Hello hierdie is my eerste pos ! Praat maar as ek op verkeerde plekke post!:))
Was iemand onlangs in Strandfontein? Ons vertrek oor 3 weke daarheen, die post wat hier op Kamp en Praat is is nog die ou staanplekke voor op die strand. Die dame by die munisipaliteit sê die voorste privaat ablusie bestaan nie meer nie so ek het by die agterste ry se privaat ablusies bespreek! Dankie kamp groete
Baie dankie, ek reeds baie…
Baie dankie, ek reeds baie op die internet gekry maar alles verouderde nuus, kom ons hoop iemand wat onlangs daar was sien my vraag.
Groete
Kampforum skakels
Hello Erika
Ek het eintlik verwys na die soek opsies op hierdie forum, nie na 'n google soektog nie.
Dalk praat ons bymekaar verby.![]()
Strandfontein ...
Erika,
Eerstens, BAIE welkom hir op Kampforum, hoop jy gaan lekker saam gesels.
Ek dink Josef Willem is die ou wat laas daar was, dalk sal hy jou kan antwoord, maar hier is die skakel (klik nit op dit) oor sy toer.
Ons besoek aan Strandfontein einde 2020
Erika, welkom hier. Strandfontein is lekker, ons was einde 2020 daar en jy kan meer lees van my indrukke en ervaring hier. Indien dit jou nie direk na die regte deel van die gesprekslyn neem nie, klik maar net op 6 onderaan die lyn. Dit sal jou neem na die deel van die toerverslag waar ons by Strandfontein was.
Baie dankie julle!! Wessels…
Baie dankie julle!! Wessels jip mis verstaan baie dankie. Julle laat my sommer tuis voel....
Erika
Ek was April maand op Strandfontein gewees, dit is korrek, die perdeskoen is die boonste kamp terrein, sowat 300 meter van die trand af met gesamentlike ablusies.
Dan blok A het jy twee keuses, jy het die voorste staan plekke wat op die see pragtig uitkyk maar het ook n gesamentlike ablusie blok, jy moet met trappies af loop tot onder om by badkamer uit te kom, seker so 30-40 trappies, dan het jy in blok A die agterste staan plekke met privaat ablusie, toilet, wasvak en stort, maak net seker die gasbottel is vol, anders praat met die ou wat in die kamp rond ry met sy bakkie en vra net vir n vol bottel. Kan die see nog steeds mooi sien.
Doen julle n guns, loop af met trappe tot op die strand en loop regs op die strand tot by die grotte van die ou wae pas of so iets, nogals iets om te sien. Is n entjie, sowat 4 km heen en weer maar sien baie mooi tonele.
Hoop dit help, as jy vashak, stuur n privaat mail en ek gee inligting deur.
Groete
Josef Willem
Strandfontein
Goeie more.
BBaie dankie vir aanvaarding in die groep.Ons wil Oktober vir n maand gaan staan in Strandfontein. Ons wil graag in die A blok staan met Ablusie geriewe. Kan iemand asb vir my voorstelle gee vir nommers wat n mooi uitsig het en Kampplek wat groot is.
Baie dankie
Ons het ook al twee keer…
Ons het ook al twee keer daar gekamp, en staanplekke was nie toegewys nie. Jy kyk maar wat is oop en maak jou keuse. Die voorste ry was nie gewild nie. Dit blyk of die wind wat van die see af kom jou roer . So opslaan met die idee om seeuitsig te kry is in die tande van die bries.
Soos Willem Josef noem, die strand is besonders mooi om te stap.
So bietjie useless inligting. Ek het daar op n "Trues beaked Whale" afgekom wat uitgespoel het, was deur n bootpropellor raak gesny. Die diere is besonders skaars, en slegs n paar is in ons waters aangeteken. Het die Oceanarium in Kaapstad gekontak.
Ons het laasjaar Januarie…
Ons het laasjaar Januarie heerlik gestaan in die perdeskoen met privaat ablusie.







Erika probeer
Middag Erika
Terwyl jy wag vir vars info oor Strandfontein, kan jy gerus die soekenjin gebruik en Strandfontein insette daarlangs bekom.
Dan kan jy ook die skakel "kampplekke" gebruik. Klik daar, dan kies WesKaap en blaai deir oorde tot by Strandfontein op 2de bladsy.
Ek hoop die ouens gooi jou toe met info.