Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hoedspruit lughawe??? November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Klaserie lughawe - Neef Herman November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Voolie en Piet.... November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Wonderlik Voortrekker. Mag… November 2026 neef Herman -2 hours ago
Klaserie? Len gaan weer Kruger Wildtuin… neef Herman -2 hours ago
32,5 °C is vir ons heel… November 2026 neef Herman -3 hours ago

Junie 2021 koffie en groet

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

Goeiemôre! En toe word ons gegroet deur die winter met 'n lekker bui reën hier in Centurion vanoggend.  Ek sit nou met my koffie en luister na die druppels wat val op die stoep se dak.

' n Lekker winter maand vir almal! 

Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 17/06/2021 - 10:14

More Creinke

Geluk met nuwe boswa. Fotos en indrukke sal geniet word. Ek is seker julle het dit, en alles wat kan oopmaak en moet werk deeglik getoets. 

Jou opmerking oor die paaie in Pilansberg is 100%in die gat [kol]. Dit is amper beter om eerder die grondpaaie te ry. Dit bly egter steeds vir my 'n goeie, naby alternatief vir die Kruger willetuin.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 17/06/2021 - 14:16

Middag vriende

As ek so lees aan die inskrywings oor die Kruger besoeke, besef ek net weer;

ons moenie nou vergeet om malaria pille te drink voordat ons wildtuin toe gaan nie. Dit bly 'n wesenlike gevaar, amper met erger gevolge as Covid. Laasgenoemde oordonder ons denkwyse, en die sluimerende aanval van malaria mag nie vergete bly nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 17/06/2021 - 14:28

Wessel, begin vroegtydig soek vir malaria-pille want met tye raak dit skaars.  Ons dokter het hierdie keer vir ons Mozitek voorgeskryf  -  nogal duur, ons s'n het R1000 per persoon gekos vir ons maand se kuier daar.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 17/06/2021 - 14:33

Middag Len

Dis maar die ene wat ons ook drink. Dit klink duur, maar as mens dit uitdruk as koste per persoon, per dag, bly dit die geld werd.

Dis die ene wat  mens 'n tablet per dag neem, 'n dag voor jy gebied ingaan, dan elke dag, en nog paar dae na die gebied verlaat is. Of is ek nou gerook. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus