Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -12 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -12 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -16 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -20 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -21 hours ago

Hier gaan niks aan nie ....

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Hier gaan niks aan op die forum nie.  Dankie aan die paar wat probeer om gesels aan te wakker, maar ek is bevrees dit werk nie. Die aanbeveling dat gesprekke kampverwant moet wees werk ook nie  -  bitter min reaksie.

Ek was onder die indruk 'n geselsforum het dit ten doel om in 'n groot vriendekring sonder geografiese grense oor en weer te gesels oor 'n gemeenskalike belangstelling deur middel van sosiale media wat tot ons beskikking is. Maar dis uiters frustrerend om in die wind te praat en net 'n paar getroues reageer hoflikheidshalwe.

Dit lyk vir my mense verkies eerder FB, Twitter en WhatsApp-groepe om net kort sinnetjies nou en dan te sê en nie lekker detail gekletsery nie, soos wat 'n mens persoon tot persoon sou doen.

Ek weet nie, ek gee moed op en is moeg geprobeer.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 19/02/2019 - 16:41

..............Harry !  Ons het besluit om Hartenbos in 2019 'n bietjie oor te slaan.  Februarie is gewoonlik baie lekker in Hartenbos, maar is 'n raps te naby aan Meimaand wanneer ons Wildtuin toe gaan.

Ons sal later besluit wanneer ons weer Hartenbos toe gaan.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 19/02/2019 - 19:52

Ek is nou al so gatvol gewerk in die braai area ek moet hom vul met rook maar moet seker eers hout kry.  Die groot muur is nie meer grys nie maar die 💩 job om die balke klaar te kry is nog daar 😟

.

.

Die deurmekaar plek sal seker eendag beter lyk 😟

.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 19/02/2019 - 21:20

Lekker lang glas met n Coke in, hier voor op die tafel. Paar botteltjies om die drankie meer gesellig te maak ook nog. Willem, ek is self lief vir so alleen verf, so rustig op eie tyd, maar boeta, ek jaag vreeslik aan. 

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 19/02/2019 - 21:26

Daai braai plek klaar is Willem gaan julle hom eers geniet ja verf is maar bollie werk

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 20/02/2019 - 21:40

Voorie, 😀😁 dit is net vol water.

Johann, nee net die groot gros skoon gemaak sal later as ek klaar is probeer. Olie verf kry jy maklik skoon maar warer basis is 'n ander probleem as hy eers droog is.

Hier het nie niks gebeur vandag nie.

Kyk my self gepatenteerder geut afloop vir niks water nie, dit gedoen net vir afronding.

.

Dier verf mors ???

.

.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 20/02/2019 - 22:18

Hakaf (Theo)

Kry Chillies en Christiaan om hier aan te sluit om saam te gesels.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 21/02/2019 - 11:20

...............daar afneuk nie  -  dis groter probleme !  Al het jy nog 'n seuntjie in die huis, moenie vergeet nie, jy is al afgetree en dus 'n outoppie en hulle is geneig om van dakke en 'n leer af te foeter.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 21/02/2019 - 21:00

Len, dit darem oorleef, die verf het net nie gehou nie so dit is weer volgende weer terug op die dak  sad

Ek hou nie van dié ou nie, sy pens is te groot masr ek moet daar in om te verf ?

.

Ek het ook darem die rooi (terekota) spatsels weg gekry.

.

Nou die waaier af sit en die laaste laag te verf.  Dan stort en gaan rus vir môre se kamp.

Darem nie weer tot oggend ure nie  yes

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 28/03/2019 - 19:50

......................dis weer die ou storie : 'n helse gesukkel om Kampforumlede sover te kry om met ons te gesels.

En die naweek lê nog voor wat nie die skuld vir die stilte kan kry nie.

Destyds met die Wegsleep-forum was die groot klaaglied die vrot tegniese bestuur van die forum en dit was as rede  gegee hoekom mense nie deelneem nie.  En nou hier sit ons met 'n uitstekende, maklik om te gebruik forum sonder enige tegniese probleme en hier is steeds geen geselsers !

Wat nou ?

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 28/03/2019 - 19:52

Len ek probeer ook maar soos die ander om forum ouens te betrek met gesels maar ja ek hoop dit tel op

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus