
Ek geniet nogal die vrede en donker tydens beurtkrag maar daar is ander oorwegings noudat ons weet beurtkrag gaan deel van ons daaglikse lewe wees vir 'n geruime tyd.
- Skade aan yskaste en diesmeer
- Gebrek aan sekuriteitstelsels tydens beurtkrag
- Gebrek aan produktiwiteit tydens beurtkrag
- Gebrek aan noodsaaklike toerusting tydens beurtkrag
- Ens, ens, ens...
Gelukkig is hier 'n klomp vernuftige mense op die forum, en het ek gedink ons kan mekaar bietjie raad gee oor hoe om die probleme te systap.
Wat skade aan yskaste betref het ek die toestel raak geGoogle. Weet iemand of dit doeltreffend is? Dis nie vreeslik duur nie. https://www.takealot.com….
Dan sal ek graag ook menings wil hoor oor 'n bekostigbare, betroubare kragopwekkertjie vir tuisgebruik tydens beurtkrag. Ek besef dat dit nie so eenvoudig is nie, aangesien dit afhang van wat mens alles wil dryf.
By ons is dit hoofsaaklik my vrou se twee iMac rekenaars (omtrent so 600W maksimum) sodat sy en haar assistent kan aanhou werk tydens beurtkrag. Ek kyk na 'n modelletjie soos die Ryobi 2000W Inverter generator https://www.takealot.com…
Dit moet 'n inverter generator wees aangesien dit krag moet voorsien aan rekenaars, en ek is nie lus vir 'n raserige een nie, so ek is bereid om die premie te betaal vir 'n stiller een. Nou is my vraag, moet mens die kragopwekkertjie deur jou huis se DB laat koppel of kan jy hom direk gebruik? Verder, is die model hierbo aan te beveel of is daar 'n beter opsie? (bekostigbaarheid in ag geneem).
Enige ander voorstelle of raad kan ook maar hier gegooi word. Byvoorbaat dankie.
Hieronder ook aangeheg 'n PDF vannaf Neef Herman met groter solar opsies:
| Attachment | Size |
|---|---|
| SYSH1800-PLUS-003.pdf | 634.84 KB |
| Preparing for Load Shedding_0.pdf | 150.09 KB |
Johann ek leer ook maar so met die tyd
Johann ek leer ook maar so met die tyd.............
daar is so baie verskillende opinies, produkte ens ens oor die goed en so baie "ek weet alles verkoopsmanne" dat ek maar liewers die tyd vat en bietjie navorsing doen. Ek vrae baie vrae en soek regtig net die feite die goed kos baie geld en kan nie elke dag nuwes koop nie ek wil ook seker maak die stelsels laat my nie in die steek wanneer mens kamp nie die vleis en bier moet darem koud bly..............
Riaan...
Riaan, dankie vir jou reaksie op 18/9. Ja, ek ken die Battery University se webblad - het dit ook aan ander ouens aanbeveel. Ek kon egter nie antwoorde op my betrokke vraag daar kry nie. Miskien moet ek meer duidelik stel wat my behoefte is en wat ek al voorheen gedoen het :-
In die Kruger Wildtuin kamp ons jaarliks met ons Exclusive by Tsendze en Balule boskampies (sonder 220V) vir 5 dae elk, maar met ander kampe tussenin. Ons karavaan-yskas en losstaande vrieskassie werk met gas. Ek het al ons beligting in die karavaan vervang met LED gloeilampies. Ons benodig dus net 12V-krag vir die karavaanligte, die waterpompie en ons ingeboude radio - bitter min 12V krag word benodig.
Die Pathfinder het 'n standard Nissan-battery van 75Ah en die karavaan het 'n 102Ah-battery wat ook krag vir die "mover" voorsien. In die Pathfinder het ek 'n 12V Anderson kragsok vir ons vrieskassie terwyl ons reis. Ek het dik drade aangelê vanaf die kar-battery na die kragsok in die laairuim. 'n Elektriese ingenieur het vir my 'n VSR (voltage sensitive relay) gebou wat ek langs die battery in die positiewe stroom ingevoeg het. Die doel hiervan is, as ons oppad iewers stop, laai die kar-battery die vrieskas tot op 'n punt waar net genoeg krag oor is om die kar weer aan die gang te kry en skakel dan die krag na die vrieskas af. Sodra die kar weer aangeskakel is en die kar-battery word gelaai, skakel die krag na die vrieskas weer aan.
Terug by die boskampies in die Wildtuin : Ons gebruik gedurende die dag 'n bietjie karavaan krag deur die dag as 'n kraan oopgedraai word of die radio aangeskakel word en dan natuurlik die LED ligte teen die aand se kant tot slapenstyd. Die volgende dag spandeer ons aan wildritte en die kar battery is gevolglik volgelaai. Ek koppel dan die effens gebruikte karavaan-battery met 'n verlengkabel, gekoppel aan die Anderson kragprop in die laairuim om krag te onttrek van die kar-battery. Sou teveel krag onttrek word, sal die VSR die krag afskakel om te voorkom dat die Pathfinder nie die volgende dag aan die gang kan kom nie. Die idee is dan om die bietjie kragverlies van die karavaan-battery "op te top" met krag van die kar-battery.
Ek is bewus daarvan dat batterye van verskillende groottes eintlik nie parallel gekoppel behoort te word nie, maar die bietjie krag wat oorskuif is relatief min en die tydperk is nie juis langer as twee ure nie. Omdat hierdie proses tot dusver goed gewerk het, moet ek eerder nie die Pathfinder aanskakel sodat die altenator die laaiwerk doen nie, (want dan mag die kabels dalk warm word).
'n Heeltemal ander alternatief is natuurlik om die karavaan-battery te ontkoppel en die kragkabel van die P/F- laairuim na die Anderson-koppelstuk op die A-raam te koppel sodat die karavan van 12V krag voorsien word vanaf die kar-battery. Dis egter 'n shlep om die battery te ontkoppel en dan weer later te koppel.
Noudat beurtkrag uiteindelik…
Noudat beurtkrag uiteindelik terug is kan ons die Mecer inverter wat ek op grond van die raad op hierdie draad gekoop het toets. Mamma glimlag breed want sy en haar assistent werk nou al vir 2 ure elk met ‘n groot iMac rekenaar en die 2x105Ah Bosch batterye staan op 75%
Dankie vir die goeie raad Anton en ander. Pappa moes nou wel die twee batterye uit die Kavango haal maar happy wife - happy life.
Selfvoorsiening deur sonkrag
Vanoggend op RSG praat hulle oor die ESKOM gemors toe sê die een spreker as al die baksteenhuise in SA sonpanele kry sal dit onmiddelik die energiekrisis wat ons beleef oplos.
Dis natuurlik nie so eenvoudig nie, maar het iemand dit al oorweeg of die stap geneem om ‘n sonkragstelsel tuis te installeer wat jou min of meer selfonderhoudend maak? Deel bietjie die ervaring en raad (en koste) as jy het.
Ek kan......
Ek kan ongelukkig nie kundige advies gee nie, maar wat ek wel weet is jy moet minstens R140 000 beskikbaar hê as jy soiets ordentlik wil aanpak. 'n Vriend van my het dit pas gedoen en is nog steeds nie 100% onafhanklik van Eskom nie.
Dit sal werk maar
So groot sonpaneel stelsel om krag van son te maak werk verseker maar ja did baie geld wat ek glo die moeite werd is maar ja did baie geld
Chris, ek het sowat 5 / 6…
Chris, ek het sowat 5 / 6 jaar terug sonpanele, pure sine inverter (5 Kw) en 4 x 200amp baterye laat in hou by my huis. Dit het my R60 000.00 gekos en ek is nog nie "off the grit" nie. Snags en as dit bewolk is, gebruik ek steeds ESKOM krag, die stoof en swembad is ook op ESKOM krag.
Die baterye is in series gekoppel om 48v na die inverter te verskaf. Ek ondervind geen beurtkrag nie, die baterye hou lank genoeg in did nag sonder ESKOM.
Om 100 % off grit te gaan, gaan in die omgewing van R200 000.00 kos.
Ek wonder hoe lank dit gaan…
Ek wonder hoe lank dit gaan wees voor die EFF die maatreels van Eskom rassisties gaan noem.
Dit behoort binne ure na die…
Dit behoort binne ure na die eerste "hit" te wees, maar dit is 'n regverdige maatreel. Laat die wat nie betaal nie , nie kry nie.
Ja ja, ek weet daar is wat nie kan betaal nie, maar massa diefstal is 'n deel van die probleem, (binne eskom self ook) die grootste probleen is egter die munisipaliteite wat bankrot gesteel is, en ook nie betaal nie.
DB split
Ek het elders genoem dat ek die batterye nou maar op die inverter in die huis gaan los vir beurtkrag, en vir die Kavango twee nuwes gaan aanskaf. Ek het ook besluit om die huis se DB te laat split. Sodoende kan van die goed in die huis van die inverter af aanhou krag kry tydens beurtkrag. Dis eintlik maar net die ligte wat ek daarvan af wil laat werk deur die DB. Amper al die ligte is al met LED gloeilampe toegerus, net die buislig in die studeerkamer moet nog LED’s kry.
Salomien se rekenaars en die WiFi kan direk van die inverter af werk, want daar is ander proppe (dubbeldeur yskas en lugversorger) op dieselfde stroombreker as die rekenaars en WiFi se proppe. Een prop op die inverter (dit het drie) se krag sal na die nuwe “alternatiewe krag” gedeelte van die DB gaan en die ligte krag gee. As ons later ‘n groter inverter wil/kan kry, kan dit dan maklik ander dele van die huis ook krag gee via die nuwe gedeelte van die DB.
My Mecer B-bone se battery…
My Mecer B-bone se battery het hierdie jaar begin lading verloor en dit is tyd vir 'n nuwe een. 7 jaar se uitstekende diens ![]()
Koste om DB te verdeel
Een prop op die inverter (dit het drie) se krag sal na die nuwe “alternatiewe krag” gedeelte van die DB gaan en die ligte krag gee. As ons later ‘n groter inverter wil/kan kry, kan dit dan maklik ander dele van die huis ook krag gee via die nuwe gedeelte van die DB.
Dit gaan R3 136,15 kos om die huis se DB te verdeel soos beplan. Om later nog veranderinge aan te bring as ons bv ‘n groter inverter koop sal dan ook maklik wees.
Wildehont money well
Dis geld wat ek altyd se money well spend Wildehondt ek is besig om te spaar vir 5kv system wat meeste van my huis sal hardloop as krag af is maar het n funksie sou son vir lank nie skyn top ek 5 kv system op met Eskom die spul gaan my nou R58500 kos my stoof gaan ek uithaal en gas stoof insit ek geyser ja daar krap ek nog my kop water rigting ek moet gaan
Goeie prys
die spul gaan my nou R58500 kos
Dis ‘n goeie prys! Sluit dit installasie en batterye in? Indien wel is dit ‘n uitstekende prys, maar ek vermoed dit sluit nie batterye in nie. Lg verdubbel gou jou stelsel se prys.
Sonkrag geysers verg baie aanpassing. Dis nie soos ‘n gewone geyser wat jy net die warm kraan oopdraai en na die koue water in die pyp uitgeloop het weet jy die water gaan vuurwarm wees nie. Veral in die winter moet mens maar gou na sononder stort, en bad is nie rerig ‘n opsie vir meer as een mens nie. Gas geysers werk goed, maar die koste van die gas is omtrent ewe veel as vir water met elektrisiteit warm gemaak word.
Wonderwerke gebeur nie altyd nie
Iemand het gister op maroelamedia die mening gelug dat daar geen beurtkrag sal wees tot en met die verkiesing nie. Eskom kon natuurlik nie die keer wonderwerke verrig nie. Ek was nogal opgewonde toe ek sien daar gaan beurtkrag wees, want dis die eerste keer sedert ek ons DB laat verdeel het sodat die huis se ligte ook aanbly van die inverter af. Ek wou graag uit die huis uit gaan om te sien hoe ons huis ‘n eiland van lig in die duisternis is. Ongelukkig is ons beurtkrag toe van 02:00 tot 05:00 geskeduleer. Volgens die nuwe toepassing waarmee ek ons alarmstelsel beheer (R8 000 later na ‘n nuwe beheerpaneel) was die krag net af van 02:04 tot 04:13. Hopelik is daar die naweek weer beurtkrag op ‘n meer geskikte tyd. Dan kan julle weer my liedjie luister.
Sonkrag geysers
Sonkrag geysers verg baie aanpassing. Dis nie soos ‘n gewone geyser wat jy net die warm kraan oopdraai en na die koue water in die pyp uitgeloop het weet jy die water gaan vuurwarm wees nie.
Chris S, ek sien nou eers jou 22/6 kommentaar. Ons het 'n "baster" sonkrag/elektriese geyser. Dit kom neer op 'n gewone 200 liter Kwikot elektriese geyser gekoppel aan 'n sonpaneel wat beheer word deur 'n GeyserWise elektroniese stelsel en dit werk puik. Wanneer daar son is, sirkuleer die sonpaneel se warmwater voortdurend met 'n pompie na die geyser en so neem die hitte toe in die geyser - maklik tot 70º Sou dit bewolk wees of reën of snags en meer warmwater as wat in die geyser is word benodig, skakel die elektriese element aan en verhit die water in die geyser. In somermaande (reën selde hier by ons) word feitlik geen elektriese krag vir die geyser gebruik nie. Alles vind outomaties plaas of daar nou son is of nie, en of die huis vol gaste is wanneer baie gestort word, daar is ALTYD warmwater.
Hibriede
Ek weer nie of dit is hoe mens dit spel nie, maar ek het nie daarna verwys nie. Suiwer sonkrag gedrewe waterverhitters is waarna ek verwys het, want hulle gebruik bykans niks netwerk krag nie, maar het hulle nadele.
Het oom ‘n vergelyking getref itv eenhede gebruik sonder en met / voor en na die verhitter wat julle het?
Wie ken die PTC elemente…
Wie ken die PTC elemente. Wat ek hoor is dit die rigting om te beweeg.. 12v...48v element direk aan solar panele, nie deur batterye nie, met seker n controller? en as die son skyn, maak dit warm. Jy kan glo steeds die 220v as bystand het. Maar dan moet die flens van die element aangepas word vir die 2de element.
BTW, ons het 12h00 tot 02h00…
BTW, ons het 12h00 tot 02h00 beurtkrag gehad. aangekom en toe "poef" is dit af, tot nou toe. Hoor vanoggend daar is n substasie in die dorp wat nie lekker is nie, krag sal afbly tot dit herstel is. Die diesel generater brul lekker daar buite. Gaan netnou dorp toe vir n paar ekstra kanne. 'Wees paraat" is die wagwoord.





Ek het noudie dag gesien…
Ek het noudie dag gesien daar is "balancers" op die mark wat jy op elke battery koppel wat sorg dat die lading gebalanseerd versprei word sodat elke battery 100% gelaai kan word. Dit is natuurlik van oorsee beskikbaar en dink nie dis nog in SA nie.