Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
losstaande raam... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -3 hours ago
Neef Herman Braai met 'n Weber Geert -3 hours ago
Vordering met die Triber se Kamp-aanpassings Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -4 hours ago
Uit 'n ander hoek Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -4 hours ago
Dis hoe die rallytent twee… Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -4 hours ago
Triber se dakspore is baie swak Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -4 hours ago

Loafa Stoele

PRETORIA
Submitted by Leeutemmer on

Dit lyk my Loafa bestaan nie meer nie. Is hier miskien iemand of weet van iemand wat kwaliteit oortreksels vir die stoele kan maak. Ek bedoel selfde kwaliteit materiaal as die oorspronklike.

Dankie julle

Groete

Willie.

Môre vriende

Ek het ook 2 sulke stoele gehad. Mensig, dis seker die lekkerste stoele vir lui-lekker ontspan en slaap. Myne se material was gewone denim.

Bekleedsel plekke behoort jou te kan help.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 18/08/2021 - 11:04

Ek het na ons Loafa Stoele hierdie gekoop hou nou al vir jare.

.

0

Middag vriende

Myne het nie soos die in foto hierbo gelyk nie.

Die oorspronklike Loafa's was uit 'n pypraam wat net toevou. Die hoek tussen sitvlak en rug gedeelte was verstelbaar met bande. Die bande het omtrent soos sitplekgoedels gelyk, swart in kleur, met metaal stelringe.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 18/08/2021 - 15:40

Wessel, ek weet.  Ek het ook daai Loafa stoelle gehad maar die vooerste pyp het my gepla toe koop ek van daai waarvan ek die foto geplaas het.  Daai kan die rug ook so 4 merke agtertoe verstel en hy sit vir my meer gemaklik.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 18/08/2021 - 15:52

Ek het oorweeg om ook sulke stoele soos Willem te koop, want die kinders het nou ons stoele oorgeneem en Salomien hou nie van die waarop hulle eers gesit het nie. Ek het egter tydens ons afgelope toer in die wildtuin agtergekom dat ek bitter min sit by die wa. Ek staan meeste van die tyd, en dis vir my lekker. Veral as mens braai is jy (of ek altans) meestal op jou voete, en braai en kampeer is mos sinoniem. Dalk wanneer die kinders groter is en ek weer rustig ‘n boek kan sit en lees sal ek vir my ‘n gemaklike stoel aanskaf. 

0

Middag Willem

....presies daai stoele. Sit baie lekker, maar werk  nie by 'n tafel nie. Ek trap daai voorste pyp vas, as ek wil nader skuif, stamp dan die tafel, rooiwyn glas kantel om, vleisbord gly van tafel af, en geduld trek skoon skeef. laugh 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus