Middag mense,
Ek is sommer opgewonde om te sien wat ek hier kan leer.
Ons het onlangs oorgeslaan van tente af na 'n invader camper. So far so good!!
Ek sien uit om in ander se ervarings te deel
Baie dankie Voortrekker,…
Baie dankie Voortrekker,
Ons gaan die naweek ons wa opslaan by Bendito Ranch, dan sal ek 'n paar fotos posit na die naweek.
Hallo Hendrik
Hallo Hendrik, baie welkom hier op Kampforum se geselsplek.
Doen my asseblief 'n guns : lees asb my kommentaar onder "Interessante kampeergesprekke" en bewys my verkeerd. Ek wil baie graag verkeerd wees !
Ek weet van 'n ou wat sy Splash verkoop en 'n Invader gekoop het en hy is sommer baie in sy skik. Die fotos wat ek gesien het van die tent nadat dit opgeslaan is, het my baie beïndruk. Het jy die Duo of die Quatro gekoop ? Waar is Bendito Ranch en laat weet ook waar was julle gunsteling kampeerplek met die tente.
Sê ook sommer waarmee gaan jy die Invader sleep en moenie die fotos vergeet nie?
Hi Len,…
Hi Len,
Daar is seker 'n plek vir als!
Wat ek agterkom is mense soek nie 'n 'n forum wat "All work and no Play" is nie. So uit die aard van die saak is daar altyd 'n plekkie vir 'n grappie, maar ek my idee is om tussendeur die lag iets te kan wegvat van die forum wat my kan help om my kampering ten volle te geniet en te leer by mede lede van kampforum.
Ek voel ons almal het iets om te gee en ons kan baie leer by mense wat klaar die foute gemaak het.
Ek is nog baie nuut tot die kampforum, maar my uitgangspunt is om inligting te deel en om vir raad te vra.
Wat ons wa betref....
Ons gesin bestaan uit 4 mense uit, 2 kids 2 en 4. Ons wou nog nie settle vir 'n woonwa nie, maar wat ons nie van off road trailers hou nie is waar slaap die kids??? So toe kom ons op die invader af wat 'n hybrid is tussen die 2. Ons het 'n Quattro gekoop en hy kon ons nog nie teleurstel nie. Hy sleep gemaklik agter on 2.7 Hilux dubbelcab en Desember gaan ons by swartvlei kamp, wat nie krag beskikbaar het nie. So ek het bietjie raad gevra en sommer 2 solar panele gekoop en self skaniere aangesit aangesien die invader klaar solar ready is standard met 'n regulator en deep cycle battery.
Bendito ranch is net buite Potgietersrus en het beperkte kamp plekke, aangesien hulle so 1.5km uitmekaar is. Daar is egter ook nie krag voorsiening by die kamp plekke nie, so dis idiaal om ons setup uit te toets. As hy klaar opgeslaan is sal ek verseker 'n fotos neem en deel met die mede kampforum manne en maninne.
Met die tente was ons gunsteling plekke maar altyd Bass Lake Lodge en DeVoetpads kloof.
Baie welkom Hendrik
En dankie dat jy sommer al geselsende wegval. Nou is jy klaar deel van hierdie kampmaters. Geniet jul kampe met daai kleintjies. Dit is so lekker om te sien hoe kinders die kampery geniet. Dit bou bande in 'n familie wat met min ander dinge vergelyk kan word.![]()
Wow !
Wow Hendrik, noudat julle die Quatro gekoop het, het julle sommer 'n spogwa ! Ek sien daarna uit om van jou te verneem hoe die "sonder krag" storie verloop het. Ons het maar 'n gewone "teerpad" karavaan en ons gaan Mei volgende jaar vir 5 dae onder andere by Balule-boskampie in die Kruger Wildtuin kamp waar daar ook nie krag is nie. Ons ys- en vrieskas werk gelukkig ook met gas terwyl ons ligte, radio en waterpomp deur die 12V battery van krag voorsien word. Ek het juis die beligting na LED vervang en het 'n McGyver manier hoe ek die karavaan-battery gelaai gaan hou, maar nie met sonpanele nie.
Ek sien uit na jou terugvoer na die naweek.
Welkom hier tussen ons ander…
Welkom hier tussen ons ander Hendrik, geniet die gesels en deel van inligting.
Gaan kyk ook na ons Eerste Saamtrek wat ons beplan en val asb. saam in, ons kort nog kampers daar.
Baie welkom Hendrik, lekker…
Baie welkom Hendrik, lekker om te sien nuwe lid gesêls sommer baie lekker saam, geniet die forum en ons wag vir daai fotos.





Welkom Hendrik83
Hi Hendrik. Baie welkom. Ek hoop jy gaan lekker saam gesels.
Daai Invaders is baie nice! Ek hoop jy gaan later 'n paar fototjies van hom wys