6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Skinder??? Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -31 minutes ago
Wessel daar was 'n paar… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Hou net die letter e in vir… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Laaste oor die dekselse kappie Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -2 hours ago
Lower Sabie Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Kappie e se toets Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -2 hours ago

Springbokke

Port Elizabeth
Submitted by Frieps on

Nou ja, die Springbokspan wat moet speel teen die Franse is bekendgemaak.   Daar is baie goeie spelers onder hulle, Warren Whitely is (vir my) 'n waardige en die regte kaptein.  

Nou hang dit af van afrigting en wat die spelpatroon gaan wees.   Die Bokke kan weer ons almal se ondersteuning verdien.  Ek hoop van harte hierdie jaar gaan dit gebeur.   Ek wens hulle net die beste toe.   Weer so!!  Bokke!!

Durban

dassie

Tue, 14/11/2017 - 21:17

In reply to by Sleep nou

As ek mag wil ek n voorspelling maak dat die bokke voor hulle poskaarte by die huis sal wees .Wonder watter van hulle bewonderaars gaan hulle inwag by die lughawe.Miskien n paar ou tannies met sambrele en kieries laugh

0

Wie van julle kan nog die skande onthou toe Herchele Gibbs en sy manne met daai pappegaai slaai gevang was .Toe hulle hom vra hoekom hy daai rondkyk twak gebruik se jy "Man you have no idea how it slows a fast ball down "

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 15/11/2017 - 07:52

As ons agter spelers nie regkom nie gaan dit n langggg toer wees

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 15/11/2017 - 09:21

Wat is daar nog wat mens kan sê oor hulle?   Ek wonder hoe voel hulle oor hulself?  

Al wen hulle ook Saterdag, sal hul nog nie in my goeie boekies kom nie.   Hulle het nog te baie om te bewys en die volgende een kan hul sommer weer sleg verloor.   

0
Secunda

Sleep nou

Sat, 18/11/2017 - 09:25

Baie sal moet gebeur in ons rugby ek glo ons is op n laagste punt wat springbok rugby kan bedref

0

Len

Die probleem is dat Nuweland oud is en nie kan by hou by die nuwe SASREA wet se veiligheidsbepalings nie. Dis hoekom hulle vroeer vanjaar gesukkel het om veiligheids sertifikatevir die stadion te bekom.

Ek sien ongelukkig al meer wedstryde op die nuwe stadion en al minder op Nuweland

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 18/11/2017 - 16:31

Hemel Stephan, waar val jy nou uit met die Nuweland-storie wat jy aan my opdra ?  Miskien oor my kommentaar van 6 maande gelede op 23 Mei ?  Ewenwel, ek stem saam met jou - onthou ek is nie 'n gebore Kapenaar nie. Aan die ander kant, Nuweland het darem 'n wonderlike bekoring as die stadion stampvol is  -  selfs die aanloop na die stadion aan die voet van Tafelberg skep jare-lange nostalgiese herinneringe.

Maar dis amper iets soos die ou landsvlag, nostalgiese, wonderlike herinneringe (vir party van ons), maar dis iets wat maar liewer in 'n kas in die onderste laai gebêre moet word.  Die lewe stap aan met allerhande nuwe interessante dinge.  Hier sit ons met 'n fantastiese, moderne sport- stadion wat ons Kaapstad belastingbetalers instand moet hou sodat politieke partye en ander groeperinge hulle dinge daar kan doen !

Ek stem dus saam : # Nuweland must fall !

0

Ek sien die Sharks CEO Gary Teichmann kla ook dat Sa Rugby hulle wil forseer om die rugby stadium te verruil vir die Moses Mabhiba sokker stadium

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 18/11/2017 - 18:44

Daai stadiums is gebou, of ons dit wil hê of nie,  gebruik dit vir rugby, dit sal ten minste iets mooi in die rugby terug bring, en ook 'n inkonste genireer.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 25/11/2017 - 20:19

En wat het geword van al die kritici van Springbok rugby ?

Niemand sê 'n woord oor die Bokke se wen vandag teen Italië nie  !  Doodse stilte !

Ns.

Mag ek respekvol vra, as jy dalk iets wil sê, konsentreer asb op die glas wat half vol is eerder as op die glas wat half leeg is.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 26/11/2017 - 09:11

Ongelukkig, in rugby kan jy nie net die goeie van jou span raaksien nie en jy kan jou ook nie laat mislei deur die eindtelling nie.

Ek is natuurlik baie bly dat die Bokke gewen het.    Veral dat daar goeie drieë gedruk was.  En dat Pollard se skopwerk reggekom het.   Sy algemene spel was ook baie goed.

'n Land soos Italië is "tradisioneel" nie veel opposisie vir die Springbokke nie.  Kyk, as die Bokke gister teen hulle moes verloor, dan was die skrif wragtig teen die muur.   In die "ou dae" sou die Bokke Italië totaal kafgeloop het.

Daar was tye wat die Bokke erg gesukkel het en Italië die oorhand gehad het.  Die Bokke het nog baie basiese foute gemaak.   Hulle het nog steeds nie Springbokrugby, soos ons dit ken, gespeel nie.   Dit is hoe ek voel, en as dit beteken my koppie is halfvol, dan is dit maar so.

Die wedstryd na hulle, tussen NZ en Wallis, was totaal in 'n ander klas.  Die tipe rugby wat ons graag wil hê die Bokke moet speel.   

Ek hou sterk duim vas dat hul volgende naweek teen Wallis kan voortbou op gister se wen.  Hulle is my span en ek sal altyd vir hulle ondersteun, deur dik en dun.

 

0
Secunda

Sleep nou

Sun, 26/11/2017 - 19:58

Dis beter maar ek glo die beste span is nie gekies ek dink Wallis gaan ons besig hou

0
Secunda

Sleep nou

Sun, 28/01/2018 - 06:52

Sien A Coetzee kla by rugby raad transformasie te stadig by bokke mokket man los politiek uit en kies die ou wat op vorm is

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 08/05/2018 - 08:15

Die draad baie stil wat is julle gevoel oor bokke vir die jaar, wie dink julle sal skakel paar en senter paar wees en wie die kaptein?

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 08/05/2018 - 15:08

Shaun, nee, lyk my ek en jy is die enigste twee "verlore" ouens wat so nou en dan oor rugby wil praat.    Hier is nog 'n paar ander wat kan, as hulle wil.   Almal sit op moedverloor se vlakte oor ons rugby.   Wat ons nodig het, is net een jaar wat die Springbokke en die Bulls 'n haas uit 'n hoed trek.   Dan sal jy sien hoe kom die lewe terug hier!!  wink

Mens het eintlik geen idee wie Rassie gaan kies nie.   Daar is nie 'n goed genoeg skrumskakel nie, kan dalk Schreuder wees saam met Pollard of Jantjies.  Senters, net Rassie sal weet wie hy daar gaan kies.   Ek glo maar  Whiteley  sal die beste kaptein wees, maar hy bly vol beserings.   Met al die transformasie wat nou weer toegepas moet word, sal ons maar moet wag en sien hoe die span gaan lyk.   

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus