Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Vliegkaartjies November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Vlieg kaartjies November 2026 Geert -4 hours ago
Frankryk Springbok rugby Geert -17 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -1 day ago
Finaal Springbok rugby Geert -1 day ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -1 day ago

Air fryers

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

More vriende

My vrou het toe die kamplys van Chris B te hore gekom. Nou wil ons weet, watter maak/model air fryer sal julle aanbeveel. Ek hoop dis net vir huis/tuis gebruik.

Ek het reeds 'n naam gesien, die Milex. Watter is daar nog, en hoe is die kwaliteit? 

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 11/06/2021 - 20:53

Ek dink ek het die kat aan die stert  beet, die ding wat ons vir die karavaan gekoop het is 'n Sunbeam en lyk heeltemal ander as die wat Wildehont op  Chris B se wildtuin draad gewys het?

Air Fryer
Ek het gedink aan die ding, weet nie wat dit is nie

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 11/06/2021 - 21:09

... ek het ook nie 'n idee wat daardie katoeter op jou foto is nie. Lyk soos iets "from outer-space".

0
pretoria

pieterc

Fri, 11/06/2021 - 21:39

Game ens verkoop dit as n konveksie oondjie. Dan is daar ook de-lux modelle waar die bak in die rondte draai vir egalige hitte verspreiding.

Dit werk baie lekker vir vis en hoender. My ma bak ook skaaptjops daarin, baie vinnig en heerlik sag. Ek het ook altyd piesang brood daarin gebak.

Omdat die oondvolume so klein is, bereik dit bak temperatuur baie vinnig en spaar n mens dus ook redelik krag in vergelyking met n standaard grootte oond. Baie handige alternatief vir n volgrootte oond.

My dogter-hulle het n air fryer soos per Chris Smal se foto en die chicken nuggets wat sy vir ons daarin gemaak het was heerlik! Volgens haar gebruik hulle dit ook meer geraald as die gewone oond.

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 12/06/2021 - 07:32

'n "Air fryer" is 'n klein kompakte apparaat. Ons s'n is maar 'n kleintjie met 'n inhoudsmaat van slegs 2.6 liter - waf net groot genoeg vir my en Ralie is. 'n Medium-grootte heel hoender pas net-net daarin. Maar jy kry groter modelle. 

Na my mening is daar niks anders wat hoender so lekker gaarmaak as 'n "air fryer" nie - lekker krakerige vel aan die buitekant en sappig-gaar binne.

Ons ene is 'n Taurus wat ek deur Takealot bestel het. Waaragtig 'n handige toestel.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 12/06/2021 - 08:09

Ons het een gehad wat n rotisserie ingehad het. Ons het hom verkoop omdat hy te klein vir ons was. As ons weer sou koop, sal ons n grooter een koop. Wat vir ons ideaal sal wees is om die hele maaltyd  op een slag binne airfryer gaar te maak....nie vleis in fryer en groente op ander plekke nie....te veel om dan weer saam te sleep.  Maar hy maak mooi gaar. Ons bure by Dolphin laasjaar het elke oggend skons en muffins in hulle Milex gemaak....oe, daai reuk elke oggend het my mond laat water

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 03/08/2021 - 11:15

Middag Josef

Jy kan mos nie sulke uitlokkende fotos hier plaas nie. Nou sit ek by die werk en die groot hongerte oorval my.

Die forum moet ingryp en erge sensuur toepas oor wat hier geplaas word.

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Tue, 03/08/2021 - 11:27

Dit is maar net n paar fotos wat ek geplaas het, sal later vandag nog n paar fotos plaas van die air fryer en die bread maker gekombineer vir aand ete.

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 03/08/2021 - 11:36

Dankie vir die foto’s Josef Willem. Plaas nou vir ons bietjie resepte asseblief. Na ons lang vakansie het ek gesonde kos nodig om die ekstra gewig af te skud. 

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Tue, 03/08/2021 - 12:00

Knoffel knope

.

Beskrywywing:

450 gram pizza deeg

halwe koppie olyf olie

1 eetlepel knoffel

1 teelepel sout

1 eetlepel parmesan kaas

rol deeg uit tot halwe duim dik, sny deeg in repe van duim dikte, rol die deeg tussen die palm en die tafel tot jy n ronde silinder en langerig is, knoop die deeg, meng al die ander bestandele saam en plaas die knope in die mengsel, sit in die Air Fryer en stel vir 12 minute, teen 185 grade Selsuis, draai om halfpad deur tyd en whala.

Eet saam met n lekker sousie.

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Tue, 03/08/2021 - 12:06

Hang af hoe nat of droog die wors moet wees maar ek stel my Airfryer op 12 Minute en teen 180 grade, draai die wors om halfpad, (6 minute), dan is hy nog lekker sapperig.

Foto 1

.
Gewone boere wors
​​​​

Kaasworsies sit ek in vir 6 minute en skommel die bak teen 3 minute

Foto 2

.

Aartappels en patats sny ek in skywe, gooi dit in die air fryer, gooi n bietjie olyf olie oor en kruie sout en bak vir 18 minute lank, teen 185 grade, halfpad gee ek die bak n skommel en bak verder.

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Tue, 03/08/2021 - 12:12

Vis maak ek ook in die air fryer teen 175 grade en 10 minute, ek draai dit nie om nie, wat ek wel doen ek sit dit in n foelie bakkie en gooi die volgende sousie oor met snoek, knoffel botter en sweet basil spesery en so eet lepel appelkoos konfyt,

Snoek.

.

 

Hake

.

 

Vis vingers 

.

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Tue, 03/08/2021 - 12:31

Potato bake,

Sit in n oondvaste bak wat in airfryer pas, sny aartappels in skywe, gooi bacon by, sit mushrooms ook in, gooi potato bake oor met n lekker roompie ook daarby, bak teen 200 grade vir 20 minute. Sodra 20 minute verby is, haal uit, strooi kaas oor en plaas weer terug in Air Fryer vir 4 minute teen 180 grade. geniet hom.

Foto 1

.

Buffalo wings

Sit hoender vlerkies in Airfryer en bak teen 25 minute en 200 grade, half pad draai die vlerkies om en bak verder, sodra dit klaar is doop die vlerkies in n lekker brand sousie van jou keuse, ek sien die Spur se dirky sous werk die lekkerste, laat dit week vir so 2 minute, plaas terug in Air fryer en bak verder vir 6 minute teen 200 grade, geniet!

.

Bacon plaas jy net in air fryer, bak teen 180 grade vir 5 minute, lekker kraakvars.

.

Chicken Cordon Bleu

Hier vat jy Hoender filette, rol uit na n lekker dikte, plaas paermesan en cheddar kaas op fillet, volgende n repie of twee bacon en begin dan op te rol, steek vas met n tande stokkie, laat afkoel in yskas vir 10 minute, kry solank 1 koppie broodkrummels reg met 1 eetlepel paprika en 1 teelepel sout, meng alles saam, in n ander bakkie 3 geklitsde eiers, haal hoender uit yskas, rol in eier en dan in broodkrummels, plaas in Air Fryer en bak teen 170grade en 20 minute.  hoe water my mond nou.

.

As n klein bietjie ekstra, haal uit Airfryer en strooi Cheddar kaas ook bo oor en plaas terug en bak vir n verdere 4 minute teen 180 grade, dan lyk dit so:

.

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 03/08/2021 - 14:18

Dankie Josef Willem. Wie ookal jou tent eersdaags gaan deel is ‘n gelukkige vrou!

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Tue, 03/08/2021 - 17:20

Soos vroeer belowe, hier is die foto van n gekombineerde airfryer en brood maker aand ete,

Skaap tjops met n mushroom sousie en gebakte chakalaka brood en n lekker 3 bone slaai.

.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 03/08/2021 - 18:13

Ek het vir Salomien ‘n brood masjien gekoop vir haar verjaardag in Junie. Plaas asb daardie brood resep.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus