Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Veilig tuis ??? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 minutes ago
Triton -Honda- Nissan Alternatiewe sleepvoertuie Wessel Strydom -1 hour ago
Goeie nuus Verskoning Rona du Plessis -2 hours ago
Vir Maurits Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Dankie......... Verskoning Len Loader -3 hours ago
Maurits... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago

Loafa Stoele

PRETORIA
Profile picture for user Leeutemmer
Submitted by Leeutemmer on

Dit lyk my Loafa bestaan nie meer nie. Is hier miskien iemand of weet van iemand wat kwaliteit oortreksels vir die stoele kan maak. Ek bedoel selfde kwaliteit materiaal as die oorspronklike.

Dankie julle

Groete

Willie.

Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 17/08/2021 - 10:00

Môre vriende

Ek het ook 2 sulke stoele gehad. Mensig, dis seker die lekkerste stoele vir lui-lekker ontspan en slaap. Myne se material was gewone denim.

Bekleedsel plekke behoort jou te kan help.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 18/08/2021 - 11:04

Ek het na ons Loafa Stoele hierdie gekoop hou nou al vir jare.

.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 18/08/2021 - 13:52

Middag vriende

Myne het nie soos die in foto hierbo gelyk nie.

Die oorspronklike Loafa's was uit 'n pypraam wat net toevou. Die hoek tussen sitvlak en rug gedeelte was verstelbaar met bande. Die bande het omtrent soos sitplekgoedels gelyk, swart in kleur, met metaal stelringe.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 18/08/2021 - 15:40

Wessel, ek weet.  Ek het ook daai Loafa stoelle gehad maar die vooerste pyp het my gepla toe koop ek van daai waarvan ek die foto geplaas het.  Daai kan die rug ook so 4 merke agtertoe verstel en hy sit vir my meer gemaklik.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 18/08/2021 - 15:52

Ek het oorweeg om ook sulke stoele soos Willem te koop, want die kinders het nou ons stoele oorgeneem en Salomien hou nie van die waarop hulle eers gesit het nie. Ek het egter tydens ons afgelope toer in die wildtuin agtergekom dat ek bitter min sit by die wa. Ek staan meeste van die tyd, en dis vir my lekker. Veral as mens braai is jy (of ek altans) meestal op jou voete, en braai en kampeer is mos sinoniem. Dalk wanneer die kinders groter is en ek weer rustig ‘n boek kan sit en lees sal ek vir my ‘n gemaklike stoel aanskaf. 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 18/08/2021 - 16:20

Middag Willem

....presies daai stoele. Sit baie lekker, maar werk  nie by 'n tafel nie. Ek trap daai voorste pyp vas, as ek wil nader skuif, stamp dan die tafel, rooiwyn glas kantel om, vleisbord gly van tafel af, en geduld trek skoon skeef. laugh 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus