Interessante kampeergesprekke (ingekleur met hier en daar 'n lekker aktuele onderwerp) is maar vrek skaars hier op Kampforum wat tot gevolg het dat belangstelling maar taan. Dit mag wees dat dit die rede is dat talle lesers hier registreer en dan glad nie aan gesprekke deelneem nie, selfs nie eers reageer op vriendelike welkom-boodskappe nie. (Ek sien die reuse getal van ses lede is op die oomblik hier ingeteken).
Nou gaan ek my oopmaak vir erge reaksie, of miskien ook maar 'n flouerige reaksie : Is ons gesprekke nie maar té ligsinnig en oppervlakkig nie ? Ek hou ook van hier en daar 'n humoristiese sê-ding, maar dit behoort by verre oorheers te word deur kampeer ervaring en ander kampeer geselsery. Of hoe sê ek ?
Elke leser en geregistreerde lid moet maar seker besluit of die forum en gesprekke by hom / haar aanklank vind. Ek besluit eersdaags.
Forum inhoud
Ek het nou net vinnig gaan kyk onder "Alle onderwerpe". Van die laaste 40 onderwerpe op die lys, is ongeveer 50% kampverwant. Len is eintlik reg, daar word nie regtig lewendige gesprekke gevoer rondom kampsake nie. Sommige kampdrade kry nie veel reaksie nie, ander meer. Dieselfde met nie-kampdrade. Kampdrade kom seker op soos 'n lid (of lede) 'n ondervinding het, of 'n navraag of iets interessant waaroor hy graag met mede kampeerders wil gesels. Sê nou ek is die tipe ou wat drie of vier keer 'n week 'n draad wil begin. Ek gaan later uit idees uit hardloop oor waaroor om te gesels as ek net oor kamp wil gesels.
Ek persoonlik geniet dit om op die ander drade te gesels, maar besef ten volle dat hierdie wel 'n kampforum is en dat dit so gehou moet word. As jy egter so kyk na die bladsy voor jou en jy sien al die prentjies wat Voortrekker as "links" opgestel het, dan gaan dit alles oor kamp. So dit lyk beslis na 'n kampforum.
Die forum was begin nie lank voor die winter nie en mense minder gekamp het. Hopelik met die somer wat nou aangebreek het, sal daar meer gedeel word oor kampervarings.
Len ek het hierdie geskuif…
Len ek het hierdie geskuif na "Ons Forum" (net lede kan lees)
- nog ietsie - die platform trek op die oomblik so 2000 besoekers per maand wat kom lees!
Soos ek hier skryf is daar 14 mense aanlyn wat lees, so halfuur terug het ek 24 gesien - terwyl registreerde lede 5 gewys het.
Ongelukig is daar nie so…
Ongelukig is daar nie so vreeslik baie om te praat oor kampery nie, meeste is al gese en gedoen.
Ek sien die forum as 'n plek om net lekker te gesels oor wat ook al, ernstig, ligsinnig of kampeer, die enigste verskil is dat ons 'n groep mense is wat die selfde belangstelling het maar oor baie ander goed praat?
Dit is so Arie - die…
Dit is so Arie - die opskrif erens lees mos "KAMP en PRAAT" of so iets?
Ja kamp kan ek nou nie…
Ja kamp kan ek nou nie eintlik nie - dit is maar Petra se job, maar praat [veral bollie] dit ken ek.
Daar is ook mense soos ek…
Daar is ook mense soos ek wat soms besig is en nog moet werk ![]()
Soos die laaste paar dae het ek skaars tyd gekry om aante teken het nie eers als gelees nie.
Statistiek.............
Anton,
Vir my is statistiek is presies wat dit is, dis bloot 'n syfer wat nie 'n volledsige storie vertel nie. Twee mense uit'n klomp van twee mense is 100%, maar dit beteken nie dit is 'n uitstekende suksesvolle groep nie.
Arie,
Ek het vermoed iemand gaan sê onderwerpe oor kampering is uitgeput en alles is gesê wat gesê kan word - die ou argument dat 'n tentpen net op een manier ingeslaan kan word. As dit waar is dan het buitelewe trydskrifte, hierdie forum, ander soortgelyke forums, FB-groepe en Whats-App groepe oor kampering geen bestaansreg nie. Ek verskil dus heeltemal dat kampeer-gesprekke kan opdroog.
Shaun
Jy vra vir die verkeerde ou waarom aansluit as jy nie wil deelneem nie. Ek het juis by hierdie forum aangesluit omdat ek met mede-kampeerders oor interessante kampeerdinge en -ervarings wil gesels, maar dikwels praat jy in die wind met net 'n paar getroue vriende wat hulle plig probeer nakom.
Jy sê dis 'n puik forum. As jy bedoel die tegniese versorging daarvan en die moeite wat Anton doen om dit so te hou, stem ek heeltemal saam. Maar wat inhoud betref, sal ek en jy dan van mekaar moet verskil. Die raad wat jy gee om "verby te hou" as jy nie van 'n onderwerp hou nie, het ook sy perke. Is dit nie dalk een van die redes hoekom so baie geregistreerde lede maar eerder"verby hou" en nie maklik saamgesels nie ? Is dit nie dalk die rede dat ek besluit het om hierdie onderwerp hier te plaas nie, want ek "hou aanmekaar verby" omdat min goed my interesseer ?
Freda
Ek sê weer, Anton se tegniese versorging van die forum is puik met al die regte tipe "links" om mense te motiveer om deel te neem, maar helaas, ek dink hy word in die steek gelaat.
Ek sal baie in my skik wees as meer mense (veral dié wat nog nie einlik aktief gesels het nie) van hulle laat hoor of hulle met my saamstem en of ek die spoor langs die pad byster geraak het.
Len ek het nie bedoel dat…
Len ek het nie bedoel dat dit heeltemaal sal of kan opdroog nie, maar om heeldag daaroor te praat is moeilik. Meeste ouens hier kamp net in vakansies en of langnaweke, dus as elkeen van hulle oor hul kamp ervaring praat is ons maar gou uitgepraat?
My siening, dalk is ek verkeerd, maar ek moet se dat ek geniet die geskerts en goet hier, maar ek geniet die kamp stories ook baie hier.
My voltyds kamp gaan maar baie vervelig wees vir die lesers hier, as daar nie nou en dan n lekker storm is dan is elke dag maar amper dieselfde.
Len....
Ek dink nie jy het die pad byster geraak nie. Wat jy voel is reg en ek glo daar is baie wat so voel of halfpad so voel. Ons moet net onthou, Kampforum staan basies nog in sy kinderskoene en baie gaan nog verander. Lede sal meer aktief raak, stadig maar seker. Ons moet net kans gee.
Kom ons kyk nou na Warren. Amper 100% van sy drade is kampverwant. Hy doen baie moeite daarmee, tik lang stukke. Soms kry hy min reaksie maar hy hou maar geduldig aan. Hy verdien eintlik meer erkenning vir wat hy doen.
Ek dink as almal 'n poging aanwend en die kampdrade beter ondersteun, sal dit help dat kampsake meer bespreek word.
Ek smeer jou nou nie botter om die mond nie, maar jy is regtig een van die staatmaker lede wat baie vir die forum beteken. Moet asb nie moedeloos raak met omstandighede soos dit is nie. Daar kom tye wanneer mens voel jy kan of wil nie saamgesels nie maar dan verander dit weer.
Len
Len die vraag is nie gemik op jou nie, ek vra dit vir almal hoekom aansluit en nie deelneem nie ja wat die een van hou sal die ander een nie van hou dis hoekom ek se hou verby as jy nie van draad hou nie. Soos Freda se kom ons hou aan gesels later sal mede forum lede hopelik inval en saam gesels hier is baie onderwepe om van te kies
Kom ons hou op stress oor…
Kom ons hou op stress oor gesprekke en gaan kamp hehehehehe gariep dam dan kan len en frieda hulle ons ook join
Oom Len, ek hoor wat jy sê…
Oom Len, ek hoor wat jy sê maar passop dat die aktiewe lede of die wat wel nog 'n bydrae wil lewer nie afgesit word om deel te neem en nuwe onderwerpe of gesprekke begin omdat hier iemand is wat dalk sê hulle onderwerp of bydrae is " ligsinnig en oppervlakkig nie?
Dit kan ook dalk 'n rede wees/ word hoekom so baie geregistreerde lede maar eerder"verby gaan hou" en nie maklik saamgesels nie ?
(Ek hoop nie die bydrae is te oppervlakkig nie)
(O ja, wou nog sê....ons almal is nie op pension nie so ons het dalk nie so baie tyd nie
)
kyk net hoe mooi loop…
kyk net hoe mooi loop hierdie nie kampverwante draad...
Ek moet ook saam met Groot G…
Ek moet ook saam met Groot G stem. Ek het soms al gedink (ek sien dit as my plig) om darem weer 'n draad te begin. Dan dink ek, waaroor kan ek praat wat met kamp te doen het. Dan kan ek nie aan iets dink nie. Maar dan wil ek ook nie 'n draad begin wat niks met kamp te doen het nie, ingeval dit nie gaan byval vind nie. Dit is moeilik. Mens kan ook nie altyd almal tevrede stel nie. Ek admirer bv. vir Arie, wat lekker geselsdrade begin. Dit hou die forum lewendig en dikwels kom iets wat met kampery te doen het in daardie drade tevoorskyn.
Ag, en 'n ligsinnige nonsens pratery wat mens bietjie laat lag, kan ons net goed doen. ![]()
Big G
Big G,
Toegegee, 'n ou moet versigtig wees om nie onnodig op die paar tone wat hier is te trap nie. Daarom het ek gevra (en nie 'n stelling gemaak nie), "Is ons gesprekke nie maar té ligsinnig en oppervlakkig nie ?"
Ek glo nie ek is, en wil ook nie graag, gesien word as 'n ou suurknol nie, ek probeer opreg vasstel wat is fout dat mense nie aktief aan Kampforum deelneem nie. Ek het geensins 'n probleem met humor, aktuele of ander tipe onderwerpe nie, maar ek sou graag 'n balans wou sien waarvan kampering gerigte onderwerpe die oorhand kry.
Ek sal wel berus by wat die meerderheid gebruikers van die forum besluit hoe hulle die forum sien en wil uitbrei.
Len, ek glo nie enige ou…
Len, ek glo nie enige ou hier voel dat jy op sy of haar tone getrap het nie.
Jou vraag was heeltemaal geregverdig, maar ek sukkel sterk om gereeld iets kamp verwants te kry om oor te praat, dan praat ek maar bollie net om die inskrywings aan die gang te hou?
Ek glo nie iemand wat jou al lank ken sal jou as n suurknol sien nie,so moenie daar oor stres nie.
Baie goeie onderwerp hierdie.
Ek lees nou die gesprek van bo af deur, en stem saam met elke siening, ons is veronderstel om "kamp" te praat, maar as ons om die kamp vuur sit, gesêls ons immers oor alles en nog wat.
Hier is nie een reg of verkeerd nie, ons is individue, en dit staan jou vry om te skerts, ligsinnig te wees, kamp te praat, en so gaan die forum rigting kry.





Len ek stem saam, daar is 'n…
Len ek stem saam, daar is 'n gebrek aan kampverwante gesprekke, maar ek sien dinge uit 'n hele ander oogpunt.
Statistieke het al oor en oor forum / internet gemeenskappe se deelnames bepaal en die basiese reel is dat slegs 1% van lede deelneem deur nuwe inhoud te plaas, dan is daar omtrent 7,5% wat bydraes lewer.
Ons kyk dus na 'n getalle speletjie. In lig van bogenoemde doen kampforum buitegewoon goed as 'n forum, veral in vandag se tyd van FB deelname wat forums minder populer maak.
Kom ons kyk na die getalle...
Tans is daar 250 registreerde lede. Ons het omtrent 'n 5% deelname wat nuwe inhoud aanbetref en dan omtrent 15% deelname. 33% van lede teken aan en die res sluip rond sonder aktivieteite.
Bogenoemde is vir my baie positief. Die idee is nou om lede te kry om te registreer. Vir elke 50 nuwe lede behoort 1 baie aktief te wees en nuwe inhoud genereer, en 7 sal bydraes lewer van tyd tot tyd, 16 sal weer aanteken na registrasie.