Watter een sou julle verkies? Sprite Splash of Sprite Tourer SW. Sover ek kan sien is beide 4 slaap met buite kombuis. Die uitleg is effens anders en die tourer se wiele is groter.
Huidiglik het ons 'n bos sleepwa met 'n rooftop tent en oorweeg dit om oor te skuif na 'n karavaan toe.
Tourer
‘n Vriend van my het ‘n Tourer SW. Dis ‘n sg gravel roader. Dis nie ‘n off-road karavaan nie, maar kan grondpad ry. Dit het nie ‘n eiland bed nie. Die bed het twee kante teen die kante van die karavaan (koppenent en sykant). Verder lyk dit soos ‘n “pad” karavaan.
As julle lief is daarvoor om plekke te besoek wat nie ou Namibiese standaard grondpaaie (glad geskraaptes) het nie, sal ek eerder die Tourer vat.
Om te kies....
Om te kies tussen 'n Splash en 'n Tourer is amper om te kies tussen Toyota Land Cruiser en 'n Mercedes E-klas - beide is puik produkte, maar gemik op kliënte met totaal verskillende behoeftes.
Ek sal voorstel dat julle eers moet uitklaar waar julle voorkeur vakansie-plekke in die toekoms sal wees en dan sal dit meer duidelik wees in watter rigting 'n ideale karavaan voorgestel kan word. Sê dan ook sommer waaruit bestaan die gesin en ouderdomme van kinders.
Sou dit moontlik wees om steeds die bos-sleepwa te behou, of moet dit verkoop word ?
Dankie! Ons sal die boswa…
Dankie! Ons sal die boswa moet inruil. Die kinders is 9 en 12 en slaap alreeds in hulle eie dome tent. Ons was 2013 laas by plekke waar daar nie pad karavane ook is nie.
Ons vorder !
Dis duidelik dat julle nie 'n behoefte het aan 'n grondpad-karavaan nie en julle kinders se ouderdomme dui daarop dat julle eerder in vakansie-oorde sal wil wegbreek waar daar aktiwiteite is om kinders besig te hou.
Ek lei verder af dat 'n buitekombuis belangrik is vir julle en ek moes eerder ook gevra het, hoe lyk julle sleepvoertuig want dit sal help om te bepaal wat die grootte van die karavaan kan wees ?
Byt maar 'n bietjie vas, ek is seker hier is heelwat ouens wat met voorstelle vorendag sal kom. Dankie vir die navraag, want die Forum sukkel maar deesdae om oor kampgoed aan die gesels te kom.
Ns. Ken jy vir Shaun Moller ? Hy is ook van Secunda en gesels ook graag hier. Trouens, as ek dit nie mis het nie het hy onlangs 'n Spash gekoop (of was dit nou 'n Swing ?)
Grondpad wa!!!
Môre Domanah
Gedagtig aan die vrot teerpaaie in onse derde wêreldland, is die keuse maklik, die Tourer.
Is jou keuse beperk tot die genoemde 2 waens, of ondersoek julle alle opsies? Daar is baie grondpad-waens op die mark deesdae soos die Octo-reeks ook.
Ek sal nogal maklik my Kavango verruil vir 'n netjiese grondpad wa mits dit al die luukses het, wat ek tans oor beskik in my Kavango.
Len: dalk moet ons 'n paar definies/riglyne op die forum neerlê vir veskillende waens. Iets soos;
1] "off road" of dan van die pad af waens-- as voorbeeld 'n Kavango
2] grondpad wa, as voorbeeld die Tourer
3] teerpad wa, byvoorbeeld enige gewone Jurgens/Sprite/Gypsey, Sensation
Wat dink julle daarvan?
Wessel se vraag:
Jou vraag Wessel : Puik, ek stem saam en dis nog altyd hoe ek die onderskeid verstaan het.
Gekies al?
Môre Domanah
Het julle al besluit wat julle gaan koop? Jy moet tog laat weet, want die nuuskierigheid is nou geprikkel.
Die rondsnuffel, inligting versamel en oorweging van opsies is die lekkerste deel, want dit kos mens nie geld nie
Hello, ons samel nog…
Hello, ons samel nog inligting in en weeg die opsies op.
Hello, ons probeer na alle…
Hello, ons probeer na alle opsies kyk maar die budget is een van die kriteria
Van die woonwaes is net te duur. As daar ander opsies waarvan die koste in dieselfde orde grootte as dir sprite tourer is, laatweet asb.
Nuut of gebruikte wa
Dis moeilik om te help soek as mens nie julle omstandighede ken nie, en ek wil ook nie weet nie. My voorstel;
1] besluit wat se tipe wa julle oorweeg-teer, grond of rof
2] dan vou julle die begroting faktor as bo-limiet in
3] dan bespring jy die internet en soek ooreenkomstig vir nuut of gebruik.
Gaan kyk byvoorbeeld by Kennis caravans, daar staan legio gebruikte waens ook. Ek weet nie watter handelaars naby Secunda is nie, Shaun moet help met advies.
Welkom domanah van petrol dorp
Ek het lank gesoek na n wa en het ook sterk oorweeg op n SW ons was gereeld van Secunda na Comet en later Highveld waens in Boksburg omdat dit net ek en Berdien is het ons toe n Sprite Swing gekoop en virrie bos kamp ding het ek n canopy opgesit op Ranger en gaan oor twee weke RTT op sit dan is ons gesort vir beite tipe kampe met jy wat kinders het sal ek sterk oorweeg om SW te kry lekke grontpad/ normale kamp karavan sterkte met jou besluit





Splash vs Tourer SW ...
Ek dink dit gaan afhang wat die ander helfte se keuse gaan wees. Die Splash het die Patio & Draft Skirt Standard. (Jy kan op die naam se skakel klik om na hulle web te gaan)
Sterkte met die keuse.
Splash
The Tare weight quoted in the product brochure excludes the weight of the standard tent or awning (and poles).
Tourer
The Tare weight quoted in the product brochure excludes the weight of the standard tent or awning (and poles).