6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -31 minutes ago
Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -40 minutes ago
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -57 minutes ago
Lede aanlyn.... Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -1 hour ago
Neef Herman 😈    Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Wimpy Kruger 2026 Geert -4 hours ago

Kruger 2026

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek weet Len het gevra om 2025 en 2026 te kombineer, maar ek verkies om volgende jaar se besprekings en gesprekke apart te hou. 

Dit maak die besprekings soveel makliker as mens hier kan kyk, wie het waar en wanneer bespreek.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 31/03/2026 - 09:05

....het jy al besluit of jy alles gaan kanselleer en gelde oordra, of oorweeg julle nog om wel te gaan.

Ek kan nie onthou waar julle oral bespreek is nie, ek weet wel julle gaan Tsendze toe. die kans is seker skraal om plek in Balule te kry.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 31/03/2026 - 10:24

Ek en my buitelandse gaste is bespreek vir drie hutte in Letaba vanaf 11 Augustus en het (gelukkig !) nog nie so 'n epos van SANParke gekry nie.  Ek hou dus styf duimvas dat ons drie hutte teen daardie tyd herstel sal wees.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 31/03/2026 - 12:07

Ons is Meimaand geboek en betaal in genoemde kampe, vir kampering. Gelukkig ook nog nie so 'n hartseer epos ontvang nie. 

Len: ek dink alles sal reg wees teen 11 Augustus, ons hou duimvas

Worcester

Wildehont

Tue, 31/03/2026 - 12:57

Ek wag nog om te kyk wat dieselpryse maak en wat ons gesin se finansiĂ«le toestand is teen einde Mei. Dan sal die moeilike besluit finaal geneem word. Letaba was net ons eerste aand. Shingwedzi die tweede. Van Phalaborwa tot daar is bietjie wyd. 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 31/03/2026 - 13:21

Oorweeg om dan in P.Borwa Safari park te slaap, nie baie duur nie. Jy behoort gemaklik van P. Borwa hek te sleep na S.Wedzi. dis net 135km.

Vir P.borwa moet jy maar vooruit bespreek om verseker plek te hĂȘ daar.

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 31/03/2026 - 13:29

... is gewoonlik ook ons eerste aand se oorstaanplek wanneer ons by Phalaborwa ingaan om eers in die noorde te gaan kuier. Sou Punda Maria ons eerste kuierkamp wees, slaap ons ook die volgende aand in Shingwedzi vir 'n enkele aand. Letaba is ook 'n oorstaankamp vir een aand tussen Tsendze en Shingwedzi. Letaba bly maar 'n mooi kamp (dalk die mooiste wildtuinkamp), maar ek kuier nie graag langer as 1 aand daar nie. Ons het by meer as een geleentheid die ablusies redelik haglik gevind.

Pretoria

Geert

Tue, 31/03/2026 - 16:30

Ek werk rofweg uit op 10km/l gemiddeld vir wildtuin trip. 400x2 retoer Malelane R600 extra. 14 dae x 200km is R2100 ekstra. Soos tans R2700 meer. Maar daar is nog 3x prys veranderinge voor ons Julie gaan....hoop maar dit sak

Pretoria

Geert

Wed, 01/04/2026 - 17:26

GrootG is soos ek verstaan tans in Marlofpark. Hoop hy gaan ons bederf met n klompie wildsbesigtiging foto's 

Pretoria

Geert

Thu, 02/04/2026 - 13:04

Ek sien GrootG het al n klompie nice sightings gehad....hoop hy deel hier ook

Worcester

Wildehont

Tue, 07/04/2026 - 18:16

Chris Jnr sĂȘ gister toe ons terugry van Dwarswegstrand af ons móét Krugerwildtuin toe gaan in Julie. “Pappa ek brand vir die wildtuin!” Ek sien egter vanoggend die vooruitskatting vir Mei is tans dat die dieselprys met ‘n verdere meer as R13 gaan styg. Dan kos diesel al R40/l hier by ons. 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 07/04/2026 - 19:39

Kom ons hoop maar 'n wonderwerk gebeur, en die prys daal effe. 

R40/l met 'n woonwa is rof!!!!

Brits

Wessel Strydom

Thu, 09/04/2026 - 06:31

Ek het my bedenkinge oor die blad se info. Volgens dit is Tsendze TOE.

Ek is daar bespreek vir 3de week in Mei. Ek het Dinsadag nog verander aan my besprekings, en nie EziBookings of Sanparke het aangedui dat Tsendze toe is nie.

Worcester

Wildehont

Thu, 09/04/2026 - 06:53

As ‘n ruskamp toe is sal hulle jou laat weet. Ek het voorheen die e-pos geplaas wat ek ontvang het omdat Letaba nog toe gaan wees wanneer ons daar sou slaap. Hulle sal jou nie tot daar laat kom en dan moet hulle sukkel om vir jou ‘n werkbare alternatief te kry nie.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 09/04/2026 - 07:17

...bespreek vir hele Meimaand. Dit is volgens Sanparke se webblad, onder "Beskikbaarheid". 

Indien die kampie wel nog toe is, sou ek teen die tyd al per epos ingelig gewees het. Ons begin darem al 4Mei onder in Malelane kampie. 

Pretoria

Geert

Thu, 09/04/2026 - 21:12

Ek het my bedenkinge oor die blad se info. Volgens dit is Tsendze TOE.

Ek sien nou...volgens my Maroela ook vol oop. Ek dink hierdie platform is afhanklik van volgers om hulle op datum te hou en info deur te gee, maar as oormeerderheid mense net lees en nie fisies deelneem nie, gaan info oud bly....gevolglik seker sluit 

Brits

Wessel Strydom

Fri, 10/04/2026 - 04:44

My vriende was einde Maart vir 'n week in Maroela. Hulle het heerlik gekamp, alles het perfek gewerk. 

Gaan maar probeer met paar fotos.  Ons was vir so paar dae by Marloth en het eendag ingegaan by Krokedilburg en weer uit by Malelane.  Nooit in my lewe gedink ons sou so baie olifante sien nie.  Op 'n staduim het ons meer olifante gekry as bokke! Groot traffic jam gehad met klompie leeus wat in die pad gele het en klomp selfsugtige donners wat nie wil aan beweeg sodat die res van die mense ook kan sien nie

 

 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus