Uit en tuis!!!
Middag vriende
Ons het gister veilig terug by die huis gekom. Ons het gelukkig geen negatiewe insidente of ongelukkies oorgekom nie. Sommer so 'n paar los punte, die fotos sal mettertyd geplaas word;
1] die pad via Tzaneen-Gravellotte-Mica-Swadini sleep soos 'n droom, dankie aan almal wat dit aanbeveel het.
2] Swadini bly 'n netjiese en lekker plek
3] Maroela bly 'n goeie roep vir enkel aand oorstaan. Die stortdeure en gordyne moet net plekke ruil, dan is die ablussie piekfyn
4] Balule bly maar lekker. Daar tref ons 2 dae baie son en warm[32 C], en sonpanele werk alte lekker. Die 2 National Luna kry die battery nie pap nie. O wee, en daar verdwyn die son vir 3 dae dik bewolk. Wat 'n gespook om batterye darem bo 50% te hou.Ons het later maar die NL's afgeskakel.
5] Skukuza was aangenaam, bloot omdat ons sommer by eerste kamp gedeelte 'n plat staning kon kry. Ek is gladnie beindruk met die woonwapark en die uitleg nie. Dis baie skuins en ongemaklik. Met God's genade ontwikkel my vrou daar toe 'n allergiese reaksie vir die malaria pille. Slaan knoppe uit, jeuk verskriklik en lugwee wil toetrek. Gelukkig is daar mos 'n inwonende dokter wat die nodige inspuitings en pille kon voorskryf.
6] Berg en Dal--wat 'n lekker netjiese kampplek. Staanplekke is plat en toegang is maklik. Die elektrisiteit toevoer van 10 amp is uiters swak, mens "trip" maklik die stroombreker. Ai tog die storte se uitleg is 'n suksesvolle mislukking. Gelukkig is die water darem warm.
7] Die N4 huistoe is 'n riller. Daar word omtrent vanaf Sappi tot by Belfast aan die pad gewerk. Lang dele is gewone 2 rigting verkeer.
8] Dis nie lekker om vakansie te hou as mens die heeltyd bekommer of mens brandstof terug huistoe sal kry nie. Die onluste het 'n erge demper op die genot geplaas.
Welkom terug julle! Ek is…
Welkom terug julle! Ek is bly alles het goed gegaan. ![]()
Ai Weesel !
Kan nie glo julle Wildtuin tydjie is so vinnig iets van die verlede nie. Dankie vir die terugvoer en ons wag geduldig vir die fotos.
Verandering van kampe
Môre vriende
Ek was jare gelede [ongeveer 1995] in Skukuza en Berg en Dal, en in 2010 laas in Balule. Ek het Skukuza gladnie herken nie, Balule lyk ook baie anders, sekere bome is weg, en ander het baie groot geword. Daar kort 'n goeie snoei van die bome. Die sirkel paadjie is omtrent toe gegroei met lae takke. Ek weet nie hoe Len met sy Exclusive sy draaie daar gekry het nie.
Slegs B&D lyk nog wat uitleg aanbetref dieselfde.
Nou gaan ek op tone trap---daar is beslis 'n ander tipe besoeker deesdae in die wildtuin, veral wat lawaai aanbetref. Kinders word toegelaat om steurend te lawaai, en volwassenes, veral groepe respekteer nie meer ander kampeerers nie. Ek wil nie in die wildtuin getrakteer word op uit volle bors gesingery nie !!! Ek wil die natuur geluide hoor. Dalk gaan die lawaai gepaard met die feit dat dit skoolvakansie was
Welkom terug Wessel
My ma is in Phallas amper 50 jaar sy en my jongste broer was laasmaand vir n naweek by Letaba as basis punt sy se wiltuin kort n reg ruk as dit kom by instandhouding
Daar het jy dit nou !
Wessel, lyk vir my ek is die uitsondering op die reël wat my mede-kampeerders gun dat hulle hulle Wildtuin-vakansies geniet soos hulle dit graag wil doen. Ek verkies ook stilte en rustigheid, maar my medemens dink dalk anders.
Jy is nie alleen in jou denkwyse nie en jy het beslis die steun van ChrisB en ChrisWH. Ek wil julle graag steun want dis soos ek ook voel, maar ek sukkel met nostalgie, hoe goed die goeie tye in die verlede was in vergelyking met vandag want dit druk mens af grond toe.
Wessel ..
... na aanleiding van jou opmerking oor die snoei van bome in Balule.
Ek kom dit al vir 'n tyd lank agter, maar vanjaar was dit nog erger. Ek praat van die stelselmatige toegroei van sommige teerpaaie vanaf die kante. Op sommige plekke is die sodanig dat twee voertuie beswaarlik bymekaar kan verbykom sonder om gekrap te word, tensy een van die partye stilhou.
Ek het dit veral opgelet in sekere dele van die mopanie-areas waar jong mopanies letterlik op die rand van die pad groei en sytakke oor die ryvlak groei. Die teeroppervlakte word ook plel-plek opgebreek deur boomwortels (selfs graswortels).
Plek-plek tussen Onder-Sabie en Krokodilbrug is die teerpad ook baie toegegroei. Dit is baie duidelik dat belangrike onderhoud op die teerpaaie deesdae agterweë bly. Seker maar die geykte tekort aan fondse.
Ek was darem baie bly dat van die gruispaaie nog gereeld geskraap word. Ons het meer as een keer die padskraper teengekom.
Ek deel jou siening oor Skukuza se kampeerterrein. Soms is jy baie gelukkig om 'n gelyk staanplek te kry. Maar met my geluk kon ek nog nooit daarin slaag om (tydens my drie keer se kampeer daar) 'n lekker staanplek daar te kry. Ek het deur die kampeerarea gery toe ons my dogter by Skukuza lughawe gaan haal het. As ek op daardie dag daar 'n kampeerplek moes soek sou ek maar weer die kort strooitjie getrek het. Een ding moet ek egter toegee - Skukuza se ablusiegeriewe het uiters netjies voorgekom.
En ja - die ou wat Berg-&-Dal se ablusies aan die manskant ontwerp het moes beslis een of ander imbesiel gewees het. Waar kan jy storthokkies ontwerp waar jy deur een storthokkie se aantrekgedeelte moet loop om by die volgende storthokkie uit te kom.
Dalk was hy....
Middag Chris
.... 'n baie agtermekaar ou!!!
Dit werk sekerlik vir 'n pa wat sy klein seuntjies saamneem om te stort.
Swadini omgewing
Soos julle weet het ons in Swadini begin. Dit bly 'n ongelooflik mooi omgewing, en die kampterrein is uit die boonste rakke.
Ons het sommer by blok 2 gestaan vir die 2 aande.
Balule vir 5 aande
Na Swadini is ons by Orpen hek in, 'n aand in Maroela gestaan, en toe Balule toe.
Ten einde maksimum son te hê, het ons aan oostekant gestaan, staanplek 11[?]. Dit het gewerk totdat die bewolkte weer oorgekom het.
so lyk my plakkerskamp.
Diertjies raakgeloop
Howel die wildtuin steeds ruig is, van Balule tot onder uit by Berg en Dal, was ons gelukkig om die groot 5 te siene te kry.
Ons het in 2 ure se ry om B&D vier van die groot 5 raakgeloop.
Die geveerdes
Ons stop ook vir die geveerdes, die beterhelfte vir die kleineres, en ek hou van die groot menere.
My glipsie in Balule
Hoewel ek geen teenspoed of skade gehad het nie, het ek 'n sware les geleer in Balule.
'n Wa staan nie stil op die geel-trapblokke nie! Ek het die gewoonte om voordat ek afhak, eers seker te maak die wa is waterpas oor die wiele. Indien nie, trek ek dit met die trokkie op die trapblok, en pak klippe voor/agter die wiele.So gemaak, en met afhak, loop die wa skuins, en trek die verdomde noodrem kabel tot breekpunt styf. Wat 'n gesukkel om dit los te kry.
Ek het vandag omtrent 'n uur gespook om die ring wat die kabel aan die wa heg, weer ordentlik toe te buig.
Die les is----ontkoppel alle kabels voordat jy afhak.
Mooi fotos en laat my sommer…
Mooi fotos en laat my sommer terug verlang na ons tyd daar.
Lekker Wessel
Die wildtuin bly maar 'n lekker plek - al kom ons agter dat die bestuur, onderhoud en netheid by sommige plekke baie te kort skiet.
Dankie.....
Dankie Wessel vir die baie mooi fotos en vertellinge.
Balule : In die geval van my ongelukkie by Balule sou ek geen skade gehad het as die noodremkabel nog aangehaak was nie - dan sou die Exclusive nie in die boom vasgeloop het nie. Ek het saam met my geel trapblokke ook twee stut-blokkies gekry - dit plaas ek gewoonlik voor en agter die anderkantse wiel om beweging af van die trapblok te voorkom. Ek trek nog ook die handrem styf op en sorg dat "mover" rollers ook gesluit is teen die bande. By Balule het ek vergeet om dit te doen ! Ons het in die suid-oostelike hoek gestaan sodat ons kampvriende se Bushlapa genoeg son kon kry vir die sonpanele. Dit moet naby julle staanplek gewees het.
2022 : Ons gaan volgende jaar net by drie kampe staan, Pretoriuskop, Ondersabie en Berg & Dal. Ek sien dus baie uit na 'n heelwat beter wildbesgtiging trippie (soos getuig oor julle sukses by Berg & Dal). Die simpel storthokkies behoort nie te pla nie, want teen daardie tyd sal die nuwe geyser van ons eie stort inwerking wees. Berg & Dal het twee ablusies - het julle by die verste een, dieper in die kampterrein aan die linkerkant gestaan ?
Lekker!
Julle was omtrent gelukkig met die wildbesigtiging! Die Suide is mos maar so, dis net die erge mensbesigtiging daar binne seisoen wat my afsit. Hoe was dit gewees?
Ek dink ek het my gunsteling omgewing in die wildtuin gevind, maar sal later meer daaroor vertel na ons toer. Nou geniet ek nog eers elke oomblik.
Staanplekke
Môre vriende
Balule: Ek het aan Ooste kant gestaan, daar was eenh staanplek tussen myne en die Suid-Oos hoek staning.
Berg en Dal: Ons het gestaan by die 1ste ablusieblok, aan linkerkant, net soos mens die woonwapark inry. As ek terugdink is daar ook ene regs, en dan as mens tot heel agter ry, af met die skuinste, is daar 'n derde ablusieblok. Daar kan mens heerlik teen die draad staan.





Ek hoop julle toer en kamp…
Ek hoop julle toer en kamp nog lekker? Dit as amper weer tyd om die N4 te vat terug huis toe. Veilig ry asb!