6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Laaste oor die dekselse kappie Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -53 minutes ago
Lower Sabie Kruger 2026 Geert -56 minutes ago
Kappie e se toets Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 hour ago
Laptop e..... Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -1 hour ago
Laptop... Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -1 hour ago
Thumbs up Forum Herstel en terugvoering Geert -1 hour ago

honey nest

Potchefstroom
Submitted by Fanie on
Forums

Goeie More 

Ek het nou heel toevallig op hierdie forum afgekom en sie toe 'n bespreking oor Honey Nest. Honey Nest en sy eienaars is goeie vriende van my en my vrou en ons was betrokke by die daarstelling van die kamp en die visie daarvoor. Daarom gee ek graag hier antwoord op insette en vrae wat reeds gemaak is oor Honey Nest.

Die eienaars is Fanie en Anene Viljoen en die enigste sel no waarop hulle gekontak kan word is 082 222 2313.  Toe die kampplek ontstaan het was dit oop vir enigeen om te besoek maar, soos tye verander, het die eienaars besluit om n ander model te implementeer/probeer ten einde hulle opset in die mark lewendig en relevant te hou deur 'n lidmaatskap model te implementeer.

Ek gaan nou nie die model besprek nie want die situasie het intussen terug verander na 'n gewone kampplek waar jy vir Fanie bel, 'n bespreking maak en eenvoudig lekker gaan kamp.

Daar is 16 staanplekke en een  ablusie blok vir almal om te gebruik maar Fanie en Anene het intussen 7 staanplekke van 'n privaat ablusie gerief voorsien sowel  elektrisiteit.  

Honey Nest se afdraaiis ongeveer 10 kilometer uit Derby op pad na Rustenburg. Die grondpad daar heen is ongeveer 8 kils lank en plek plek redelik klipperig.  Die kampplek self is in die bosse, omhein met elektriese heining, voorsien van 'n braai en waterkraan. Daar loop bokkies ook rond en jy kan die "splash pool" geniet as dit baie warm is. 

Fanie en Anene is mens mense en ingestel daarop om hulle gaste tuis te laat voel en jou weer en weer te sien. Hulle is "onse mense".

Gaan kamp gerus by Honey Nest.

Fanie Agenbach

Middag Fanie

Welkom op die forum

Het hulle 'n werkende webblad waar mens kan gaan rondkyk.?

Groete

0

Middag Fanie

Baie dankie, dit lyk mos of mens redelik groot staanplekke daar het. 

Ek lei af dat die ablusieblok bedien word deur 'n donkie. Die spreukwoord se mos---waar daar 'n rokie trek, is daar 'n vuurtjie.

Groete

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus