Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -3 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -3 hours ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -3 hours ago

Sosiale Media

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Ek hoop hierdie draad is oop vir almal want ek wil hê almal moet dit sien (vernaam die roof kykers wat loop en skinder) en dit is nie nodig om iets te sê nie.

Ek het nou vanmiddag daai oproep gekry (gevat) wat ek gister 5 keer geignoreer (geblok) het.

Dit was van Gonnie die baas van CaravanParks.com, dit het die ou meer as 'n uur gevat om vir my te sê ek is een van die wat verban word op sy forum.  Hy sê sy besluit is om dit vir 6 maande te doen dan kan ek besluit of ek weer wil terug kom  angry

Hy het aanhoudend vir my gevra of ek Spekkies, Uno en nog ander op my lys het.  My antwoord was ek het kontak besonderhede van mens wat in my en wat ek doen glo.

Hy het ook aanhoudend vir my gevra waar is my hart ?  Ek het vir hom gesê dit is my privaat lewe en het niks met hom te doen nie, nie eers op watter Sosiale Media platform ek aktief is nie.  Ek het vir hom gesê my hart is waar mense my as persoon verwelkom.

Ek wens ek kon die k@k gesprek opneem en vir julle speel.

......... Dankie tog.

NS:  Hy wou nooit vir my sê hoekom ek verwyder word nie en ook nie wie het oor my gekla nie.

Port Elizabeth

Frieps

Tue, 24/04/2018 - 11:49

Ek sien hulle sê ons "mud-sling" op 'n geheime plek hier.   As hulle maar weet, nog nooit het een lid 'n ander hier sleggesê nie, nie eers op die geheime plek nie.  Behalwe as hul die onderonsies met DK as "mud-slinging" beskou?   Anton, ek wil graag weet, wie is hier Admin lede wat moeilikheidmakers op Wegsleep was?   

Dis darem lekker as jy dinge kan sê en die mense waarvan jy praat kan hulself nie verdedig nie.   

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 24/04/2018 - 11:59

Freda, hahaha.  Ek het destyds die lede wat meeste aktief was benader om op die forum admin deel te wees, dis op die ou platform wat gehack en vernietig was.  Dit het mos moderator funksies gehad. 

Inelkgeval.....  Spek was een van die lede en toe ek hom opsit as moderator om te help spammers blok, toe word ek deur die HM ou benader om te sê ek maak van wolf skaapjagter laugh

Nou wat het ek toe geweet van wie se alias is wie? en toe ek vir Spek 'n boodskap stuur lag hy vir my en sê dit gaan nie werk as hy 'n moderator is nie!    Hy is toe afgehaal, shame.

0
Waar my wa staan

Arie

Tue, 24/04/2018 - 13:57

Snaaks, ek probeer baie hard, al vir die mense gevra om "eerbaarlik" op te tree, allerande goed geskryf, maar tog bly ek Gooinie se pel?????

Is hulle dalk te dom om tussen die lyne te lees, verstaan hulle nie sarkasme of wat nie, ongelukig kan ek nie sommer net so reguit onbeskof wees nie, en wil nie graag vloek woorde of***XXX@@## en al sulke goed gebruik nie. Almal weet jy vloek, behalwe dalk Gooinie, so dan kan jy maar liewer die vloekwoord skryf?

Maar in elk geval, ek gooi so elke nou en dan iets maar word nie aangespreek nie?

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 24/04/2018 - 14:41

Sal iemand, wat nog kan inlog, vir daai moderator sê hy moet reg gaan lees.   Ek het nie vir DK in daai draad aangevat nie.   Ek het gedink dit was DK wat daar geskryf het (oor die naam) en het hom GEPRYS oor wat hy gesê het.   Daarna het iemand gesê dat dit nie DK was nie maar Johann Lock.  Toe kon ek nie meer inlog nie.  Ek het gladnie vir DK aangevat nie.   En Hendrik praat nonsens, ek het nog nooit op die forum enige iemand gedare om moeilikheid daar te gaan maak nie.  Hoekom sou ek?  Ek het geweet hulle lees hier en ek het geweet ek neem nog daar deel en sou dit nie gedoen het nie.

Een of twee kan nou sê wat hulle wil oor mense wat hulself nie kan verdedig nie.   

0
Meyerton

Segekok

Tue, 24/04/2018 - 14:46

Freda ek dink die Afrikaans wat jy gebesig het was van n te hoë gehalte om verstaan te word.....

Sies nou is ek lelik maar ek het dit ook soos jy gesien Freda.  

0
Elarduspark

GerhardM

Tue, 24/04/2018 - 14:50

Tannie Freda kalmeer en vergeet van daai spul nou. Ek neem nie deel aan die tipe drade nie weens jare terug op 'n kar forum waar iemand my gevloek het, maar nou sê ek maar net hulle wil julle wat jare lank lede was daar kwaad maak en uitlok. Hulle is dit nie werd nie smiley 

Ek geniet dit elke dag hier om te gesels, is net bietjie druk besig by die werk. Die forum is die beste nog waarvan ek deel was en hier is net opgevoede volwasse mense wat deelneem.

 

0
Pretoria

Slowstrike

Tue, 24/04/2018 - 14:59

Daar is nog blykbaar 1 vrot appel oor so dit lyk my dit is tussen Harry of oom Arie..

As ek nou `n "betting man" was ...........

Ek dink dis `n klomp bollie en amper meer lagwekkend as ons land se politiek en ou Jakob Regop se nuutste telg wat gebore is.

Tante Freda almal praat met respek van jou dieselfde word nie van die ander gedoen nie nou wonner ek maar so by myself wie is die beter man of in die geval vrou...

Ek self gaan niks verder van die twak lees nie ..........

On/gelukkig is daar nog `n magdom van inligting op daai forum beskikbaar en ons eie forum se data is nog nie so baie nie maar dit sal daar kom en dan hoef ons nie weer daai boek op te tel om te lees nie

Groetnis

 

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Tue, 24/04/2018 - 15:27

Ekke het met by beste taalgebruik daar anderkant gaan probeer verduidelik, EN verskoning gevra, maar NIEMAND wil eers met my baklei nie, so, dan bly ek maar verder stil, en gaan sit onder die Bloekomboom.

.

.

.

0
Meyerton

Segekok

Tue, 24/04/2018 - 15:43

Nice to be able to chat to someone English again...

Gonna se woorde.... 

Nou kyk nou net hoe steek die Afrikaners hulle maters in die rug...  of wag het daar nie n spul Afrikaners die Gonna vededig en hom geprys nie....  

HENSOPPERS  .........  

0
Waar my wa staan

Arie

Tue, 24/04/2018 - 15:57

Ja nee wat daai grappie is ok nie meerr snaaks vir my nie, beweeg maar aan.

Amper weer lanf naweek dan is hier weer hopelik mooi talent om my aandag af te lei.

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Tue, 24/04/2018 - 15:59

Ek persoonlik dink ons moet dit agter ons sit. Vergeet van alles en gaan aan.

Ek het dit daar ook gesê.

Ek is op altwee forums en sal op altwee bly (het vriende daar ook) Ek gaan nie alles prysgee vir kinder bollie nie.

As ek nie welkom hier is, omdat ek daar ook is, is dit "fine" met my.

As ek n rugsteker is omdat ek nie daar loop nie en n bedreiging is vir almal is hier, sal ek hier ook groet. Wil nie onenigheid hier veroorsaak nie.

Ek het niemand hier sleg gemaak of die forum sleg gemaak nie. Daarvan getuig my borgskappe wat ek hier aanbied en nie daar nie,

Ek dink die ons en hulle ding is n probleem, veral as jy ook deel is van die "hulle"

Wil nie gedwing word om te kies nie.

Groete Harlandt

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 24/04/2018 - 16:23

Harry, ek admireer jou vir wat jy doen.  Daar is nie 'n moontlikheid dat iemand hier jou sal oordeel daaroor nie.   Jy het jou rustige manier wat jy altyd deelneem op albei forums en soos ons jou ken, sal dit so bly.   Ek sou ook graag nog daar wou wees maar ongelukkig het dit nie so met my gewerk vandag nie.   Ek sal nog altyd mooi herinneringe aan CP se forum hê.

Jy is reg, ons moet nou aanbeweeg en nie verder betrokke raak nie.   

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 24/04/2018 - 16:30

Harry ek dink nie hier was al ooit verwag dat mense moet kies nie.

Kan julle onthou?  Gedurende die 1ste 6 maande van kampforum se bestaan was daar 'n groot CaravanParks banier regs bo?  Dit het nog 'n skakel gehad na caravanparks se webwerf sodat lede maklik soontoe kon gaan om te kan lees?  

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Tue, 24/04/2018 - 16:36

Harlandt, ekke dink jy moet vir die OOM kom kuier sodat ons paar 500ml NO17's kan knak, ek voel ook verlate!!!!

Freda, al is jy verban, kan jy nog op die webwerf ingaan om te lees, volgens my kennis, jy kan net nie INTEKEN om kommentaar te lewer nie. Die slim mense kan dalk net hier reghelp.

Dit is nou AS jy uit die oogpunt van die VROULIKE nuuskierigheid WIL gaan lees.

.

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 24/04/2018 - 17:19

Nee Frans, een van die manne in my lewe het my die goeie advies gegee om nie verder daar te lees nie.   Ek glo dit was goeie raad.   Ek het in elk geval nog altyd gedink, as jy die dag padgee moet jy eerder ophou lees ook.   

Nou hoekom is Lolla se blommetjies meer as myne?  En dan kry sy nog boonop 'n skoenlapper ook.  En 'n sterretjie.  Jy moet onthou ons ouer dames is bietjie sensitief as die mooi jong dametjies beter aandag as ons kry.   broken heart

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus