Chris het die resep gegee.
Ek het op 'n stadium, toe ek met "banting" wou begin, op die internet na dergelike resepte gesoek. Ek kom toe op een af wat die volgende bestanddele bevat:
500 g maalvleis
12 ontpitte olywe (fyn gekap) - ek gebruik swart olywe
1 wiel Feta kaas (gekrummel)
Half-teelepel sout
Half-teelepel vars gemaalde swartpeper.
Die hele ou lotjie word deeglik gemeng. Ek maak 5 'patties' uit die mengsel. Ek gebruik 'n ring waarin jy eiers breek (daardie wat jy gebruik om 'n mooi ronde eier te bak). Elke 'pattie' is dan gewoonlik ± 125g.
Ek smeer graag 'n bietjie olyfolie weerskante van die 'pattie' voor ek dit in my Smokey Joe Weber braai. Net voor die laaste draai-slag "baste" ek die 'patties' weerskante met 'n bietjie Jimmy's sous.
Waarskynlik nie in elkeen se smaak nie (dalk veral nie as jy nie van olywe hou nie), maar ons smul behoorlik aan dié 'patties'. Ons maak nie 'n 'burger' daarvan nie - ek moet maar wegbly van meel-produkte a.g.v. diabetes. Ons eet dit saam met slaai en/of gebakte vars-groentemengsel. Maar my skoonseun maak vir hom 'n 'burger' daarvan en laaik dit kwaai.
Sal hom try
Ek is nogal n ou vir hamburgers maar ja vleis patty moet loop soos stroop dankie vir resep Willem
Hier is ons resep wat ons al…
Hier is ons resep wat ons al jare gebruik, gewoonlik elke jag seisoen, het nou ook 'n slaghuis waar ons wildsvleis koop - Eland slaghuis in Boksburg.
Kobus en Ada se Burger Frikadelle
Bestandele:
3 Kg wilds maalvleis
3 koppies broodkrummels
3 eiers, effens geklits
3 eetlepels gerasperde parmesan kaas
3 fyngemaakte knoffelhuisies.
1,5 koppie vars gekapte pietersielie
Vars roosmaryn blaartjies (takkie so 30cm)
3 t grofgemaalde swartpeper of na smaak
1,5 t sout of na smaak
Metode:
Meng al die bestandele saam.
Weeg 180g en maak mooi balletjies.
Druk frikadelle uit in patty maker, (plaas patty disch (20 micron) aan weerskante.)
3 kg maalvleis maak 19 patties
Plaas in die yskas in ‘n lugdigte houer vir 30 minute en vries dan tot gebruik.
{De Wet Clan resep.}





Vir ons het ek gemaak ...
Min veranderings van Chris se metode :
600g maalvleis by Makro gekry en toe die resep gevolg,
1 - teelepet sout grof gemaak
1 - telepel swart (verkies wit) gemaalde peper
1/2 wiel swart peper feta kaas ring, gekrummel
12 ontpitte olywe (fyn gekap) - ek gebruik swart olywe
Meng als saam en druk in 'n eier ring, (daardie wat jy gebruik om 'n mooi ronde eier te bak)
Ek smeer graag 'n bietjie olyfolie weerskante van die 'pattie' voor ek dit op my braai sit. Net voor die laaste draai-slag "baste" ek die 'patties' weerskante met 'n bietjie Jimmy's sous, opsioneel.
NS: Wijan het amper als geeet en ek nog niks 😢