Ek weet nie of daar nog ander rugby-entoesiaste op hierdie forum is nie. Ons sal nie eens 'n rugbyspan kan volmaak met gereelde deelnemers aan hierdie forum nie - dit sommer net terloops.
Ons Bokspan vertoon goed in hierdie stadium. Nie net het ons met ons amperse B-span verlede Saterdag vir Wallis verniel nie, maar het ons gisteraand die magtige All Blacks behoorlik ore aangesit met 'n rekordtelling.
Mag ons manne so voortbou vanaf die afskop van die Wêreldbeker. Danksy 'n tydelike VPN-app kon ek beide genoemde wedstryde hier in Roemenië kyk. Maar die Wêreldbeker se wedstryde sal darem hier op plaaslike TV gekyk kan word, want Roemenië neem ook deel - juis ons tweede teenstanders. Die ongeluk is net dat die kommentaar in Roemeens sal wees. Solank ek net kan kyk - ek sal my eie kommentaar lewer.
Ek wonder by myself hoeveel…
Ek wonder by myself hoeveel Bok ondersteuners ry toyota hiluxe met 'n pienk John Deere sticker op die agterkant.
Pienk en groen gaan mooi saam.
Die Aussies kan ook maar bly…
Die Aussies kan ook maar bly wees die volgende toernooi word by hulle gehou, dan moet hulle seker maar saam speel.
Luister een van die onderhoude wat hulle weer met Eddie Jones gehad het na laas naweek se kwarteind wedstryde en dat sy span nie daar was nie. Hy antwoord toe iets soos "have you seen the quarterfinal games, mate? We are not on that level, mate". Nogals waar ne? Maar ja, dit was 'n jong span en hulle kan seker nou mooi span bou vir 2027. My opinie is jy vat nie 'n jong span na 'n worldcup om te gaan ondervinding opdoen nie.
Die krieket...die Ingilse het verloor teen Afganistan!! (en die Proteas toe wragtig teen Nederland na hulle die Aussies goed gemors het) Altwee spanne het seker weer gedink hulle moet net opdaag vir die wen...
Stickers ???
Skerpioen, my wit Hilux het 2 plakkers op, ene vir "Truimph" en nog een vir " Victoria secret- Cross your heart"
Nou wat dink jy ondersteun ek.![]()
Hallo Chris. Met jou kan ek…
Hallo Chris.
Met jou kan ek eerlik wees want jy het lanklaas rugby gepraat. Ek dink Engeland is te lig in die broek vir die Bokke. Maar met die laaste WB in 2019 het hulle vir die All Blacks uitgehaal met 19-7. Daar was geen keer aan Engeland nie. Regte game plan op die regte dag.
Alles gaan oor span keuses aan beide kante. Geen van die laaste 4 oorblywende spanne kan afgeskryf word op 'n goeie dag nie. Dis wat rugby so opwindend maak. Mag dit goeie rugby wees wat wen.
Victoria secret en Truimph …
Victoria secret en Truimph
Wessels jy is 'n man na my hart met jou keuses. Jy is vergewe met jou Rollux.
Kon sweer ek en jy is broers.![]()
Is daai Triumph en Victoria…
Is daai Triumph en Victoria's Secret plakkers nou om jou te help met ondersteuning Wessel? Ek dink lg. is egter beter...wys meer en help ook met die styfgeit![]()
Chris B., dis die probleem…
Chris B., dis die probleem met ouderdom, weet ek het iets belangrik gesê...maaar nou kan ek nie onthou wat nie,,,,dink iets te doene met Antie Victoria?
Spreekwoord...
Die antwoord waarna Grootwind soek is opgesluit in 'n ou apreekwoord;
"die vere maak die voël"
Nou kan julle maar weer rugby gesels
"die vere maak die voël" …
"die vere maak die voël"
100% in die kol oom Wessel.
Dis dieselfde as " n All Black trui maak die volmaakte rugby ondersteuner."
Hier is 'n paar manne en ou toppies wat dit moet probeer.
Ek lees die kommentaar wat…
Ek lees die kommentaar wat altyd hier gemaak word en wonder partykeer oor die volgende. Met die oorgang, het 'n sekere Minister van Fiansies, Trevor Manuel, openlik erken dat hy die All Blacks ondersteun aangesien hy 100% teen die Bokke en hulle/ons verlede staan. Nou wonder ek ook of dit die geval maar hier is.
Ek kan nie saamstem nie
Oom Angelstert bly duidelik nie in die Wes-Kaap nie. Hier is baie draers van varingtruie wat so ver is van volmaakte rugby ondersteuner as wat jy kan kry. Meer soos soccer hooligans. Gaan lees bv die artikel, en kyk hier onder na wat Bryan Habana van hulle gesê het daarin. Ek stem saam met hom.

Bryan Habana is a "Has Been"…
Bryan Habana is a "Has Been" met valstande wat vir die sukkelende WP gespeel het. Wie gee om wat hy sê, beslis nie ek en miljoene ander "Mighty All Black" ondersteuners nie. Ons groei by die dag aan getalle. Dis seker waarom daar so baie suur druiwe, vrae en onderbroeke wat druk in die Protea kamp is. Is jy OK oom Groot G?
Gelukkig maak Amazon oop in SA in 2024. Dis nie meer lank nie dan kan die protea ondersteuners 'n bietjie "MAN-UP" en 'n Mighty All Black trui koop om saam IN te wees. Nog net 'n paar slappies, byt vas.
Aan die een kant hoop ek regtig die WB is oor. Gelukkig nog net 'n week of twee. Ek is moeg vir die dronk Protea hooligans wat die eet en kuier plekke besoedel elke naweek. Geen maniere in hulle Checkers en Groen pakkies nie.
Wildehond, my nuwe Crusaders trui sal ek vroeg Desember ontvang saam met 'n vars 2XL heilige All Black trui. Reg vir die volgende WB in Australia. Miskien moet ons 'n trippie reel in hierdie outehuis om die volgende WB saam te gaan kyk. Wie is in? Kamp 'n bietjie minder vir 'n jaar om geld te spaar. 'n Mens kan net soveel keer 'n ou bokkie in die wildtuin sien of 'n ou blommetjie langs die pad. Spandeer jou geld waar dinge saakmaak.![]()
Het iemand miskien "ou Spekkies" se nommer want hy sal verseker saam met my gaan?
Die wêrelbeker begin ook nou op my knaters werk !
Ek wens ook nou dat hierdie "beker" by ons verbygaan, want koerante, FB, ander sosiale media, TV en radio is al flou gepraat en gestry oor hierdie onderwerp - vir my raak dit nou vervelig.
Knaters pap maak
Ek stem Len. Veral omdat die huidige regering dink dat dit samehorigheid en verdraagsaamheid bevorder.
Plaas dat iets gedoen word aan plaasmoorde en misdaad.
Liewe hemel ...
... ek is bly ek ken nie die arrogante donner persoonlik nie. Ek wetie hoekom ek nog op hierdie forum, of dan liewer hierdie onderwerp, inloer nie. Ek is al 'n knieknakkertjie genoem en vang so 'n k@k in dié ou se houding. Ek wetie of hy tong in die kies sommer net stir nie, maar hy moet maar eerder in sy eie pot stront gaan stir. Noem my dan enigiets - knieknakkertjie, liggeraak of wat ookal. Ek sê eerder "Bye".
Chris jy ken my goed van CP…
Chris jy ken my goed van CP af. Vir baie jare. Kyk na jou mail sodat ek jou kan skakel as jy met my wil praat.
Spaar
Miskien moet ons 'n trippie reel in hierdie outehuis om die volgende WB saam te gaan kyk. Wie is in? Kamp 'n bietjie minder vir 'n jaar om geld te spaar
Hierdie sal miskien vir ander span ondersteuners werk wat moontlik nie volle World Cup gaan speel nie. Maar vir ons bok ondersteuners wat games het tot in die finaal, raak dit n duur storie....nie net n paar kampe se geld eenkant sit nie. Dan het die bok ondersteuners nog die uitgawe van oorwinnings voggies wat ook al duur word....duurder as box tissues na die helfte van toernooi🤣😂





Spanne wat reeds vir 2027 WCR kwalifiseer in Australië