Dit lyk my Loafa bestaan nie meer nie. Is hier miskien iemand of weet van iemand wat kwaliteit oortreksels vir die stoele kan maak. Ek bedoel selfde kwaliteit materiaal as die oorspronklike.
Dankie julle
Groete
Willie.
Loafa Stoele
Ek het na ons Loafa Stoele hierdie gekoop hou nou al vir jare.

Loafa stoele
Middag Wessels, blykbaar is dit nie gewone denim materiaal nie. dit is `n baie sterk ingevoerde denim.
Ander Loafa
Middag vriende
Myne het nie soos die in foto hierbo gelyk nie.
Die oorspronklike Loafa's was uit 'n pypraam wat net toevou. Die hoek tussen sitvlak en rug gedeelte was verstelbaar met bande. Die bande het omtrent soos sitplekgoedels gelyk, swart in kleur, met metaal stelringe.
Ander Loafa ...
Wessel, ek weet. Ek het ook daai Loafa stoelle gehad maar die vooerste pyp het my gepla toe koop ek van daai waarvan ek die foto geplaas het. Daai kan die rug ook so 4 merke agtertoe verstel en hy sit vir my meer gemaklik.
Sit vs staan
Ek het oorweeg om ook sulke stoele soos Willem te koop, want die kinders het nou ons stoele oorgeneem en Salomien hou nie van die waarop hulle eers gesit het nie. Ek het egter tydens ons afgelope toer in die wildtuin agtergekom dat ek bitter min sit by die wa. Ek staan meeste van die tyd, en dis vir my lekker. Veral as mens braai is jy (of ek altans) meestal op jou voete, en braai en kampeer is mos sinoniem. Dalk wanneer die kinders groter is en ek weer rustig ‘n boek kan sit en lees sal ek vir my ‘n gemaklike stoel aanskaf.
Het ook ....
Middag Willem
....presies daai stoele. Sit baie lekker, maar werk nie by 'n tafel nie. Ek trap daai voorste pyp vas, as ek wil nader skuif, stamp dan die tafel, rooiwyn glas kantel om, vleisbord gly van tafel af, en geduld trek skoon skeef.





Denim materiaal
Môre vriende
Ek het ook 2 sulke stoele gehad. Mensig, dis seker die lekkerste stoele vir lui-lekker ontspan en slaap. Myne se material was gewone denim.
Bekleedsel plekke behoort jou te kan help.