ou wat besluit watter gate in daai kol gaan hul regmaak en watter nie. So, hulle maak n vrot kol net gedeeltelik reg, dan smaak dit my hulle claps (vuller) het ook opgeraak.
So is dit nou maar regdeur ons land. Nou praat ek van die apatches. Hulle patch net so hier en daar n slaggat.
Maar ek sien darem dat die Universiteit van Pretoria na n oplossing vir ons paaie soek. Hoop hul kry baie vinnig iets.
As hul nie iets baie vinnig kry nie gaan ons moet teruggaan na perde toe, hulle kan darem nog op moelike terrein oor die weg kom.
Bestuur veilig die week, kyk uit vir die apatches se patches en die oop slaggate.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
GEMASKERDES.
Sit ek vanoggend so en dink oor die goete wat ons nou moet dra. Dit is nou vir jou n ding. Maar ek wil eintlik nie oor hulle praat nie. Ek wil praat oor die ander maskers wat ons dra. Daai maskers wat jy nie kan sìen nie.
Dikwels hoor ons iemand sal sê, so en so is nou vir jou n tweegesig. Die kry jy wel.
Maar ek dink tog in n mate is ons almal dalk so n bietjie tweegesigte. Baie keer met reg. Jy sal hoor, haai ou Piet, hy is altyd so opgewek, ek kan nie glo hy het so baie probleme nie. Of, Sannie lyk altyd so netjies en versorg, ek kan nie glo hul trek finansieël so swaar nie.
Dalk hoor jy die ergste, van n pragtige opgewekte vriendin, my man rand my en die kinders aan. Dan het sy dit al die jare agter n masker weggesteek.
So loop ons seker elkeen met n maskertjie, wat nie die werklike werklike jy wys nie. n Masker wat ietsie, al is dit nou seer, wegsteek.
Party steek skelm verhoudings agter daai masker weg. Lelike goete ou broer, lelike goete sê ek jou wat die mense so wegsteek.
Gisteraand praat ek in n whattsapp met n vriend oor hoe dit in ons land gaan en ek gebruik die woord "dienste verskaffer". Wat n eienaardige woord.
As ek so na die politiek kyk dan besef ek ons word deur gemaskerdes gelei. Hulle belowe die son en die maan, dan gebeur daar niks.
Die regering en munisipaliteite stel ons teleur. Van die slegste dienste verskaffers wat daar is. Nou praat hul al weer van ons krag wat met tye gaan af wees. Dienste verskaffers, ai ja, soos die Ingelsman sal sê, "need i say more"
Toe sê ek, môre ook vir jou ou vriend.
Vreugde en vrede vir julle.
Cartoon geleen vanaf Cartoonstock.

Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
SOLLY.
Kom ek vertel jul maar nog van die Klaserie. Die familieplaas kom nou darem al ver. Was amper ook Jan van Riebeeck se skuld.
Die oorle oupas moes hoeka hier afsit Kaap toe om ou Jan met sy drie skepies daar te gaan vewelkom. Al die pad vir hom biltong, droëwors en beskuit saamgevat daar van die Klaserie af.
Hulle het sommer vir hom ook n trop rooibokke die kant toe aangejaag. Geweet hul proviant gaan omtrent op wees. Het ook by die kwekery n klompie groenteplantjies gekoop en aangeplant daar in die Kompanjietuine dat hul groente kan inkry. Gelukkig vinnige groeiers. Ek meen hul was mos nou lank op see en ly seker al aan skeerbuik. Seker ook al deurgeëet aan vis.
Vandat hul drie bootjies op die horison verskyn het tot hul voet aan wal gesit het, drie dae en drie nagte. Volgens oorlewering het oupa-hulle vertel hy sou vinniger te perd daai afstand kon aflê, al moes hy die perd op sy rug vasmaak en met hom uitgeswem het.
Was hul nou verbaas om die boere daar aan wal raak te loop.
Ewenwel, toe hul afstap het hul die eerste tamaties en groentetjies gepluk. Vir die geleentheid het hul ook sommer n paar rooibokke gespitbraai, met komplimente van die Klaserie.
Blykbaar is dit ou Jan se skuld dat ons tot vandag toe nie kan saamstaan nie. Hy het vertel dat dit die laaste keer was wat ons kon saamstaan. Almal het daai dag saam besluit om wel af te klim van hul bote af. Van toe af, nooit weer nie.
Hul het toe te lekker saam met die klomp matrose gekuier, tot die klomp gesuie geraak het van al die Kaap se wyne. Net daar het ou Jan besluit om die kasteel met sy gat, vir selle te bou. Hy het nie kans gesien vir hierdie klomp dronkies nie.
Hulle, dit is nou die boere is toe na n paar dae daar weg nadat hul n bietjie pruim twak en Boxer gekoop het by die Jood daar in Langstraat.
Was dit darem nou weer lekker om terug te wees in die Klaserie.
Ai, ja ou broer, was amper ou Jan sê skuld of hul het nie weer terug gekom nie.
O hang ja, ek het nou so afgedwaal, onthou my tog dat ek jul van Solly daar in die Klaserie vertel.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
SOLLY
Ek het jul gister vertel van die klomp wat hier af is Kaap toe om Jan Van Riebeeck te gaan ontvang. Op hul terugtog het hul vir ou Solly raakgeloop en sommer dadelik het oupa hulle van die klong gehou en hom oorreed om saam terug te gaan Klaserie toe. Daai jare was die plase nog toegekamp en was daar nog geboer. Meestal met beeste.
Dit is eers later jare wat daar ooreenkomste met natuurbewaring aangegaan is om die Klaserie half in te lyf by die Kruger en dat die ouens die grensdrade afgehaal het. So weet elke eienaar dus waar sy denkbeeldige grens loop. Jy mag egter nie sommer net op n ander man se plaas gaan rondry sonder toestemming nie. Dus het baie van die Lodges mekaar toestemming gegee om toeriste op hul plase vir wildsbesigtiging te vat. Die gidse ken die plase soos die palm van hul hande. Selfs op TV programme sal jy dikwels hoor hul praat op die radios en se bv , Jack, ons het nou hier by Ndlovu op n trop leeus afgekom wat n buffel gevang het, net waar jy in die driffie deur die droë loop gaan. Dan kom Jack met sy toeriste ook daar aan..
So het ou Solly vir baie jare daar op die plaas gewerk. Omdat dit n vakansieplaas is, dink ek nie hy het hom dood gewerk nie. Hy en sy vrou moes die omheinde huis, tuin en heining reg hou. As ons dan vir n vakansie daar kom was alles silwer skoon. In die oggende het hul ingekom, skoongemaak en alles reg gekry vir n nuwe dag. Raak die brandhout op het ons op die plaas gaan hout optel.
Laat middag as ons terugkom van n wildsbesigtiging af en jy kom by die boma het ou Solly klaar die hout reg gepak. n Bondel droë grassies onder met fyn houtjies bo op, dan nog klein takkies met al groter houte bo op. Bo oor almal lê n jong droë boom of dikkerige tak. Al wat jy hoef te doen is om n vuurhoutjie te trek en jou kampvuur brand. Ou Solly het ons fyn dopgehou as hy die elektriese heining se hekke toegemaak het saans, en hy sien ons is doenig daar om die vuur, dan het hy kamstig kom hoor of alles reg is. Dit is ook wanneer hy kom verslag doen het van wat reg en verkeerd is. Eintlik maar net omdat hy geweet het ons gaan hom n ou ietsie gee om te drink.
As daar nuwe mense was het ons hom aangepor om n wildtuin storie te vertel. Nou moet jul prentjies beginne sien, want hy het dan verskriklik begin beduie.
Seker so vyf kilometer van die huis af is daar n groot dam. Natuurlik is daar krokodille en seekoeie in hom, wat vra jy nog.
Solly vertel van die dag wat hy wil gaan visvang vir die pot.
Sos die son hy opkom, ek ek loop by die huis. By die een hand ek hou vas die plastic saam my skafting en die lyn en hoek, saam met die pap ver die vis. By my anner hand ek loop met nie nobkierie. Langaan by my hy loop die brak saam sy twee kjenders. Hulle hul es nog die kleintjie hondjes.
Sy ma sy moet hul nog leer van te loop by die veld. Sos ek loop daar by die droog ravier ek ek hoor Waau, as ek opkyk by die wal daar lê die leaaw saam met sy kleintjes. Sos ek geloop het ek gaan staan net so. Daai leaaw sy staan op sy kyk my, ek ek kyk hom.
Die groot hond sy sy blaf, Haw haw haw, maar sy loop nie daar nie, sy staan net hier voor my. Maar auw die kleintjies, sy ken nie, sy loop hardloop bietjie voor, hulle kef kef kef,dan die leau hy praat, daai klein hondjes, sy draai om sy kom hier by my se voete. Hy draai draai net so by my skoene. Sy asem hy maak, hahahaha...hahaha... hahaha soos hy soek haastig die asem.
So het ons die lank tyd gesta mekaar kyk, ek en die leaw. As hy sie ek ek skrik hom nie hy en sy kjenders hulle het gelop bennekant by die bos.
Man ou broer het ons sy stories altyd geniet.Dan het ons hom gewoonlik n bier gegee en n sider vir sy vrou en is hy dan daar weg strooise toe.
Dan het ons nog tot ounag toe gekuier om die vuur. Na nag geluide geluister in die bos. Leeus wat brul, jakkalse wat mekaar roep. Bokke wat bekommerd proes blaf. Naguiltjies se geroep. Hiënas wat vir mekaar lag, so asof hul ook ou Solly se storie gehoor het.
Vreugde en vrede vir julle
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende.
Gaan grou ek in my argiewe en kom weer op die storie af. So, miskien het jy hom al gelees, lees en lag maar weer saam. Weet nie of julle al agtergekom het nie, maar deur my skrywes poog ek dat die lesers my stories in prentjies moet sien, so asof hul self daar was. Nou hierdie storie het afgespeel in covid toe ons nie uit onse erwe mag uitgegaan het nie. So ek nooi jul nou uit na hul huis, tot binne in hul slaapkamer. Dit is nou net daar waar die dinge gaan gebeur. 😁
WILLE WILLEM SE INGELSMAN SWAER.
Met die Covid virus storie raak almal van ons mos DIY ( Do It Yourself ) spesialiste. My suster is met n opregte Ingelsman getroud, sy Ma was engels en sy Pa ook, so dit maak hom mos n true Pommie. Wel sy het hom ingevoer vanaf Engeland voor die Brix storie anders was hy baie minder werd as vandag. Wille Willem sê, hy is nou n regte bleeksiel pen pusher.
Sy vertel my van die keer toe haar maer Engelsman te veel van Riaan se DIY programme gekyk het. Dit was nou op vroeër jare se TV. Sy Afrikaans is maar so-so dus het hy meer gekyk as geluister. Soos wat met al hierdie rou Ingelsmanne gebeur, leer die boere hul die verkeerde woorde, gewoonlik vloekwoorde.
Met die lock down, semi verplig vroutjie hom om goed reg te maak. Probeer hy toe Riaan die nutsman se goedjies en tricks onthou. Maar hy begin agterkom dat sy "kyk-en-luister" metode van jare gelede nie een honderd persent idioot bestand is nie. Sy eerste taak is om n gat in die muur te boor, sy Afrikaans laat hom in die steek, want hy gebruik n gewone staal boorpunt en brand amper die boor uit. Vier boorpunte later kon hy darem die plug insit vir die potretjie. Die vrou moes die portretjie kom level draai, die kon hy nie eers reg doen nie.
Hulle het so n takhaar seun met n ponytail. Hy weer is te sleg om enige iets te kan doen. TV games met allerhande controls en revolvers is sy spesialiteit. Die kan hy meesterlik in n lêende posisie vanuit n sitkamerbank doen. Daar sal hy die heel dag lê en bier suip, en die wit waks uit robot mannetjies skiet.
Ewenwel, die swaer van my. So gaan hy aan en probeer sy bes om homself nie aan stukke pyp of hout vasgeplak te kry nie. Een aand besluit hy dit is tyd dat hy vir die bedlampie ‘n nuwe skakelaar aansit. My suster baklei nou lank genoeg om hom sover te kry om die laaste stukkie koord met skakelaar en al te vervang.
Hy kry die lamp en die nuwe skakelaar en die koord wat onder die bed lê bymekaar en gaan sit op die kant van die bed.
Met aanvanklike Riaan DIY behendigheid en konsentrasie skroef hy die skakelaar oop en probeer uitwerk hoe die drade daardeur moet gaan. Die instruksie pamfletjie is ‘n mors van tyd. Die instruksies is vir ‘n nuwer model as die een wat hy vashou. Hy tel die koord op en trek aan die ‘insulation tape’ wat dik om die draad gedraai is. Dit is taai en sit mooi vas. Dit is omtrent hier waar hy weer nie mooi geluister het wat Riaan gesê het nie. "Maak seker jy skakel die krag by die skakelbord af voordat jy met elektrisiteit werk"
Sonder om te aarsel druk hy die koord se punt in sy kies en byt daardie ‘insulation tape’ vas en trek dit dat sy kop so skeef draai. Lyk kompleet soos wanneer ons n stuk seningrige biltong probeur afskeur van die heel stuk af.
Dan kom die taai gedeelte los en sy tong en lip raak aan die koperdraad. n Koperdraad wat vol "No Load Shedding this week" elektrisiteit is. My suster sê sy het nog nooit so iets gesien nie. In die sekonde wat dit geneem het vir die skakelbord om te ‘trip’ het al daardie skop skiet en donder elektrisiteit deur die Engelsman se kop getrek met die spoed van weerlig en hom so hard geslaan dat hy bo-oor die bed gevlieg het en aan die anderkant van die bed op die grond geland het. Sy bek het gekwyl soos n Café vlieg wat n bord chips gesien het. Die vasgebyte tape steeds in sy mond vasgebyt en in n string uitgerafel. Die draad was nog in sy hand vasgeklem waar sy hand vasgelock het toe die skok hom getref het. In die sitkamer het die cowboy seun net n swets gegee vir sy game wat onderbreek was.
Swaer het nog steeds op sy rug gelê, thup thup thup... spoeg hy die tape uit sy bek. Sy tong het plek gemaak vir, lyk soos n rooierige beestong soos wat hy opgeswel is en halfpad by sy bek uithang. Toe begin hy al sy afrikaans boeraangeleerde woorde soos n resetasie opsê. Die steeds swetsende seun stap na die DB bord en sit weer die krag aan om sy game klaar te maak. Trek die krag weer deur Engelsman se hand wat vasgeklem is aan die draad. Dit lyk kompleet soos in die flieks soos wanneer die ouens n pasiënt met daai twee ronde strykysters choke. Hy hop so n meter op in die lug en val net weer so terug aarde toe. Slaan sy kop teen die muur met die valslag. Sy dun Ingelsman haartjies lyk nou soos springs wat in sy kopvel ingeboor is. Teen hierdie tyd het hy homself nou al nat gepiepie en earth hy nou oordentlik. Die draad het hy laat val en die kaal draad lê nou teen sy spierwit London been. ‘n Sekonde later skakel die geiriteerde cowboy weer die krag aan wat dan nou bly trip. Die krag gaan deur sy regterbeen reguit nat kol earth toe en Engelsman hop met ‘n skreeu eenkant toe en stamp sy kop weer teen die muur, sy tong nou al halfpad deurgebyt. Die rook trek by sy oopgebarste zip uit. My suster kry asem en skreeu vir die seun om die krag uit te los en te kom help. Die seun storm die kamer in met " what happened dad, you look like a ghost"
So kry hulle toe die arme Engelsman op die bed en gekalmeer. Die ambulansmanne het hom en my suter toe daar weg hospitaal toe. My suster sê hul het hul hande vol gehad met die man in die ambulans. Hy was so vol van die elektrisiteit, as hul weer kyk het hy soos n magneet met stretcher en al aan die binnekant van die dak vasgesit in die Ambulans. Die magnetiese velde het al die noodtoerusting in die ambulans se naalde laat vasslaan. Tot die sirene het soos n maer vark so n lang gwoeiiii.. gwoeiiii.... geskree.
Hy is toe darem na n paar dae ontslaan nadat die dokters hom heeltemal ontlaai kon kry. Die swart gebrande broek met die stukkende zip het sy maar weggegooi. Die dokters reken sy earth en sy tong sal nog n rukkie vat voordat hulle heeltemal gesond sal wees.
Die Engelsman weier om enige DIY programme te kyk en hy het vir ‘n lang tyd geweier om enige elektriese goed te gebruik.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende.
OUBOET.
Ou broer, kom laat ek jou nou vertelle. Die meeste van ons het seker n ouboet. Nou het Wille Willem my die ding van sy Ouboet vertel. Maar voor ek jul nou vertelle, vat nou die ou filmpie en sit hom in jul se projectortjie in want jul moet vir Ouboet kyk. Ouboet was n ou amper soos Ouboet van Orkney Snork Nie. Nogal baie soos hy gelyk ook. Dan het hy ook met so n krom rug en hang skouertjies geloop.
Wille Willem vertel. Ek het julle mos vertel van ons drie broers wat so onhebbelik stout was. Nou ja, my oudste broer bel my nou een Saterdag en sê ek moet hom kom help, hy wat Ouboet is, is nou keelvol vir Eksdom ,sorry ESKOM, en hulle krag onderbrekings. Ek het n tweedehandse kragopwekker by n veiling gekoop en wil dit konnekteer aan my DB bord. Nou ek ken vir ouboet. Sy gereedskap bestaan uit n groot platpunt skroewedraaier waarvan die punt nie meer so lekker is nie, n draadtang van my oorle pa, en n vierpond hammer wat hy by n pawnshop gekoop het, hulle het nie kleiner gehad nie. Dog so by my selwers, wat se skade kan hy nou aanrig. Kom by sy huis, hy bly op n plot. Met tye noem ek hom sommer my plotseling broer of jul sal nou weer lelik dink en aan n maplotter dink.
Ouboet is hoeka al daar doenig in die kombuis waar die DB bord is. Hy staan op n leer, so aluminium ene. Die kan getuig van baie jare se verf pogings, daar hy in seker honderd verskillende kleure geverf is. Hy staan bo op die leer met die groot skroewedraaier in sy hand, hy het klaar die voorkant van die bord verwyder. Dit is net drade waar jy kyk en ek dog, jitte maar my broer is slim as hy nugter is en skielik onthou ek dat hy nooit een van die twee is nie. Die krag opwekker staan ook in die kombuis met sy binnegoed oop gevlek en ook daar is dit net drade. Met al die drade lyk dit nogal baie soos n plakkerskamp connection. Ouboet sê, gee vir my daai kabel wat op die vloer lê aan. Hy moes mooi beduie watter een, want daar lê baie. Hy vat hom aan en hy druk dit tussen daai ander rooi en swart drade in om nou op te koppel. Dis net vonke en rook toe Ouboet die drade koppel en hy gaan daar aan te bewe, so erg dat die pop rivits wat die leer aan mekaar hou los skiet en voor die leer inmekaar tuimel duik ouboet met so sierlike duik soos Ryk Neethling na regs op pad vloer toe. Sy boonste vals tande maak so n summersault uit sy bek uit en val in die wasbak, drie brandewyn glase stukkend. Die onderste tande val op die kombuis tafel in die vrugte bak. Van die slag het hul so n halwe hap uit n appel gevat. Hy val daai novilon tapyt dat daar sulke riffels vorm op die vloer. Sy oorlé vrou het altyd gesê ouboet is slapgat, sy het hoeka laaste aan die DB bord iets getraai connect. Maar daai dag het ek gesien hoe hy sy boudjies wikkel en so loop op die vloer op sy boude om so ver moontlik weg te kom van die kragboks af. Sy kuif hang soos nat gereende hoender vere oor sy oë. Sy oë, die flikker soos n lig wat aan en af flikker voor hy heeltemal die gees gee. Hul het so n snaakse trek in hulle. Nee dammit sê hy, pleks ek gekyk het dat die krag af was voor ek begin connect het. Sê ek vir hom maar Ouboet dis basiese kennis dat jy eers die krag afsit. Ja ja sê hy, help my die kragopwekker in die garage sit, ek het so oulike windlaaier ook gekoop, smaak my dit sal veiliger wees om dit op te koppel op die battery vir 12 volt standby ligte. In any case weet ek nie eers of die kragopwekkertjie eers reg werk nie. Ja Ouboet dink ek vir myself, daar is nie pille vir domgeit nie.
Kom ons buite, kom die buur tannie al langs n klomp extensions wat gelas is aangestap. Sy bly honderd meter verder en sy het krag kom leen by Ouboet. Toe sy ons sien, skree sy, "check bietjie die tripswitch, die krag het getrip". Hy draai om en ek hoor net hy mompel, " ek weet nie hoekom ek so moet suffer nie".
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende.
Hierdie is so "oë natmaak" mooi ek moes dit net met julle deel. Baie dankie Henri Warnick vir jou toestemming om jou skrywe te deel.
VANAF MY FLUISTERKLIP
Dis oukersaand. Hy sit styf teen sy kookskerm. Die Karooluggie is dun en hy trek sy baadjie stywer en skuifel bietjie nader na die vuur toe. Die skape is veilig in die klipkraal. Die vlamme verlig sy gesig en die paaie wat hy oor baie jare al gereis het is duidelik daarop geteken. Dit verlig ook die doringbos neffens hom en dit lyk soos sy eie kersboom. Die versierings , elkeen aan 'n doring gehaak, is sy gebreide mussie, sy kosemmer, 'n paar stukkies ekstra klere, sy vellies en sy lanterntjie. Sy heiligdom is sy transistortjie. 'n Bonus van sy werkgewer omdat hy so mooi na die skape kyk.
Jakob Rooi het nooit sy ouers geken nie. Sy ouma Sanna het hom grootgemaak en vertel dat sy ma met sy geboorte oorlede is. Niemand het ooit werklik geweet wie sy pa was nie. Dit was 'n groot gemis...dat daar nie iemand was wat hy kon pa noem nie.
Hy het ook nie skool geken nie en sy enigste leermeesters was ouma San en later jare sy transistortjie.
Kerstyd het ouma San hom altyd vertel van die baba wat gebore is in Betlehem. Sy het hom vertel dat skaapwagters presentjies geneem het. Om die pad te kry het hul agter 'n baie blink ster aangeloop. Die Betlehem ster. Die baba sou 'n Koning word!
Hy hoor oor sy transistortjie van 'n baie gevaarlike kiem. Mense moet doeke om hul gesigte draai dat hul dit nie inasem nie! Hy hoor hoe mense mekaar doodmaak! Hy hoor hoe mense op plase vermoor en vermink word! Hy hoor van vroue en kinders wat aangerand en mishandel word! Hy hoor van mense wat nie altyd kos het nie! Hy hoor ook van sterre en planete. Jakob verstaan nie alles nie.
Die radiotjie speel kersmusiek. Betlehem ster en Stille nag. Middernag hou iemand 'n kort diens met die aanbreek van Kersfees. Hy vertel dat daardie nag 'n Vader vir almal gebore is. Jakob wat besig was om in te sluimer is skielik helder wakker! Niemand het dit hom ooit vertel nie! Hy spring op en met verwondering sien hy die blinkste, helderste ster! Dis die ster wat ouma San van vertel het! Dit verhelder sy dankbare, vreugdevolle gelaat. Hy staan onder die onmeetlike Afrika-hemel. Hy strek sy arms na weerskante uit en met sy blik gerig op die ster kreet hy jare se swaarkry en hartseer uit sodat dit galm oor die vlaktes: "My Pa is 'n Koning!" En toe huil Jakob Rooi.
Ek groet al my vriende hier vanaf my fluisterklip tot iewers in die nuwejaar. Vrede vir julle!
En met dit gesê groet ek jul ook tot in die nuwe jaar vanaf Jors se Kampvuur Stories. n Geseënde Kersfees en n voorspoedige Nuwejaar word jul elkeen toegewens.
BRANDHOUT.
Elkeen het n tyd in hul lewens nodig om af te skakel en te herlaai. Ek gaan dus eers weer met jul in die nuwe jaar gesels. Ek gaan n bietjie brandhout bymekaar maak vir ons kampvure. In 2021 gaan ons weer lekker om hom kan sit en kampvuur stories praat.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Dit is weer lekker om met julle te gesels hier op Jors se Kampvuurstories na n tydjie af. Soos jul weet is ek lief vir n kampvuur en ek moes eers weer n bietjie brandhout gaan bymekaar maak. Van daar dan ook vanoggend se storie.
DIE LIG.
Kom ons pak n lekker 2021 kampvuur vanoggend. Ek is lief vir n kampvuur se lig. Sit saam met my hier dan drink ons n ou moerkoffietjie. Ons kry mos verskillende ligte. Die belangrikste is die geloofslig maar ek wil sommer so n bietjie oor ander ligte praat.
So vertel my broer my nou een dag van iemand wat hul ken. Die man se lig in sy boskaravaan het die gees gegee, soveel so dat hy die lig in geheel moet vervang. Hy besluit op n ander tipe lig aangesien hy nie van die ou lig gehou het nie. Hy koop n groter en beter lig.
Op die plaas aangekom roep hy ou Jonas sy handyman en regterhand nader. Hy wys hom die lig in die karavaan wat uitgehaal moet word en hoe die ander een moet vaskom.
Hy is daar weg en Jonas spring aan die werk. Met die taak afgehandel kom sê hy vir die baas hy is klaar. Die man gaan kyk en hy is te netjies vasgesit. Skakel hom aan, brand te pragtig, en boonop baie sterker as die ou lig.
n Ruk daarna gaan hul na n familiesaamtrek en die wa word gepak. Met groot opgewondenheid val hul in die pad die Vrydag.
Die Saterdag sak daar n bui reën uit, omtrend n duim binne n kort tydjie. Die man en sy vrou versuip omtrent in hul karavaan. Die water stroom deur die dak, hy lek soos n sif. Dit is net emmers en handoeke soos wat hul die water probeer keer.
Toe die reën ophou is hy daar uit om ondersoek in te stel. Trek sy bakkie tot teen die karavaan, klim op die bak en kyk bo op die dag. Daar sit die probleem, ses selfskroef skroewe regdeur die dak geboor wat die lig vashou in die karavaan.
Hy was nie n bietjie kwaad vir ou Jonas nie, hy wou moor. Hulle vertel, die aand om die kampvuur het almal te heerlik gelag oor die ekstra lang skroewe wat Jonas deur die dak geboor het vir die lig.
Mag jul ligte sterk en helder brand in 2021 om alle donkertes te verdryf en mag jul skroewe reg geanker wees sonder lekplekke.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
EK EN DIE PROF.
Ek het jul al vertel van hoe ek en my swaer, die Prof saam n operasie gedoen het so jaar of twee gelede. Ons het mos die operasietjie heel suksesvol gedoen. As jul my nie glo nie gaan vra of google maar Prof. Rob Warren.
Ek kan enige iets doen, ek kan n hartoorplanting ook doen, of dit n sukses
gaan wees, die weet ek nog nie.
Om terug te kom na die operasie, my swaer, die Prof is n man wat volgens die boek werk. Die operasie was n groot sukses, daarvan kan ons seun Louis getuig, sy karavaan se yskas loop nou nog.
Ja, ons het op die yskas opereer. Sy appendix uitgehaal en n nuwe termostaat ingesit.Kom ek vertel jul n bietjie van die opehartoperasie wat ons driemanskap een Saterdag op Louis se swembad gedoen het.
Die swembad se lig het die gees gegee en ons gaan hom vervang. Daar is n paar dinge in die lewe wat my dwars in die krop steek as ek kyk na vervaardigers en dienste verskaffers. Verskaffer is mos n woord wat iemand wat hakkel nie mag sê nie.
Waar was ek nou weer, o ja, by die swembadlig. Haal ons die lig uit, onmiddelik brand my lont kort. Hoekom hul die draad so kort maak dat jy nie regop kan staan en werk nie, weet net hulle. Nee jy moet op jou knieë op die grond staan om by die draad se laspunt by te kom.
Aan die nuwe lig is daar seker so n meter koord, maar die hegpunt is skaars op die rand van die swembad. Die narkotiseur, dit is nou ekke, het reeds seker gemaak die krag is af. n Narkotiseur is mos die pasiënt se lewensaar as daar geopereer word.
Met die wat die draad so kort, is daar nie plek vir die Prof, sy assistent Louis en vir my, die narkotiseur om die operasie te doen nie. Kiepie, dit is nou ek, klim kort duskant wintertyd in die swembad om die drade vas te hou dat hul nie kan terugval in die water nie. Die Prof doen die operasie. Die drade word met n connectortjie geheg terwyl ek die kort swembadkant drade op die rand vashou. Kiepie, dit is nog steeds ek, sê ons moet hom eers toets voordat ons hom met n spesiale omhulsel en seëlmiddel seël. Louis gaan skakelaar toe om hom aan te skakel.
Nou weet jul seker dat krag en water nie lekker saamwerk nie. Met my wat in die swembad staan en die drade net bokant die swembadrand vashou het ek nogal redelik blootgestel gevoel. Spot nogal en sê vir Louis, as jy sien ek laat die water soos n element kook, moet jy dadelik afsit.
Maar moet nie worry nie, alles was toe reg en ek is nog met julle. Die ou liggie het n mooi 12v stroom gekry en het mooi gewerk.
Nou moes die Prof net toemaak. Die seëlmiddel kom in twee sulke ampules. Meng die eerste een met so n sakkie poeier. Met die twee goed gemeng, moet die tweede een bykom, streng volgens voorskrifte. Die assistent, Louis, gee die tweede ampule vir die Prof aan waar hy gebukkend by die pasiënt kniel, gebril met veiligheidsbrille en rubberhanskoentjies oor sy laboratoruimhandjies. Nou skiet skiet hy die ampule bo, so met die nael en knak hom. Breek daai ou botteltjie in duisend stukke, amper asof hy in die Prof se hande ontplof.
Alles is vol van die goed. Gelukkig het ons volgens voorskrifte gewerk met papierhandoek om die botteltjie.
Nou moes hul eers weer dorp toe om nog n kid te gaan koop. Intussen het ek nog daar rond gehang in die swembad met die drade bokant my kop.
Met hul terug het ons toe die operasie afgehandel. Nou moet die chemiese reaksie plaasvind met die middels. Vyf minute sê die papiertjie. Vir veiligheid het die Prof en sy assistent vir my, die narkotiseur eerder nog tien minute in die water gelos dat die goed kan hard word.
So het ek na n goeie uur en n half druipstert en yskoud uit die swembad geklim. Die ene rimpels. Reken die vrou my ek het oud geword.
Was ek nou skoon ontstig oor haar opmerking ou broer. Kom ek sê jou ou broer, n operasie kan maklik skeefloop.
So is ek mos nou weer besig met n karavaan operasie. Die OU LADY gekoop om haar weer op te dollie. Laat ek jul n bietjie wys hoe krap ek aan haar binnegoed rond. As sy nou weer mooi is gaan sy darem mooi by my en die ou vrou pas.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
VERLANGE EN VEILIGHEID.
Vanoggend dink ek so aan dit wat was. Die lekker van dit wat verby is. Man, ons het darem lekker en mooi jare gehad. Sorgvrye kinderjare, gematigde middel jare, en nou dat ons rustige ou jare moet hê, het n virus die dinge kom omkrap.
Hoor nou kort kort, die een is siek, daai een is siek. Hierdie een is dood, daai een gaan dit nie maak nie.
Sleg man, sleg sê ek jou, hierdie ding met die Covid. Gister sien ek n oulike ding raak. Dit is meer gerig op mense met snaakse menings en teorieë. Hulle sê daarin 3% persent sterf aan Covid en vra dan, as daar 100 Smarties in n bakkie is en daarvan aangebied word, en hul sê vir jou slegs drie van die smarties het gif in wat jou gaan doodmaak, gaan jy van dit eet of nie?
Ek gaan verseker nie, al is ek so lief vir hulle. Aan die wat siek is, sterkte en word gou gesond.
Mag jul almal veilig bly in hierdie tye en onthou, die virus word deur mense versprei. Hoe minder mense hoe kleiner is jou risiko.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Ek diep nog steeds n bietjie stories hier op uit Jors se Kampvuur Stories se argiewe. Gister sien ek op n groep van iemand wat vertel van stemme wat hy by sy badkamerdeur gehoor het toe daar niemand naby was nie behalwe sy vrou, sy het niks gehoor nie. Scary sal julle sê, nê?
Nou ja,veral in hierdie grendeltyd hoor en lees ons nou baie sulke "scary" stories.Hierdie storie trek ek uit my argiewe,ek het hom twee jaar terug met Black Friday geskryf, dan is alles mos donker en spookagtig. Sit saam met my dan speel ons daai filmpie.Ek het hom alreeds " ge-rewind " tot by sy begin. Sit af die ligte, jy het donkerte nodig om n spookstorie filmpie te kyk.
DIE VROU MET DIE HELM
Vanoggend praat ek oor mense, of liewer dinge en hul mense. Praat lekker verkeerdom sal julle dink.
Nee,toe nie. Ek dink aan dinge en hoe mense verskillend daaroor dink.
Dikwels sal ń ou hoor, ek glo so of ek glo weer so oor n sekere saak.
Kyk, nou net soos gister. Ek glo black friday is n uitbuitery.Ek spel hom nie verniet met klein letters nie. Daar is wel winskopies maar die kanse dat jy gaan spaar op ń "Trollie vir Trollie" is skaars.
Gister reageer Koti Bouwer op my plasing, nogal uit Amerika uit. Sy sê dat hul daar tot 75% afslag kry, nie soos by ons waar ons vir suckers gevang word nie.
Van julle het seker jul winskopies raakgeloop maar dan moet ń ou selektief koop.
Gesels ek gister met iemand. Ons praat spoke. Hy vertel van die ou se vrou wat glo sulke goed kon sien. Die man glo egter nie daarin nie. Sy skoonma het daai jare vertel dat haar dogter, dit is nou sy vrou, met die helm gebôre is. Hy vertel hy was maar baie skepties oor die storie. Toe hul nog gevry het was vry vir hom baie belangriker as spookstories. Hulle is toe getroud en nooit maar nooit kon hy die helm, of helmit soos wat hy dit aanvanklik genoem het êrens in hul woonplekke opspoor nie.
So het hy dit vir baie jare weggelag. Hulle kon nie kinders hê nie en het vrede daarmee gemaak. Na jare van huurwonings kon hul uiteindelik hul eie huis bekostig, en het hul begin soek. Kry naderhand n huis wat in die vroë negentigs gebou is en wat in hul prysklas en begroting val, lekker naby hul werke. ń Pragtige Kimberley tipe huis, met ń groot stoep op drie kante van die huis.Die stoep se vloere is bloedrooi blink gepoets. Plankvloere,regdeur die huis,n solder en n kelder.Met houtrappe wat na daardie vlakke toe ly.Alhoewel dit maar na n spokerige plek gelyk het,sê sy vrou dat sy niks optel nie.Ja,hul praat mos so, ek bedoel nou die ouens wat met die helm gebôre was. Sy noem wel dat iemand daar dood is, maar nou ja, so is dit in die meeste ou huise en ń ou het nou nie juis ń helm nodig om daai raaiskoot te kan vat nie.
So het hul hul intrek gemaak en die plek in n lushof gerestoreer. Hy vertel hy weet nie of die "Ouman" soos hy hom genoem het dalk self êrens gevry of n ou gelukkie êrens in die dorp gehad het of watookal nie, maar hy was aanvanklik nie daar nie. Soos wat dit maar met so n ou huis gaan is daar baie kraakgeluide in die huis. Die vloere, trappe en houtbalke het elkeen hul verskillende kraakgeluide gehad.Die balke het so n klapgeluid kraak gehad,so n ddwà geluid. Die vloerplanke meer n langer kraakgeluid, so n sckhweeee...geluid, so asof hy nie wil ophou nie.Die trappe het mos so n trapgeluid gemaak en omdat hul so blootgestel is aan temparatuurskommelinge omdat hul in die lug hang,het dit mos so in gelid agtermekaar geklink, kompleet asof iemand trappe klim,so n doef....doef....doef.
Skielik het sy vrou begin geluide hoor, planke wat kraak, iemand wat rondloop, borde,glase en mes geluide in die kombuis. Dikwels het sy gesê goed is rondgeskuif van hul plekke waar sy dit neergesit het. Hy weet nie hoekom nie, maar sy goed het net gebly waar hul moet wees. Hy hoor egter niks behalwe die normale kraakgeluide nie. Maak sy hom in die nag wakker, en stel hy ondersoek in, kry hy niks. Om alles te kroon begin sy toe naderhand die "Ouman " sien en later met hom praat, en blykbaar, al kan hy die ouman nie hoor nie, met hom argumenteer. Sy het vertel die Ouman is omgekrap, sy vrou is in die huis vermoor en hy is selfs nou nog, na sy dood, steeds oortuig dat hy die moordenaar gaan ontbloot. Die blote feit, dat haar liggaam met n byl opgekap is in die kelder sal maak dat hy nie kan rus nie.
So het dit vir lank aangegaan, hierdie eenman gesprekke tussen die Ouman en sy vrou, soveel so dat hy gedink het sy word mal. Een aand kom sy van die kombuis af en sê vir hom die oom sit by die kombuis se tafel en weier om rustig te raak en te gaan slaap.
Met hom wat nou al redelik genoeg gehad het van die storie, sê hy ag vrou, jy verbeel jou.
Gaan kyk,gaan kyk sê sy.Hy staan op en stap kombuis toe.
Nodeloos om te sê is daar niks.Hy besluit om hierdie spookstorie nou net hier en nie verder nie, nek om te draai en tot n einde te bring.
Hardop, sodat sy kan hoor, sê hy.
Wat soek jy hier in ons huis.Maak jou goedjies bymekaar Ouman, en kry jou ry. En jy doen dit saggies. Ek het nou genoeg gehad van jou.Met sy hand klap hy so n paar klappe teen sy kaal been om die regte klanke te kry, so asof hy nou kwansuis die Ouman n paar klappe gegee het.
As my vrou nou nog net eenkeer vir my sê jy is hier,is daar groot moeilikheid.Dan sal ek jou wys hoe spook n spook wat kwaad is, so kry jou ry. Hy skree omtrent en sê " Ouman, van jou het ek nou genoeg gehad".Hy maak nogal ewe die agterdeur oop en toe vir die regte klankefek.
Hy draai om en stap kamer toe.Toe hy terugklim in die bed sê sy, dankie my skat, sien jy nou,ek het jou mos gesê.
Sy staan op en gaan kombuis toe. Toe sy terugkom bedank sy hom weer,en sê die oom is weg.
Met die ligte af het hy maar net gesmile en haar styf vasgehou. So bly dat hy dit vir haar kon doen. So by homself net gedink, so glo ons almal maar net soos ons wil. Nou sal daar darem ten minste rus en vrede in die huis wees. Met n glimlag op sy gesig het hy aan die slaap geraak.
Die volgende oggend sê sy weer die oom is nie meer in die huis nie. Sy tel hom nie meer op nie.
Baie gelukkig met homself dat hy nou die Ouman finaal verjaag het is hul toe werk toe.
Tussen een en twee kom eet hul altyd ietsie by die huis wat die bediende vir hul gemaak het en sy vrou sê weer hy, die Ouman is nie meer daar nie.
Groot was sy skok toe hul wil ry en die bediende vra vir hom "Baas Dirk, nou waar hy es die Oubaas da nou, four die djele dag ek hat nie gasien vir hom nie".
Die ouman het toe wel die heeltyd gespook.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Net voor ek nou by vandag se storie kom moet ek jul eers gou vertel. Ek het jul gister van spoke vertel, en wragties daar gebeur dit laasnag met ons. Ons sluit ons slaapkamer deur in die aand, met die alarm aan. Daar is geen manier wat iemand by ons kan kom sonder dat die alarm eerste afgaan nie. Vanoggend half drie, klop iemand aan die kamerdeur. KLOP....KLOP....KLOP...KLOP... Ek sit die lig aan, gryp die 9mil langs my. KLOP...KLOP....KLOP...KLOP kom dit van die deur af. Die alarm bly stil maar die geklop hou aan. Vra, ek wies daar, niks. KLOP....KLOP....KLOP klink dit op. Was eers lus en maak die magasyn leeg deur die deur. Sluit oop en maak versigtig die deur oop. Daar is hy toe, n padda wat teen die deur bly spring. Waar en hoe hy in die huis gekom het sal ek nie weet nie. Amper het ek my naam gat gemaak met n deur vol gate geskiet.
EK WENS EK KON MYSELF DEUR JOU OË SIEN.
Daar is mos so n liedjie of wat praat ek dan nou. Ewenwel, praat ek gisteraand met Wille Willem en het hy die volgende storie te vertelle.
Het julle al ooit gewonder wat ander mense van jou dink ? Jy staan in die oggend voor die spieël en was daai gesig en kam ook sommer jou hare met die waslap want die haartjies is maar yl. Jy loer vir jouself in die spieël en sê vir jouself "Ramkat jou, lekker ding".
Ek moet n vliegtuig haal van Jhb na Kaapstad. Op die vliegtuig kom die Koffie moffie, dis nou n nuwe naam vir die manlike kelners, en hy vra vir my met so n fyn stemmetjie, Leather, Feather or Fins ek vra die man langs my, wat se die ou. Man sê die ou hy vra soek jy Beef, Hoender of Vis. Blykbaar is dit toebroodjies. Maar nou hoekom sê hy nie so nie sê ek half vies.
Deeske dae praat hul mos net Ingels op die vliegtuie. Glo omlat die computers nie Afrikaans verstaan nie.
By Kaapstad gekom is die landing nogal rof, so rof dat van die bagasie uit die oorhoofse stoorplek val. Ons land so hop hop. Die lugwaardin, so n lang bo uit Afrika vrou, kom op die luidspreker en sê, Ladies and gentleman please remain calm, Captain Kangaroo will now attempt to whatever is left of the plane, hop it over to the terminal. Hope you enjoyed flying Air Wonga. Nou ja dis waar my storie eintlik begin. Daar is mos altyd van hierdie sick, lame and lazy passasiers op elke vlug, hulle kon lekker loop en op die vliegtuig klim in Jhb, nou skielik kan hulle nie die kort distansie loop van die vliegtuig na die terminaal nie. Vir hulle is daar so n battery aangedrewe bussie. Die bussie moet hul ry, seker maar net om te kan sê ek het tog al in n battery kar gery. Die res van ons loop na die terminaal met die bussie agter ons wat so beep beep beep maak. Ek loop luiters op my gemak met die bussie wat nie verby kan kom nie, miskien lyk ek self n bietjie busserig van agter af, die paadjie is te smal. Vorentoe raak die paadjie breër en die bussie kom by my verby en ek hoor n ouerige dame op die bus vir haar vriendin se “Met so n paar ore sou mens dink hy kan die bussie agter hom hoor". Daai dag het my selfvertroue n ernstige knou gekry. Nog nooit het ek gedog my ore is te groot vir my kop nie. Laat mens dink hoe ander jou sien. Skaars was ek in die terminaal, is ek badkamer toe om te gaan kyk. Staan voor die spieël en kyk en sê, "Ore se gat man".
Vreugde en vrede vir julle.





Rambo kan by Jors kom loop…
Rambo kan by Jors kom loop sta en leer