Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -5 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -5 hours ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -5 hours ago

EB versus EC lisensie

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Middag vriende Na aanleiding van van Willem en Tora se insette oor die onderwerp moet ons dalk nuwe draad skep. Ek is eintlik nie bewus van 'n bo-perk op die totale kombinasiegewig wat met EB of EC lisensies gepaardgaan nie. Agterop my EB-lisensie word 'n GVM van <3500kg gespesifiseer vir B-lisensie. By EB word niks getoon nie, so ook nie by EC nie. Wat ek wel weet is dat volgens prentjie op lisensie, n EB my toelaat om 'n woonwa te sleep. Volgens wet moet ek voldoen aan die volgende; 1]my woonwa se maks gewig moet minder wees as my voertuig se lisensie gewig 2] my totale kombinasiegewig moet binne my voertuig se gespesifiseerde GCM [gross combination mass] wees 3] indien ek 'n wa sleep bo 'n sekere gewig [dalk 3500kg] moet daar ekstra remme aangebring word, bo en behalwe die normale inloopremstelsel van die wa. As voorbeeld: a] Kavango se maks gewig is 1500 kg b] gelyk aan die lisensiegewig van my Hilux, 1500kg c] toegelate laai massa vir bakkie is 750kg, dus is my totale kombinasie massa 3750kg, net binne die gespesifiseerde GCM van 3900kg. Ek is dus van mening dat as mens 'n swaar wa wil sleep, mens se sleepvoertuig se "GCM" dit moet toelaat. Ek sal graag wil verneem wat julle mening is hieromtrent. Dit is veral belangrik vir persone wat nog waentjies agter aan hulle woonwaens wil sleep.[wat nie inloopremme het nie] Groete Wessel

Attachment Size
Kode EB1 dokument 121.07 KB
Irene

Grootwind

Sun, 11/09/2022 - 19:30

Gelukkig vir daai ou se geringe skade waarvoor hy nou self moes Pa staan. Wat mense vergeet is dat dit een ding is as jou sleepsel self skade opdoen en die versekering nie wil uitbetaal nie....maar wat as daai sleepsel in die proses ook iemand se R2 miljoen se Porsche afskryf? Dan is dit mos jou skuld en skade want jou sleepsel is "onwettig" op die pad? 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 05/12/2023 - 06:07

Ek plaas die skakel na die nuwe regulasies oor sig en lisensies hier, vir maklike verwysing. My regteroog is bv nie meer sterk genoeg vir my EC1 lisensie nie. Sou ek wou aanhou om sonder ‘n bril te bestuur moet ek af gradeer na ‘n EB lisensie. Dit sal waarskynlik net die onafwendbare uitstel. Ek sal maar finaal besluit voor ek moet hernu volgende jaar. Ek bestuur meestal met ‘n donkerbril, en los een in elke motor. Ek sal dus voorskrif lense vir die donkerbrille moet kry, en ‘n gewone bril vir die tye wat dit bewolk is of te donker vir ‘n donkerbril. Omdat ek nooit bril dra nie gaan dit vir my ‘n moeilike (en duur) aanpassing wees. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 05/12/2023 - 06:32

Môre Chris, ek dra "bestuur/vêrsien bril al vanaf ek 19 was. Ek vra vir lense wat verdonker in die son omdat my oge ligsensitief is. Omrede dit te lig bly in 'n voertuig, vra ek gewoonlik om 'n ekstra permanente tint aan te bring. 

Dan het jy nie ekstra sonbrille nodig nie. 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 05/12/2023 - 07:41

Daardie lense is slim, maar raak dit heeltemal deursigtig binneshuis? Anders gaan dit my irriteer, maar dit maak seker nie saak nie want ek dra nie bril binneshuis nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 05/12/2023 - 07:58

....binne die huis nie. 

In die kar word dit egter nie heeltemal "helder" nie, dit behou 'n effe donker kleur. Jy moet maar jou optometris vra vir 'n demonstrasie van sulke lense.

As dit te lig is in die kar, kan hulle ekstra tint aanbring. Ongelukkig is die lense dan binneshuis ook effe donker, en nie helder nie.

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 05/12/2023 - 08:25

Anders gaan dit my irriteer, 

Chris, indien dit noodsaaklik is, dan pas jy vinnig aan. Ek het voorskrif donker lense waarmee ek bestuur en het heeltemal goed aangepas. Dra ook maar nou die laaste 4 jaar bril.

0
Worcester

Wildehont

Tue, 05/12/2023 - 08:54

My pa het altyd so gesê, en al is ek nog redelik jonk begin ek besef dis waar. Afgesien van my sig wat verswak het die spesialis ook gister verduidelik dat wat fisies besig is om met my oë te gebeur wys “dat ek nou mooi groot word”.

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 05/12/2023 - 12:32

Chris, as jy gaan vir voorskrif  brille, moenie dat dit "polarized" lense wees nie.

Ek het ook voorskrif donker brille, maar dra dit nie as ek betsuur nie. Die probleem is dat dit die "dashboard" en gps so verdonker (dit is polarized lense) dat ek nie veel van die noodsaklikhede kan uit maak nie.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus