Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
wat is lank vooruit bespreek ??? November 2026 Wessel Strydom -50 minutes ago
Vliegkaartjies November 2026 Rona du Plessis -9 hours ago
Vlieg kaartjies November 2026 Geert -11 hours ago
Frankryk Springbok rugby Geert -1 day ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -1 day ago
Finaal Springbok rugby Geert -1 day ago

Die gehalte van sekeriteit by Onrus?

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Kan enige iemand asb vir my inligting rakende sekuritei by Onrusrivier karavaan park, naby Hermanus verskaf, ek soek dit vir 'n vriend wat daar wil gaan kamp?

Hulp sal baie waardeur word.

Hartenbos

Bouts

Tue, 16/04/2019 - 09:35

More more,

 

Het baie daar gekamp en het nog nooit probleme gehad nie. die wagte patrolleer elke nag vanaf 18:00.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 16/04/2019 - 20:38

Baie dankie Bouts, ek waardeur jou vinnige antwoord.👍 

Dit is vir iemand wat ons by Mountain Breeze ontmoed het, hy sal hopelik die week aan sluit.

0

More julle. Ek woon op Onrus. Die sekuriteit by die karavaanpark is heelwat opgeskerp en dit is heel veilig om hier te kamp by die mooiste dorp in die land. Johan L, laat weet as jou vriend hier is dan sal ek hom persoonlik gaan welkom heet.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 24/04/2019 - 11:02

Ons was die afgelope naweek by Meerensee naby Onrus en het Maandag na die kampterrein gaan kyk voor ons huistoe is. Die A-staanplekke aan die regter (weste) kant van die hek lyk nogal lekker maar toe ek probeer bespreek vir die langnaweek in September op hulle webwerf is daar niks beskikbaar nie - ook nie B, of C plekke nie. Duidelik 'n gewilde plek.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 13/04/2021 - 10:14

Ons het beplan om van 23 tot 27 April Karoo NP toe te gaan. ‘n Klient van Salomien hou haar toe aan ‘n lyntjie tot Paasnaweek oor ‘n moontlike fotosessie daardie naweek. Daar was deurentyd plek by Karoo NP, tot ek verlede Dinsdag wou bespreek. Toe is daar niks plek vir die Sondag nie, en daar sink ons Karoo NP planne angry

Ek begin toe rondbel vir ‘n ander opsie, en die enigste wat aan al die vereistes voldoen (Salomien het selfoon sein nodig vir haar sosiale media bemarking kliente se werk) waar daar nog plek is, is toe Onrus. Ek het ‘n voorlopige bespreking gemaak, maar sal graag terugvoer wil hê van iemand wat onlangs daar was. Ek het 2B en C bespreek - al die A-staanplekke was reeds bespreek. 
 

A

0

Goeie dag Wildehond. Onrus karavaanpark lyk goed op die oomblik. As jy wil sal ek vir jou 'n paar fotos stuur van die staanplekke wat jy bespreek het. Ek sal ook gaan uitvind oor die huidige situasie rakende sekuriteit. Daar was geen klagtes oor die laaste paar maande nie. Die park is baie naby my huis. Kontak my gerus by 0845690452

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 14/04/2021 - 10:35

Servaas, dit sal werklik gaaf wees as jy ons kan voorsien van die nuutste, betroubare inligting.  Ons het op 'n stadiun gereeld daar gekamp vir 'n lekker wegbreek, maar berigte op sosiale media van veral diefstal het ons lus iewat gedemp.

As die berigte bloot enkele insidente wat iewat oordyf is was, sal ek baie graag weer daar wil kamp.

By voorbaat dankie van my kant af ook.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 14/04/2021 - 10:43

Hier kamp ons heerlik by Onrus  -  ons wa en my seun se Super Sport.  Daardie lelike. tydelike groen net-afskorting is uit nood aangebring.  Ons was 'n groepie wat daardie middag rugby wou kyk (hoe ons teen Japan verloor het) en dit het saggies begin reën  - ek moes toe noodgedwonge 'n plan maak..

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 14/04/2021 - 11:43

As jy wil sal ek vir jou 'n paar fotos stuur van die staanplekke wat jy bespreek het. Ek sal ook gaan uitvind oor die huidige situasie rakende sekuriteit.

Dit sal werklik gaaf wees. Ek het vir die dame by besprekings gevra of die staanplekke groot genoeg is vir my Kavango en ons vriende se Tourer SW en sy het gesê dit is. As ek reg onthou van die keer byna twee jaar gelede wat ons daar deur gery het om te kyk hoe dit lyk, is daardie staanplekke wat ons bespreek het so half teen ‘n bultjie op. Ek sal darem net genoeg plek wil hê om die wa min of meer reg te positioneer voor ek dit afhaak. Ons het nie skuiwers (eie vertaling) nie, en op gras sukkel mens maar om die wa te draai op sy neuswiel. 
 

Wat sekuriteit betref is media (sosiaal of andersins) nie ‘n goeie aanduiding nie. Goeie nuus verkoop nie, so daar word net berig gedoen en geklets oor negatiewe insidente. Tietiesbaai is ‘n goeie voorbeeld. Ek hoor al vir jare dat dit nie meer veilig is daar nie. Dieselfde vriende wat saam met ons Onrus toe gaan was Paasnaweek daar, en het geen probleme ervaar of van gehoor nie. Ek vra toe op die 4x4community forum, en twee lede sê toe hulle gaan elke jaar (die een vyf keer elke jaar) en was nog nooit besteel nie. Uiteraard wil jy nie die uitsondering op daardie reël wees nie, maar dit kan by enige oord gebeur. As voorbeeld; jare gelede (1996 as ek reg onthou) was ons Desember in Shingwedzi, en het ‘n paartjie ontmoet wat wakker geword het toe ‘n man in hulle hut staan. Hy is vort met selfone en hulle het dit nie teruggekry nie.  

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 24/04/2021 - 05:58

Dankie vir die lekker kampfoto Chris.  Onrus was vir ons altyd 'n lekker plek om te kamp, maar die diefstal-stories het ons iewat afgeskrik.  Sal baie graag weer daar wil tentpenne inslaan en sien uit na julle ervaring daar en jou volgende foto-verslae.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 24/04/2021 - 09:14

Ons het 15:20 hier aangekom en soos gewoonlik twee ure gevat voor alles opgeslaan en opgemaak was. Daar was ‘n paar stop/ry punte tussen Worcester en Villiersdorp, maar ek kla nooit daaroor nie want dit beteken die pad word reggemaak. En daardie stuk pad het dit nodig. ‘n Redelike lang stuk is al herseel. Gelukkig onderhou die Wes-Kaap regering die provinsiale paaie mooi.

Ons staanplekke is redelik afgesonder, lekker groot en het ‘n uitsig. Ek dink egter dis op ‘n rotsbank want selfs Oom Arie sou gesukkel het om tentpenne in te kry. Gelukkig het die wind nog nie gewaai nie. Andersins is dit ‘n gawe oord sover. 
 

Dit was maar koel gisteraand maar ons het lekker geslaap. Hier is lekker baie voëls en dit lyk of dit ‘n mooi dag gaan wees. Ons gaan later na die mark by die Hermanus krieketklub toe, en gaan met Rotary Drive ry. Ek wou dit nog altyd doen, maar het in al die kere (seker naby aan twintig teen die tyd - dis ons naaste see. Kaapstad is ‘n paar km nader maar dis anders) wat ek al in die omgewing was nog nie daarby uitgekom nie. Ek sal ‘n foto neem en plaas. Geniet julle dag. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 25/04/2021 - 07:27

Op die oog af lyk dit vir my goed. As jy as inwoner by die hekkie na die kuspaadjie by Davies pool wil uitgaan gee die sekuriteit daar vir jou een van daardie papier armbandjies wat se twee punte op mekaar plak. Daarsonder kan jy nie weer inkom van buite af nie. Voetgangers by die hoof ingang van die pad af word dieselfde hanteer. Sodoende kan nie-inwoners nie te voet by die oord inkom nie. 

0
pretoria

pieterc

Sun, 25/04/2021 - 20:17

Vir n oomblik was ek nou goed deurmekaar maar sien nou dat die foto uit n ander hoek geneem is en dit n ander karavaan in die voorgrond is met die kavango agter hom.

Lyk sommer of dit lekker koud kan wees as die son sak!

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus