15 Jun Hopetown by aangetroude familie
16-17 Jun Potchefstroom by skoonouers
18 Jun Sable dam skuiling (slaap in skuiling)
19-25 Jun Shingwedzi (kampeer teen heining)
26-29 Jun Tsendze (kampeer teen heining)
30 Jun Letaba (hut sonder geriewe)
1 Jul Potchefstroom by skoonouers
2 Jul Victoria-Wes gastehuis
My raad.... vergeet nou vir…
My raad.... vergeet nou vir 2 weke van die toereteller dophou , en kyk uit vir die Wilde diere.
. Geniet die wildtuin.
Neef ...
... ek is ook nie gepla deur "toere", kW of Nm nie. Ek haak die "ou lady" en stel die spoedbeheer op 97 kpu (90 -kpu volgens die GPS) - en daar gaan ek. Die Hilux moet maar self besluit wat hy met die ratte wil maak. En my brandstofverbruik is nie te k@k nie.
Hier stem ek saam met.................
.......Herman en ChrisB. Ek is doodgelukkig met my 6-spoed handrat Pathie en sleep gemaklik in 6de rat teen 2000 rpm en 100kpu, met spoedbeheer geaktiveer. Nie seker wat die akkurate spoed is nie want ek gebruik die Pathie se ingeboude GPS. Voor 'n bult of wanneer die omwenteling onder 2000 rpm wil daal, skakel ek terug na 5de rat. Verder geniet ek die rit en bekommer my nie oor al die ander gegewens nie.
Nietemin ChrisS, geniet julle rit en al die inligting van die Fordjie wat jou (en Wessel) interesseer.
Amper daar
Ons gooi gou diesel in by Gravelotte. Seker ‘n paar sent goedkoper as in Phalaborwa en die boude is lam.

Chris S....
....nounou begin die lekker vakansie. Dankbaar saam met julle vir veilige reis tot hede.
Veilig en gelukkig
Rit inligting
Ons is Magoebaskloof af. Meestal in tweede teen die steil dele en net so nou en dan handjie bygesit met die rem as die toere bo 3000 klim. Hulle was besig om aan George’s Vallei te werk by die afdraai.
Ek sal julle ophou verveel met my eksperimente om die Ranger se sweet spot te kry. Weet maar net ek het, en ek geniet my speelgoed baie. Die optimale werklike snelheid is97. Dan bly die Ranger in vyfde en die toere by 2200 op- en afdraende en met spoed beheer bly die snelheid op die GPS perfek konstant. Vandag het ek 8,9km/l gekry, maar daar is baie afdraende hierheen.
Van Gravelotte af het ‘n Prado 150 met ‘n padkaravaan agter ons gery. Op die gelyk dele het hy by ons gebly, maar telkens terug gesak op die opdraendes.
Chris S....
Dankie vir die nuutste nuus.
Onthou net, ek geniet die eksperimente net so baie, jy verveel my nie. Inderwaarheid voel ek effe sleg wat so alewig jou derms uitryg rondom eksperimente![]()
Dan sal ek maar 2 onderbroeke aantrek, Grompie se leisels styf intrek, en ook Magoebaskloof af sleep.
Geniet jou bier en Joey's wors
Prost
Geniet dit Wildehont
Ek bedoel die bier, die uitsig, die aand in die bos en hopelik 'n klompie lekker nag-geluide. Dit lyk idillies.
Jy som dit so mooi op Chris…
Jy som dit so mooi op Chris B. Die rustigheid, nag geluide. Geniet die tyd daar. Cheers.
Ai ChrisS, dit klink alles sommer.............
..............baie lekker. Ons wil graag 'n mooi verslaggie hê oor alles wat gedurende die nag gehoor/gebeur het. Brei 'n bietjie uit oor die slaap- en ander geriewe by Sable-dam - ook of daar ander mense/groepe die nag daar was en of julle alleen daar was.
Ek aanvaar julle gaan met die skuinspad (H14) ry tot duskant Tsendze en dan met die H1-6 tot by Shimgwedzi. Dis nogal 'n stywe entjie, 135km.
Hier in die Kaap is dit Vrydag 16º en julle weer word vir môre op 31º voorspel - beslis lekkerder as in Worcester.
En hoe gaan dit met Kara, is sy nou oukei ?
Geniet dit,
Is iets wat ek nie gaan sê nie, want almal ken mos al die gesegde, een swak dag in die wildtuin is beter as 'n goeie maand by die huis.
Dit lyk so rustig want dit is so rustig, kaas dit en geniet dit.
Ons vorder
Ons het ‘n rustige nag gehad by Sable dam. Olifante en rooibokke het kom drink terwyl ons wakker was en ons het ‘n springhaas en siwet gesien. Daar was ‘n mannetjie kolgans wat vreeslik geraas het maar hy het later stil geraak en toe was dit doodstil en nogal koud langs die water. Van 30 toe ons gister daar aangekom het na 9 toe ons vanoggend hek toe ry.
Ons het probeer vinnig ry Shingwedzi toe maar baie gesien. Veral olifante, sebras en kameelperde. Wessel sou die rit nie geniet het nie. Ons het ook tsessebe gesien.

Ons het net voor 12:00 hier aangekom, en slaan nog op. Dis ongelooflik hoeveel goed in die Ranger pas. Ons het nommer 12 gekry, en dit het lieflike skadu. Ons is nog nie klaar nie so dit lyk nog slordig.

Ek wil beterweterig klink nie ...
mannetjie kolgans wat vreeslik geraas het
... maar was dit nie 'n wyfie-kolgans nie? Die wyfie het die harde stem en die mannetjie het so 'n hees klank.
Lekker kuier! Geniet dit!
Lyk na 'n heerlike....................
............staanplek, ChrisS. Ek is seker ons het al voorheen op daardie spesifieke plek gestaan.
Geniet julle kuier in Shingwedzi.
Sonpaneel???
Sien ek 'n sonpaneel?? Het julle nie 'n staanplek met elektrisiteit nie??
Nou begin die lekker eers.






Jammerte dat.....
....jou werktuigkundige nie sy kW en Nm profiele van 1500 af gemeet het nie.
Dalk moet jy maar net die spoedbeheer op 100km/h sit, Sport kies en laat blikbrein jou optimaal beheer.
Lekker sleep en onthou om te laat weet, watter pad jy Tzaneen toe gery het.