Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -10 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -18 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -18 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -20 hours ago

Swakste bestuurders

Irene
Profile picture for user Grootwind
Submitted by Grootwind on
Forums

Sien navorsing deur die RTMC in ongelukke tussen 2029 en 2021 wys dat die swakste bestuurders, dis nou diegene wat die meeste fatale ongelukke veroorsaak het asook spoed oortredings, VW Polo bestuurders is, gevolg deur Hilux en Quantum bestuurders. Dink almal weet teen die tyd dat die Polo bestuurders oor die algemeen swak bestuur, so ook die Quantum ouens. Groot verrassing egter dat Hilux bestuurders onder hierdie groep tel? Wat moet die BMW manne dan nou dink! 

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 31/01/2022 - 08:16

Ek hou van statistieke, dis pret en mens word tog dinge wyser daaruit. Ons kan postuleer en argumenteer oor die statistieke tot ons blou is. Die versekeringsmaatskappye neem dit ongelukkig (as jy ‘n Hilux ry) ter harte. Ek praat gister na kerk met ‘n vriend (toevallig ook my kort termyn versekering makelaar) oor hierdie statistieke. Hy sê toe hulle laai definitief die premies vir (statisties) hoër risiko voertuie. Uiteraard is daar sekere bestuurdersprofiele wat ook hoër risiko is soos mans onder 25. Maar al is jy 65 met ‘n skoon AARTO rekord gaan jy meer betaal om ‘n Hilux te verseker as om ‘n Ranger te verseker. Veral in Gauteng, maar ook in die res van die land. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 31/01/2022 - 09:18

..........my ou Nissantjie feature nêrens tussen hierdie populêre karre nie en my Sambreel-versekering premie van R299 per maand vir allesomvattende dekking plus Sasria kon nog deur geen ander versekeringsmaatskappy geklop word nie.

Hierdie ouballie bestuur al 65 jaar en was nog nooit in 'n motorongeluk betrokke nie en as ek so aangaan, gaan die versekeraar seker eersdaag vir my betaal om by hulle verseker te wees !

Dis nou maar seker hoe die lewe is.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 31/01/2022 - 09:55

Len onthou dat in die slaap provinsie met Slaap Stad as hoofstad dinge maar stadiger gebeur, sekerlik ook so wat ongelukke aanbetref? (ek spot net!).

Ons het van '91 tot 94 in die VK gewoon, een ding wat ek goed onthou was die ou omie wat pas nadat hy 1oo jaar oud geword het deur sy versekeringsmaatskappy met "lewenslange" versekering beloon is teen die aansienlike premie van 1 pennie! (ja hy het nog bestuur!). Hy was in sy hele lewe ook nooit in 'n ongeluk betrokke nie, en dit in Londen van alle plekke! Hy was ook sedert die eerste Morris Minor bekend gestel is in die laat '40's 'n lewenslange MM eienaar, geweier om enigiets anders te koop. Hy het dan ook die "laaste" MM gekoop rondom 1992 (British Leyland, wat eers Austin was, het dit as deel van bemarking in 'n Londense agentskap se vertoon venster uit beskikbare onderdele met die hand gebou en later aan hom oorhandig). Dit was tens spyte daarvan dat die laaste MM van die produksielyn rondom '71 geloop het. So as jy nog so bietjie uithou breek jy dalk daai omie se rekord Len! Dink in elk geval jy moet die premie van 1 pennie voorstel aan jou versekering!

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 31/01/2022 - 17:05

Sambreel-versekering premie van R299 per maand vir allesomvattende dekking plus Sasria kon nog deur geen ander versekeringsmaatskappy geklop word nie.

Len, ek gaan beslis na myne kyk en met joune vergelyk. 🤷‍♂️

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 31/01/2022 - 18:28

Ongelukkig is die "gewildheid" van 'n spesifieke model/vervaardiger 'n groot faktor as dit by premies kom. Al my voertuie tot en met die Territory was "ongewild", geen slapelose nagte oor diefstal gehad nie en lae premies. Toe ek my eerste Ranger in 2015 koop het ek dieselfde argument gebruik, almal steel Toyotas, BMW's en Golfs. Min wetende het die Ranger skielik ook net so gewild as die HiLux geword. Kon dit eers nie verstaan nie tot dit begin duidelik word dat my vorige Fords "ongewild" was omrede daar geen steun soos onderdele in die res van Afrika is vir hulle nie, anders as Toyota. Maar met die wat Ford nou die Ranger hier bou vir al wat leef en beef is Afrika skielik 'n mark. So nou hoes ek ook maar as dit by premies komcrying Wessel, as jy jou Toy kry, dink ek ons moet vinnig gesels....my eerste Ranger wat gesteel was het my vinnig laat leer hoe die "kopers" binne 2 minute 'n tipper laat wegraak...maar daar is maniere om dit moeiliker te maak (wil dit nie graag op 'n oop forum deel nie), seker dieselfde goed sal ook help vir jou nuwe tipper

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 01/02/2022 - 07:00

Môre vriend

ek sal jou kontak per epos, dan deel jy jou tegnieke. Dankie

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus