Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bly julle het goed gery... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -55 minutes ago
Selfde een Neef Herman Aartappelsop (Vichyssoise) Rona du Plessis -1 hour ago
Von maak net so sop, maar sy… Aartappelsop (Vichyssoise) neef Herman -1 hour ago
Well done Chris en Ralie… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -2 hours ago
hier kom brommer bollie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Veilig by die huis Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago

Maart 2022 - Koffie Kroeg

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

Nou ja dit is die begin van die 3de maand van 2022.

Geniet dié dag met jou oggend koffie (tee, sap).

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 26/03/2022 - 14:22

Was die Alfa Romeo aanleg nie destyds daar in Brits nie

Dit is reg Len, die plek het vir baie lank na hulle toe gemaak het net so gestaan, seker gehoop om later weer oop te maak ?

Gelukkig het ek eerder die SSS gekies.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sun, 27/03/2022 - 07:51

Môre alle vriende en Johann

Baie dankie dat jy aan ons ook dink. Die vriendekring van die Herfsblaarbende val natuurlik binne die kampforum vriendekring, en daarom is jy welkom om na die kleiner groep oor te skuif.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 27/03/2022 - 08:02

Nou ja gister merk ek vie een of ander rede kry ek nie meer die 3B se neuskas toe gesluit nie ☹.  Sal gou by BWH van daai gaan kry wat op die waantjies kom want ons kan eers na 14h00 in gaan en dit is nabt ons Dinokeng toe.

Julle moet die rusdag geniet.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 27/03/2022 - 09:16

Môre Wessel, baie dankie vir die vriendelike uitnodiging, ek aanvaar dit met dank😜

Ek vermoed net uncle "Steekbaard" , Len en een man van die oos kaap is my seniors op die forum 😂

Ek is  darem  maar al 'n oupa grootjie, die enigste oppie forum👍🏻

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 29/03/2022 - 08:59

Goeie môre kampmaters !

Die noordwes blaas hier vanoggend en bring darem vir ons 'n bietjie reën  -  10mm word voorspel.

GG, gebruik jy ook die koffie-ketel ?  Lanklaas iets van jou gesien.

Die weer is buite 'n bietjie onvriendelik en ek sal maar my adminstrasie hier in die studeerkamer opdatum bring.

Willem, as jy hier lees, vertel 'n bietjie wat alles daar aangaan by Dinokeng en hoe kamp die 3B ?

Geniet julle dag.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 29/03/2022 - 10:46

Goeie môre almal, ja die winter is op ons hande en ons moet die tuin voor berei😉

Ek gaan maar aanhou om hier te kom groet, al wil party niks weet van dag sê nie🤪

 

0

Ek weet dit is al laat in die dag maar ek groet almal. Aangename dag vir almal.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 29/03/2022 - 12:49

Ek het nie sein by die karavaan nie en moet by die besige plek kom sit om hulle WiFi te kan gebruik.

Kamp lekker en dit voel vry om sonder maskers hier te kan rond beweeg.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Wed, 30/03/2022 - 13:54

Goeie dag al julle mensies wat nog werk en die wat leeg lê en die wat kamp. Klink baie lekker as jy lees van almal wat klaar kamp en ander is oppad om te kamp. Julle moet dit geniet,  ons gaan Washbank (net onder Gariep) besoek oor paasnaweek en sal kom vertel hoe dit daar is. Wat ek kan sien lyk dit goed en vriendelike mense daar. 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 30/03/2022 - 14:33

Maar dan kan julle mos plan maak om saan die Herfsblaar klomp gaan kuier ?  Die Ouballies sal dit aangenaam vind. 🤫😉

 

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Thu, 31/03/2022 - 12:04

Ja Willem en Chris, dalk moet ek daaroor slaap en verder afry en daar by die ou ballies 'n draai gaan maak. Ek kan maklik die jongste ou ballie in die kamp wees. Dit het al deur my gedagte gegaan maar niks beplan, altans nog nie. 

0
Uitenhage

neelsec

Thu, 31/03/2022 - 13:25

Ons besig met die 3de week hier en geniet die kamp wat nou aan eiende van die warm weer kom en sal maar oor n week die winter klere moet onder die bed uithaal

 Dit is n bewolke dag hier kan dalk later ook reen

Ons vertrek vanaf hier 10/4/2022 na Yellow Sands vir n maand

EC Groete Neels

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 31/03/2022 - 14:52

.... dis ekke.

Ek kan maklik die jongste ou ballie in die kamp wees. 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 01/04/2022 - 07:40

More almal!

So kom my vakansie in Salt Rock ook tot ń einde.

Vlieg Sondag 9vm terug Lanseria toe, en dan ry ek Bela Bela toe.

So maand by my "huis" en dan so 1 of 2 Mei Moreson toe vir die winter!

Moey nog besluit of ek 2 of 3 maande daar gaan staan.

Terug Bela Bela toe vir twee weke en dan ry ek weer Salt Rock toe.

Mag julle ń wonderlike April beleef!!!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus