So het September ook aangebreek. Gesels gerus saam, nuwe lede, ou lede en die wat lae profiel handhaaf.
Weskus....
....is nog koud tans. Veral aande en oggende, as die wind roer. Soggens is alles nat buite onder tent. Word ook wakker as koue druppels op jou gesig val.
Weskus kampering
Soggens is alles nat buite onder tent. Word ook wakker as koue druppels op jou gesig val.
Ons het nog net twee keer kampeer op die Weskus (ek tel nie Ou Meul nie). Die eerste keer by Strandfontein en die tweede keer by Rooiduin. Lg was in September , en toe het ons ook ervaar wat Wessel hier bo noem. Ek hoop maar oor bietjie meer as ‘n maand is dit nie meer so erg nie.
Goeie Hout
Geert. Jy sal bly wees ek het die Awning ontvang. By Tent Clinic laat bou volgens Fleetline se mates. Sal more n foto neem en stuur. Hy is glad nie so swaar. Maar dit is nie die fancy make nie.
Lekker aand.
Nice!. Het julle toe die naweek met hom gekamp? Wat was jou ervaring?
Geert
More Geert. Nee die kamp is die naweek.
Berg Rivier gaan die eerste keer wees dat ek daar staan. Ek dink dit was eers Campers Paradise gewees vir die ouens wat die Kaap ken..
My skoonsuster is vriende met die eienaars. So dis naby vanaf Goodwood. sowat 50 kilos. en lekker gras. Maar om daar te kom is baie padwerke. Hulle doen die paaie oor net buite die Paarl.
Awning - ek gaan die pale maar in die bakkie saam sleep en net die awning hang. Hoop nie dit gaan wapper nie.
Groete uit die Kaap.
Afleggings....
So saam met die lente kom daar nou 'n afleggings bloedbad (soos wat die pers en vakbonde daarna verwys) As 'n oud Vanderbijlparker maak dit seer om te sien dat die eens trotse wereldklas Yskor in sy AMSA gedaante vinnig besig is om te sink (4000 poste binnekort daarmee heen). Saldanha staal is reeds vir alle praktiese doeleindes nie meer nie, nou volg die Newcastle en Vereeniging aanlegte. Dele van die Vanderbijlpark aanleg is ook reeds nie meer aktief nie..... Kort op die hakke van die naweek se AMSA aankondiging volg Ford en Glencore se aankondiging van grootskaalse afleggings. Bridgestone is reeds toe, GoodYear SA ook binnekort, by Mercedes en BMW klink dit ook of daar dinge aan die broei is. Oom Grootwind is nou behoorlik depressief....
Die verwysings na AMSA wat sy "lang produkte" sluit klink heel onskuldig, maar kyk gerus na die lys van produkte wat geraak word:
Behalwe die direkte poste wat geraak word is daar ook die indirekte poste, Maroelamedia vanoggend verwys na 17 000....Eish
Dankie tog dat my seun en sy familie byna 3 jaar gelede die skrif aan die muur gesien het en Europa toe getrek het.
Maatskappye moer -toe
Dit is erg, en dan praat die president nog afgelope naweek oor hoeveel respek hy vir Zim het met hulle goeie vordering met grondhervorming en ekonomiese landbou groei.!!!!!! Ek wonder wanneer gaan vakbonde begin raas teen ANC beleid en negatiewe effek op fabrieke en aanlegte. Ek wonder of die sluiting van voertuig aanlegte, bande plekke ensovoorts die regering pla. Dit skep net meer ruimte vir invoere van China en waar ookal. Wat se bande bly oor om te verkoop??? Ek ry nie met Oosterse bande nie, verkies BStone, GoodYear ensovoorts. Hoe sleg dit ook is om kinders en kleinkinders oorsee te hê, gun ek myne hulle geluk en loopbane daar. My derde kleinkind is paar dae terug in Miami gebôre, en ek bekommer my reeds oor sy skooldae daar
Verstaan nie
Die probleem vir my is, dat ek gladnie kan verstaan wat aangaan nie. Is die gebeurlikhede Å„ natuurlike ekonomiese verskuiwing, of dan aanpassing? Kyk vir die UK. Hulle maak al jare lank bokkerol, en as mens terugkyk, het wat hier gebeur, het jare gelede daar gebeur.
Die beskerming en ondersteuning wat die pre 1994 regering vir besigheid gehandhaaf het, was dalk nie werklik volhoubaar nie, en ook met belastig geld gedoen. Natuurlik het sanksies dit genoodsaak om self te produseer.
Op Å„ ander noot, Hoeveel keer het Landbank boere se skuld afgeskryf. Was daar sulke oop kaarte gespeel tov SAL se finansies?
Miskien, ek skiet skote in die donker, is dat ons industrieë nie kan kompeteer, internasionaal, as daar nie ń sterk inmenging, lees beskerming, van regeringskant af kom nie. Soos dit histories was.
Dit is baie hartseer dat daar so agteruitgang is in ons infrastruktuur, maar belowe jou, ry van hier tot in Cairo, en hier is meer vulstasies met Wimpy bars as enoge ander plek in Afrika. So ons is halfpad, gebroke, darem nog nie heeltemal nie.
Ek het my laaste stukkie respek vir Cyril verloor, en dit was naby aan nul, na ek die Zim toespraak gehoor het. Hy verloën ons.
Hallo Almal
Ek het gedog hy is die man op die witperd. Maar toe nie. Neef ek stam saam met jou.
Ek het gehoor van die toespraak. Skandelik.
Wat my biekie ontstel is die vermindering van maatskappye op die JSE. Hulle hou onse pensioene bymekaar. Ek ek tree een van die dae af....
Mooi aand.
Hier by ons was die…
Hier by ons was die bloedmaan baie duidelik. Stellig omdat ons nie ligbesoedeling het hier on die wildernis nie.
Vanoggend begin ons week se rondloop. Montagu dan Arniston dan Agulhas om by Nampo Weskaap Å„ draai te maak. Vrydag terug. Nou nie kamp nie, lekker wit linne slaap en uiteet. Suiderstrand se vis en chips winkel het die heel lekkerste Calamri strips wat ek nog teegekom het.
Pelindaba se moeilikheid....
Lyk my die Pelindaba NECSA klomp moet maar begin om van die ou hande weer te werf om terug te kom, hoe lyk dit Wessel!. Hoor vanoggend dat 5 van NECSA se direksielede laas week met onmiddelike effek bedank het. Blykbaar is die senior maane se salaris "te min", dis nou vlgs die nuus media. Dit los die organisasie sonder 'n werkende direksie...nogal 'n probleem na onse regering ewe windgat aangekondig het so 'n paar maande terug dat hulle weer die korrelbed reaktor projek wil "opstart"....Nou klink dit al te veel asof die rotte die sinkende skip begin verlaat?
Awning
Jip die pale is los.
Ek is nuuskierig hoe jou awning lyk, want leisure awn se pale is alles vas aan die awning self. Het jy toe kampeer die naweek?
Ek het Vrydag n leisure awn gekoop wat ekstra sykante het....sal volgende maand kyk of dit lekker werk vir ons. ....lyk soos hierdie een
Water op plat dak
Die foto mag misleidend wees, maar hoe keer mens dat die reënwater opdam op daardie plat dak?
My wa se afdak het ‘n nok en ‘n raamwerk wat dit redelik styf gespan hou, maar selfs daarop kan water soms opdam teen die onderste horisontale paal van die raamwerk. Dit loop egter af voor daar genoeg is om te swaar te raak.
Grootwind....
....o genade, dit klink na slegte nuus. Ek sien daar is sprake van 'n maatskappy wat saam met Necsa allerhande vreemde isotope wil vervaardig, ingrsluit verrykte Uraan. Dit met kwantum tegnologie!!!! Nog altyd gewonder wanneer gaan ek daai riller vak, Kwantum meganika nodig kry.
Die geld moet reg wees, dan kan ek dit dalk oorweeg.![]()





Blommetjies uit Dullstroom...
en ek wens vir almal 'n mooi lentedag.