Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
wat is lank vooruit bespreek ??? November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Vliegkaartjies November 2026 Rona du Plessis -15 hours ago
Vlieg kaartjies November 2026 Geert -17 hours ago
Frankryk Springbok rugby Geert -1 day ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -1 day ago
Finaal Springbok rugby Geert -1 day ago

Splash vs Tourer SW

Secunda
Submitted by domanah on
Forums

Watter een sou julle verkies? Sprite Splash of Sprite Tourer SW. Sover ek kan sien is beide 4 slaap met buite kombuis. Die uitleg is effens anders en die tourer se wiele is groter.

Huidiglik het ons 'n bos sleepwa met 'n rooftop tent en oorweeg dit om oor te skuif na 'n karavaan toe. 

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 04/10/2021 - 18:12

Ek dink dit gaan afhang wat die ander helfte se keuse gaan wees.  Die Splash het die Patio & Draft Skirt Standard.  (Jy kan op die naam se skakel klik om na hulle web te gaan)

Sterkte met die keuse.

  • Ek dink die Tourer sal beter op 'n gruis pad vaar
  • Die Splash se Tare is 44kg minder
  • Die Splash se GVM is 120kg minder
  • Die Splash se Pay Load is 236kg en die Tourer sin 312kg
  • Die Splash is 655mm langer buite mate
  • Die Tourer is 25mm breër buite mate
  • Die Splash is 646mm langer binne
  • Die Tourer het 15" bande en die Splash het 14" op
  • Ek is nie seker op die Tourer ook 'n omloop eieland bed het nie ?

 

Splash

  • Licensing Mass (Tare) (Kg): 1094
  • Gross Vehicle Mass (GVM) (Kg): 1330
  • Pay Load: 236
  • Overall Length (mm): 6440
  • Overall Width (mm): 2160
  • Overall Height (mm): 2300
  • Inside Length (mm): 4933
  • Inside Width (mm): 2030
  • Tyre Size: 185 R14
  • Rims: Steel 14"
  • Spare Wheel: Steel 14"
  • Inside Berths (excluding tent): 4
  • Bed Type: Island / Dinette
  • Heavy Duty Vinyl Cushion Flooring: Yes
  • Washable Renolit Wall & Furniture Covering: Yes
  • Colour Co-Coordinated Upholstery: Yes
  • Colour Co-Coordinated Window Blinds: Yes
  • Soft Edge Corners To All Worktops: Yes
  • Interior Lights & Exterior Patio Light: Yes
  • Exterior 220V Multi Plug: Yes
  • Overhead Lockers: Yes
  • Wardrobes: Yes
  • Cupboards: Yes
  • Toilet Room: No
  • Shower Outside: No
  • Cassette Porta Pottie: No
  • Free Standing Porta Pottie: Storage Available
  • Out Side Kitchen: Yes
  • Kitchen Sink: Yes
  • Hand Basin: Yes
  • Outside Tap: No
  • Refrigerator: Dometic / Hisense - 220V
  • Refrigerator: 173 / 171
  • Fridge Capacity (L): 132 / 122
  • Freezer Capacity (L): 41 / 49
  • Stove: Induction Plates
  • Microwave Oven: Yes
  • 12V Water Pump (Running Water): Submersible
  • Water Bottle / Fixed Tank: 25L Bottle
  • Hot Water Geyser: No
  • 220V Power Pack & Battery Charger: No
  • Gas Bottle: No
  • Awning: Leisure Awning
  • Side & Front Walls, Ground Sheet & Patio Awning: Optional
  • Tyre Pressure: General: 250KPa - Depends On Loading & Road Surface - Adjust Accordingly
  • Tow Vehicle: The Tow Vehicle MUST Have A Tare NOT LESS Than The GVM Of The Caravan

The Tare weight quoted in the product brochure excludes the weight of the standard tent or awning (and poles).

Tourer

  • Licensing Mass (Tare) (Kg): 1138
  • Gross Vehicle Mass (GVM) (Kg): 1450
  • Pay Load: 312
  • Overall Length (mm): 5785
  • Overall Width (mm): 2185
  • Overall Height (mm): 2350
  • Inside Length (mm): 4287
  • Inside Width (mm): 2030
  • Tyre Size: 215/75 / 15
  • Rims: Steel 15"
  • Spare Wheel: Steel 15"
  • Inside Berths (excluding tent): 4
  • Bed Type: Corner Double / Dinette
  • Heavy Duty Vinyl Cushion Flooring: Yes
  • Washable Renolit Wall & Furniture Covering: Yes
  • Colour Co-Coordinated Upholstery: Yes
  • Colour Co-Coordinated Window Blinds: Yes
  • Soft Edge Corners To All Worktops: Yes
  • Interior Lights & Exterior Patio Light: Yes
  • Exterior 220V Multi Plug: Yes
  • Overhead Lockers: Yes
  • Wardrobes: Yes
  • Cupboards: Yes
  • Toilet Room: No
  • Shower: Outside
  • Cassette Porta Pottie: No
  • Free Standing Porta Pottie: Storage Available
  • Out Side Kitchen: Yes
  • Kitchen Sink: Yes
  • Hand Basin: Yes
  • Outside Tap: No
  • Refrigerator: Dometic HDC195 - 12V
  • Refrigerator Total Capacity (L): 173
  • Fridge Capacity (L): 132 / 122
  • Freezer Capacity (L): 41
  • Stove: 2 Burner Gas
  • Microwave Oven: Yes (Dealer Fit - Option)
  • 12V Water Pump (Running Water): Submersible
  • Water Bottle / Fixed Tank: 25L Bottle
  • Hot Water Geyser: No
  • 220V Power Pack & Battery Charger: Yes
  • Gas Bottle: Yes
  • Awning: Leisure Awning
  • Side & Front Walls, Ground Sheet & Patio Awning: Optional
  • Tyre Pressure: General: 250KPa - Depends On Loading & Road Surface - Adjust Accordingly
  • Tow Vehicle: The Tow Vehicle MUST Have A Tare NOT LESS Than The GVM Of The Caravan

The Tare weight quoted in the product brochure excludes the weight of the standard tent or awning (and poles).

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 04/10/2021 - 18:48

‘n Vriend van my het ‘n Tourer SW. Dis ‘n sg gravel roader. Dis nie ‘n off-road karavaan nie, maar kan grondpad ry. Dit het nie ‘n eiland bed nie. Die bed het twee kante teen die kante van die karavaan (koppenent en sykant). Verder lyk dit soos ‘n “pad” karavaan. 
 

As julle lief is daarvoor om plekke te besoek wat nie ou Namibiese standaard grondpaaie (glad geskraaptes) het nie, sal ek eerder die Tourer vat. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 04/10/2021 - 19:58

Om te kies tussen 'n Splash en 'n Tourer is amper om te kies tussen Toyota Land Cruiser en 'n Mercedes E-klas  -   beide is puik produkte, maar gemik op kliënte met totaal verskillende behoeftes.

Ek sal voorstel dat julle eers moet uitklaar waar julle voorkeur vakansie-plekke in die toekoms sal wees en dan sal dit meer duidelik wees in watter rigting 'n ideale karavaan voorgestel kan word.  Sê dan ook sommer waaruit bestaan die gesin en ouderdomme van kinders.

Sou dit moontlik wees om steeds die bos-sleepwa te behou, of moet dit verkoop word ?

0

Dankie! Ons sal die boswa moet inruil. Die kinders is 9 en 12 en slaap alreeds in hulle eie dome tent. Ons was 2013 laas by plekke waar daar nie pad karavane ook is nie. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 04/10/2021 - 22:11

Dis duidelik dat julle nie 'n behoefte het aan 'n grondpad-karavaan nie en julle kinders se ouderdomme dui daarop dat julle eerder in vakansie-oorde sal wil wegbreek waar daar aktiwiteite is om kinders besig te hou.

Ek lei verder af dat 'n buitekombuis belangrik is vir julle en ek moes eerder ook gevra het, hoe lyk julle sleepvoertuig want dit sal help om te bepaal wat die grootte van die karavaan kan wees ?

Byt maar 'n bietjie vas, ek is seker hier is heelwat ouens wat met voorstelle vorendag sal kom.  Dankie vir die navraag, want die Forum sukkel maar deesdae om oor kampgoed aan die gesels te kom.

Ns.  Ken jy vir Shaun Moller ?  Hy is ook van Secunda en gesels ook graag hier.  Trouens, as ek dit nie mis het nie het hy onlangs 'n Spash gekoop (of was dit nou 'n Swing ?)

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 05/10/2021 - 07:35

Môre Domanah

Gedagtig aan die vrot teerpaaie in onse derde wêreldland, is die keuse maklik, die Tourer. 

Is jou keuse beperk tot die genoemde 2 waens, of ondersoek julle alle opsies? Daar is baie grondpad-waens op die mark deesdae soos die Octo-reeks ook.

Ek sal nogal maklik my Kavango verruil vir 'n netjiese grondpad wa mits dit al die luukses het, wat ek tans oor beskik in my Kavango.

Len: dalk moet ons 'n paar definies/riglyne op die forum neerlê vir veskillende waens. Iets soos;

1] "off road" of dan van die pad af waens-- as voorbeeld 'n Kavango

2] grondpad wa, as voorbeeld die Tourer

3] teerpad wa, byvoorbeeld enige gewone Jurgens/Sprite/Gypsey, Sensation 

Wat dink julle daarvan?

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 05/10/2021 - 08:02

Aangesien julle kinders in hulle eie tente slaap kan julle die Tourer SP ook oorweeg. Dis ‘n tweeslaper. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 05/10/2021 - 08:48

Jou vraag Wessel : Puik, ek stem saam en dis nog altyd hoe ek die onderskeid verstaan het.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 06/10/2021 - 07:15

Môre Domanah

Het julle al besluit wat julle gaan koop? Jy moet tog laat weet, want die nuuskierigheid is nou geprikkel.

Die rondsnuffel, inligting versamel en oorweging van opsies is die lekkerste deel, want dit kos mens nie geld nie

0

Hello, ons probeer na alle opsies kyk maar die budget is een van die kriteriasmiley Van die woonwaes is net te duur. As daar ander opsies waarvan die koste in dieselfde orde grootte as dir sprite tourer is, laatweet asb.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 06/10/2021 - 09:49

Dis moeilik om te help soek as mens nie julle omstandighede ken nie, en ek wil ook nie weet nie. My voorstel;

1] besluit wat se tipe wa julle oorweeg-teer, grond of rof 

2] dan vou julle die begroting faktor as bo-limiet in

3] dan bespring jy die internet en soek ooreenkomstig vir nuut of gebruik.

Gaan kyk byvoorbeeld by Kennis caravans, daar staan legio gebruikte waens ook. Ek weet nie watter handelaars naby Secunda is nie, Shaun moet help met advies.

 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 08/10/2021 - 07:37

Ek het lank gesoek na n wa en het ook sterk oorweeg op n SW ons was gereeld van Secunda na Comet en later Highveld waens in Boksburg omdat dit net ek en Berdien is het ons toe n Sprite Swing gekoop en virrie bos kamp ding het ek n canopy opgesit op Ranger en gaan oor twee weke RTT op sit dan is ons gesort vir beite tipe kampe met jy wat kinders het sal ek sterk oorweeg om SW te kry lekke grontpad/ normale kamp karavan sterkte met jou besluit

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus