Nou ja, die Springbokspan wat moet speel teen die Franse is bekendgemaak. Daar is baie goeie spelers onder hulle, Warren Whitely is (vir my) 'n waardige en die regte kaptein.
Nou hang dit af van afrigting en wat die spelpatroon gaan wees. Die Bokke kan weer ons almal se ondersteuning verdien. Ek hoop van harte hierdie jaar gaan dit gebeur. Ek wens hulle net die beste toe. Weer so!! Bokke!!
Bokke 42 - 39
Welkom terug FAF DE KLERK. Dit moet ek eerste sê. Soos Kobus Wiese gesê het, op die veld lyk Faf soos 'n haas wat deur 'n hond gejaag word! Hy was absoluut briljant. En dan, welgedaan Siya Kolisi, dat jy 'n span wat na 20 minute vêr agter was, kon lei na 'n wen. Ons het nog nie 'n span wat die wêreldbeker kan wen nie, maar hulle het ons verbaas. Die Engelse het nie swak gespeel nie. Vandag het kleur gladnie 'n rol gespeel nie, een en elkeen van hulle het sy speelplek verdien. Mag Rassie en sy afrigters maak dat hul net al beter sal word. Nou hou ons duim vas vir volgende week in Bloemfontein. ![]()
![]()
"..............Daar is nie …
"..............Daar is nie 'n goed genoeg skrumskakel nie,........"
Freda, na jou kommentaar gister het ek gewonder wat jy gaan sê oor FAF de Klerk. Ek stem saam met die erkenning wat jy en ander vir hom gegee het - ek dink ook hy was briljant.
Selfs Willie le Roux se hand was oral sigbaar en dis jammer dat Handré Pollard nie juis sy skopskoen aangehad het nie.
Dit was na my mening 'n lekker, spannende wedstryd om dop te hou, sonder dat die skaal voorspelbaar in een rigting geswaai het.
Len, Faf is nog altyd my…
Len, Faf is nog altyd my gunsteling speler. Ek was omtrent ontsteld toe hy weg is van die Lions. Kobus Wiese het vanaand gesê Faf word beskou as een van die 5 beste spelers in Europa in die Premier Liga. Faf erken self hy het baie geleer daar oorkant. Ja, Willie was goed, ook Dwayne Vermeulen. As Pollard nie daai paar strafskoppe pale toe gevat het nie, het ons nie gewen nie. Dit het die verskil gemaak in die 3 punte verskil. Vir my het hy weer goed genoeg geskop.
Dit was weer lekker om rugby…
Dit was weer lekker om rugby te kyk gister, wel gedaan Bokke.
Moet ook erken, het 'n smile…
Moet ook erken, het 'n smile op my bakkies gesit, lekker ook gewees om so bietjie te brag met ons bokkies by die klom Zim mense wat hier was.
Ja die hele spul het so 2 ure terug die pad noorde toe aangepak!
Nou moet ek rus want Dinsdag moet ek weer reg wees vir jukskei, die spul het my al klaar weer aangestel as kaptein.
Wat sê die rugby tannie…
Wat sê die rugby tannie Freda? Telling klink vir my weer mooi so vêr ![]()
Jip, ons het darem weer rede…
Jip, ons het darem weer rede om so bietjie te glimlag oor die Bokke. Engeland is nou seker nie kwaai opposisie op die oomblik nie, hulle het hul laaste 5 wedstryde verloor. Maar dit is 'n beginpunt vir SA se span om hulself uit te sorteer. Die spangees wat hul nou opbou is baie waardevol vir die pad vorentoe. Intussen geniet ek dit net om te sien dat hulle wen!! ![]()
Bokke vs Argentinië
Dis twee maande later en môre speel die Bokke weer. Wie stel belang om bietjie saam te gesels? Mona, kom in, is jy daar? Jy ook, Shaun, dalk Spekkies of Len? Daar moet iewers iemand wees wat belangstel.![]()
Dis ons teen die Pumas môre in Durban. Minder as die helfte van die kaartjies is sovêr verkoop, dit kan dalk reën, die "bookmakers" reken die Bokke gaan wen.
Ek is vol vertroue in ons voorspelers, nie so seker van die agterlyn nie. Behalwe, natuurlik, vir my gunsteling, Faf de Klerk! Jantjies is gladnie daar nie. Kolisie die kaptein.
5.00 nm. môre sal ek voor die TV my span ondersteun...
Ek is ook gereed vir…
Ek is ook gereed vir vanmiddag se toets. Ek het DStv Now afgelaai op my foon sowel as 'n VPN toep. Klaar getoets. Ons kan kyk. Sukkel net om dit oor te plaas na TV (term wat gebruik word hiervoor vergeet). Klaarblyklik met die VPN te doen. Sal dus maar op die foon moet kyk. Darem beter as niks. Ek is darem vol vertroue dat die Bokke dié een sal kan deurtrek - altans ek hoop so.
Groot rugby naweek. Die…
Groot rugby naweek. Die Boele het goed begin gisteraand. Vanoggend klomp skole rugby Virseker Beker finale by LC de Villiers in Pretoria. Later die All Blacks en dan behoort die (boer)Bokke darem te wen....hoop so...
Geniet julle naweek.
Kyk as die bokke nie wen nie…
Kyk as die bokke nie wen nie, dan is daar groter fout met ons rugby as wat ons gedink het?
Arie, ons moenie die Pumas…
Arie, ons moenie die Pumas onderskat nie. Hulle het baie goeie spelers en ondervinding in hul nasionale span. Veral hul agterlyn gaan kompetisie wees vir ons s'n.
'n Wen is 'n wen!
Sjoe, wat 'n vinnige wedstryd. Ek dink die manne was seker lekker moeg. As Pollard net kon oorskop, was die telling baie hoër. Eben Etsebeth het uitstekend gespeel. Die Argentyne het 'n manier om die spel negatief te maak. Darem 5 punte gekry. Volgende week speel ons daar, ons moet eenvoudig daar ook wen. Dan lê Australië en NZ voor.
Bokke kort ernstig n persoon…
Bokke kort ernstig n persoon wat kan skop.
Mooi, net jammer van al die…
Mooi, net jammer van al die punte [15 as ek reg onthou?] wat weggegooi was met vrot skop!
Maar wen is wen, baie geluk!





Baie mooi, ek het nou nie…
Baie mooi, ek het nou nie die wedstryd gekyk nie, maar die telling klink mooi