Hier gaan niks aan op die forum nie. Dankie aan die paar wat probeer om gesels aan te wakker, maar ek is bevrees dit werk nie. Die aanbeveling dat gesprekke kampverwant moet wees werk ook nie - bitter min reaksie.
Ek was onder die indruk 'n geselsforum het dit ten doel om in 'n groot vriendekring sonder geografiese grense oor en weer te gesels oor 'n gemeenskalike belangstelling deur middel van sosiale media wat tot ons beskikking is. Maar dis uiters frustrerend om in die wind te praat en net 'n paar getroues reageer hoflikheidshalwe.
Dit lyk vir my mense verkies eerder FB, Twitter en WhatsApp-groepe om net kort sinnetjies nou en dan te sê en nie lekker detail gekletsery nie, soos wat 'n mens persoon tot persoon sou doen.
Ek weet nie, ek gee moed op en is moeg geprobeer.
Harry, sodra Surette weer 'n…
Harry, sodra Surette weer 'n werk het betaal, mis daai plek groot.
Ek is nou al so gatvol…
Ek is nou al so gatvol gewerk in die braai area ek moet hom vul met rook maar moet seker eers hout kry. Die groot muur is nie meer grys nie maar die 💩 job om die balke klaar te kry is nog daar 😟


Die deurmekaar plek sal seker eendag beter lyk 😟

Die kleur.................
..............wat jy gekies het vir die mure lyk aantreklik en vrolik, Willem.
Lekker lang glas met n Coke…
Lekker lang glas met n Coke in, hier voor op die tafel. Paar botteltjies om die drankie meer gesellig te maak ook nog. Willem, ek is self lief vir so alleen verf, so rustig op eie tyd, maar boeta, ek jaag vreeslik aan.
As hy klaar is
Daai braai plek klaar is Willem gaan julle hom eers geniet ja verf is maar bollie werk
Ek sien ook meer drank…
Ek sien ook meer drank bottels as verf blikke! ![]()
Mooi vrolike kleur Willem,…
Mooi vrolike kleur Willem, dit maak die vertrek "lewendig"
Kon jy toe die vloer skoon kry?
Voorie, 😀😁 dit is net vol…
Voorie, 😀😁 dit is net vol water.
Johann, nee net die groot gros skoon gemaak sal later as ek klaar is probeer. Olie verf kry jy maklik skoon maar warer basis is 'n ander probleem as hy eers droog is.
Hier het nie niks gebeur vandag nie.
Kyk my self gepatenteerder geut afloop vir niks water nie, dit gedoen net vir afronding.

Dier verf mors ???


Hakaf (Theo)
Hakaf (Theo)
Kry Chillies en Christiaan om hier aan te sluit om saam te gesels.
Verf is altyd 'n baie groter…
Verf is altyd 'n baie groter job as wat dit lyk ![]()
Ek haat dit om te verf, …
Ek haat dit om te verf, probeer altyd 'n verskoning uit dink soos, nee nie vandag nie - die wind waai stof op die verf....
Vandag is dit bo op die dak …
Vandag is dit bo op die dak
en dit is warm vandag.
Moenie..............
...............daar afneuk nie - dis groter probleme ! Al het jy nog 'n seuntjie in die huis, moenie vergeet nie, jy is al afgetree en dus 'n outoppie en hulle is geneig om van dakke en 'n leer af te foeter.
Len, dit darem oorleef, die…
Len, dit darem oorleef, die verf het net nie gehou nie so dit is weer volgende weer terug op die dak ![]()
Ek hou nie van dié ou nie, sy pens is te groot masr ek moet daar in om te verf ?

Ek het ook darem die rooi (terekota) spatsels weg gekry.

Nou die waaier af sit en die laaste laag te verf. Dan stort en gaan rus vir môre se kamp.
Darem nie weer tot oggend ure nie ![]()
Willem, as jy nie kan slaap…
Willem, as jy nie kan slaap nie, bly net weg van die skapiepille af. Harry sê dit gee hon deesdae nagmerries.
Dusty, dit het ek na die…
Dusty, dit het ek na die eerste een al ondervind en gestop.
Maar die verf is iets wat my wakker hou om klaar te kry.
Nouja.....................
......................dis weer die ou storie : 'n helse gesukkel om Kampforumlede sover te kry om met ons te gesels.
En die naweek lê nog voor wat nie die skuld vir die stilte kan kry nie.
Destyds met die Wegsleep-forum was die groot klaaglied die vrot tegniese bestuur van die forum en dit was as rede gegee hoekom mense nie deelneem nie. En nou hier sit ons met 'n uitstekende, maklik om te gebruik forum sonder enige tegniese probleme en hier is steeds geen geselsers !
Wat nou ?
Ek probeer ook
Len ek probeer ook maar soos die ander om forum ouens te betrek met gesels maar ja ek hoop dit tel op





Hallo ......
..............Harry ! Ons het besluit om Hartenbos in 2019 'n bietjie oor te slaan. Februarie is gewoonlik baie lekker in Hartenbos, maar is 'n raps te naby aan Meimaand wanneer ons Wildtuin toe gaan.
Ons sal later besluit wanneer ons weer Hartenbos toe gaan.