Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Etoll Voertuiglisensie Geert -1 hour ago
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -2 hours ago
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -6 hours ago

Jors se Kampstories op fb ...

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on

Môre vriende,

Ek gaan probeer om dié Jors se Kampstories gereeld hier te plaas ?

Hier is die fb skakel.

 

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 18/06/2021 - 09:16

Dagsê vriende, 

               CHIPPENDALES.

     Sit ek en die ou vrou gisteraand so voor die TV. Ek sit deur n ou foto album en kyk. Die ou vrou sê, hier is nou nie juis iets op wat my nou juis opgewonde maak nie. 
   Ja, sê ek en blaai om. Hier staan ek met my army tan, swart PT broekie, sixpack en bruingebrand, pas na drie maande op die grens. Al moet die oom dit nou self sê, ek was gebou. Rugby en grens fit, as n ou so iets kry.
   Plaas hou ek aan blaai na later jare waar die ouderdom ingeskop het. Daár is nou weer fotos van die kinders en kleinkinders. Maar nee, ek sit die album neer. Het ek maar net bly fotos kyk.
     Nou sit ek net en dink aan hoe my lyf was. Sit ek my huidige lyf so en kyk, lekker rond, boepens. Regte oumensvel met die ou velkolle van daai jare se sonskade. Elke keer gaan my prentjiebrein terug na die spesifieke foto van my. Jonk en fris, met my PT broek en sixpack.
       Nou moet jy my nie vra nie ou broer, hoekom ek nou aan die Chippendales begin dink het nie. Hul het mos vir die vrouens gedans daai jare. Amper soos strippers. 
    Kom die ou nursie nou hier in die saal in en vra, "is oom oraait". Nogal n mooi kjênd die nursie. Waar was ek nou weer......o ja, ek is nog besig om jul van gisteraand te vertel. 
     Sit ek toe die ou vrou so en kyk waar sy sit en hekel. Die koffietafel so entjie voor haar met die patio gasverwarmer daarnaas. Julle ken daai heaters, hy het n groot gasbottel onder, dan so n lang paal met sy verwarmerkop amper teen die plafon. Man, maak hy nou vir jou lekker warm.
    Met die wat die vrou pas gesê het daar is niks op TV wat haar opgewonde maak nie, dink die oom dit toe goed om haar met n ding te surprise.
   Plaas het ek maar net bly sit. Waar gaan jy, vra sy, nou al bed toe. Nee man sê ek, ek kom nou, gaan net badkamer toe. 
     In die kamer gekom pluk ek die kas oop by my ou klere wat ek weer eendag gaan dra as ek kan maer word. Ja, ons oumense het mos sulke kaste met sulke klere. Kan mos nie die goed loop uitgooi nie, hulle is dan nog splinternuut. 
      Spring daar met my 46 lyf in n swartbroek in, seker n 38 of so. Forseer die gulp toe en druk die knoop deur die knoopsgat. Daai broekie sit styf.
       Ek het nie meer n bow tie nie, sommer my kerkdas om my nek gesit. Nogal n sydas. Vir beter effek het ek hom sommer so skeens gedraai, amper soos die kinders deesdae hul kepsies so op hul koppe sit. 
  Om my gewrigte kram ek elkeen n wit sakdoek vas. Alles moet mos weer vinnig kan afkom, soos met n regte chippendale.
  Trek my dans skoene aan, hul is oor al die jare al glad gedans. Vat op die vrou se spieëkas n bottel olie raak en vryf dit in my bolyf in. Die ou grys borshare lyk nou nogal heel parmantig. 
    So is ek terug voorhuis toe. Sit n cd van vanmeleë daar op, iets van Clap your hands and stamp your feet, full blast. 
    Die ou vrou weet nie wat haar tref nie, met n oumensopklim is ek bo op die ou koffietafeltjie. Miskien het die broek se nate toe al begin skeur, weet nie. Die ou vrou se kop bly so knik soos wat sy deur die trifokuls my in fokus probeer kry hier kort voor haar op die tafeltjie. 
    Sy hekel nou soos n masjien, daai tolletjie gare staan soos n dragster en spring soos wat hy spin. Haar mond gaan op en af soos sy praat, maar ek kan niks hoor nie. Was bang die masjientjie gaan met die harde musiek in my ore fluit en het hom uitgehaal.
     Ou broer, gee ek vir haar daar n dans, pluk die sakdoeke af, die bloemen staplers het amper my polse afgesny. Op n staduim skop ek so lekker hoog, dit was net genoeg vir die ou broeksknopie. Hy het daar teen die muur n stuk pleister afgeskiet. Die gulp het net so n girts geluid gemaak tot op sy einde. Of die broek van my af geval het en of ek uit my broek uitgeval het sal ek seker nooit weet nie. Daar staan ek sonder klere met my skoene en n skewe das op die tafeltjie en dans.
  Of die ou knieg geswik het weet ek ook nie maar ek raak daar van balans af en die tafeltjie val om. 
  In my val sien ek die verwarmer se  paal en soos n wafferse paaldanser duik ek vir hom. Gryp ek daai verwarmer daar vas, my hande so om die vuurwarm sif vasgeklem. My bene om die paal gevou. Neuk daai ding daar om, my egte sy das slaan aan die brand. Brand so n ring om my nek.
   Gelukkig hou die vrou kop en gryp die kombuis se brandblusser, anders het die huis afgebrand. Daar het sy my en die verwarmer nou met daai wit poeier bespuit, dit lyk naar in die sitkamer.
   So het die ambulansmanne my daar uit die wit stof kom optel. 
  En hier, hier lê ek nou met brandwonde in die hospitaal. Is seker nou n permanente ringnek waar die das my gebrand het. 
   Vra die ou doktertjie my, "oom, wat het met oom gebeur" . Ou seun, sê ek, dit is n lang storie.

Vreugde en vrede vir julle.
Foto vanaf google geleen.

..

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 22/06/2021 - 11:09

Dagsê vriende,
   
         CHIPPENDALES EN DIE          
           GEKROONDE TANDE.

   Ou broer, het die Chippendale storie van laas week nou vir jou vir n kosternasie gesorre. Kyk, die tannies het mos so asof hul een en ander inspuiting gehad het al die dinge van jare gelede begin onthou. 
  Man, ou broer, kan jy glo. Van hulle het selfs by die oom kom loop bieg. Tot hul skaamte, sê ek jou.
  Vertel n vriendin, Lina ons van die ding van haar en haar skoonma met die Chippendales. Die ding het eintlik helemal verkeerd begin vertel sy, nou al self lankal n tannie. Haar skoonma, Stienie bly mos nou al jare in n aftreeoord vir bejaardes.
    Vertel, vertel sê die oom, sit eigenlik so op die voorpunt van my stoel, ek meen, menige man is maar nuuskierig as dit by die vrouegeslag se skandes kom, of hoe sê jy my ou maat.
 Nee, vetel sy my mos, sy en skoonmoedertjie was genooi na die skoonsussie se "kitchentea"  daar in Johannesburg. Al die pad hier van Bethlehem af, gaan hul mos nou mos die kant toe die vorige dag. Slaap daar by familie oor. 
   Ek ken vir Stienie, self n statige dame man, sê ek jou statig. Dat die ding haar nou moes oorkom. 
  Byt ou Stienie haar twee boonste voortande daar uit toe sy n appel wou eet die aand. Blybaar twee krone, goeters wat met penne geheg word. 
  Maar jul ken n ouvrou, as hul wil party, wil hul party. In Johannesburg gaan jy nie n tandarts in die hande kry nie, nie op n Vrydagaand of Saterdagoggend nie. Lina sê, ma kom, en druk haar daar in n kombuisstoel in, daar bo in die tandekaste sit sulke dun pennetjies. Sy kry n plan en druk n chappie in skoonma se mond. Kou sê sy. 
    Krap die twee tande, nog steeds in die appel, met n kombuismes uit. Lina bekyk hulle. Ja, daar sit die gaatjies in die twee los tande. Toe weet sy haar plan gaan werk. 
    Nou word n buisie Super Glue nader getrek. n Druppeltjie in die gaatjies gesit, n bietjie op die pennetjie en die tande word terug gedruk. Maar ou maat, daar werk dit nou nie helemal reg uit nie. Met Super Glue moet jy vinnig werk. Sy sukkel om hul mooi opgeline en ingedruk te kry. Plak die gom toe nou vir jou die goed daar vas voor hul mooi in lyn en helemal ingedruk is. 
   Eintlik lyk dit my hul staan toe net soos hul wil. So windskeef en n paar milimeter onder die ander tande uit. Lyk kompleet soos haastande of soos daai wat Leon Schuster gedra het as hy met Naas Botha gespot het. Met die chappie het sy die oop gate tussen die tandvleiskaste en tande opgevul. Hul so ingedruk met n tande stokkie. 
  Ewenwel, hul kon toe die "kitchentea"bybring. Almal het dit baie geniet. Baie waterwyn gedrink. Julle weet mos, daai wat die vrouens so met die ys drink. Om nie eers van al die punch te praat nie. Ook vir ou Stienie met haar homemade tande is daar heerlik gelag. Stienie is n vrou wat graag lag, hoe meer sy lag hoe harder lag die ander vir haar lag met die skewe lang tande.
    Toe hul nou daar opbreek, dit is toe net daar waar die eigentlike moeilikheid begin. Nee, sê die jongklomp, die Chippendales het n show by een of ander nightclub. Ons gaan nou die kant toe. Ou Stienie is toe maar saam met almal soontoe.
     Nou vat hul n bietjie van daai mooi cocktails. Allerhande stawberries en cherries in die glase met strooitjies wat sulke krulle inhet. Pienkes, bloues, allerhande kleure. Die plek sit vol vrouens.
   Toe begin die show. Kom daai spierlywe daar ingedans op wolke wat so hang oor die verhoog. Ou Stienie het eers gedink dit is n droom. Dit is net ge-oliede blink lywe. Strikdasies met hul swart stywe broekies. Ou Stienie het blykbaar net so terug gesak in haar stoel, haar bors vasgegryp en gesê, oe my hart. Dan sê die kinders, ma vat n slukkie en hou die glas voor haar mond. 
   Man, kan daai kjênders nou vir jou dans. Staan so voor die vrouens so verleidelik van hul klere en onslae raak. Staan voor Stienie, maak so aso hy sy klere uittrek, dan lag ou Stienie met haar skewe lang tande, sien die mannetjie dit, trek maar weer sy klere aan en dans weg. 
   Was ou Stienie nou vir jou ontstig as hy by die jong girls van sy klere gaan ontslae raak. Sy het skoon geaffronteerd gevoel. Nogtans het sy dit baie geniet. 
 Het die ou tandartsie hier in Bethlehem nou vir jou gesukkel met daai twee tande, die goed was skoon omgeruil met mekaar, gin wonder hul wou nie pas nie.
   Vra nogal so ewe, hoe het tant Stienie se tande so gekom.
   "Verbode vrugte ge-eet my kjênd" sê sy.

Vreugde en vrede vir julle.

.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 30/06/2021 - 09:19

Dagsê vriende, 

                    EK HET MY 
           NAVORSING GEDOEN.

     Kyk ou broer, dit is nou n ding wat die oom deeske dae baie raaklees op die sosiale media. Toe die oom nog n ou kalfie was, was dit iets wat wetenskaplikes in laboratoriums gedoen het. Sou dalk hoor iemand sê ek het so of so probeer, of ek het dit en dit beproef. Dalk ook, ek het my huiswerk gedoen, maar navorsing, nooit nie. 
   Dink ek toe, laat ek oom Kaspaas daar in die wildtuin n luitjie gee. Hy is mos n wyse man. Hy kom darem nou al jare saam ons, jul onthou hom nog. 
   Vra ek hom, oom Kaspaas, die ding van die navorsing, wa kom dit nou so skielik vandaan? Ou seun, sê hy, dit is vir my iets nuuts, in my se dae het ons bobbejane meestal aan hierdie navorsing deelgeneem, ons ken van navorsing. Ons kan jou van dit baie vertel. 
   Maar weet jy, ou seun dit was ten goede. Baie menselewens gespaar met goeie navorsing. Maar waar al die mense nou ewe skielik met al hul nuwe navorsing vandaan kom weet ek nie. Waar het almal nou skielik aan al die bobbejane gekom, vra hy.
    Nou sien ek die mense sê die entstof is nie goed nagevors nie, hang ou Jors, as dermiljoene mense wat ingeënt is nie genoeg bewys is nie, wat is dan dat die goed werk. 
    Nee, ou Jors, ek glo nie al hierdie goed wat almal nou nagevors het nie. Almal kan mos nou nie skielik wetenskaplikes en dokters wees nie. 
     Toe sê oom Kaspaas n waar ding, "ek ken baie mense wat dood is aan covid, maar ek ken nie een wat aan die entstof dood is nie. Gehoor ja, maar van baie meer  mense gehoor wat dood is aan covid." 
    Jors, wanneer kom jy kuier vra hy, oom Kaspaas, as die lewe hou einde Augustus sê ek. Man dit gaan lekker wees, nou toe jong die oom moet gaan slaap, die ouvrou wag, sê hy toe hy aflui.
   Was dit nou weer lekker om oom Kaspaas se stem te hoor.
   Vanoggend word ek wakker, sien die liggie flits. Vat die ou phonetjie raak en start hom op. Wys die ding daar is n boodskap. 
     Nou kyk, as n ding lees, Hi Jacob Philippus van Heerden, dan weet ek dit is iemand wat glad nie vir Jors van Heerden ken nie. Wragties goeie nuus, die oom moet Donderdag gaan vir sy tweede inenting teen die vlermuis siekte. Vat vat ek hom, die oom wil nog baie speel met die kleinkinders. En boonop het ek nog baie stories om julle te vertel.

Vreugde en vrede vir julle.
 

Net weer die skakel, ek sien nie altyd die goed nie.

https://www.facebook.com…

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 30/06/2021 - 09:22

Dagse vriende,

       LEERKLIM EN HOOGTES.

     Nou die dag hoor ek dat om te val, n vrees is waarmee jy gebore word. Sê ek al lankal vir die vrou, as jy oor die veertig raak mag jy nie meer val nie. En ek is al lankal oor die veertig. 
    Jy kry net makliker baie seerder met so n val as jy al oud is. Die ou bene is nou al bros en hul breek net makliker. 
    n Ander ding waarvoor ek bang gestaan en raak het is hoogtes. Toe ek jonk was het dit my niks gepla nie. So n jaar of wat terug ruk n sterk wind n fascia bord af aan die huis, val hom te pletter en ek moet hom vervang.
    Met die tuinjong op die dak om my hand te gee, is ek op die leer. Lekker hoog, die leer is tot op sy maksimum uitgeslaan.
   Kry ek so n bewegerigheid in die gebeentes. As ek val gaan ek my half des dinges val. Maar moenie bekommerd wees nie, ek het toe darem nie geval nie.
    Wat ek eintlik wil vertel is dat die vrou al lankal sê ek gaan nog eendag sonder n leer val. Menende dat ek skoor soek.
   Gister was dit toe so toe ek aan die hand van my vrou geval het. Heeltemal onskuldig ou broer, heeltemal. En dit net oor Popi
   Ken jul vir Popi. Wel ek was oor die phonetjie besig om meer uit te vind oor Popi toe die ouvrou instap in die sitkamer. Sy hoor toe die ge-Popi voor en n ge-Popi agter waar sy ongesiens so skuins agter my staan. Het ek maar net geweet, dan sou ek nie hartop Popi gebruik het nie. Maar nou ja, die oom het nie daaraan gedink nie. 
   Wat die damwal seker laat breek het was toe ek vra, wanneer verwag jy dat Popi gaan uitkom. 
   Ou Broer, klap daai kort vroutjie vir my bo van die bank af. Sy klap my skoon uit my sitplek uit, die ou phonetjie het nog so vir n minuut nog daar in die lug gehang waar sy my so pas langs hom weg geklap het. Ek hoor net oor die phonetjie sy sê, hallo hallo, oom Jors is jy nog daar. 
  Dan is sy nog jonk en verwagtend ook skree die vrou.
   Die vrou gryp die phonetjie waar hy nog so in die lug hang, en skree vra, is jy Popi. Nee tannie, ek is Yvonne van die prokureurs. Moes sy toe nou eers mooi aan my ouvrou verduidelik dat Popi n wetgewing is oor die beskerming van persoonlike inligting op groepe en dat oom Jors nie n ding met Popi aanhet nie. Hy het net probeer uitvind hoe werk Popi. Dit is eintlik "POPIA" maar nou praat almal van Popi. 
   Ou broer, my kop sing nou nog van die klap. Die vrou van my is seker n siener, sy het mos gesê ek gaan nog eendag sonder n leer val.

Vreugde en vrede vir julle.

 

Net weer die skakel, ek sien nie altyd die goed nie.

https://www.facebook.com…

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 01/07/2021 - 10:24

Dagsê vriende, 

           GLADDE HAKSKENE.

     Met die wat ek en die vrou een van die dae wildtuin toe gaan, begin ek die karavaan reg te kry. Die voorbereiding is al vir my lekker. By die huis loop ek graag kaalvoet, so was dit ook die dag.
    Dink toe, miskien moet ek die onderstel net weer n lagie stonechip gee. Die vorige een so twee jaar gelede het ek n stukkie gedoen en toe my tuinjong gewys en hy het alles verder gedoen. n Uitmuntende stukkie werk gedoen, ek mis die ou, hy lê ernstig siek in die hospitaal. 
    Maar lat ek jou eers vetel, jy moet prentjies ka sien om helemal die ding te versta, anders moet jy vir die oom sê la ek beter kan beduie. Jy moet die goed kan sie gebeure jong. 
   Besluit toe ek sal alles maar self doen. Dit is maar n slegte werk, lê mos so op jou rug, dip die kwas en dan verf jy mos hier kort bokant jou neus en bolip. Maar vir die rondkruipery so op my rug onder die karavaan sien ek nie kans nie. Ek gaan koop toe n Creeper, die ouens by die  motorhawens gebruik hul om op te lê as hul onder motors werk. Dan het hy ook ses wielietjies wat in alle rigtings kan beweeg. Met jou voete stoot jy jouself dan so leênde op jou rug rond. Eintlik nogal lekker. 
    Vir veiligheid sit ek twee bakstene agter die karavaan se wiele omdat die rybaan teen n helling lê. Nou domkrag ek die wa onder die as op, tot op sy maksimum om op twee driepootjie staanders te staan. Laat  sak die hak voor tot op sy laagste. Die hak is dus op die hoogste punt van die rylaan. Nou staan die karavaan mos soos n warmgemaakte dragster, so gat in die lug. Met die val van die oprit lyk dit nogal soos n baberbek wat oophang sou jy hom van die kant af kyk. Lekker groot werkspasie onder die agterste helfte. Eers word die onderstel mooi afgeskuur met n draadborsel dat hy mooi skoon is. Met my so ruglêende op die trollie.
  Toe is ek weer onder hom in met die verfkwas en n blik verf. Nou wil ek sommer so in die lengte verf. 
   Ou broer, nou weet ek nie, maar die meeste opritte lê teen n skuinste. Ons oprit lê sommer teen n stewige skuinste af straat toe, met n elektriese motorhuisdeur reg op die sypaadjie. 
    Moet nie vra hoekom nie en of ek meer in lyn met die afdraande gedraai het op die creeper nie, maar raak daai ding aant holle. Hy het ook nie n handbriek nie. Loop hy met my kop eerste, rigting straat, onder die karafaan uit. Ek besef hier kom moeilikheid. Al hoe vinniger en vinniger gaan hy.
  Ek probeer briek met my kaalvoet hakskene. Die hand met die vierduim verfkwas druk ek op die rylaanstene vas om te probeer rem. Vir die toe motorhuisdeur het ek nie kans gesien so kop eerste in reverse nie, en druk die afstandbeheerder dat hy solank kan oopmaak.
    Nou flits die twee mure weerskante van die oprit so in reverse verby. Word my hakke warm en brand, lig ek een op, maar dan stuur jy mos nou daaikant toe, ek konsentreer net om van die mure af weg te bly. Stuur en probeer briek terseldertyd, so met die hakskene en die verfkwas.
    My ou maat, nou loop daai trolletjie volspoed met die oom. So is ek onderstebo op my rug onderdeur die deur. Hy is net net groot genoeg oop. By die oom se ou boepens het die onderkant van die deur die ou hempsknoppies afgeruk. Sien toe eers hoe hang die rookwolke onder die afdak.
    Die afdraande hiervanaf teerpad toe is nog steiler, op daai afraande breek ek toe deur die klankgrens. Nou skree ek soos n maer vark wat sprits saam met pampoenskille ingekry het, want ek weet, aan die anderkant van die pad is n "dead end stop" met n randsteen.
   Gelukkig bly ons in n singel en daar is nie verkeer nie. Ek is los bo oor die pad toe ek voel die Creeper
steek vas en toe laat ek hom agter. Ou broer toe is ek airborne. 
   As dit nie was dat die erf oorkant die pad nog n oop onbeboude erf was nie, weet ek nie wat sou van die oom geword het nie.
   Jy ken hierdie vuurwerk rockets waarmee die kinders speel, het jy al gesien as hy omval voor opstyging. Nou so is ek so n voet of twee bo oor die grond daar oor daai erf tot my gewig my grondwaards gedwing het. 
   Steek my kop daar in n graspol vas, en is ek agterstevoor in n bollemakiesie gat oor kop daar veld in. 
   Niks gebreek nie is ek op, stof my af en tel die trollie op. Knyp hom soos n wafferse skaatsplankryer onder die arm vas en stap terug huis toe.
  Ek was skaars weer terug in die erf toe die vrou terugkom van die dorp af. Vra so in die verbygaan wat se swart stonechip sperstreep met wit spikkelyne is nou in die oprit. Ag ou vrou, sê ek, dit is n lang storie. Ek kan nou mos nie vir die vrou sê dit is my briekmerke nie. Sê nogal so ewe, iemand se vleis brand voor sy in die huis ingaan.
   My ou maat, my ou lyf is nou al vir dae seer en styf. Ek sal maar weer annerdag aangaan met die karavaantjie as ek beter voel. Sê Ann gisteraand, sjoe maar jou hakke is mooi glad. Ja, sê ek, ek kyk agter myself. 

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 02/07/2021 - 09:43

Dagsê vriende, 

   Ek het jul so twee drie dae gelede vertel van die ouvrou wat my bo van n bank af geklap het oor Popi. Man, het daar nou n lekker verwarring oor haar ontstaan. Dit was toe mos eintlik Popia. Ons oumense kan mos nie meer lekker hoor nie, nou is ek bang almal hoor nou dalk Popeye en dink hierdie is n grap, ons moet spinasie eet.
    Nee jong, julle moet julself gaan vergewis oor Popia. Dit is n wet oor die beskerming van inligting. Vind uit of google dit.
   Nou moet die oom jul mooi vra om twee ou vragies vir jouself uit te sort. 
   1. Wil jy steeds deel wees van Jors se Kampvuur Stories?
   2. Onderneem jy om nie die persoonlike inligting van die lede wat sigbaar is op die groep, elders te gebruik vir watter rede ookal. 

Sou jou antwoord ja wees, nooi die oom jou om op die groep te bly, dan gaan ons nog lekker kuier. Jy hoef nie ja te antwoord nie, jy gaan automaties bly.

Sou jou antwoord NEE wees, moet die oom jou vra om die groep te verlaat.
  
Die oom moes nou maar hierdie doen om almal te beskerm. 

Nou wil die oom vir SARS kontak dat hul al my inligting vir my terug gee en van hul boeke en stelsels af delete. En omdat my geld naamloos daar gaan lê moet hul dit teruggee voor hul vergeet dit is myne. So ook by die registrasiekantore van almal wat spoedkaartjies en tolhek rekeninge aanstuur. Die oom wil ook nou anoniem staan en raak. Nou sien ek op die nuus n bekende persoon gaan tronk toe. Hoe sluit hul iemand toe as hul nie veronderstel is om sy identiteit te weet nie.  
  Hierdie goed maak die oom nou heel deurmekaar.

Vreugde en vrede vir julle.
Naamlose groete van my af.
Vir jul n fototjie van myself aangeheg hier onder.😁

.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 08/07/2021 - 19:14

Dagsê vriende,

                     BRAKPAN.
           WILLE WILLEM EN SY  
                      SPANNERS.

    So vertel Wille Willem se vrou my die ding van Willem en sy spanners. Nou hierdie dinge het alles in n plek gebeur waar dinge regtig gebeur, daar in Brakpan. Sy sê die plek se naam kon net sowel Oliepan gewees het, want die ou wat nie een het in Brakpan nie hoort nie daar nie.
   Omdat die hele Brakpan mechanics is, is n spanner n belangrike ding. Tot die penpushers is deeltydse mechanics. Dit is nou net hier waar die moeilikheid begin. Die ouens het nie genoeg tools nie en begin dan oor en weer leen. Van die manne is traag om die goed terug te bring. Willem het naderhand ń in en uitboek sisteem in plek gehad, hy moes nog steeds sy spanners loop vra. Toe besluit hy, tot hiertoe en nie verder nie en trek sy dinges in n krul toe hy die handbriek vastrek op die spanner lenery.         
     Sy vertel Willem werk weer die dag daar aan sy kar.  Die trek hy altyd so langs die kombuisvenster en agterdeur. Dit is nou sodat as hy parte moet was dat hy naby die wasbak kan wees. Natuurlik help dit ook om nader aan die yskas te wees. Die garage se deur is dan ook so meter of wat verder voor die kar se bonnet. Daar is al die tools teen die muur uitgestal en langsaan n rak met brakefluid, enjin cleaner, n bottel antifreeze en dan natuurlik n bottel of twee brandewyn wat so agter n oliekan weggesteek word. Sy sê, sy is ook darem nie van vandag af met Wille Willem getroud nie, sy ken al daai tricks.
  Die dag dra hy nou n klomp tools daar uit, timing light en allerhande goed waarmee jy fine tuning doen. Hy sê, vandag is die dag, hy gaan vir hom nou mooi instel. Naderhand skree hy daar vir haar om twee biere te bring, sy is sommer dadelik die dinges in, dat hy nou twee biere order. Sy stap uit en sit hul op die kar sê dak neer, hy is nog steeds besig onder die bonnet. Amper klaar sê hy. Sy tel n dertien en tien spanner op. Sy weet mos nou al wat gaan gebeur, hy gaan uitkom en die kar kom start, dan ref ref ref hy hom so om te hoor hoe klink hy nou.
 Sy hou haar hande agter haar rug, n spanner in elke hand. Hy kom uit, sê ewe, hy is nou witwarm, ek gaan ou Frans nou in sy dinges in wegry, jy gaan hom nou hoor. Hy start die enjin, terseldertyd begin sy die twee spanners so teen mekaar tik....tik....tik, hy vlieg daar uit vorentoe onder die enjinkap in, ref ref hy hom so, pas sy net haar ritme aan. Sy was darem nie verniet op laerskool in die konsert met daai driehoek goedjies wat sy so laat tieng tieng tieng het met die ysterstafie nie, en dit nogal op tyd. So het sy Willem lank besig gehou, naderhand bring sy haar hande vorentoe en slaan die twee spannertjies so teenmekaar. Hy sien dit, sy moes hardloop vir haar lewe, so is hul n paar keer daar om die huis. Naderhand was hul stokflou. Hul kom daar tot stilstand langs die kar waar hy te pragtig staan en idle. Hul val in mekaar se arms, hy sê, hier is vir jou ook n bier en stop hom in haar hand. Ref ref hy hom so en sê, magties hy is nou gaaf. Ek gaan jou terug kry sê hy en vat nog n sluk.
   
Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 14/07/2021 - 09:54

Dagsê vriende, 

       WILLE WILLEM EN BOSAL.
         (Wille Willem vertel self.)

Nou ja, noudat julle almal weet ek het n kort humeurtjie nadat ek my Weed Eater so verwoes het dog ek, ek pak my kar se ratkas. Vir die mense wat al aan n Land Rover se ratkas gewerk het sal verstaan daai ding is moeilikheid op sy beste. Ek het my ou werksklere aan, julle weet T hemp, kortbroek en plakkies. Nou lê ek onder die kar en sukkel. Die boute is vas geroes, komplimente van Durban se humiditeit. Spanners gly en kneukels wat nerf af raak in die proses. Later sweet ek en toe begin ek woorde soos sweterjoel gebruik. My buurman ou Frikkie (BOSAL )hoor my gesels daar in die garage en spring oor die muur, ook in sy T hemp en kortbroek en plakkies. Hy sê, man gaan loop n draai in die tuin om af te koel ek sal kyk of ek die boute kan loskry. Ek stap daar weg. Intussen kom my vrou wat gehoor het dit raak stil in die garage om te sien of ek nog okay is. Sy sien die twee wydsbene met plakkies wat uitsteek. Die broekspype val so weg van die bene af. Besluit net daar sy het die regte plan om my te laat afkoel en gaan haal n sak ys. Tip die sak ys in die broekspyp af. My buurman skrik homself in ander bloedgroep in en vlieg orent en slaan sy voorkop teen die silincer. Bosal is op hom uitgedruk. Dis net ys en  spanners soos hy daar uitkom, hier kom ek heel rustig terug van die tuin en tref my vrou bloedrooi in die gesig en my buurman so te sê katswink op die grond. Op sy voorkop staan in vet letters, lyk of hul daar ingepons is "BOSAL"
  Vir dae het ou Bosal met sy nuwe naam op sy voorkop rondgeloop voor die swelsel gesak het. Tot vandag toe dra hy nog die naam.

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 14/07/2021 - 11:33

Dagsê vriende,
      
               JAN KLIPGOOI.

 Vanoggend wil ek jul n bietjie vertel, dit is nou na aanleiding van die onluste, van ou Jan Klipgooi. Die man het nou sy naam mos gekry sou jy hom vra hoe ver so en so is, dan antwoord hy, ag man dit is n klipgooi van hier af. 
   Nou, ou Jan Klipgooi moes blerrie ver kon gooi met n klip, want Bethlehem en Bloemfontein was ook volgens hom n klipgooi van mekaar af, so twee honderd en vyftig kilometer. 
  Maar eintlik moet n ou hom maar net verstaan, hy is n Suid-Wester. Daar ry die mense sommer lag lag vier, vyf honderd kilometer om vir n Sondag by iemand te loop kuier. En vanaand is dit nog dieselfde afstand terug.
   Ou Jan Klipgooi se naam kom ver terug. Hy het nog by Sarie gekuier daai jare, sy in Windhoek en hy naby Ais-Ais, so sewe honderd kilometer uit mekaar uit. Mekaar mos op n troue daar by Usakos raakgevry. Alles het eintlik met n dans begin. Hy het haar loop vra vir n dans toe hy haar daar in n hoek sien sit het.
   Vertel hy vir my dit was eintlik sy Anglia wat haar daar uit n hoek uit getrek het. Die girls was mal oor sy Anglia, vertel hy. Die het hy weer by ou Gert Langlyn gekoop wat by die sentrale in Keetmanshoop gewerk het.  
    Met die einste Anglia het hy maklik die klipgooi afstand aangepak Windhoek toe om vir haar te loop kuier naweke. Dit is nog iets wat daai mense altyd gesê het, hulle het alles loop doen. In elke sin het hul n loop ingebou. Dit is miskien hoekom ver n klipgooi ver was. Hy het ten minste elke tweede naweek vir haar loop kuier. 
   Later jare is hul getroud, en die Anglia staan nou nog daar oppie plaas in die waenhuis. Wag glo om gerestoureer te raak, vertel Jan Klipgooi.
    Kan jy glo, aanstaande jaar is ons    sestig jaar getroud, ek en my Sarie, sê hy terwyl hy sy pyprook uitblaas waar ons langs die kamvuur sit. 
    Sit nog n paar stompe op die vuur Klein Jan, sê hy vir sy seun, ek het nog n paar goed wat ek vir Jors wil vertel. 
    Sit ons vir n oomblik net vir die vuur en kyk, ruik die hout se rook, luister na die nagstilte van sy plaas en ervaar die heerlikheid daarvan. 
  Ja ou broer, so loop die tyd, sê hy.

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 19/07/2021 - 10:22

Dagsê vriende, 

         SO VET SOOS N VARK.

    Nou waar die oumense aan die speekwoord sta en kom het, wee ek nie. Seker maar omdat n vark lekker vet kan raak. Maar nou dig hul dit mense toe. 
   Sê ek vir die vrou ek is lus vir pap en kaings. Maak ons die aand toe, net dit. Eet ons, ons vingers af. Nou bly daar mos baie van die uitgebraaide vet oor. Die word in n bekertjie gegooi vir die groot sonde die volgende dag.
  Brood met wit botter, sout en peper en n beker koffie. Die wit vet (varkvet) word mildelik aangewend bo op die brood, i.p.v sout hou ek van geelsout (aromat) en dan n swart lagie peper. 
     Nou kyk ou broer, hoor ek die jongklomp praat van nou loop hy oop en toe, dit is toe presies soos wat hy loop, oop en toe. Vir die wis en die onwis het ek maar nog enetjie gevat. Lekker man, lekker sê ek jou. 
    Nou, ek sal nou nie juis sê ek is so vet soos n vark nie, miskien dalk enetjie wat vetgemaak word met so n effens groterige boepens soos hierdie boepensvarkies wat die mense nou in hul se huise aanhou. Kan jy glo, n vark in die huis. Alhoewel, die vrou het al vir my gesê as ons so alenig is ek is n vark, ou neef, jy versta mos nou waarvan ek praat. Gedoriewaar sien ek dit eendag by mense. 
      Man, nou werk die ding eintlik so, die oom sukkel die laaste ruk met lae rugpyne. Sê die vrou sy gaan vir my n afspraak maak by n chiropracter.
    Maar wag ou broer, die oom het baie dinge om te doen vandag, vat mos die karavantjie in om aan te laat werk. Die oom sal jul môre verder vertel van die Ruk en Pluk doktertjie.

Vreugde en vrede vir julle.

?

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 20/07/2021 - 09:17

Dagsê vriende, 

           SO VET SOOS N VARK
                  (NAGEVOLGE).

    Praat ek gister so oor kaings en  varkvet op n broodjie, met sout en peper. Man ou broer, die oom het nou nie geweet die ding gaan so n  reaksie ontketen nie. 
    Dit was nou kompleet vet op die vuur. Ouens vertel hul het daarmee groot geword op die plaas. Ander eet daai broodjie met goue stroop. Nog ander, met wildsbiltong. Die meeste sê met n glas melk is hy heerlik.
     Maar laat ek verder vertel. Die ouvrou het toe mos vir die oom n afspraak loop maak by die chiroprakter. Ek meen nou so saam met die laerug pyn saam.
   Vra wat dit kos, dan kry jy al klaar n antwoord wat nie sin maak nie. Eerste besoek R580, volgende een R450. Nou smaak dit my die ding word goedkoper hoe verder jy gaan. 
    Daar gekom, op tyd. Nou weet ek nie lekker nie, dit lyk my om te sit en wag is deel van die behandeling. Dan sit jy op die boud, dan change jy na daai boud. Dan sit jy maar weer op altwee. Netnou herhaal jy dit weer. Seker omtrent so n vyftien kere se herhalings. Gelukkig nie vir te lank nie. Kom daar n tannie daar uit en so al pratende met die kantoordame hoor ek net sy sê, alles aan my is nou losgeskut, my bra en valstande voel hoeka nie of hul meer reg sit nie.Tot die ou pasaangeertjie voel of hy geskuif het. Voel kompleet of hy nou los hang aan sy se draad hier binne my maag en soos n boodtjie rond dobber op n rowe see. Dit is nou soos wat die maag, doenig is hier binne, hoor ek haar sê. 
   Toe weet die oom, hierdie gaan nie speletjies wees nie. Nou is hul daar in met my. Kom die Dr daar in, so n maergat omie, hy beat my met n paar jare. Sê, trek maar jou baadjie, hemp en skoene uit, maak jou broek los dan gaan lê jy op die bedjie op jou maag, beduie daar na so n snaakse smal kontrapsie van n bed. Ek is nou terug sê hy terwyl hy jou n bietjie privaatheid gun. Dan begin jy nou uittrek. As jy nou n ou magie het soos ek, dan kan dit nogal n proses wees. Tas na die belt se buckle om diè eers te laat skiet. Al baie keer gewonder oor die ding, n zip. Hoekom kan hul nie die ding n knop aansit soos blinders as jy hom wil op of aftrek nie. Hul loop maak hom met so n ou fyn plat dingetjie wat jy sukkel om raak te vat. Naderhand voel jy lus en strip skeur hom oop. Hoeka gister so gevoel toe ek van die dorp af kom en vinnig by die badkamer moes kom. Die slim ouens kan gerus aan n remote control zip begin dink vir ons ouer mense.
   Waar was ek nou weer, o ja, by die doktertjie. Nou sta ek die bedjie en kyk. Hy het sewe los dele. Waar is bo en waar is onder? Sien twee sulke langerige kussintjies by die een kant, so in die lengte van die bed. O ok, dit moet die kopkant wees,  jy lê met jou wange so op die kussinkies en jou neus nou in die gleuf. Nogal so n doekgedoente daar vir higiene. Dan is daar n bedgedeelte vir jou bors en maag. Dan n oop gedeelte en weer n bedgedeelte vir jou heupe en bene. Weer breek hy by jou maermerries en dan weer so n stut vir jou voete. Hier onderkant jou kop regoor jou skouers is daar weerskante van die bed twee sulke armrests, nou hang jou arms so af en rus jy met jou elmboë en voorarms op hulle.
    n Ongemaklike bedjie wat eintlik heel gemaklik lê, ek sou hom miskien net n bietjie breër gemaak het vir ons ouens wat breër van postuur is.
    Kom die mannetjie terug, trek jou los broek so effens af dat hy by jou lae rug kan kom. Trek met sy vinger so n denkbeeldige lyn met jou ruggraad af, dan is dit kompleet of hy werwels tel, so van onder af. Druk so ligweg weerskante van die werwels. Hmmmhh sê hy en gee so n lang fluit. Dieselfde nou die dag gehoor by n mechanic toe hy aan my bakkie se enjin moes werk. As n mechanic dit doen moet jy weet daar is groot moeilikheid. My n hangse klomp geld gekos om die ding weer reg te kry. 
        Hy trek sulke ander kontrapsies op wieletjies nader. Voel ek daar is hitte, sê hy ons gaan hom net eers warm maak met die lig. Weer sê hy, ek is nou nou terug, laat hy net eers warm word. Voel kompleet of ek nou op n verhoog is, soos die ligte so op my skyn. Later gaan oplees oor die ligte, infrarooi, sê hulle. Hy maak glo diep warm, seker soos n microwafe. Nou lê ek daar en wag en ek dink aan die broodjies met die varkvet, sout en peper. 
  Op plattelanse dorpies is baie dokters praktyke in ou huise ingerig, so is dit ook in hierdie praktyk. Skep eintlike n heerlike huislike atmosfeer. 
   Met die wat ek nou daar lê ruik ek bacon bak, dit bly darem n ding wat jou lekker honger kan maak. Dit en roosterbrood. 
    Ou broer, voel ek ek raak nou warm, hierdie bacon reuke kom van my af. Was jy al by n speenvark spitbraai, nou net so, net so het ek gevoel. Kom hy terug, vat die ligte weg, voel voel so, hy is nou lekker warm, sê hy. Was eers lus en sê, hy is nou meduim gaar maar bly eerder stil. 
    Weer trek hy n denkbeeldige lyn, tel so boontoe en druk weerskante, druk hy vir jou daar n ding raak ou broer, weet nie of ek moet bly wees of huil omlat hy hom gekry het nie. Nou sit hy n vibreermasjien op my, dan vibreer hy my die kant van die bed toe, en net voor ek afval vibreer hy my weer terug. Dan stoot hy hom op kop toe dat ek voel my kop is van die kussinkies af, kom hy weer af met hom todat my kop weer op die bed is. So skut hy nou vir my daar op daai smal bedjie heen en weer. Sit hom naderhand af en sê, nou kan ons begin. 
     Maar wag, die oom gaan nou eers koffie vir my en die tannie maak, ek sal jul môre verder vertel.

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 21/07/2021 - 09:25

Dagsê vriende, 
 
      VARK KAIINGS EN VARKVET.

    Ek is nog besig om jul te vertel hoe ek met pap, kaiings, varkvet op tuisgebakte brood en dan, nie vetmakende sout en peper met laerug probleme sit.
   Eindig toe mos op by die maergat chyropracter. Gister vertel hoe hy my rug warm gemaak het met sulke rooi ligte, lyk kompleet soos van daai waarmee hul die braaikuikens grootmaak. Hulle hang mos so oor die hokke. Gee lig en warmte en maak glo dat hul meer vreet tyd het, ek praat nou van die braaikuikens. Word hul dan nou vir jou spekvet, die goed. Vreet dag en nag.
   Maar voor jul nou dink ek lyk so van vreet, kom ek vertel jul verder. Sê die doktertjie jou rug is nou lekker warm en maseer my laerug  met so n gedoente wat vibreer. So het hy my nou met daai masjien rondgestoot op die bed, van die een kant tot die ander kant.
    Begin hy toe spiere daar raakdruk en manipuleer. Kyk hy is goed die mannetjie, hoe hy die goed raakvoel tussen al daai vetrolle, wee net hy. 
   Dan laat hy jou op jou sye lê, een na die ander, trek en druk hy jou bene en arms, en jy hoor hoe klap die goed hier diep binne jou, trek mos dan jou bene so op dat jou hakskene jou ore kan warm vryf, hier in Bethehem se koue. Laat lê jou weer plat op jou maag op hierdie snaakse bed wat so in dele is. 
   Nou lê ek plat op my maag. Trek hy een of ander Kingpin op die bed uit, hier so onder jou heupe. Nou kan die bed jack knife, so by jou middel lyf. 
   Ou broer, is die oom toe vir jou los, swaai hy daai onderlyf so regs uit, dan sien ek dit lyk kompleet vir die oom of hy hier by my wil verby komme. Swaai hy hom links uit sien ek die selle in die linkeroog. So laat hy my n paar keer so jacknife.
  Nou is jy weer reg sê hy, kom weer volgende week, sodat ons hom net so reg kan hou. Gee n papier met oefeninge. Moet glo my maagspiere sterk kry asook die in die boude en rug. n Bietjie gaan stap sê hy, glo om gewig te verloor. So asof ek nou n vetgat is.
   Stap ek daar uit na die motor toe waar die vrou sit en wag. Man, sal ek jou sê, my heupe is los, my rug voel so lekker. Ek stap sommer weer soos vanmeleë.
   Toe ek inklim, sê die ouvrou glimlaggend, man daai smile is rondom haar gesig, sê sy, "OEEHOE, EK KEN DAAI STAPPIE.......KOM ONS LOS DIE DORP TOE GAAN VIR LATER" 

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 22/07/2021 - 09:52

Dagsê vriende, 
 
  OU BROER, DOP EK N TOETS.

  Ek vertel jul die afgelope tyd van die chyropracter wat my laerug behandel. Stap ek daar uit na die motor toe waar die vrou sit en wag. Man, sal ek jou sê, my heupe is los, my rug voel so lekker. Ek stap sommer weer soos vanmeleë.
   Toe ek inklim, die ouvrou glimlag, man daai smile is rondom haar gesig, sê sy, "OEEHOE, EK KEN DAAI STAPPIE.......KOM ONS LOS DIE DORP TOE GAAN VIR LATER" 
   Klim ek daar in die ou Morrisie in. Ou broer, so opgewonde soos wat n man kan raak, wil nou net by die huis kom. Trap daai moustertjie dat hy sommer so bokspring soos ek da sta en wegtrek. 
    Voet in die hoek is ons daar huis toe. Teen die opdraandes, net so n blouswart rokie by die exhaust gesie uitkom. Stop daar by die huis en ek wil daar gangaf. Sal die vrou my so sta en kyk, hande so op haar se heupe vasgedruk en vra, nou waar dink jy gaan jy nou heen, dit is nou al hoe lank dat ek jou vra, wanneer maak jy die badkamer se teëls klaar. Elke keer sê jy, jou rug is seer. Nou weet ek hy is reg, jy het nou geen meer verskoninkies met my nie. 
 Ou broer, die hele bloemen dag moes ek daar op my se knieë rondkruip om die teëls klaar te kry. 
Werk ek vir my gedaan man, gedaan. Al die planne vergete.
   Man het ek nou n toets gedop die dag. 

Vreugde en vrede vir julle.
Google foto gelee.

.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 26/07/2021 - 12:57

Dagsê vriende,

                SLAGGATE.

  Wat n gemors, ou broer. Dinge verander darem baie hier. Kyk maar nou net na brandhout. Die nuwe Suid A is mos nou besig met n totale ontbossingsprojek. Saag al wat n boom is af vir brandhout. Bakkievragte word hul aangery terug na woonbuurtes.
     Kyk maar hoe kaal raak dit langs ons paaie. Vroeër jare was daar darem gewoonlik n boom of n bos naby as die nood druk. Nou is dit nie meer nodig nie, elke paar tree is daar n longdrop. 
   Nou een dag lees ek van hoe n dronk motoris van vroeër jare uitgeken kon word, hulle het so slinger slinger oor die pad gery. Deesdae se dronk motoriste word glo uitgeken omdat hul regdeur slaggate ry. Nee ou broer, die dinge verander vinnig.
   Gister sê die vrou vir my of ek opgelet het hoe duur het kookolie geword. Ja sê ek, dit is omdat hul dit nou op winkelgange en vloere uitgooi om dinge vir plundelaars moeilik te maak. 
    Moeilik ou broer, moeilik.

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 27/07/2021 - 16:42

Dagsê vriende, 

             OU BROER, KEN JY N    
                STOMPESTORIE?
 
     Sit ons en Wilde Willem een aand so na n braaivleis daar om die kampvuur in die Kruger. Baie ouens sal so na n braai "good night" sê. Nee, huhê, nie ons nie, nee ou broer dan sit ons storie stompe op. Julle weet, daai waarmee jy nog morê oggend jou koffieketel kan kook. Om sulke stompe kom daar stompestories uit. En julle ken mos nou al die oom, as n ou nou kon vrek oor n storie, dan is dit ekke. 
  Wille Willem het n manier met n storie. Hy begin net so vir die wis en die onwis altyd met, "het jy die storie al gehoor, van....." dan val hy weg met hom sonder om vir jou antwoord te wag. Dit is maar sy manier, die aand was dit ook so. Hy vra, Jors, ken jy die storie oor die Fords en die Chefs?......en vertel.

     Hierdie storie kom van baie jare terug toe daar nog groot wedywering tussen die Ford manne en die Chevrolet ouens was. Soos die politiek daai tyd was jy of n SAP of n Nat. Vertel iemand nou die dag vir my dat daar in Winburg, ou broer dit is n klein plekkie, tot vandag toe nog twee NG kerke is. Een vir die Sappe en een vir die Natte. Maar lat ek terugkom by die mousters. 
   Nou ja, daar was drie broers wat saam op n plaas geboer het en hulle het so n ou Chev bakkie gery, man maar die ding was al voos gery en so besluit hulle op n dag dis tyd vir n nuwe bakkie. So ry Sooies, Manie en Sampie in dorp toe die Saterdag. Nou is dit Garage toe vir n nuwe ryding. Motorhandelaars het seker eers so dertig jaar later gekom. Sampie sit agter op die bak want die  lorries daai tyd was smal binne, hulle kon net twee mense voor vat. By die Garage gekom deel die eienaar hulle mee hy het nie n nuwe Chev bakkie nie, sal eers oor drie maande daar wees. Wat nou gemaak, hulle is bevrees die bakkie gaan die terugtog plaas toe nie kan maak nie. Nou stap hulle om na die Ford Handelaar, en ja hy het so Ford bakkie daar maar ai die drie broers is gesoute Chev manne. Sê Manie, manne kom ons maak n draai by die kroeg en dink mooi oor die storie, n mens wil nie n oorhaastige besluit maak nie. Dit raak al hoe later, die manne praat bakkies. Naderhand brei hul die erre in bakkies. Nog later toe stoot hul hul erre en brei hul se esse. Bestel vir elkeen n varsetjie en Manie die oudste sê, dit smaak my ons moet stem. Wragties sal die ander twee vir Manie uitstem vir n Ford, net omlat daar nie nou n Chef is nie.
     Manie is hardkoppig en sê nee, julle het opgeteam, hy soek n Chev. Stap hulle na die Ford handelaar en bekyk die bakkie weer mooi uit, die ding is nogal fancy daar is selfs n skuif venster agter op die cab  sodat jy met die mense binne in die kar kan gesels, op die ou einde val die guns in die Ford se kant. So ry die drie broers terug plaas toe, Manie natuurlik agter op die bak. Glo sy straf omdat hy so moeilik was. Die manne het so botteltjie lafenis vir die langpad voor in die bakkie. Die copilot is ook die kroegman en pass die bottel so deur die skuifvenster na agter vir Manie, dat hy ook sy dors kan les. So kwaad is hulle nie vir hom dat hy uitgesluit hoef te voel nie. Sampie bestuur en die Ford se gatkant is lig op die grondpad en op n draai, daar gooi Sampie die bakkie om, hy rol soos n marble die veld in. Dis Manie ,Bakkie, Manie en stof. Toe die gedoente tot stilstand kom lê Manie daar, nog met die bottel in sy hand, nie eers gebreek nie. Die ander broers storm op hom af en vra, het jy seer gekry ouboet? Nee sê Manie maar ek het julle gesê om die Chev te koop, kyk hoe stof hierdie verdomde Ford bakkie.

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 28/07/2021 - 09:39

Dagsê vriende, 
    
             SOFIA SE SAFARI.
    (n Laatnag stompevuur storie)

     Man, hou ek nou van die program. Dit gaan mos oor allerhande diere en sulke goed. Ja man, dit is op TV.
    Die oom kyk mos nou nie veel TV nie. Vroulief is baie lief vir die Gewende Laan storie op TV, ek luister mos net so na Gewende Laan, die vrou kyk dit elke aand. Alles is so gegewe vir die oom, ander hou weer daarvan. 
    Maar kyk ek nou gisteraand die program Sofia se Safari, interessant ou broer, interessant sê ek jou. Help die ouvrou my reg, sê sy dit is Sofa Safari. Sê ek, maar dan het ek mos reg gelees. Sal sy nou soos n steeks donkie vierkantig vassteek en sê "Whatever". Nou weet die oom al, dan stry jy nie met die tannie nie.
    Laat dit my toe terug dink aan die dae wat ek n spoorsnyer gewees het. Man, kon ek darem nou vir jou n spoor gevat het vanmeleë se dae. 
    Daai dae het ek menige leeus en luiperds se spore gevat en gevolg. Ou broer, as jy nou warm op sy gat is, moet jy versigtig wees. As sy skerp kant omdraai in jou rigting, ou maat, dan moet jy in jou se pasoppens wees. 
   As een vir jou kom, moet jy doodstil staan. Amper soos n soutpilaar. So moes hul die oom kom uitkap die laaste keer, toe het ek besluit ek raak nou te oud vir die gedoente.  Het daai leeus nou vir my kom sta en besproei, glo hulle se gebied kom merk. Al wat bly sta het is ek. 
  Op die oom se ouderdom volg ek nou eerder skilpaaie en slakke. Baie makliker. En ook veiliger.
  So nou en dan, as ek lus voel om n goeie daad te doen vat ek n spoor, hy maak so n swart streep tussen sy twee spore. Nie ver nie dan het ek vir hom ingehaal, kierie en al. Nou wil die oom nie n geveg veroorsaak nie en nou diese ding se naam sta en noem nie. Maar dit is nou n trekvoertuig wat loop sta het. Karavaan en al.  Soos wat die oom maar is, sal ek hulp aanbied. Partykeer moet die vrou slaapplek regkry vir die arme mense, die parte moet glo van Ingland af ingevoer worre.
   Maar weet jy ou swaer, dan voel ek goed la ek iemand in nood ko help. En was hul se nood nou vir jou hoog ou broer. Issie lekker om so langs die pad te loop sta nie.

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 30/07/2021 - 07:42

Dagsê vriende, 

      STUDENTE EN HUL DINGE.

  Ou Jors,sê Wille Willem, vertel bietjie die mense van hierdie ou, maar steeds n lekker storie. Hierdie tipe stories laat my altyd aan Koos Meyer dink wat allerhande studente kattekwaad opgediep het. Studente kan baie stout wees. 
   Hierdie drie pelle het saam studeer op Stellenboch of is dit nou Skelmbosch, iedergeval die drie het met net hulle basvelle deur die eksamens gekom en dit is nou vakansie tyd. Stoffeltjie het in die Transvaal gewoon en hy moes trein haal vanuit die Kaap. So vergesel sy twee pelle hom stasie toe, koop n treinkaartjie. Die stasie meester sê Boetman, die trein is n uur vertraag. Ek kan sien julle jong manne is dors, oorkant die pad is daar n kroegie gaan sit daar, ek roep julle as die trein kom. 
   Die ouens gee nou nie meer om nie, die oom sal hul kom roep. Hulle is toe oor die straat, vaar die kroegie binne, dit gaan te lekker, die voggies vloei en hulle gesels. Nogal ook n heel aansienlike kroegdame wat hul bedien. Na n uur kom die stasie meester en deel hulle mee dat die trein vir nog n uur vertraag is. Nou speel die manne al vuurhoutjies en domino’s en n laat trein is laaste op hulle breins. Na daai uur kom die stasie meester en sê, manne, die trein is hier. Toe hy uitstap sê die manne,  ons moes twee ure wag, nou kan hy n bietjie vir ons wag. Met die gee die trein so lang fluit en die boys besef geen trein wag vir hulle nie. Die klomp peul uit die kroeg, hulle snol, vang nog die guardwa amper op die einde van die peron. Die naaste ou gryp daai handvatsel by die deur en trek hom in, die tweede ou doen dieselfde. Die laaste outjie het sy hand so uitgesteek na sy pelle om hom op te hys toe die peron onder hom wegraak op die einde. Hy val daai groot gruisklippe dat die stof so staan. Die stasie meester kom aangeloop en sê, Jaaaa Boetie, nou is jy lekker in die moeilikheid. Watche moeilikheid oompie, vra die ou? Onche ish almal in die moeilikheid. Daai twee op die trein het my kom afchien op die stasie, ek moesh op daai trein geweech het.
 
Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 03/08/2021 - 19:38

Dagsê vriende, 
  

                  VER STOFPAAIE.

Vrinne vandag vat ek julle terug na die vroeë sestigerjare. Meestal in daai jare, was die paaie mos grondpad gewees. Veral in die boere gemeenskappe was daar net grondpaaie wat die boere met die dorpe verbind het. Hierdie paaie was somtyds so rof, sinkplaat man, vol gate dat die boere moes “sportsman “onderbroeke dra en hulle vrouens daai “sportsvrou bra’s anders was alles wat kon rek tot by hulle knieë gerek en uitgeskud. Dit is toe daar waar die Provinsiale Paaie Departement besluit hulle gaan van daai geel padskrapers kry om die paaie in stand te hou. Dit is hier waar Oom Giepie inkom, hy kon daai masjien operate en hy word aangestel as die official operateur van die distrik waar hy woon. Omdat die afstande groot is wat geskraap moet word, gee die Provinsie ook n karavaan wat hy dan agter die geel monster sleep sodat hy n huisie het waarin hy kan slaap. Mense het mos daai tyd maklik byname gegee aan n mens en so het Oom Giepie toe bekend gestaan as “Stofpad“ Hul het n opgeskote seun gehad wat saam met hom gery het en die man het n paar voete aan hom gehad, man as hy op beesmis trap dan is daai mis plat. So kry hy die naam “Voetpad“.      Oom Gielie se vrou was n groterige vrou en sy kry die naam van “Ompad”, maar seker omdat jy n ompad om haar moet loop weens haar grote. Die gesinnetjie leef nou in daai karavaan wat ou Stofpad so agter sy geel padskaper trek en in die aande sit hulle nou om die karavaan en braai en gesels.  Mense in die kontrei was baie dankbaar vir Oom Gielie dat hy die paaie so mooi skraap en dikwels word hulle oorgenooi om n maaltyd saam met hulle te nuttig. Die een aand sit hulle saam met die boeregesin vir ete aan, man was daai tafel nou gedek, dis skaapkop, gebakte aartappels en wie weet nog wat. Plaas botter en vars gebakte brood, ook op die tafel. Voetpad, die seun, vat n dik gesnyde brood, botter die brood aan albei kante. Nou vra sy Pa hom, Seun vir wat smeer jy botter aan alby kante, sê Voetpad, ai Pa my onderste tande moet ook n bietjie proe hoe smaak botter.
   Tannie Ompad het behoorlik daai aand die tafel skoongemaak. Laataand is Stofpad, Ompad en Voetpad toe daar weg. Die boeretannie sê, mensig my man, die mense kan eet. Hulle het nou behoorlik n pad oopgeskraap deur onse spens.

Ek vra, en toe Wille Willem? Sê hy, Jors, onthou my dat ek jou van sy broer Kortpad vertel.

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 04/08/2021 - 10:10

Dagsê vriende, 

                    KORTPAD.

 Julle gister vertel van Stofpad, sy vrou Ompad en hul een seun Voetpad. En hoe Wille Willem toe gesê het hy sal ons van sy ander seun ook vertel, die sê naam was Kortpad. Hy was n ou wat altyd n kortpad gesoek het. So vertel hy toe voort.
    Soos julle al weet was ou Gielie (Stofpad) die distrik se gekose padskraper, met daai geel CAT skraper het hy die grondpaaie gelyk gemaak. Hy het twee seuns ,Voetpad en natuurlik Kortpad. Kortpad het so klein probleempie gehad, soos die ou mense sou gesê het, die hyser het nie tot die boonste verdieping gegaan nie. Hy het halfpad vasgesteek. Nou nie eintlik n êrenstige kwaal nie, maar Kortpad was n stadige denker en in vandag se wêreld moet daai brein kan loop op al ses silinders. Hy doen aansoek by n Meganiese Engineers plek vir werk as “ Appy “ maar sommer gou het die Base besef Kortpad en masjienery werk nie saam nie, toe sit hulle hom as stoorman in die Tool Workshop. So het een van die ouens toe later vertel van die spesifieke dag. Daar het Kortpad nou uitgeblink en elke etensuur kom sit hy saam met die vakmanne en bollie praat. Een van die manne het n nuwe “Tazer” gekoop van n Chinese Mark, hy was nie seker of die ding werk nie maar niemand wou hom uittoets nie. Die middag ete kom Kortpad soos gewoonte by die manne sit en die man se vir hom, Boetie ek gee jou R100 as jy die tazer teen jou been druk en die sneller trek. Kortpad loer na die ander manne maar hulle staar die vertes in, maak of hulle niks gehoor het nie. Okay sê Kortpad, maar gee eers die R100. Die transaksie het plaas gevind, nou sit Kortpad op die bankie voor die tafel, kortbroek met sy “ Safety “ skoene aan en druk die tazer teen sy been en trek die sneller. Dit is net een hangse weerligstraal. Manne wat nie daar was sou nie glo wat daai dag gebeur het nie. Toe daai Chinese elektrisiteit hom vat skop sy bene stokstyf en die tafel voor hom vlieg die lug in tot teen die eetkamer se dak. Die manne se kosblikke hang so in die lug. Sy “ safety boots “ vlieg deur die venster, jy hoor net glas breek en vanaf sy sittende posisie doen hy n agteroor summersault soos n sirkus performer en slaat sy kop op die vloer dat jy net sien hare waai.  Sy oë is soos pierings en die kuif hang in sy oë. Sy tande klap op mekaar soos n berghaan in paringstyd. Die manne lawe en paai, moet sê ons het groot geskrik,  gedog dis bokveld toe met Kortpad maar na hy so rukkie gelê het, het hy opgestaan asof niks gebeur het nie. Die volgende dag kom Kortpad met sy Ma Ompad na ons werk toe, die manne raak so een–een weg, natuurlik bang vir Kortpad sê ma, daai auntie was groot hoor. Maar eintlik het sy ons net kom bedank dat ons haar seun onder ons vlerk geneem het en hom soos n normale persoon behandel het. Van daai dag af, was Kortpad bederf deur die manne, daar was altyd n ietsie soettand vir hom in hulle kosblikke. 

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 08/08/2021 - 10:17

Dagsê vriende, 
  
          NEGATIEF VS POSITIEF.

    Nou dink almal wat gaan vandag met die man aan. 

    Kyk,  jy kry darem vir jou negatiewe mense in die lewe. Het jy al so iemand geken? Alles wat hy sien is negatief, selfs die dinge van die toekoms lyk alles vir hom negatief en donker. 
  Ek is n positiewe ou en probeer dus om die sulkes te vermy. Hulle kan jou ingesteldheid verander. Hul is mal daaroor om ander in hul afwaartse draaikolk die donkerte in te trek.
  Veral nou met die vlermuissiekte is daar baie van hulle. Dit smaak die oom die vlermuise het in hul koppe loop nesmaak.
   Vertel n vriend my nou eendag van die petalje. LS sê n welaf boer kontak hom. LS is ook in die boerdery bedryf. Die man sê hy staak sy saaiery en vra of LS nie sy reeds aangekoopte bemesting wil oorneem nie. Terseldertyd pak die man uit. Alles wat sleg is kom uit. Die land se toestand. Swak landboutoestande. Die hoë insetkostes. Die Bybel word ook ingebring. Die eindtye. 
   Ou broer, die dinge lyk nie mooi nie. Daar is geen toekoms nie. 
   Terseldertyd bly hy n poging aanwend om sy bemesting te verkoop.
  LS sê vir my, toe maak die ding vir hom nie sin nie. Hy vra, nou oom, as ons nou die goed koop, wat gaan jy met die geld (n aansienlike bedrag)maak. Ou maat, toe kon jy vir LS met n veer omtik.
    Ek gaan vir my nog n lorry koop vir my transport besigheid. 
  LS dink toe by homself. Die wiele sal bly draai, tot die einde toe. Hoe vinnig? 
Hang van jouself af. 
Skitter jou wiel se speke soos toe ons kinders was?
Hang van jouself af.

Vreugde en vrede vir julle.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus