So breek daar alweer 'n nuwe maand aan. Vir sommige 'n maand van groot opwinding, soos om die pad te vat na vêr in die ou Kalahari.
Vir ander net nog 'n maand om tuis te verwyl, dalk om voor te berei vir Desember se vakansie by die see.
Laat ons saam gesels en vorentoe beur.
Dinokeng fooie
Geert, dit is dan BAIE beter as Pilansberg. Dalk moet ek oorweeg om sommer paar aande in Almega bespreek.
Net kyk wat seg langtermyn weervoorspelling.
Buitelandse besoekers
Was dit die 1ste keer dat jou broerskind in SA en 'n wildtuin was.? hopenlik het hy dit so geniet dat hy, sy familie ook bring vir 'n volgende besoek.
Wessel, jou vraag hierbo : Nee, die knaap was al baie hier met vakansie saam met sy gesin, maar gewoonlik besoek hulle die Kruger Wildtuin. Hy is 'n plein Afrikaanse Suid-Afrikaner wat in Menlo Park hoërskool gematrikuleer het en is 'n vurige Bloubul ondersteuner. Hy is 'n oor-neus-en-keel spesialis in Oostenryk, is getroud met 'n Poolse dermatoloog wat in Oostenryk grootgeword het. Hulle het 'n 7-jarige seuntjie en sy pa, oupa en ouma praat net Afrikaans met hom. Sy ma is Duitssprekend en praat met hom Duits terwyl sy Poolse oupa en ouma Pools met hom praat. Op sy ouderdom is hy drietalig vlot magtig. Hy is gek oor die Kruger Wildtuin.
Len...
...sjoe dit klink baie soos my kleinkind verhaal. My seun het in Pole begin werk, met 'n Poolse meisie getroud, en bly nou in Dubai. Kleindogter word blootgestel aan Afrikaans, Pools en dan Engels.
My een dogter met gesin is in Miami en ander dogter in London.
Soos baie ander gesinne in die land, is my kinders ook almal dus landuit
Koningskop
Hallo Wessel.
Die storte aan die mans kant was altyd koud en geen personeel op terrein nie.
Dit is wel n mooi plek, maar sal nie weer gou daar uitkom.
Mooi bly almal.





Wessel
Daar is maksimume op concervation fees van R300 per persoon....selfs al bly jul 10 dae. Dis R300 x 2 = R600 plus self drive maan-don R150 wat R750 is. As jy al Sondag begin rond ry R250....dan R850 totaal