Nou ja dit is die begin van die 3de maand van 2022.
Geniet dié dag met jou oggend koffie (tee, sap).
Goeie more Kampforum vriende…
Goeie more Kampforum vriende (dit sluit die "herfsblaar" bende in😂
Geniet die laaste rusdag in Maart😳
Johann....
Môre alle vriende en Johann
Baie dankie dat jy aan ons ook dink. Die vriendekring van die Herfsblaarbende val natuurlik binne die kampforum vriendekring, en daarom is jy welkom om na die kleiner groep oor te skuif.
Môre sê Kampforum lede 👋☕
Nou ja gister merk ek vie een of ander rede kry ek nie meer die 3B se neuskas toe gesluit nie ☹. Sal gou by BWH van daai gaan kry wat op die waantjies kom want ons kan eers na 14h00 in gaan en dit is nabt ons Dinokeng toe.
Julle moet die rusdag geniet.
Môre Wessel, baie dankie vir…
Môre Wessel, baie dankie vir die vriendelike uitnodiging, ek aanvaar dit met dank😜
Ek vermoed net uncle "Steekbaard" , Len en een man van die oos kaap is my seniors op die forum 😂
Ek is darem maar al 'n oupa grootjie, die enigste oppie forum👍🏻
Goeie môre. Was die ketel…
Goeie môre. Was die ketel stukkend gister?
GM !
Goeie môre kampmaters !
Die noordwes blaas hier vanoggend en bring darem vir ons 'n bietjie reën - 10mm word voorspel.
GG, gebruik jy ook die koffie-ketel ? Lanklaas iets van jou gesien.
Die weer is buite 'n bietjie onvriendelik en ek sal maar my adminstrasie hier in die studeerkamer opdatum bring.
Willem, as jy hier lees, vertel 'n bietjie wat alles daar aangaan by Dinokeng en hoe kamp die 3B ?
Geniet julle dag.
Goeie môre almal, ja die…
Goeie môre almal, ja die winter is op ons hande en ons moet die tuin voor berei😉
Ek gaan maar aanhou om hier te kom groet, al wil party niks weet van dag sê nie🤪
Goeie more
Ek weet dit is al laat in die dag maar ek groet almal. Aangename dag vir almal.
Middag sê Kampforum lede 👋☕
Ek het nie sein by die karavaan nie en moet by die besige plek kom sit om hulle WiFi te kan gebruik.
Kamp lekker en dit voel vry om sonder maskers hier te kan rond beweeg.
Daarsy Willem, geniet die…
Daarsy Willem, geniet die wel verdiende kamp na al die teenspoed👍
Goeie dag al julle mensies…
Goeie dag al julle mensies wat nog werk en die wat leeg lê en die wat kamp. Klink baie lekker as jy lees van almal wat klaar kamp en ander is oppad om te kamp. Julle moet dit geniet, ons gaan Washbank (net onder Gariep) besoek oor paasnaweek en sal kom vertel hoe dit daar is. Wat ek kan sien lyk dit goed en vriendelike mense daar.
net onder Gariep ...
Maar dan kan julle mos plan maak om saan die Herfsblaar klomp gaan kuier ? Die Ouballies sal dit aangenaam vind. 🤫😉
Ja Willem en Chris, dalk…
Ja Willem en Chris, dalk moet ek daaroor slaap en verder afry en daar by die ou ballies 'n draai gaan maak. Ek kan maklik die jongste ou ballie in die kamp wees. Dit het al deur my gedagte gegaan maar niks beplan, altans nog nie.
Hier vanaf Willows
Ons besig met die 3de week hier en geniet die kamp wat nou aan eiende van die warm weer kom en sal maar oor n week die winter klere moet onder die bed uithaal
Dit is n bewolke dag hier kan dalk later ook reen
Ons vertrek vanaf hier 10/4/2022 na Yellow Sands vir n maand
EC Groete Neels
Goeie môre dames en here,…
Goeie môre dames en here, ook die man sonder klere😉
More almal! So kom my…
More almal!
So kom my vakansie in Salt Rock ook tot ń einde.
Vlieg Sondag 9vm terug Lanseria toe, en dan ry ek Bela Bela toe.
So maand by my "huis" en dan so 1 of 2 Mei Moreson toe vir die winter!
Moey nog besluit of ek 2 of 3 maande daar gaan staan.
Terug Bela Bela toe vir twee weke en dan ry ek weer Salt Rock toe.
Mag julle ń wonderlike April beleef!!!
Moreson of wildsplaas toe???
Môre Arie
Goed om van jou te hoor.
Wil netsekermaak, gaan die tydperk by Moreson bepaal word deur die gewildheid op die wildplaas![]()





Alfa Romeo ...
Dit is reg Len, die plek het vir baie lank na hulle toe gemaak het net so gestaan, seker gehoop om later weer oop te maak ?
Gelukkig het ek eerder die SSS gekies.