Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -7 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -15 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -15 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -17 hours ago

Ons avontuur begin rigting kry

Secunda
Profile picture for user Sleep nou
Submitted by Sleep nou on
Forums

Van klein tyd af is ek die een in ons familie wat net veld / bos toe wil gaan nog nooit so gevoel oor die see nie en het so baie alleen as kind naweke in veld gegaan tot vandag as ek kans kry wil ek dit doen my drie meisiekinders is maar see mense so ons was baie lang naweke en vakansies by die see so ek gaan my eie youtube vlog begin waar Berdien my gaan help my bakkie se canopy sit ek middel September op RTT en awning voor desember op solar klaar reg moet net controllers kry vir laai van battery tot battery en solar as ek kamp en nie beweeg nie gelukig is Anton en ander hier wat ek nou baie al geleer het oor die onderwerp die plan is om middel volgende jaar by vlog te begin sy naam gaan wees ( A long time coming adventures )  my Hemelse Vader gee my die tyd om te doen wat ek so graag wil doen en terwyl ek dit doen sien julle en ander waar ons toer en hoe dit is nou vra julle maar waar gaan jy heen ek gaan so paar plekke noem en van hulle ken julle en was al daar Richtersveld,  Klein Pella, Riemvasmaak,Springbok , Namaquwa 4x4 roete ,  Verneukpan Namibia , Oom Paul se tuin , Tshipize ,Swadini, Kyleu Bushcamp en nog sovel meer ek en Berdien sien regtig uit om dit te doen ek gaan n foto plaas wat die begin gaan wees van soveel fotos en youtupe vlog ( videos ) mooi loop

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 08/08/2021 - 20:23

Shaun ek ken daai gevoel, die see het my nog nooit getrek nie,  gee my liewer bosse, bome, blink water strome en watervalle en ek is in my element.

Kan nie wag vir jou stories nie, wanneer beplan jy om te begin, klink my jy gaan in die winter beginyes

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 09/08/2021 - 07:42

Seker omdat ek my lewe lank in 'n finansiële omgewing gewerk het, is balans in alles wat ek doen vir my belangrik  -  (die debietkant moet altyd klop met die kredietkant !)

Dis ou nuus dat ek gek is oor die Kruger Wildtuin en Kgalagadi (ek weet baie ouens trek hul neus op dat dit nie werklik 'n bos-ervaring met my teerpad karavaan is nie, maar ek dink tog so), maar ek is netso lief vir 'n seevakansie, in ons geval by byvoorbeeld Hartenbos, Yzerfontein of Leentjiesklip.  Dan is dit netso heerlik om soms by vakansie-oorde soos Eiland Spa,  De Voetpadkloof, Buffelspoort, Montagu, Kleinplaas in Oudtshoorn, Skurwekop ens. te kamp.  Dis nou waar die "balans"-ding inkom.

Shaun, gee vir ons 'n definitiewe datum waarna ons kan uisien wanneer hierdie avontuur kampering begin.  Sê ook 'n bietjie waar pas die pas aangekoopte Swing in (of is dit nou 'n Spash ?) want jy praat net van die bakkie-kappie, solarpanelle, batterye, ens.   Sê ook sommer wat is 'n "vlog" en verskoon my onkunde in dié verband. 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 09/08/2021 - 08:48

vlog

As ek op my sleutelbord kyk is die "V" reg langs die "B" so volgens my is die dan "blog" waar hy hulle toere gaan plaas.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 09/08/2021 - 10:59

Middag vriend

Julle gaan omtrent besig wees met verkenning, gaan julle ooit grond raak tuis.

Grappies op 'n stokkie, oorweeg julle dit om permanent te kampeer, of gaan julle, julle huis as basis behou. Baie duidelik gaan julle wissel tussen die woonwa en slegs 4x4 solo.

Moet tog nie vergeet van die wildekus en dan ook Baviaanskloof, Sederberge nie.  

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 09/08/2021 - 11:33

Wessel ons gaan agter my huis intrek in woonstel en huis uit verhuur ons sal net tuis kom draai om voertuig en wa te diens ja ons sal seker so 8 maande n jaar toer verseker n vriend van my gaan saam om ons die Baviaanskloof te besoek ,Sederberge ook op my lys Len met die Swing gaan ons die normale kamp plekke doen Eiland een maand , Loskop dam , Swadini n maand  devoetpadkloof ook vir n maand ons gaan so 60 % in die boendoes en 40 % gewone kamp soos Wessel tereg se ,Willem jy is reg blog ek blonde oomblik cheeky Weskus ennie Noord Kaap is so twee maande toer aan een hopelik kan ons Oktober volgende jaar begin ek spaar nou vir my water tenk en n tweede petrol tenk en dan laaste laai rak systeem waar ons klere gebere gaan word dan kan ons die pad vat Johann dit lyk ook of ons innie winter gaan begin dan sal ek seker innie noorde wees dankie vir julle belangstel

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus