6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Skinder??? Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -35 minutes ago
Wessel daar was 'n paar… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Hou net die letter e in vir… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Laaste oor die dekselse kappie Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -2 hours ago
Lower Sabie Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Kappie e se toets Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -2 hours ago

Springbokke

Port Elizabeth
Submitted by Frieps on

Nou ja, die Springbokspan wat moet speel teen die Franse is bekendgemaak.   Daar is baie goeie spelers onder hulle, Warren Whitely is (vir my) 'n waardige en die regte kaptein.  

Nou hang dit af van afrigting en wat die spelpatroon gaan wees.   Die Bokke kan weer ons almal se ondersteuning verdien.  Ek hoop van harte hierdie jaar gaan dit gebeur.   Ek wens hulle net die beste toe.   Weer so!!  Bokke!!

Port Elizabeth

Frieps

Sat, 09/06/2018 - 19:34

Welkom terug FAF DE KLERK.   Dit moet ek eerste sê.  Soos Kobus Wiese gesê het, op die veld lyk Faf soos 'n haas wat deur 'n hond gejaag word!  Hy was absoluut briljant.    En dan, welgedaan Siya Kolisi, dat jy 'n span wat na 20 minute vêr agter was, kon lei na 'n wen.   Ons het nog nie 'n span wat die wêreldbeker kan wen nie, maar hulle het ons verbaas.  Die Engelse het nie swak gespeel nie.  Vandag het kleur gladnie 'n rol gespeel nie, een en elkeen van hulle het sy speelplek verdien.   Mag Rassie en sy afrigters maak dat hul net al beter sal word.   Nou hou ons duim vas vir volgende week in Bloemfontein. heartyes

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 09/06/2018 - 19:54

"..............Daar is nie 'n goed genoeg skrumskakel nie,........"

Freda, na jou kommentaar gister het ek gewonder wat jy gaan sê oor FAF de Klerk.  Ek stem saam met die erkenning wat jy en ander vir hom gegee het  -  ek dink ook hy was briljant.

Selfs Willie le Roux se hand was oral sigbaar en dis jammer dat Handré Pollard nie juis sy skopskoen aangehad het nie.

Dit was na my mening 'n lekker, spannende wedstryd om dop te hou, sonder dat die skaal voorspelbaar in een rigting geswaai het. 

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 09/06/2018 - 20:04

Len, Faf is nog altyd my gunsteling speler.  Ek was omtrent ontsteld toe hy weg is van die Lions.  Kobus Wiese het vanaand gesê Faf word beskou as een van die 5 beste spelers in Europa in die Premier Liga. Faf erken self hy het baie geleer daar oorkant.  Ja, Willie was goed, ook Dwayne Vermeulen.   As Pollard nie daai paar strafskoppe pale toe gevat het nie, het ons nie gewen nie.  Dit het die verskil gemaak in die 3 punte verskil.  Vir my het hy weer goed genoeg geskop.

0
Waar my wa staan

Arie

Sun, 10/06/2018 - 13:40

Moet ook erken, het 'n smile op my bakkies gesit, lekker ook gewees om so bietjie te brag met ons bokkies by die klom Zim mense wat hier was.

Ja die hele spul het so 2 ure terug die pad noorde toe aangepak!

Nou moet ek rus want Dinsdag moet ek weer reg wees vir jukskei, die spul het my al klaar weer aangestel as kaptein.

0
Secunda

Sleep nou

Sun, 10/06/2018 - 16:20

Goed maar ons senter en vleul paar se verdediging nie goed genoeg maar dis lekke om weer te wen

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 17/06/2018 - 06:15

Jip, ons het darem weer rede om so bietjie te glimlag oor die Bokke.   Engeland is nou seker nie kwaai opposisie op die oomblik nie, hulle het hul laaste 5 wedstryde verloor.    Maar dit is 'n beginpunt vir SA se span om hulself uit te sorteer.   Die spangees wat hul nou opbou is baie waardevol vir die pad vorentoe.   Intussen geniet ek dit net om te sien dat hulle wen!! laugh

0
Secunda

Sleep nou

Sun, 17/06/2018 - 18:45

Teen sterker spanne as ons agterlyn nie beter verdedig nie gaan ons sukkel maar n wen bly n wen

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 17/08/2018 - 20:47

Dis twee maande later en môre speel die Bokke weer.  Wie stel belang om bietjie saam te gesels? Mona, kom in, is jy daar?   Jy ook, Shaun, dalk Spekkies of Len?  Daar moet iewers iemand wees wat belangstel.laugh

Dis ons teen die Pumas môre in Durban.  Minder as die helfte van die kaartjies is sovêr verkoop, dit kan dalk reën, die "bookmakers" reken die Bokke gaan wen.

Ek is vol vertroue in ons voorspelers, nie so seker van die agterlyn nie.  Behalwe, natuurlik, vir my gunsteling, Faf de Klerk!   Jantjies is gladnie daar nie.  Kolisie die kaptein.   

5.00 nm. môre sal ek voor die TV my span ondersteun...

 

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 18/08/2018 - 06:38

Ek is ook gereed vir vanmiddag se toets. Ek het DStv Now afgelaai op my foon sowel as 'n VPN toep. Klaar getoets. Ons kan kyk. Sukkel net om dit oor te plaas na TV (term wat gebruik word hiervoor vergeet). Klaarblyklik met die VPN te doen. Sal dus maar op die foon moet kyk. Darem beter as niks. Ek is darem vol vertroue dat die Bokke dié een sal kan deurtrek - altans ek hoop so.

0

Groot rugby naweek. Die Boele het goed begin gisteraand. Vanoggend klomp skole rugby Virseker Beker finale by LC de Villiers in Pretoria.  Later die All Blacks en dan behoort die (boer)Bokke darem te wen....hoop so...

Geniet julle naweek.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 18/08/2018 - 13:46

Arie, ons moenie die Pumas onderskat nie.   Hulle het baie goeie spelers en ondervinding in hul nasionale span.   Veral hul agterlyn gaan kompetisie wees vir ons s'n.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 18/08/2018 - 20:10

Sjoe, wat 'n vinnige wedstryd.  Ek dink die manne was seker lekker moeg.  As Pollard net kon oorskop, was die telling baie hoër.  Eben Etsebeth het uitstekend gespeel.  Die Argentyne het 'n manier om die spel negatief te maak.  Darem 5 punte gekry.  Volgende week speel ons daar, ons moet eenvoudig daar ook wen.  Dan lê Australië en NZ voor.   

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus