Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Vliegkaartjies November 2026 Rona du Plessis -7 hours ago
Vlieg kaartjies November 2026 Geert -9 hours ago
Frankryk Springbok rugby Geert -22 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -1 day ago
Finaal Springbok rugby Geert -1 day ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -1 day ago

Rassie Erasmus verban van alle rugby

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on

Het Rassie te ver gegaan, of maak die waarheid net seer? Ek dink hy is die beste afrigter wat ons in my leeftyd gehad het, maar hierdie beteken waarskynlik die einde van sy loopbaan. Ek hoop SA Rugby gaan appeleer. 

Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 18/11/2021 - 06:19

Ek vermoed dat hy in sy arrogansie die stelsel uitgedaag het. Geen stelsel[institution] hetsy die rugby-god, enige sportstelsels, skole-stelsels, en so kan mens bly opnoem kan verdra om tereggewys te word nie.

Kyk maar hoeveel teenkanting kry mens as jy waag om byvoorbeeld 'n skoolkomitee-stelsel te bevraagteken, en dan praat ek nie eers van kerkstelsels nie. 

 

0

Stem saam. Rassie se arrogansie het te groot geword en saam met dit sy kop.  Daar is skriftelike prosesse in enige konstetisies as daar griewe is wat iemand wil uitwys.  Rassie het duidelik verkies om nie hierdie prosesse te volg nie en hom eerder gewend om persone en WR in 'n swak lig te stel met die video.  

Al die wereld spanne word beinvloed deur onregverdige besluite nie net die Bokke nie.  As die Bokke verloor is dit altyd die ref se skuld.  Swak sportmangees het deel van ons Suid Afrikaners geword in baie gevalle.  Dis maklik om na die tyd 'n skeidsregter sekond vir sekond te ontleed.  In 'n spel waar daar dadelik besluite geneem moet word is dit soms moeilik vir 'n gemiddelde skeidsregter om 100% die regte besluite te maak elke keer.   

As Rassie voel SA staan agter hom en hy wil nie deel wees van WR se swak bestuur en besluite nie kan hy mos dan die Bokke ontrek uit Wereld Rugby.  Indien nie, Hou by WR se reels en voorwaardes.  Hopelik het Rassie sy les geleer en sal volgende keer die regte kanale gebruik om griewe aan te spreek.  Dis tyd dat Rassie sy pak vat en aangaan.  Hierdie hele gemors spul het die Bokke as swak verloorders met swak sportmangees gebrandmerk.

Dit was nogal opvallend hoe die All Blacks vir die Iere geluk gewens het met die wen.  Hulle het geglimlag al het hulle verloor.  Dis wat ek mis by die Bokke. 

Regte WENNERs kan wen en verloor want op die ou einde gaan die slegs oor die spel RUGBY.   

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 18/11/2021 - 08:39

Rassie is net soos vele ander (Helen Zille ?) 'n slagoffer van sosiale media-misbruik.  Hy het doelbewus onverantwoordelik opgetree en moet ongelukkig maar sy slae vat.

Ek verstaan egter hy gaan appelleer, netsoos ons in Suid-Afrika by ons politici geleer het om altyd op elke skuldigbevinding te appelleer.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 18/11/2021 - 08:48

Geen stelsel[institution] hetsy die rugby-god, enige sportstelsels, skole-stelsels, en so kan mens bly opnoem kan verdra om tereggewys te word nie.

Daar kan geen twyfel wees dat Rassie nog altyd onkonvensioneel te werk gaan nie. Dink terug aan sy lê op die pawiljoen se dak met ‘n spieel en tot nou met sy waterdraer speel. Ek glo sy video oor swak besluite wat die skeidsregter gemaak het was ‘n strategiese aksie, en dit het gewerk. Kyk maar hoe versigtig die skeidsregters te werk gegaan het in die tweede en derde toets teen die Leeus. 
 

Richie McCaw se All Blacks was meesters daarin om die reëls te oortree maar daarmee weg te kom (of het die skeidsregters hulle daarmee laat wegkom?). Rugby is lankal nie meer so eenvoudig nie, en as jy nie al die beskikbare metodes gebruik tot jou voordeel nie gaan jy tweede kom. Ek dink nie hy was arrogant om die foute wat Berry gemaak het uit te wys nie. Wêreld rugby tree nou soos die ANC op. As die organisasie belangriker as die spel raak dien dit nie die spel of die spelers nie. 

0

Richie McCaw was 'n meester en het die All Blacks leer rugby speel deur te dink.  Die All Blacks sal opsetlik iets verkeerdelik doen en kyk hoe tree die ref op.   As hy dit nie raaksien of straf nie sal hulle dit uitbuit en gebruik tot hulle voordeel.  As die ref hulle vinnig straf sal hulle ophou.    Voorbeeld is soos voorentoe aangee.  As die ref streng blaas dan pas hulle aan en gee die bal reg uit. 

Spelers moet by die ref aanpas oor hoe hy die game blaas en beheer.  Dit werk nie anders om nie. 

 Dis dieselfde by kinders, hulle gebruik alles tot hulle voordeel.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 18/11/2021 - 10:03

Ek dink nie hy was arrogant om die foute wat Berry gemaak het uit te wys nie. Wêreld rugby tree nou soos die ANC op.

Ek stem saam, maar Rassie het sy eie graf gegrawe met die metode wat hy gebruik het om sy besware te lug.  Ongelukkig is die besware nou op die agtergrond en sy kommunikasie-metode is op die voorgrond. 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Thu, 18/11/2021 - 12:33

My gevoel is tweevoudig.

Eerstens dink ek dat Rassie te vêr gegaan het met sy kommunikasie en hy het sekerlik geweet dat daar gevolge sal wees. 

Tweedens die manier hoe die die "verhoor" hanteer is. Lees dat hulle die volle verslag van Nic Berry van hoe hy voel en te nagekom is as getuienis  gebruik het.  My vraag is het hulle sy "foute" gedurende die toets ook in ag geneem. Sy kritiek moet hy vat alhoewel in hierdie geval verkeerd gehanteer deur Rassie.

Die voorval het beslis 'n paar skeidsregters wakker gemaak want daar is beslis beter besluite en kommunikasie tussen die beamptes nou.

My beste kaptein was Shaun Fitzpatrick wat die skeidsregters altyd getoets en besig gehou het. Daardie skalkse glimlag op sy gesig as hy weereens met iets weggkom het.

 

0

Ah lekker, die rugby draad....

Ek dink ook nie Rassie is/was arrogant nie.  Ek dink van die ander lande is bietjie suur omdat hy hulle dalk (alweer) uitoorlê het!?

Jy, sy manier van die uitwys van foute was dalk bietjie "anders" maar sou hy regtig die aandag gekry het as wat hy toe nou wel gekry het?  Hy het seker gemaak die meeste sou daai video gaan kyk.  As hy die voorgestelde kanale gebruik het was dit dalk ook net weer onder iemand se mat gevee. 

Nee wat ou ref moet maar kry wat na hom kom en pa staan vir die foute.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 19/11/2021 - 14:59

Nee wat ou ref moet maar kry wat na hom kom en pa staan vir die foute.

 Hiermee stem ek heeltemal saam.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 21/11/2021 - 16:22

Ek glo nie dis omdat Rassie nie daar was nie. Die skeidsregter kan ook nie werklik blameer word nie. As Pollard net een van sy mis skoppe oorgesit het was die bordjies verhang. Ons vleuels sien egter steeds die bal te min. En drie gooie oor die lynstaan!

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sun, 21/11/2021 - 18:56

Die suidelike halfrond se spanne het swaargekry. Lyk of die wiel draai want Nieu-Seeland, Suid Afrika en Australië het verloor teen die noordelike halfrond se spanne.

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 22/11/2021 - 22:38

En dis nie eers deur Rassie gedoen nie. Kyk dit op ‘n groot genoeg skerm dat jy die byskrifte wat op verskillende plekke op die beeld voorkom kan lees. 

video
0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 23/11/2021 - 06:04

Gekyk, en soos iemand hier bo se, die Ref sal seker beter blaas as die hele spel in stadige aksie afloop.  Ek voel die gekla vat die lekker uit sport uit. Ons het voorheen gese, hy is n swak ref, en dit was dit, nie in n vervolgingswaan ingegaan nie. Vat al die tegnologie uit die spel uit, en laat die ref blaas en klaarkry. Ongelukkig sal dit nooit gebeur nie, daar sal net meer bykom.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 23/11/2021 - 09:46

Ek glo nie die doel van die video was om te impliseer dat SA sou wen as dit nie vir die skeidsregter se twyfelagtige besluite was nie. As is verbrande hout en indien dit die doel van die video was stem ek nie saam nie. Ek glo dit was eerder om swak en eensydige besluite uit te wys wat die wedstryd minder aanskoulik gemaak het. 
 

Die Springbokke is ‘n goeie span, en voer darem effens minder nuttelose skoppe uit noudat Faf beseer is. Ek dink egter ons vleuels sien die bal heeltemal te min, en Rassie en Nienaber wat volhou daarmee om ‘n losskakel uit posisie op heelagter te speel is dom. Kies dan ‘n ander losskakel op losskakel as jy voel die een wat jy het skiet tekort. Vergelyk maar Engeland se heelagter met Willie Saterdag, en die verskil wat Steyn gemaak het en telkens maak (afgesien van die strafskop wat hy weggegee het). Hulle stelskoppe was ook baie beter as ons s’n en ons moes dalk ‘n paar van ons strafskoppe gebruik het om veld te wen en na ‘n lynstaan oor te dryf met ‘n losgemaal. Ons lynstaan ingooie was egter ook maar vrot ten minste drie keer wat ek onthou.
 

Wat ek met my leke “analise” probeer sê is dat die Springbokke nie genoeg gedoen het om te wen Saterdag nie. As mens egter na die video hier bo kyk moet jy saamstem dat Engeland baie gelukkig was en dat dinge dalk anders kon verloop het en dit ‘n mooier wedstryd kon gewees het. Maar op die ou end is dit wat op die telbord staan wanneer die eindfluitjie blaas al wat saakmaak. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus