Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
so 'n bloedrooie. Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -12 minutes ago
Sterkte Rona en Daan Lakeview Lodge and Camping Geert -26 minutes ago
5.6kg Umfula Johann L -2 hours ago
Bo Umfula Johann L -2 hours ago
11 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
10 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago

Springbokke

Port Elizabeth
Submitted by Frieps on

Nou ja, die Springbokspan wat moet speel teen die Franse is bekendgemaak.   Daar is baie goeie spelers onder hulle, Warren Whitely is (vir my) 'n waardige en die regte kaptein.  

Nou hang dit af van afrigting en wat die spelpatroon gaan wees.   Die Bokke kan weer ons almal se ondersteuning verdien.  Ek hoop van harte hierdie jaar gaan dit gebeur.   Ek wens hulle net die beste toe.   Weer so!!  Bokke!!

Centurion

Voortrekker

Sat, 15/09/2018 - 19:16

 En hier is waar die misverstand begin het smiley

Seg:  Kalmeer Len...  Sien die humoer in die lewe ook raak.. 

Len:  My reaksie is presies dit, ek speel met humor terug !  Jammer as dit so flou was dat dit nie duidelik was nie.

 

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 15/09/2018 - 19:24

Oom Arie, moenie dat ek preek nie, mense sê asseblief, net spoke wat order. 😆😆😆😆. Oooooh nou soek ek nonsens.

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Sat, 15/09/2018 - 19:30

Kan nie glo bokke het gewen nie. Ek het game gemis, moes na n meeting in Parys by Weltevrede.

Motorhome klub het n Vrystaat streek gestig en ek is nou deel van die Vrystaat streek, al bly ek in Gauteng.

Baie geluk aan my WP span. En ja ek is daai kant gebore en lojaal van kinder dae.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 15/09/2018 - 19:31

Boo!! Gees, dit was toe nie jy nie. laugh    Sorry, my skat, dat ek jou laat stres het, ek kon nie mooi onthou nie.   Jy soek ook so baie moeilikheid met almal, jy kan my nie kwalik neem nie.laugh  Ek moet darem sê, jy bly my geliefde Spook.yes

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 15/09/2018 - 19:37

Aaaah, tannie Freda, dit is n groot verligting, gaan more oggend ry om te kamp, en kan met n lekker hart gaan, dit sou swaar op my hart lê as ek moet uitvind ek is kwaai vriende met oom Len.

Ja die media kan soms gevaarlik wees.

😗😗😗😗😗

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 16/09/2018 - 20:53

Ek sit en tik nou hier (by my eie huis in S.A.) en sit en baklei met myself of ek dít wat ek wil sê, moet sê.

Ek hoop ek is verkeerd as ek vermoed Len het ons verlaat oor dinge wat op Bl 5 van hierdie draad gesê is. Ek moet môremiddag vir 'n vergadering in Brackenfell wees en hoop ek kan die tyd inpas om by Len te gaan inloer (as hy by die huis is).

Ek dink hy't met goeie humor op die insetsel oor die "bokke wat k@k" gereageer. Maar in 'n volgende bydrae kry ek die indruk dat Len se kommentaar was nie as humor beskou nie (terwyl dit inderwaarheid 'n uitstekende reaksie was - en inderdaad humoristies. En toe word hy verder aangesê om te Ffffff....fffffff. Enige mens kon dit interpreteer as "f..of". En toe Len se antwoord dat hy sal.

Hopelik is ek verkeerd met my afleiding. Dalk is Len uitstedig, dalk is hy olik. Ek sal poog om môre met hom kontak te maak (ek het sy selnommer want ons het al sedert ons mekaar in die wildtuin raakgekamp het, telefoniese kontak met mekaar gehad). Hy's 'n forum-man deur en deur. Ons loop al 'n lang pad saam op forums - Sanparks, Wegsleep, Caravanparks en nou ook hier.

Dalk lag hy vir my as hy hierdie lees. Ek hoop so.

0

Namens myself en al die ander stemme in my kop, wil ek net sê well done vir die Bokke om die All Blacks so op hulle eie turf te gaan klop.  My skatting van hoe ver die Bokke sou verloor was ver uit!blushblushblush

O ja oom Chris, jy is heel verkeerd met jou afleiding hier bo hoor!!

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 17/09/2018 - 08:48

O ja oom Chris, jy is heel verkeerd met jou afleiding hier bo hoor!!

Wel ek sal nie se heeltemaal nie, maar net die een gedeelte wat  handel oor die  Ffff  ....ffff inset.   Die inset was nie direk aan enigiemand gerig nie so om te sê hy was "aangesê" is nie heeltemaal reg nie  +  ek glo Len behoort te weet  as daar 'n inset van Groot Oge is met Ffffff  in dit, dan kan dit net een ding beteken   Fffaaaait.?

Hiermee stem ek 100% saam:

Maar in 'n volgende bydrae kry ek die indruk dat Len se kommentaar was nie as humor beskou nie (terwyl dit inderwaarheid 'n uitstekende reaksie was - en inderdaad humoristies. 

 Dit was 'n uitstekende reaksie en baie humorisites en ek was verbaas dat Segekok dit nie raakgelees het nie -  daarom was sy afleidende reaksie "Kalmeer Len... "  een groot misverstand gelei deur 'n aanname dat Len nie humorisites is nie -  Soos Len dit toe duidelik gemaak het deur terug te antwoord:      

"Deon, hoe lyk dit my jy dink ek het 'n gebrek aan humor ? Jy het my vantevore ook daarop gewys.  My reaksie is presies dit, ek speel met humor terug !  Jammer as dit so flou was dat dit nie duidelik was nie."

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 17/09/2018 - 10:03

Dis die klein jakkalsies wat die wingerd verniel.

En misverstande 'n forum!

Chris sê nie dit is wat GG bedoel het nie, hy maak die afleiding oor Len gesê het, "Goed GG, ek sal".   Nou, na Chris se uitleg, verstaan ek ook dat dit is wat Len gedink het.   Ek glo nie iemand op die forum het dit eers vermoed nie.

Ek glo ook nie dat Seeg vir Len ernstig opgeneem het nie.   Sy antwoord was miskien te kortaf en dit is verstaanbaar dat Len sy afleiding gemaak het.

Ek het gedink Spek wou iets oor die Bokke se swak spel sê maar toe besluit om eerder stil te bly.  Dit het nie eers by my opgekom dat hy dalk vir Len daai woord sê nie want ek weet Spek sal nooit so iets doen nie.    Nie eers toe ek Len se reaksie op GG lees, het ek dit gedink nie.   Snaaks genoeg, ek het nie eers die fffffffffffff gedeelte van Spek as fffffaaaaiiiit gesien nie, was eintlik stupid van my.   Nou eers sien ek wat eintlik gebeur het.

Nee wat, mense, hierdie is net die een misverstand op die ander.   Ons gaan nie toelaat dat dit ons lieflike forum affekteer nie.   Ons is almal menslik en die dinge kan gebeur, maar ons gaan bo dit uitstyg en dit agter ons sit.

Ek vra baie mooi dat Seeg en Spek dit nie ter harte neem nie en dat Chris met Len sal praat en verduidelik.   Ek weet Len sal tot ander insigte kom.   Ons ken mos sy karakter.

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 18/09/2018 - 06:16

Ek moet bieg en sê dat my voorspelling BAIE ver uit was. As ons kyk na die statistieke van die wedstryd was ons nie veronderstel om te gewen het nie. Wat ek wel kan sê is dat ons soos tiere verdedig het en elke kans wat na ons kant toe gekom, gebruik het. 

Die All Blacks het eintlik die wedstryd verloor.

Ons is nog ver van wereld beker wenner of top 3 in die wereld.

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 18/09/2018 - 06:46

Jy is reg, Hennie.   Daar moet nog baie water in die see loop.   Ons voorspelers het darem baie goed gespeel maar daai verdediging het die ding vir ons gedoen.   Daai laaste 10 minute het my laat dink aan die laaste 10 minute van die wêreldbeker in 1995.

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 30/09/2018 - 07:25

Baie geluk aan die Springbokke!   Ek het nie die wedstryd gesien nie en sal maar wag vir die experts om 'n opsomming te gee, maar die telling wat ek vanoggend aanlyn sien sit 'n glimlag op my gesig.   

Kom ons hoop hulle doen so voort volgende week yes

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 30/09/2018 - 07:48

Dit was maar weer senutergend.  Hulle het nie goed gespeel in die tweede helfte nie.   Maar ten spyte daarvan en boonop Dyanti af met 'n geel kaart, kon die Australiërs nie 'n punt aanteken in die tweede helfte nie.   So ons het darem goed genoeg verdedig.  Maar hulle het gewen in die Baai!!yes

Volgende week die All Blacks op Loftus!laugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus