Kom ons plaas hier foto's van die Orpen web-cam.

Orpen se Web-Cam Foto's
Daai renosters is mooi, ek…
Daai renosters is mooi, ek sien hulle het nog horings.
Waterbokke is nie skaam vir die kamera nie, draai selfs sy rug op ons.
Willem....
Willem, watse ge-"oom" is dit nou skielik ? Ek het nie beswaar dat die nat-agter-die-ore ouens vir my Oom sê nie, maar jis...................is dit nou omdat ek 70 geword het ?
Vandat die nuwe web cam inwerking is, boer ek op die webblad, maar was nog nie so gelukkig soos jy nie ! Mooi gekliek !
Ok, ek het weer iets gesien…
Ok, ek het weer iets gesien.

watse ge-"oom"
Sien nou het ek jou aandag weer op die SANPark web-cams ![]()
Groot kuier na die bokkies…
Groot kuier na die bokkies se skoonskip ![]()


3 Van die Groot 5 in een…
3 Van die Groot 5 in een maand by een water gat.
Dankie Willem............
Dis ten minste 'n baie beter skouspel as vanoggend !
Aha !
Aha, my beurt moes ook kom ! Kyk wat kry ek vanaand - 4leeus drink water aan die linkerkand van die dammetjie en 'n renoster aan die regterkant. Daar was ook 'n foto met twee renosters, maar voor ek kon kliek is dit weg. Kyk maar na die tye van die fotos - dit is so te sê gelyktydig. Op die laaste foto is almal saam, die leeus aan die anderkant van die dammetjie.



Pragtig Len en daar het ons…
Pragtig Len en daar het ons nou 4 van SA se Groot 4 by een watergat in een maand.
Hulle kom soek iets te drink…
Hulle kom soek iets te drink vir die hitte.

En skierlik is daar baie.

Kyk hoe mooi staan hulle in …
Kyk hoe mooi staan hulle in 'n ry.

Willem.............
.....fantasties Willem ! Behalwe dat die zebras mooi in 'n ry staan, hulle weerkaatsing in die water is treffend.
Hierdie........
Hierdie Orpen drinkplek is baie besig met 'n groot verskeidenheid wild wat daar kom water drink. Ons kampeerders behoort eintlik tyd af te staan om in die kamp onder die bome te gaan sit en vir 'n hele ruk te wag vir hierdie skouspel om te kom afspeel. Kort voor lank gaan een van die roofdiere nog hier 'n prooi plattrek.
die ou het na die lang vlug…
die ou het na die lang vlug gou geland vir iets koud.










Orpen se Web-Cam Foto's
Ek wonder hoekom plaas Oom Len nie meer SANParke se web-cam foto's nie want hy was altyd die een wat vroeg en laat die skaars wild sien. Wel ek het die nou-nou gesien.