Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -1 hour ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Wyse besluit.... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Swart span Springbok rugby Geert -1 hour ago

Prado 4l v6

Oudtshoorn
Submitted by neef Herman on
Forums

Dagsê, het die 2003 model Prado 4l v6 van my dogter gekoop. Sy wou inruil op VW en inruil geoffer was R30k onder boekinruilwaarde en R45k onder handelaars retail.

Pragtige voertuig, kilos 280 000km, dalk hoog, maar loop soos n horlosie. Ek het R115k betaal en sal vir dieselfde laat gaan. Of ek hou dit vir dalk eendag Kunene mond toe ry.

Prado

Prado

Prado

Prado

Worcester

Wildehont

Sat, 14/01/2023 - 07:45

Dankie Wessel, dis ‘n goeie voorstel. Ek gaan eers van bo af met die drukspuit probeer, sonder om ‘n verkoeler te verwyder. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 14/01/2023 - 08:08

Nie n presssure washer nie. Ek dink Wessel praat van lug.

Drukspuit is te sterk en sal die sagte aluminium vinnetjies plat stoot. Vra my, het al so duur fout gemaak in die verlede net na die verkoelers van koper en brons kerns, na aluminium verander het.

0
Worcester

Wildehont

Sat, 14/01/2023 - 08:26

Drukspuit is te sterk en sal die sagte aluminium vinnetjies plat stoot. 

Ek het gewonder of dit nie skade kan veroorsaak nie. Ek het gelukkig ‘n kompressor, en sal dit probeer. Dankie Oom Neef! 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 17/01/2023 - 21:35

OME kronkel vere en skokbrekers + lugsakke: R30 000 +R13 000

Toyota net kronkel vere: amper R12 000

Die vrou wat by Toyota werk se man vir kronkel vere en lugsakke agter: R10 000. Hy sê hy het ook ‘n Prado 120 gehad, en het lugsakke ingesit vir vrag dra. Hy sê dit was sy gunsteling voertuig ooit. Hy het eers ‘n Landcruiser 80 gehad, toe ‘n 100, toe Prado 120 en later Prado 150. Hy sê hy verkies die 120, dit Ry baie sagter as die 150. Hy sê ook, as hy die kronkel vere vervang en die kar lig nie hoef ek net vir die arbeid te betaal.

Ek gaan maar oë toeknyp en dit doen. Hy sê op teerpad behoort ek OK te wees met sleep met die Ou vere, maar grondpaaie kan onveilig raak. Lugsakke sal ook toelaat dat ek die haak na die onderste twee gate skuif. Tans kan ek nie die agterdeur verder as ‘n skrefie oopmaak as die Kavango gehaak is nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 18/01/2023 - 06:16

Môre Chris

Dis seker twee keer dieselfde arbeid as jy eers net vere vervang, en later na 'n paar oefen slepe, rerig die lugsakke agter wil laat insit.

Ek lei af dat jy al die onderdele aankoop, en die persoon dan betaal vir die insit. Of, skaf die ou alles aan, en teen 'n geringe fooi, installeer hy dit vir jou. 

As hy die vere en lugsakke aankoop vir kR10, en jy moet iets betaal vir sy arbeid, klink dit na die beste opsie.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 18/01/2023 - 08:01

Wessel, hy vra R4k om vier nuwe kronkelvere te verskaf en installeer, en nog R6k as hy terselfdertyd die lugsakke verskaf en installeer. Sou ek eers later die lugsakke wil installeer gaan dit ekstra arbeid kos om weer die agterste kronkelvere uit te haal en terug te sit. Dit wys jou hoe roof ander plekke mens. 
 

Ek was gister by sy werkswinkel, en dis ‘n netjiese plek met drie lifts. Daar was twee Landcruiser 100’s en twee Landcruiser bakkies. Hy ry self ‘n ander Landcruiser bakkie, en daar was ‘n Hilux en Mercedes 4x4 bussie ook vir werk/fitment. Hy ken duidelik sy storie en voertuie.
 

Hy het sy lugsakke eers in sy LC 80 gehad, dit toe uitgehaal en in sy LC 100 gesit, en daarna uitgehaal en in sy Prado 120 gesit. Hy sê solank mens dit minstens 0,6 Bar hou vir normale ry en nie meer as 3 Bar vir sleep nie is daar geen rede waarom dit sal faal nie. Hy sê die vier nuwe kronkelvere sal die Prado se oorspronklike ryhoogte herstel (anders betaal ek nie vir die nuwe vere nie), maar gaan nie die sak wanneer ek sleep regmaak nie. Die 120 is sag geveer, dis hoekom dit so gemaklik ry. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 18/01/2023 - 11:24

Chris

.... vir daai kwotasie. Ek dink dis 'n m....se goeie prys. 

Wys jou net, met bietjie rondvra, gaan jy baie geld spaar en gemoedsrus kry. 

Laat maak hy die vere op, sommer nuuskierig.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 18/01/2023 - 12:10

Laat maak hy die vere op, sommer nuuskierig.

Nee, dis net nuwes. Dieselfdes as waarvoor Toyota my amper drie keer soveel vra.  

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 18/01/2023 - 12:30

Chris

Ek dink jy het 'n waardevolle nuwe werktuigkundige gevind.

Dit is eintlik 'n skreiende skande dat handelaars mense so uitbuit. Ek is doodseker dit is nie net Toyota wat hieraan skuldig is nie.  

0
Worcester

Wildehont

Wed, 18/01/2023 - 12:53

Ek dink jy het 'n waardevolle nuwe werktuigkundige gevind.

Ook maar gelukkig dat ek toevallig by Toyota by sy vrou ‘n kwotasie gaan vra het. ‘n Vriend van my het my egter ook later aangeraai om by hom uit te vind, want hy doen al my vriend se kennisse se aanpassings op hulle 4x4 voertuie en almal is tevrede. Hy was nie gister by sy werkswinkel toe ek daar was nie, en het toe sommer by my huis gestop na ek van die werk af gekom het.  

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 18/01/2023 - 13:27

Daar is seker n kans dat die Ausie springs sal wees.

My Landrover het n stel Pedder springs in wat soos die man gese het hom so 50mm sal lig, en nie met n vrag sukkel nie.

Resultaat is n macho stance met treurige rygerief. As dit leeg is moet jy letterlik n kidney belt dra of met amper pap bande ry.

Met standaard springs was die Landy so sag soos n beemer op n sinkplaatpad.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 18/01/2023 - 14:51

Ek het destyds op die ST dit ook laat insit want die Excludive het sy gat op die rubbers geduk.  As ek gehak het het ek hulle net so 1.5 bar gepomp met die hand/voet pomp want 'n kompressor pomp te vinnig.

.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 18/01/2023 - 15:35

Ek lees dat daar eersdaags 'n vreeslike windgat Prado oppad Kalahari toe is. 

Chris, moet nou nie "opgeblase" word nie, ons terg sommer uit jaloesie uit. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 18/01/2023 - 15:53

Chris

....jy nie wyn drink nie.

Die manne seg vir my, dat daai 3l wynsakke, dis nou die dosiewyn, net so goed werk. Heelwat goedkoper om in te sit, selfs al moet mens dit elke 2 weke vervang. laugh 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 18/01/2023 - 21:54

Dis darem nie die stywe vere waarna Oom Neef verwys nie. Hierdie is my eerste 4x4 met kronkelvere voor en agter. My Hilux het bladvere gehad voor en agter, net soos ‘n ossewa. Dit het ook net soos een gery en gedraai. Daarna ‘n Colt met bladvere agter net soos die Everest. Lg het waarskynlik ook ‘n blad of twee minder of dunner as die Ranger onderstel waarop dit gebou is. Ek moes vir die Everest ook helpervere insit toe ek die Kavango begin sleep het. 
 

Die Prado het aansienlik verder gery as die Everest, en tydens die inspeksie verlede week het hulle gemeet hoeveel dit al gesak het. Ek kan nie presies onthou nie, maar dit was ‘n klompie. Met die Kavango gehaak voor ons Dwarswegstrand toe is het die Prado se haak ‘n verdere 40mm gesak in vergelyking met sonder die Kavango. Die arme ding kort dus ‘n bietjie hulp, en ek het besluit om dit komende Vrydag te gaan kry. Ek verjaar Sondag, so noem dit maar my geskenk aan myself. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 19/01/2023 - 05:41

Môre Chris

.....o.or die aanskakel probleem. Of was dit dieselfde persoon wat die batterypole verbeter het. Dit klink of die vere persoon LC's en Prado's ken.

Gesels met die persoon oor toentertyd se Fortuner probleem. Daar was lank gelede 'n fase waar Fortuners met woonwaens op sleeptou, letterlik omgeval het. Daar was baie gepraat daaroor, en die bespiegeling was dat die agtervering "te sag" was, met klem op rygerief. Met daaropvolgende modelle het Toyota 'n verandering aangebring, en die probleem het totaal verdwyn. 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 19/01/2023 - 08:30

die bespiegeling was dat die agtervering "te sag" was, met klem op rygerief. Met daaropvolgende modelle het Toyota 'n verandering aangebring, en die probleem het totaal verdwyn. 

Ek is geen kenner nie, maar ek dink eerder vering wat te hard was, was (deel van) die probleem. Sagter vering sal eerder die bande in kontak hou met die pad, terwyl harder vering kan lei daartoe dat wiele hop, en kontak verloor met die grond. Dan swaai die stert uit en kan ‘n voertuig met ‘n hoë swaartepunt omval. 
 

Toyota het destyds vir die Fortuner stabiliteitsbeheer ingesit, wat die probleem aangespreek het. Ek weet nie of hulle die vering ook verander het nie. Soos hierbo genoem was lg net deel van die probleem. Die bestuurders wat te vinnig gery het en onervare was, was ‘n groot deel van die oorsaak. Jonger mense het grootgeword met voorwielaandrywing, en is nie gewoond aan ‘n kar wat se agterent uitswaai om ‘n draai op grondpad nie. Sit hulle agter die stuurwiel van ‘n agterwiel aangedrewe voertuig met ‘n hoër swaartepunt wat nie in 4x4 is nie of nie daaroor beskik nie, en as hulle te vinnig ry op grondpad - veral as daar bietjie sinkplaat is - is dit ‘n resep vir ‘n ramp. 
 

Ek sit altyd die Everest in 4x4 op grondpad. Dit maak vir seker die voertuig meer stabiel. Gelukkig is die Prado altyd in 4x4 en het foefies soos VSC en vastrapbeheer. Verder het ek niks om te bewys nie, en is nie lief vir spoed nie. 

0
Worcester

Wildehont

Fri, 20/01/2023 - 13:53

Ek het vanoggend 08:00 die Prado vir Louis gevat, en dit weer voor 13:00 gekry. Hy het rooi Gremeltech lugsakke ingesit. Daar is ‘n netjiese klep onder die linker agterwiel se modderskerm vanwaar ek die lugsakke kan oppomp en afblaas. Die Prado staan ook weer gelyk met die nuwe kronkel vere. Dit het volgens Louis net 20mm gelig agter en 15mm voor, maar ek vermoed dit gaan effens harder ry omdat die ou vere so pap was. Ek sal na werk voel hoe ry dit, hy het die kar hier kom aflewer. Ek sal ook by die huis meet hoeveel dit hoogte verskil. Het gister by elke wiel gemeet. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 20/01/2023 - 15:35

..... dit is nou te hoog vir afdak en garage nie. laugh

Sal kommentaar na 1ste sleep veral, wil hoor. Ai, s mens net weet waarvoor om te soek op internet. Het gaan loer,en lyk na goeie produkte.

0
Irene

Grootwind

Fri, 20/01/2023 - 16:01

Nou wel 'n Prado draad maar nee, siesa, Willem. Daai ST foto van jou wys darem 'n vuil onderstel! Hoe moet ons ander Ford manne dan nou voel hier tussen die Toy dissipels? Klim bietjie onder die ST in en was daai onderstel!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus